Die span wat die Luiperds in Bloemfontein aanvat!

Getroue bloggers…  Dinge kom darem nou vinnig tot ‘n einde en nogsteeds is dit onvoorspelbaar wie in die semi-finaal gaan wees.  Die Vodacom Vrystaat Cheetahs het julle ondersteuning nodig!  Die ref vir hierdie wedstryd….. (darem iemand anders as verlede Saterdag) Mark Lawrence.  Ag, ek noem dit sommer maar vir die bloggers, aangesien dit ‘n sensitiewe sakie is.  Maar hier volg die span en ons hou duim vas dat hulle die 5 punte sal kry.

15.  Hennie Daniller

14.  Lionel Mapoe

13.  Corne Uys

12.  Meyer Bosman

11.  Fabian Juries

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.  Tewis de Bruyn

8.  Ashley Johnson

7.  Frans Viljoen

6.  Hendro Scholtz

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt (k)

3.  WP Nel

2.  Richardt Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers

16.  Coenie Oosthuizen

17.  Izak van der Westhuizen

18.  Kabamba Floors

19.  Jongi Nokwe

20.  JP Joubert

21.  Louis Strydom

22.  JW Jonker

This entry was posted on Wednesday, September 30th, 2009 at 12:46 pm and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

70 Responses to “Die span wat die Luiperds in Bloemfontein aanvat!”

  1. JJ Says:

    Jy kan sien met die spankeuses hardloop rugby gaan kom. Hoop die weer gaan dit toe laat. Ek sien nie n plaasvervanger haker nie tensy kabama daar gaan sak of kan Izak die job doen, is hy nie meer n flank tipe ou nie . STERKTE OUENS sit n 100 - 0 telling dan wys jul rugby spelers somer vir die PROTEAS krieket span hoe lyk n 100/0 telling.

  2. Hein Says:

    Baie dankie………….ek dink ons moet tussen die bloggers self die blogger van die jaar aanwys.

  3. Cheese Says:

    Haai, Dankie Ek is seker hulle sal die vyf punte kry solank hulle nie die luiperds onderskat nie.
    Die Luiperds onderskat nie. Die Luiperds het self sewe veranderinge gemaak hoofsaaklik weens beserings. Ons sal nou net moet hoop die Bulle wen Griekwas wat maar teen my ingaan , het gehoop Griekwas en Cheetahs maak semi’s. Dit dui hopelik op goeie Super14 met die twee spanne gekombineer.

    Aan die ander bloggers - almal is mos so skerp met hulle ontleding - ons moet vir die Super14 en volgende seisoen ‘n pool op SUPERBRU begin teen mekaar dan kan ons sien wie weet rerig waarvan hulle praat. Die wat nog nie het nie kan solank registreer by Superbru.com.

    Sien julle Vrydag aand op die paviljoen - Laaste tuiswedstryd vir seisoen.

  4. PC Says:

    Ons gaan wen met minimum 57 punte: 65-8 vir Vrystaaaaaaaaaaaaaaaaaaaat!

  5. blou bul Says:

    My voorspelling die naweek.Vrystaat 62 Luiperde 17….Blou Kampioene 57 Griekwas 13.Julle Vrystaters moet nou lig loop.Die bulle gaan hierdie spasie op die internet koop en dan het julle nie meer n blog nie.So asb van nou af spreek my aan as BAAS Blou BUL.

  6. Pieter Says:

    Was nou nie so gereeld hier nie maar glo ons gaan nog die semi’s haal na die fiasko in die begin van die seisoen. Ons kan gerus saam ‘n superbru poel begin volgende jaar. dit sal nogals lekker wees.

    JJ ek dink hulle sal vir Ashley haker toe skuif as dit moet en dan vir Kabamba as flank opbring.

    Ons moet net eenvoudig 5 punte uit die wedstryd kry

  7. Chris Says:

    Die Cheetahs moet hierdie wedstryde baie klinies behabdel. Ons moet probeer om hul nie een keer te laat deurkom vir ‘n drie nie en ons moet oefen om ons balbesit te behou. Ons moet probeer om ‘n 60+ - 0 vertoning te lewer.

    Ek maan weer dat ons ons verdediging met die turnovers moet opskerp en die wedstryde gee ons genoegsame tyd om dit voor te berei.

    Oor die lynstane - ek het laas genoem van die WP wat hul dryfpak gereed kry terwyl die teenstander in die lug is en dan begin hul te stoot die oomblik as die springer se voete grondvat. Dit was nogal goe om te sien hoe die Bulle daardie beweging van die WP ‘n teenvoeter voor gekry het. Hul het dit gebruik teen die Vrystaat in die afgelope wedstryd. Hul begin al a losgemaal-pak vorm as hullynstaanspringer in die lug is - en die oomblik as hy grond vat begin hul te dryf. Dit is baie slim. Ons moet hierdie tipe goed raaksien en dit counter. Ons lynstaanspringers kom te geisoleerd af grond toe en ons het daar ‘n bal of wat verloor teen die Bulle.

    Hoop jul oefen hard en dat die nuwe kaptein goeie besluite kan uitvoer. Ek dink ons kaptein moet moet Rory Duncan se voorbeeld van kapteinskap volg en met vriendelikheid die span lei. ‘n Grootkop-kaptein is ‘n onding in ‘n span en dit het al wedstryde vir die Cheetahs verloor. (die wat my ken weet seker dat ek nou van Juan Smit praat)

  8. Norman du Plooy Says:

    Ek neem aan Brussouw word gerus. Verder ‘n goeie span.

  9. Jan Says:

    Ek sou hoop dat Mark Lawrence beter blaas as daai Assie gemors- Ian Smith!, al het Lawrence in die vorige wedstryd wat hy vir die Vrystaat geblaas het self maar effens vertoon.

    Ek is trots op die Vrystaat Cheetahs wat; al het hulle teen WP en die Bulle verloor, tog van die beste rugby gespeel het wat nog hierdie jaar opgelewer is. Dit lyk of dinge nou begin reg loop en of die spelers werklik hulle rygby geniet en vandaar volg die kwaliteit.

  10. Hein Says:

    Jan jy meen seker teen die sharks en bulle verloor. ons het gewen teen WP

  11. Hardus Says:

    Aan Blou Bul- Jy kan gelukkig wees dat die skeidsregter julle bietjie uitgehelp het met julle oorwinning die naweek. En net so terloops: is hierdie nie die VRYSTAAT website nie?

  12. Hardus Says:

    Sien julle almal Vrydag op vodacompark vir die laaste tuiswedstryd van die curriebeker, kom ons gaan ondersteun ons span. HAAAAK VRYSTAAAT!!!!!

  13. JJ Says:

    PIETER 6 jy Reg het vergeet van Johson wat haker kan speel thanks. CHEESE 3 n Ou sit so in 2 geskeer met GRIEKWAS in die 1 kant kan die BULLE 6de eindig as hul als verloor en ons wen als dan gaan ons wragtig V.S en GRIEKWAS in semi sien en ek al gese dit sal n opskudding wees en ek sal laaaaik van so iets. Ek net nie seker wie BULLE se laaste game is ek weet dit moet weg wees. In die ander kant realiteit en feite is ook daar dat ons n beter kans het as GRIEKWAS sal uit val as die BULLE heng ek HAAT DIT OM VIR N BULL TE ONDERSTEUN. BLOU BULL……. BAAS SE DINGES MAN (LOL)

  14. Wharren Says:

    Cheetahs sal semi’s maak behalwe as iemand doelbewus teen Griekwas verloor om Vrystaat uit die semi’s te hou want almal weet as die Cheetahs eers daar is gaan die Beker terug Bloem toe. Ons moet net seker maak dat ons in die semi’s en final daai eerste 20 minute harder konsentreer as in die laaste drie games se eerste 20min. Ek klink dalk arrogant maar dit is nie die geval nie, ek is maar net baie positief na die Cheetahs se vertonings die laaste paar weke, ons het die talent om ENIGE span te wen en dit beteken ons KAN die beker wen!

    GO CHEETAHS maak seker dat julle uit julle laaste 2 games 10 punte kry, MAAR moenie die Luiperds en Boland onderskat nie, ons het nie nou n surprise nodig nie!

  15. Pierre Says:

    Weet iemand dalk wat het van phillip snyman geword?? het naka hulle hom weg ge gooi want lyk my hulle kan nie talent raaksien nie!!

  16. Chris B Says:

    Wie ookal wat sê, ons het nie teen die bulle verloor nie. Ons het verloor teen ‘n moroon wat nie sy reëls geken het nie, en wat deur ander morone toegelaat is om ‘n wedstryd so belangrik soos ons laaste een teen ‘n BB span met omtrent al hul SB’e, te blaas. En sy lynregters, en TMO wil dit voorkom net so onkundig oor die reëls.
    So vat so, Mnr Watson, jou skeidsregters se kennis van die reëls is baie meer gebrekkig as wat jy wil toegee !

    En die wedstryde wat voorlê moet ons almal wen om ‘n semi te haal, a.g.v. sulke swak kwaliteit skeidsregters en lynregters. Ons behoort dit egter te kan doen as ons nie weer op Wellington gaan choke nie. As ons wel altwee ons oorblywende games wen, GW altwee hul games verloor en die Lions een. As GW een wen, is dit vir ons neusie verby. Al wen ons sonder bonuspunte, as lg. gebeur, skuif ons in die 4de plek in. Wat a.g.v. punteverskil kan beteken dat ons semi teen die WP kan wees. Met die fixtures wat vir die Sharks,WP en BB voorlê, kan ek nie sien dat hulle, hulle plekke gaan verloor nie. Die bulle gaan opskuif 3de plek toe, en die WP waarskynlik 1ste plek op die huidige punteverskil. Hulle het ook ‘n beter kans om dié naweek met ‘n groter punteverskil te wen, as wat die Sharks het.

    Maar ek sal nie my geld op M.Lawrence sit vir ons game nie !

  17. Kobus Myburgh Says:

    Wat op aarde is hierdie SUPERBRU waarvan almal praat? Klink volksvreemd vir my?

  18. editor Says:

    Hi Kobus

    Gaan kyk dit gerus uit! Superbru is ‘n website waar jy kan raai met tellings wie volgende gaan wen in die wedstryde. Die hele land speel hierdie speletjie. Met elke keer wat die span wen wat jy gese het gaan wen kry jy punte, asook hoe naby jou telling was aan die ware telling. So is jy op ‘n punteleer en moet jy probeer bo eindig.

    groete

  19. Gerhard Says:

    Manne, ek hoop ons sien vanaand baie en mooi driee en dat ons defence puik gaan wees.

    Spring sommer weg met 25 punte in die eerste 20 min dan is dit vir ‘n slag oefening vir ‘n goeie begin.

    En Jaques Louis, jy sal vanaand lekker kan pale toe oefen. Kom aan manne, slag die luiperds.

  20. blou bul Says:

    My Vrystaat vriende,Hardus,JJ,Chris,Hein,Jan EN ALMAL .Moenie worry nie die Bulle sal julle help,kyk julle het nou Kampioen Bulle se hulp nodig.HELP BULLE HELP!!!!!!Almal praat so oor laas naweek se wedstryd teen die bulle.Daai ref was so pateties,hy het uit en uit teen die bulle geblaas.

  21. blou bul Says:

    EDITOR EK ROER NET SO BIETJIE DIE POT.DIT LYK ASOF DIE OUENS SO BIETJIE SAAM TREK.

  22. blou bul Says:

    Hardus…Hierdie is die bulle se blog wat aan vrystaat geleen word.

  23. editor Says:

    Hello Blou Bul

    Ons hou daarvan dat jy saam gesels, maar hierdie is die Cheetahs se blog wat by niemand en vir niemand geleen word nie :-)

  24. Bos_otter Says:

    Vystaat bo!! Ons gaan dit maak, man. Julle sal sien. Daar is net een staat, en dis die VRYSTAAT!!!

  25. Hein Says:

    Hoe lank is die voor Brussouw Sharks toe gaan?

  26. Chris B Says:

    blou bul 22. Jy is halfreg.
    Ek het op goeie gesag verneem dat dié blog wel deur die Cheetahs oorgeneem is by die VV’s. Saam met die Currie Beker.
    En die VV’s het weer Vrystaat spelers oorgeneem om nie saam met die Valke ens.in die Vodacom beker te speel nie, en darem in die CB kompetisie te bly.
    Ongelukkig is daar nog steeds rugby amptenare wat steeds glo dat die VV’e hul eie spelers het en die topspan behoort te wees, en probeer hulle om nou al selfs skeidsregters in te voer om die VV’s in die kompetisie te hou, en die Cheetahs daar uit. En amper het daai ozzie sopd#@l dit reggekry. …Amper.

  27. Chris B Says:

    Die log lyk nou so:
    1 Sharks 12 10 2 0 360 184 5 45
    2 Vodacom Western Province 12 9 3 0 370 192 8 44
    3 GWK Griquas 12 8 4 0 347 341 6 38
    4 Vodacom Blue Bulls 12 7 5 0 353 248 8 36
    5 Vodacom Free State Cheetahs 13 7 6 0 430 270 7 35
    6 Xerox Lions 12 6 6 0 347 248 8 32

    Ek dink nogal na dié naweek gaan die log so lyk :
    1 Vodacom Western Province 12 9 3 0 370 192 8 44 (49 punte )A.g.v punteverskil.
    2 Sharks 12 10 2 0 360 184 5 45 (49 punte )
    3 Vodacom Blue Bulls 12 7 5 0 353 248 8 36 ( 40 punte )
    4 GWK Griquas 12 8 4 0 347 341 6 38 ( bly op 38 )
    5 Vodacom Free State Cheetahs 13 7 6 0 430 270 7 (35 punte )
    6 Xerox Lions 12 6 6 0 347 248 8 32 ( bly op 32 )

    En na volgende naweek so :
    1 Western Province 12 9 3 0 370 192 8 44 (49 punte )A.g.v punteverskil. - (53 Punte)
    2 Sharks 12 10 2 0 360 184 5 45 (49 punte ) - (53 punte)
    3 Vodacom Blue Bulls 12 7 5 0 353 248 8 36 ( 40 punte ) - (45 punte )
    4 Vodacom Free State Cheetahs 13 7 6 0 430 270 7 (35 punte ) - (40 punte )

    5 GWK Griquas 12 8 4 0 347 341 6 38 ( bly op 38 ) - (38 punte)
    6 Xerox Lions 12 6 6 0 347 248 8 32 ( bly op 32 ) - (32 Punte)

    Wie verskil ?

  28. hein Says:

    Goeiedag my liewe bloggers vriende……..ons moet bietjie almal een aand in die Vark (Wild Boar) bymekaarkom vir ‘n dop - sal dan kan sien hoe lyk wie. Anyway: ek weet dit was net teen die Luiperds, maar ek dit was prag rugby. Briljant gespeel - ouens soos Coenie Oosthuizen, Frans Viljoen (die ou word al hoe beter), Hendro Scholtz, Ashley Johnson (soos gewoonlik), en selfs - ek moet erken, tot hy af is, Potgieter. Die agterlyn het goed vertoon omdat die forwards briljant gespeel het soos laasweek. Ons moet die eer vir Os gee, vandat hy betrokke is, speel die forwards puik rugby. Ek moet ook vir Drotske gelukwens om vir Os te betrek. Nou kort ons net ‘n man soos Jannie de Beer of Brendan Venter (ek weet hy is by WP, maar ons praat hom om) vir agterlyn coach. Ek dink wel nie Hawie doen ‘n slegte jop nie, ns het weer moves en hou spanne aan die raai. Daar word nie meer 150 up and under per wedstryd geskop nie. Ek wonder toe net gisteraand: kan ons die tipe rugby speel teen groter spanne - ek meen flair en baie punte. Is dit nie net ‘n mental block omdat ons weet dis ‘n groot span en dan meer konserwatief speel nie? As ons die tipe rugby speel van gisteraand, dan behoort geen span ons te kan wen nie. Om 60 punte op ‘n nat veld te kry is puik!! Sorry Cheetahs, ek wou regtig jul gaan support op die stadion, maar die weer was regtig so sleg dat mens maar op TV gekyk het……sal nie weer nie - ek gaan support jul in die semis en finaal waar ookal jul speel. Aan Naka - ons was lelik met jou aan die begin van die seisoen ek weet……..ek voel op daardie stadium was dit geregverdig. Nou het iets reggekom en ons moet jou gelukwens. Cheetahs is weer op die regte pad. Dis omdat goeie spelers nie meer vir die Griffons geleen word, en swak spelers (ek wil nie name noem nie, so ek sal vanne noem Demas)gekies word nie. Selfs Corne Uys speel die laaste 2 games baie beter. Ek SMEEK net asb, moenie weer vir Demas kies nie. Ek sou (as ek nou ‘n sê gehad het en ‘n kenner was)vir Juries, Mapoe en Nokwe terselfdertyd in die agterlyn insluit. Met Mapoe en Juries het ons flair, en met Nokwe het ons ongekende spoed. Ek glo amper hy is vinniger as Habana. Hoop ons haal die semis! Ons is al die pad agter julle!!! Wil net weer noem, Cheetah fans: Daar is 4 rugby truie teen R400 (R100 per trui) te koop by die waterfront. Die oorspronklike Canterbury truie. So goedkoop want Canterbury is bankrot. Ai my geliefde Vrystaat, as ons die semis haal, kan ons definitief al die pad gaan……en dit met een springbok. Net een!! Dis great!!! O ja, Meyer Bosman verdien ook ‘n pluimpie. Hy is weer kookwater!

  29. Chris Says:

    Arme Griekwas. Dit is jammer dat hul so erg ritme verloor het. Ek wonder hoe hul een oomblik so goed kan vaar en dan die ander oomblik in ‘n melkkoei verander. Ek dink die wedstryd wat Griekwas gekelder het was die een waarin hul teen die Bulle verloor in Kimberley. (Die wedstryd waarin Willie Roos die skeidsregter was en waarna ‘n toeskouer hom met ‘n drankie in die gesig gegooi het.) Baie mense het die skeidsregter (Roos) se beslissings in daardie wedstryd bevraagteken. (selfs van die Griekwa afrigters)
    Dalk moet spanne begin om eerder skeidsregters op te som oor hoe hul blaas - dan kan hul ‘n paar dae voor die wedstryd vir die skeidsregter vertel waarvoor hul bang is van sy blaasstyl. Dinge wat skeidsregters nogal beinvloed is -

    “underdog” VS gunsteling —> partymaal neig skeidstegters om meer fout te soek by die underdog.
    Tuisveld voordeel —> ‘n Skeidsregter hou nie daarvan om ‘n onpopulêre besluit te neem nie. Al is nie onpopulere besluit dalk die regte besluit. Dit is baie keer sigbaar op loftus waar daar gewoonlik baie fanantiese ondersteuners is.
    Vertolking van die reels —> Dit is noodsaaklik dat albei spanne voor die tyd weet wat die vertolking van ‘n sekere reel gaan wees. Dit is nie gesond vir Rugby as elke daar nie konsekwentheid met die toepassing van die reels onder die blasers is nie. (’n Span met Goeie bestuur sal seker maakd dat hul voor die tyd met die skeidstegter daaroor praat)

    Deur jou skeidstegter te ken en hom te verstaan kan baie vir ‘n span en vir die regverdigheid van die spel beteken.

    Ek het die wedstryd op TV gesien. Ons het baie goed gedoen. As ons die semmi’s teen WP gaan haal sal ons ‘n baie goeie kans het om te wen.

  30. Gerhard Says:

    Mission suksesvol. Nou net vir die laaste ‘installment’ die naweek voor die poppe begin dans.
    Editor, het jy dalk al enige nuus van jaques Louis se besering gehoor?

  31. Blikoor in Pta Says:

    Moet se dat dit een van die beter wedstryde was van die jaar. Veral in die reen. En ons gaan dalk 5 punte kry, maar die geleentheid vir ‘n plek in die semis le in die hande van die Sharks. En ons gaan ‘n bonuspunt mis om daar te kom. Wonder watter wedstryd is die een wat ons verloor het waar ons daardie een kort.

  32. blou bul Says:

    Mooi Vrystaat..Ek het daai wedstryd Vrydag op Sky in Engeland gesien.Ek moet se die voorspelers is goed.Nico speel weer die tiepe rugby wat hy gespeel het voor hy Sharks toe gegaan het,en die met hom gemors het.Briljant Nico Breedt.Hein ek dink Brussouw gaan n tweede Andre Venter/Juan Smith wees en by Vrystaat bly.Wat wel n SKANDE is,is die lee stadion.Hoe moet die unie spelers behou met n lee stadion.Die spelers doen wat van hulle verwag word maar die mense bly weg.Geld gaan nie inrol as die stadion so leeg is nie.Julle bloggers moet julle bure ooreed om te gaan kyk.Ek hoop nou net nie die Sharks verloor doelbewus Saterdag deur van hulle top spelers n ruskans te gee nie.

  33. PC Says:

    Hallo Almal

    Ek het gesien daar word heelwat oor Superbru geblog. Dis ‘n baie lekker speletjie. Ek wil graag die volgende uitnodiging rig aan almal wat belangstel:

    Ek het reeds ‘n groep gestig vir die T20 krieket kampioene liga. Ek dink vir die wat nie Superbru ken nie sal dit ‘n lekker manier wees om die spel gewoond te raak, die Boktoer aan die einde van die jaar wag ook nog. Almal wat belangstel maar nog nooit gespeel het nie kan na http://www.superbru.com gaan en registreer om te speel.

    Sleutel jou besonderhede in en wanneer die “pool code” gevra word lees die woord “gumslast” in. Jy sal dan outomaties na hierdie groep gestuur word. Die wat reeds geregistreer is kom speel gerus saam. Ons kan dan vir die November Rugby toer ook ‘n groep stig en teen die tyd wat die Super14 kom sal almal die dinge lekker verstaan en kan ons groot gaan.

    Hoop julle almal skakel in.

  34. Pierre Says:

    Ek moet se, regtig hoop ek nie griekwas kry 2 punte nie want n span wat met meer as 50 punte in hul laaste wedstryde verloor het verdien nie om eers in aanmerking te kom vir n “semi final spot” nie!!! Bo sharks, of moet ek se “VRYSTAAT B”looi griekwas asb!!!

  35. PC Says:

    31 - Blikoor. Dis maklik om daai vraag te antwoord.

    Die Leeus game op Ellispark is wat my betref die een wat die skade gemaak het. 19 - 0 voor en hulle gooi dit weg. Dit kan nog terugkom om ons in die gat te byt.

    Ek dink egter dat die Sharks met so 25 punte gaan wen al druk Griekwas 4 driee, behoord ons dit nog te maak. Die manne moet net nie nou dink ons is klaar deur nie, ons moet die Boland nog wen. Ek het die Cheetahs gepick om met 40 te wen.

  36. Chris B Says:

    Die Cheetahs is besig om te probeer vir die semis en dis vir my goed genoeg. Hulle speel baie goeie rugby tans…die 2de helfte. Hulle sal moet opskerp om dit vir die volle 80 minute te doen.
    Ek verskil van Hein (28) oor Bosman. Ek dink hy is ‘n swak skakel in die agterlyn, en steeds geneig om swak en oorhoekse passes te maak wat ons gaan kos. Ek stem wel saam met Hein om Juries, Mapoe en Nokwe gelyktydig in die span te sit. Ek wil al begin dink dat Juries dalk ‘n beter sentermaat vir C.Uys sal wees, as hy op buitesenter gaan speel, met J.W. wat as senter van die bank moet kom en nie as vleuel nie. Mapoe kan afrond op vleuel en word moeilik gestop, Nokwe moet nog leer om met meer gedetermineerdheid te hardloop.
    Wat Chris (29)se mening oor die skeidsregters aanbetref, stem ek nie saam nie. Afrigters en spanne kan nie, en behoort nie, hulle games aan te pas by skeidsregters se “eie” vertolking van die reëls nie. Hulle moet reeds aanpassings doen vir elke span se speelstyl.
    Daar is slegs een stel reëls, en dit is nie geskryf met die doel om elke skeidsregter in rugby die reg te gee om hul eie vertolkings daaraan te gee nie. As ons na die laaste tyd se dinge kyk, glo ek dis tyd dat skeidsregters begin om die reëls te blaas soos dit geskryf is, en waarskynlik meer van die reëls se werklike toepassing te leer ken ! Vir elke span en wedstryd dieselfde toepassing, en nie soos elke individuele skeidsregter dink dit “behoort” te wees nie.
    Ek stem met Chris(29) saam dat indien ons die semi’s haal en ons dan WP sal moet speel op Nuweland, is ons kanse nou baie goed om hulle te klop !

  37. Chris Says:

    Hein — > Nokwe is defnitief vinniger as Habana. Ek dink Demas en Mapoe is ook vinniger.

  38. Gerhard Says:

    Ek wil net vir Blou Bul se dankie vir niks. Laas week toe gaan jy so aan hoe julle ons weer moet help en hoe ons vir julle moet dankie se dat julle ons semis toe help.

    Wel, dankie vir NIKS. Toe moes julle natuurlik die bonuspunt aan die einde vir die Griekwas gee.

    Ouens, julle weet as Griekwas dit maak semis toe en ons nie, dan gaan hulle ‘n dragslae kry.

    Soos hulle gister gese het op All out Rugby, dat as die Cheetahs daar is in die semis, dan kan dit maklik Cheetahs vs Bulle op Loftus wees in die final.

    Ek hoop dit gebeur dat ons die klomp patete ‘n rugbyles kan leer.

    Ek sien daar is ‘n kans dat 8 van ons span in die BOKGROEP kan wees. Welldone manne.

    Ons is trots op julle.

  39. JJ Says:

    En AL wat ons nou kan doen is WAG, EN WAG VIR SATERDAG. Dit gaan mos n LAAAANG week word. BLOU BULL jul het swak gespeel man ek is diep ongelukkig oor jul BLOU VULLE kon jul wragtig nie verhoed het dat GRIEKWAS n bonuspunt kon gekry het nie. AG nee sies man!!

  40. hein Says:

    Ek gaan amper die Sharks/Griekwas game meer kyk as die Cheetahs Boland ene….. Dis jammer dat ek vir die (yuck!) Sharks moet skree, maar dis net ter wille van my span. Al wat moet gebeur is dat die Sharks met meer as 7 punte moet wen teen Griekwas in Kimberley…….ongeag van 4 driee of meer deur Griekwas. En ja en obviously moet ons 5 punte kry…………waarskynlik sal ons…..

  41. Chris Says:

    Daar is nie veel te sê nie… ons moet nou maar net wag en kyk. Lyk asof dit mag reen die naweek. Ons moet voorberei daarop.

    Ek dink ons moet sommer hierdie week al op ‘n nat veld oefen. As ons die semmi’s gaan haal is die kans goed dat ons teen WP op Nuweland gaan speel en dit lyk nie asof hul reenseisoen op ‘n einde is nie. Ons kan nie toelaat dat ons ‘n wedstryd verloor oor die weer nie. Formuleer nou al die wedstrydplan sodat die span ge-olie kan wees vir as die weer nie saamspeel nie.

    Ek dink on moet daarna kyk om nie te veel die bal weg te skop nie. Ons balbesit teen die groter unies is te min. Vrystaat se lynstante is ‘n swakpunt en WP gaan ons gas gee daar. Vrystaat moet kyk daarna om hul pak voorspelers goed te gebruik in dryfbewegings teen die WP - ons was met ons vorige wedstryd baas bo die WP in die rolmaal bewegings en dit het gemaak dat ons die strafdrie toegeken is - WP kon ons nie keer nie toe bring hul maar die losgemaal af. As Demas in ENIGE van die semmi’s of die finaal op die veld vir ons gaan draf, ons gaan verloor. Demas het talent maar talent beteken niks is jy bang is nie.

  42. Gerhard Says:

    Editor, waar is jy? Hoeom word die blog nie vandag geupdate nie.

  43. Pierre Says:

    Ek moet se, regtig hoop ek nie griekwas kry 2 punte nie want n span wat met meer as 50 punte in hul laaste wedstryde verloor het verdien nie om eers in aanmerking te kom vir n “semi final spot” nie!!! go sharks, of moet ek se “VRYSTAAT B”looi griekwas asb!!!

  44. Gerhard Says:

    Editor, het jy dalk ‘n idee wanneer ons die span kan hoor? ek is net so nuuskierig om te weet hoe lyk die Sharks se span. Dink julle hul gaan hul vollesterkte span speel? Ek hoop so.

  45. Chris Says:

    Chris B (36) - Skeidsregters is mense en hul word beinvloed deur baie faktore. Gaan vra vir enige skeidsregter en hul sal vir jou sê dat dit veral moeilik is om te blaas op ‘n vol Loftus. Dit is nie maklik om man aleen kop te hou in groot wedstryde nie. Daar is BAIE druk op skeidsregters. (Ek dink soms is daar geld ook betrokke om die wedstryde te probeer kook)

    Christ B, reels is nie net reels nie, daar is defnietief ‘n vertolking van ‘n reel. Skeidsregters kyk na verskillende faktore in verskillende situasies en dit is belangrik om uit te vind wat vir ‘n spesifieke skeidsregter belanrik is in ‘n gegewe situasie. My voorstel was dat ons met skeidsregters moet praat voor die wedstryde sodat ons weet watter aspekte veral vir die skeidsregter belangrik is.

    Dit is jammer dat daar vertolkings van reels moet wees en ook dat skeidsregters nie alwetend is nie. Die geskiedenisboeke sou baie anders gelyk het as skeidsregters totaal/absoluut objektief kon gewees het maar absolute objektiwiteit bestaan nie. Absolute toepassing van reels bestaan ook nie… al hierdie goed maak dat daar grys areas is rondom die toepassing van ‘n reel en dit is waarkom ek sê dat om met ‘n skeidsregter voor die tyd te praat maak jy die grys area vir jouself net kleiner.

    Terloops, baie Springbokafrigters (veral White) het probeer om met skeidsregters te praat oor die vertoking van sekere reels.

  46. blou bul Says:

    mense die eindstryd vanjaar is Vrystaat vs Blou Bulle.Die telling Bulle 43 Vrystaat 17.En maak my words.Groete aan almal.Baas blou bul

  47. blou bul Says:

    JJ my ou vriend.Ek is teleurgesteld oor daai bonus punt.Ek moet se (die bleddie Bulle).Sorry JJ.

  48. Louis Nortje Says:

    Admin, iets is verkeerd op die blog. Iewers word daar ge “hack” Ek maak gereeld , so 3 keer per week seker dat daar nie spyware op my PC is nie. Elke keer is daar.
    Ek het net vir die interessantheid my naam gaan google om te sien wat daar is. Op baie v.d “results” verskein my naam gelink met pornografie van verskillede maatskappye. Dit word van die site gehack want baie van my kommentaar v.d blog verskyn onder daai sites.

    Miskien moet v.d ander bloggers hulle name gaan google en kyk of hulle dieselfde kry.

  49. PJ Says:

    Wel manne die vrystaat het regtig weer goed terug gekom. Dit kan net goeie dinge voorspel vir volgende jaar se super 14! Ek wil ook maar net vir die coaches se well done!

  50. Chris B. Says:

    Ek wil nie ‘n doemprofeet wees nie, maar ons het die vorige jare nie eintlik baie goed gevaar teen Boland op Wellington nie. En as dit nie reën nie sal hulle waarskynlik die veld natspuit. En ons begin elke wedstryd swak, en wil dan inhaal. So, daar is ‘n kans dat ons sonder ‘n bonuspunt van Wellington af kan terugkom.
    Die Sharks speel nie wafferse rugby op die oomblik nie, die Griekwas is gedetermineerd, en hulle kort net 2 punte. En ek dink die Lions het die Sharks bietjie seergemaak laasnaweek, en hulle kan dalk net besluit om die Griekwas dié punte te laat kry. Dit sal dit makliker vir hulle maak, as om die Cheetahs toe te laat om dalk in ‘n final teen hulle te speel ?!

    Die Cheetahs en die afrigters sal hierdie feite baie mooi in gedagte moet hou Saterdag

  51. phillip Says:

    Ouens dit gaan n Blou Bull Vrysaat finaal wees ons moet net glo en ondersteun, Editor hoe is dit dat daar geen nuus op die “site” is oor enige spelers wat geteken is of gaan word vir volgende jaar. Want agter die skerms is daar defenitief dinge aan die gaan n mens lees nogal baie van die ander unies se woeligheid met geld.(veral Rassie)

  52. Gerhard Says:

    O hel hier is moeilikheid aan die kom op die blog as jy netnou die span op die blog sit, editor.
    Ek sien Demas is in die span. Die ouens gaan mal gaan daaroor. Ons moet pasop om die Boland te onderskat. Dit lyk darem of dit gaan droog wees in Wellington.

  53. Gerhard Says:

    PC, jy moet asb kyk ek het aangesluit by die superbru groep vir die Krieket. Maak asb net seker ek is goedgekeur asb man? my naam is as kwakkie op. En laat weet ons as julle pools speel aan die einde van die jaar toer ens. wat die poolname is. Dankie.

  54. Chris Says:

    Ai tog… en op die “home page” sê dit steeds dat ons volgende wedstryd 2 Oktober teen die luiperds is. Kom aan VRU skrik wakker???? Ek het ‘n maand of so terug gepraat oor die belangrikheid van bemarking van die VRU maar nou doen jul dit nie!

  55. editor Says:

    Hi Chris
    Ek het nou geloer - ek sien nêrens op die website dat ons nog die luiperds wedstryd adverteer nie. As ek dit êrens mis gekyk het, jammer,maar laat weet my.

    Ek wag nog vir die spanlys om deur te kom vanaf Naka af - sodra ek hom gekry het, plaas ek hom op die blog. Groete

  56. editor Says:

    Alle bloggers

    Kyk asb vir my daarna en laat weet - ek sal seker maak ons webmasters en site developers kyk daarna

    Groete

  57. hein Says:

    Net as ons dink die ‘verrassrings’ gaan ophou, dan gebeur dit weer…………….Danwel Deams is in die - let wel - BEGINSPAN!!!!! Waarom o waarom???????????? Weet enigiemand? O ja, want hy is tien keer beter as Nokwe, Juries en Mapoe saam, jammer ek het vergeet daarvan. My fout

  58. hein Says:

    Sorry admin, haal maar asb my spelfoute uit………….

  59. Chris Says:

    Ek het “refresh” en ek sien dit is weg. Gewoonlik is dit nie nodig om te “refresh” nie - nogal snaaks dat dit nie nou gebeur nie. Kan ons nie die blog “modify” sodat ons profiel prentjies kon oplaai nie?
    Editor ons miskien meer “updates” doen nou met die aanloop tot die semmi’s?

    Dankie Editor - - (wat is jou naam as ek mag vra?)

    Ek dink dit is reg dat Demas in hierdie wedstryd kan speel. (oor ‘n “geleerde skopsoen” is ek nie so seker nie). Solank hy nie in die semmi’s speel nie is dit seker goeie ervaring vir hom.

  60. Kobus Myburgh Says:

    HOEKOM NEUK DIE BOLANDSE VRYSTAAT AGTERLYN AFRIGTER WEER MET BOLAND SE DEMAS OP BOLAND SE VELD TEEN BOLAND??? OMDAT HY KAN SKOP??? HOEKOM WIL JULLE SKOP? EK DOG ONS WIL DRIEE DRUK? WAT BETAAL DEMAS DIE VRU DAT HY ALTYD GEKIES WORD. DIT HET SO GOED GEGAAN TERWYL HY BESEER WAS. HY IS INGESEMENT IN DIE SPAN EN ANDER OUENS MOET MAAR TEN KOSTE VAN HOM OP DIE BANK SIT. IS HY REGTIG ONS EERSTE KEUSE?
    HET JURIES HOMSELF NIE BEWYS NIE? HOEKOM TORRING JULL AAN WEN KOMBINASIES?
    AS WP NEL BESEER IS, HOEKOM IS HY DAN OP DIE RESERWE BANK?
    WAT GAAN AAN?

  61. Stef Says:

    Ek wil nie meer praat oor Demas nie, dit help nie.

    Maar mag ek vra? As Hawies vir Demas nog ‘n kans wil gee, waarom gee hy nie vir Phillip ook ‘n kaans nie. Hy hoort tenminste in die span asgevolg van sy goeie spel.

    Antwoord dit vir my asb.

  62. blou bul Says:

    Hello Hein…Ek moet se jou boodskap het my laat smile.So sarkasties het ek lanklaas gesien.Skop skop demas,skop al wat n bal is.Editor kan jy asb se of wilton peterson weer gaan speel en hoe verloop sy reabilitasie.

  63. JJ Says:

    Kobus Myburg (60) STEM 200% SAAM JOU DIS BELAGLIK.

  64. PC Says:

    Hy Gerhard (Kwakkie), Jy is op. Net jammer daar is nie nog meer van die bloggers wat wil saamspeel nie. Ons het darem al ‘n redelike groep ek dink dit gaan lekker wees, Sbru is bietjie verslawend.

  65. blou bul Says:

    Sef…ek stem saam oor Snyman.En een van die driee wat gedruk is,was agv uitstekende opvolg werk van JW Jonker.Hy het wel nie die drie gedruk nie maar die drie gemaak.Hy is ook net op die bench.En iemand het geskryf oor Bendan Venter,hy is nie meer by WP nie,hy rig nou n span af in Engeland wat vol SA spelers is,ek dink dit is Saracens teen wie die bokke later vanjaar speel.

  66. PC Says:

    Boland se tellings op wellington sover hierdie jaar:
    Boland vs Luiperds: 26 - 18 - punteverskil +8
    Boland vs Leeus: 13 - 19 - punteverskil -6
    Boland vs WP: 7 - 38 - punteverskil -31
    Boland vs Sharks: 3 - 48 - punteverskil -45
    Boland vs Griekwas: 23 - 31 - punteverskil -8
    Boland vs Bulle: 16 - 72 - punteverskil -56

    As ons nie die bonuspunt kry en ter selfdertyd ‘n helse telling opsit nie verdien ons nie ‘n plek in die semis nie. Hulle het teen die spanne wat reeds hulle plekke verdien het altesaam 132 punte afgestaan op hulle tuisweld. Die Bulle alleen het 72-16 op Wellington gewen met net 2 of 3 Bokke terug in die span. Ons moet ten minste 60-20 of so iets opsit, anders het ek nie hoop dat ons enige semi sal wen (as ons dit maak nie). Dit is maar my opinie, sorry as ek negatief klink, ek bedoel dit nie so nie, ek is positief oor ons kanse.

    Voorspellings vir die naweek:
    Bulle met 50
    Cheetahs met 40
    Sharks met 25
    WP met 6

  67. Gerhard Says:

    Ek stem saam PC. kan nie wag nie. Go EAGLES. sterkte.

    MENSE, GRIEKWAS irriteer die hel uit my uit. Hoop Sharks gee hulle ‘n vyftig.

  68. Hein Says:

    Nee Gerhard, hoe kan die Griekwas, ‘n span met ook min geld en net passie, wat goeie rugby speel, jou irriteer bo ‘n klomp souties wat al hul spelers by ons koop??? Ek kan die flippen sharks nie hanteer nie!! hul gaan vir brussouw binnekort ook vat. al hoekom ek vir die sharks moet skree, is omdat ek moet! Ek is glad nie ‘n fan nie.

    blou bul, jy weet jy is eintlik ‘n Cheetah fan , kom maar oor, ons sal jou aanvaar met al jou foute, soos om eers vir die bulle te skree..

  69. Kobus Myburgh Says:

    Ek is ook nou op Superbru met die rugby en krieket onder my eie naam. “Kwakkie”, ek het jou daar gesien, ek dink ons is in dieselfde poel.
    O ja ek dink ek verstaan nou, HA-KA hulle het net met Boland se kop gesmokkel om te se Damwal Demas is in die span. Nou gaan hulle geflous wees en ons gaan ons sterkste span begin, met JW ook nog in Bosman se plek. Mooi taktieh HA-KA….. Net ‘n joke, mense, ek droom maar net bietjie. Ek kan nou al se wat gaan gebeur. Na rustyd sal Juries op kom en hulle sal dan weer vir Nokwe afhaal. Demas sal op bly tot na die game. Hulle maak mos maar altyd so. Ons begin nou al weer seker met dieselfde ou voorspelbare taktiek as in daai eerste paar treurige games. Hoekom nou? Moenie verkeerd verstaan nie, ek hoop regtig ons kry die punte, selfs MET Damwal Demas, maar……………………………………..Hak Hak Vryland, of is dit dalk Bostaat?

  70. steven Says:

    ek wil weet wi is nuwe aanwinste vir volgende jaar en wi verloor ons

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree