Die einde van die seisoen is om die draai en lanklaas was dinge so onvoorspelbaar in ‘n Absa Curriebeker seisoen. Die Vodacom Vrystaat Cheetah-span wat die Blou Bulle Saterdag gaan aanvat is:
15. Hennie Daniller
14. Lionel Mapoe
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Fabian Juries
10. Jacques-Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Ashley Johnson
7. Frans Viljoen
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss (k)
1. Wian du Preez
Plaasvervangers
16. Richardt Strauss
17. Coenie Oosthuizen
18. Izak van der Westhuizen
19. Hendro Scholtz
20. Tewis de Bruyn
21. Louis Strydom
22. JW Jonker

Goeie spankeuse. As Daniller moet nou net bewys dat hy met agressie kan speel.
Daniller moet homself regmaak vir baie hangskoppe op hom.
JW Jonker op die plaasvervangerbank is die regte ding. Hy werk beter as ‘n impakspeler.
Ons het 2 goeie opwindende vleuels wat kan afrond ons senters moet net die spasie en lyne hardloop wat hul die geleentheid skep. Net bekommerd op die slot gebied dat ons op crusal tye te veel van ons balle gaan verloor en dis waar die BULLE met hul BOK ervaring agterlyn dodelik is. Dis spesialiste Matfield hul teen ons veelsydige slotte. Kom Nico/ David jul sal in daardie afdeling staal moet wys.
Kort mening oor die spankeuse:
1-8: min kritiek, volle vertroue dat as jy die Haaie kon stukkend skrum met sulke manne, kan jy dit beter doen vs die bulle
9 en 10: met JP wat speel soos hy doen, is hy bo-oor die bulle se no 9. Behalwe as hulle ‘n trick het en vir F Hougaardt speel op 9. Dan verloor ons net dalk op daardie posisie. JL behoort te wys hoekom die bulle (weer) in hom belangstel. Maar sy opponent is Morne Steyn… wat gereeld raakskop, nie net teen minderwaardige opposisie nie.
11: reg met my
12 en 13 is waar ons nie opgewasse is nie. Fisiese aard van die stryd maak dit my grootste kommer. Enige ding is egter moontlik op wedstryd-dag.
14: Nokwe/Fabian kan maar speel
15: Hennie D sal uit sy vel moet wees om die mas op te kom teen die up & unders. Glo my, die bulle gaan hiermee vorendag kom en alle druk op Cheetahs gooi hiermee.
Reserwes: ek hoop hulle speel vir ‘n plek in die semis en nie om hulleself te spaar vir nuwe jaar se kontrakte nie (Richardt ens).
Hierdie is ons ENIGSTE kans om die semi’s te maak. Verloor Sat en ons kan maar vir die Griekwas skree die volgende 5 weke.
Oh no! Toe speel ons net een game met ‘n heelagter.
Ek sien Hennie is terug om balle te drop en besit weg te skop.
Intersting move.
En hier sit ek en dink Naka kyk actually die games.
JW druk ‘n drie as hy op 14 gekies word… dit beteken seker hy moet op die bench sit teen die bulls.
Juries speel ‘n great game op heelagter… so kom ons probeer hom weer waar hy nie werk nie…
JLP sukkel… so kom on stick met hom op losskakel.
Maar ons afrigter het seker ‘n plan… om die swakker spelers bo die performers te speel….
Maak sin vir my…. Hoe ander gaan ons die Cheetah agteruitgang kan voortsit?
Goeie span hierdie, met uitsondering van ons senters. As die spelers se momentum nou net nie gebreek is nie. (Bedoelende nou die spelers wat nie “kon” speel nie) Weet nie mooi van Daniller teen bulle nie, maar sal hoop vir sy beste. Sou net graag vir Kabamba Floors ook in die 22 wou sien. Verder, kom ons hoop Morne het nie sy skopskoen aan nie. Verdedig so dat hulle gerattle word binne die eerste 15 min. Tackle om die bene, nie drukkies hoog en om die lyf nie. As n man gevat word moet hy hard val. Storm al Morne se skoppe af, ons weet almal hy gaan skepskop wanneer hy kan. Pasop vir onderskeppings, en MOENIE balbesit weg skop nie. MOENIE in hulle hande skop nie, want hulle gaan dit met rente terugstuur, en in punte omsit! Belangrikste van als, as ons dalk redelik voorloop teen rustyd, MOENIE ophou speel en net verdedig nie, DIT WERK NIE! Druk driee, asb! Baie.
Onthou julle daai pak slae wat die Bulle ons ‘n jaar of twee gelede in die Super 14 gegee het? Dit was ons laaste game en hulle het ons opgevoeter met 64 iets, (kan/wil die score nie meer mooi onthou nie), wel ons het nog nie ‘n payback vir daai ene gehad nie… Loop oor hulle met hulle “springbokke” en kry ‘n rekord telling teen hulle! (is dit alles te vergesog?)
Nie te vrot span nie! As Naka nie weer met verrassings vorendag kom nie staan ons ‘n baie goeie kans. Bly om Juries op vleuel te sien, onthou nog hoe hy verlede jaar op Ellispark teen die Leeus amok gemaak het. Heelagter is i.m.o. maar net nie sy posisie nie. Op vleuel kan hy dinge doen soos wat Philip Burger gedoen het, mits hy spasie kry.
Dit gaan baie close wees. Weereens sal dissipliene die deuslag gee. hoop nie ons sien nog ‘n eerste helfte soos in die laaste 2 wedstryde nie. Teen die Bulle, sal ons nie hierdie keer kan terugveg nie. Ons het die wen nodig, maar bonuspunte sal ook welkom wees.
Cheetahs kan, nou moet hulle dit net doen.
Laat ons nou Saterdag lekker kry soos julle verby die flou bulle sny!
VRYSTAAAAAAAAT!!!
Gee die Bulle gas. Go Cheetahs
Sterkte ouens!!! Hoop julle trek dit deur! Ons wil nie uitval nie, dan eers ‘n hele jaar weer wag…… wen asb die game vanmiddag! Ek glo julle kan!!
Dit was glad nie ‘n goeie wedstryd vir die Cheetahs nie! Wat het ons aangevag? Ons het teen onsself gespeel! Die ref het een groot blaps gemaak maar ons het BAIE groot blapse gamaak.
JL Potgieter het nou wel beter geskop maar hy het ‘n drie vir die bulle op ‘n skinkbord gegee. Gaan kyk maar na die kykweer - toe hul op sy bal wat hy gekop het afgehardloop het, het die bul speler die bal langs hom afgevat. Toe die bul speler doellyn toe is het JL Potgieter stil gestaan en gekyk!!!!! My HEL! as hy net agter hul aan gegaan het sou hy die bal kon wat losgespat het kon dood druk.
Ons het die wedstryd vir die Bulle gegee en nou is ons Curriebekerdrome daarmee heen.
Al het ons verloor moet ek geluk wens aan die ouens, julle het goed gespeel veral nog met hulle bokke terug.
Daar is dit toe: Swak dissipline, en vir die 3de keer in ‘n ry begin swak en moet probeer om ‘n agterstand uit te wis. Daar is darem nou 10 punte wat vir ons wag in die volgende 2 wedstryde. Ons moet nou maar wag en kyk of ons die semis haal dis nou uit ons hande uit.
Sjoe! Ja ons het wel verloor, maar dit is die bste wat die Cheetahs die jaar gespeel het……….behalwe vir die eerste 30 minute. Hoekom moet ons 20 3 agterloop voor ons begin rugby speel? Teen die Shakrs 15 0 voor ons begin speel en ook ver agter gewees teen die WP. As ons net van die begin af wil speel. Mens kon ook duidelik sien die naweek dat Potgieter reeds by die bulle geteken het. Een drie lekker teen hul vasgeskop, en op die highlights het ek toe weer gesien die ander drie, wat Wynand Olivier gedruk het, het Potgieter ook hom gemis met die tackle. Hy is nie opgewasse op die vlak nie. Ek is ook nie iemand wat moan oor skeidsregters nie, maar belaglik is belaglik. Ons cheetahs aanvaar maar net altyd wanneer ons uit games uit geboor word deur skeidsregters. ‘n Geelkaart sonder waarskuwings vir absoluut niks, Mapoe vang later ‘n bal uit die lug en ons is op pad om te gaan score, toe gee die aap ‘n strafskop vir die Bulle. En later ‘obstruksie’ teen ons, terwyl Brussouw in daai move sonder die bal uit die poel uit geskouer word. Ek hoop werklik daar word opgetree teen die onregverdige skeidsregter…….Okay nou hoop ons dat die Griekwas albei hul games verloor en ook die Lions. Dis al hoe ons die semis nog kan haal. Ek glo dit behoort te gebeur. Maar ek het baie moed vir die semis ons ons dit sou haal - Potgieter moet maar net solank van sy kontrak vrygestel word mens kon sien hy wou nie regtig meer speel nie.
Groete! Well done Cheetahs! Ek sou vir Juries, Nokwe en Mapoe in dieselfde agterlyn kies - dit behoort ons nog gevaarliker te maak.
Ek is die heel laaste ou wat n ref die skuld gee maar wragtig!
Volgens my was die eerste drie van die Bulle nie n drie nie en ons moes n strafskop gekry het. Die rede hoekom ek so se is toe Potgieter die bal afgestorm het was Stegmann voor hom en Stegmann het toe daarna eerste die bal gespeel (volgens my offside) voor Potgieter op hom geval het.
Waar in jou lewe het jy gesien as n man n bal uit die lug vang word hy daarvoor gestraf (dit was so briljant dat die ref hom dood geskrik het en toe maar n strafskop teen ons gee) hoe werk dit?
Ek raak nou moeg daarvoor dat dit elke keer n ref is wat die games teen die Bulle vir die Cheetahs kos. Verlede jaar in die semi ook toe Olivier die bal 50m vorentoe aangee maar die ref sien dit nie????
Maar Cheetahs julle het mooi gespeel en kan trots wees, ek is trots!
Een ding waaraan definitief aandag gegee moet word is dat ons moet harder konsentreer die eerste 20 minute, want dit is die 3de game in n ry wat ons moes catch-up speel omdat ons soft tries weg gee in die eerste 20 minute.
Cheetahs julle het die potensiaal om enige span te wen en kan die Currie Beker hierdie jaar wen.
Wel gedaan Jacques-Louis. Jy het ‘n briljante wedstryd gespeel en jou 100% skop rekord wys hoekom is jy die beste. Dit is jammer dat ons die wedstryd verloor het want ons kon gewen het. Ek is net bly dat ons net met 3 punte verloor het aangesien al die Bokke terug in die Blou Bulle span is, het ons glad nie sleg gedoen nie.
vrystaters…Naka en sy afrigting span is op die regte pad en daar is goeie hoop vir die super 14.Onthou dit id naka wat Os betrek by die span en dis n teken van n goeie afrigter.Mens moet ophou kla oor die Boland spelers.WP Nel kom van Boland af.En dan glo ek jong ouens was die seisoen goed gebloei vir die toekoms.Moenie paniekerig word nie,ek voorspel groot dinge vir Vrystaat.Daar is baie talent en n Pluimpie aan Naka om daardie talent te behou.Kyk na vlg jaar met spelers soos robert,mapoe juries.sias.Die voories is briljant die agterlyn is jonk en eweskielik gaan dinge kliek en dan gaan die vonke spat.Ons moet onthou Naka onderhandel met spelers vir kontrakte en hy doen goeie werk.VAT VYF NAKA.Die een speler wat n groot leemte gelaat het was philip Burger want hy kon van niks af n drie druk,en nou is daar Juries en Wilton pieterson.En n klomp Vrystaat spelers is aan Europese klubs verloor en nie eens SA Rugby kan spelers teen Europese klubs hou nie.Teen n bul span met nege bokke WELGEDAAN VRYSTAAT,julle het bewys julle hoof glad nie vir enige super14 span terug te staan nie.Ek glo julle het n goeie kans om vlg jaar die super14 te wen.EK IS TROTS OP VRYSTAAT
Goeie Game vir naka en die Ouens.
Lyk my julle probeer wys hoe om die Currie cup met die miste wenne te verower.
Lyk in elk geval of die span op die regte tyd piek en as julle vir semis kwalifiseer staan julle goeie kans as julle so aanhou speel. Richardt sal nou net adriaan se boots moet volstaan.
Stekte volgende twee weke.
Blou Bul 16 -> Ek was verlede jaar ook trots op die Vrystaat toe ons in die semmi’s teen die Bulle met ‘n onervare span verloor het. Ek het toe ook gedink ons gaan goed doen in die Super 14 maar ons het nie. Dit wil voorkom asof daar iets fout is as ons moet speel teen oorsese spanne.
Ek het nou al lank bestuderings gemaak van die Cheetahs se grootste swakpunte en ek sal dit gou uitlig.
Voordat ek daarmee begin wil ek net sê dat diegene wat nou weer vir my wil kom sê dat ek die span moet gaan afrig of self moet gaan speel dit kan se maar hul moet dit eers sê as hul kan bewys dat ek nie reg is nie. Ek is ‘n goeie ondersteuner en ek hou van die tegniese aspekte van die spel.
Vrystaat staan drieë af in die gebroke aspekte van die spel. Nieu-Seeland en Australie se spanne is baie goed onder die gebroke fasette. So ook Natal en die Bulle. Die sogenaamde turnover is waar ons die kwesbaarse lyk. Enige span is meer kwesbaar met ‘n “turnover” omdat die agterlyn wat in ‘n aanvalsposisie is dadelik in die moeilikheid is. Dit is nie net so maklik soos verander vanaf ‘n aanvalsposisie na ‘n verdedigingsposisie toe nie want die oomblik as daar ‘n turnover is, is die spel gebroke. (Dit is gebroke omdat jy nie einlik tyd het om die verdedigingslinies te vorm of te diregeer nie). In hierdie situasie moet mens ‘n “prevention better than cure”- taktiek volg veral as jy binne jou eie halfgebied speel. Die prevention wat ek van praat is om een of twee spelers uit die aanvalsbewegin te haal wat hulself net op die verdedigin moet toespits. (Net in jou eie halfgebied).
Meyer Bosman kan in so ‘n situasie as sleutelspeler gebruik word.
Wat van die volgende agterlyn teen die luiperds die naweek?
15. Fabien Juries
14. Lionel Mapoe
13. Hennie Daniller
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. JL Potgieter
9. Tewis de Bruyn
DIE 2e helfte kom op:
JW Jonker (senter)
JP Joubert (skrumskakel)
Louis Strydom (Losskakel)
Ons sal moet begin ander kombinasie uitkyk om vir Juries, Nokwe en Mapoe te speel in een span anders gaan hulle waai. Vir al vir die super 14 vir volgende jaar. Ek dink Hennie daniller sal goed doen op buite senter met sy krag en sy voet.
En as die rumours is waar en Gaffie kom terug dan het ‘n goeie kans volgende jaar.
Wat dink julle Chris en editor?
ns. Daniller sal net hard aan die verdediging moet werk.
Ek is wel baie trots met ons span se vordering die laaste 8 weke. ek dink die Sharks, Bulle en die WP sal verkies as Griekwas bo ons die semis haal. Ek dink hul broeke bewe vir ons, vir al as ons ‘n goeie begin gaan he vir ‘n slag.
chris 18..ek hoor jou en verstaan wat jy bedoel.Miskien is daar vlogende jaar net meer Volwasse spelbrekers.Robert was verlede jaar nog nuut.Ek dink regtig dinge gaan vlg jaar gebeur want die jong outjies is bietjie ouer.Daar is ouens wat nie baie blootstelling gekry het nie omdat hulle nuut is maar ek glo Naka is eerlik met hulle en weet waar hulle staan.Wanner Naka hulle los laat gaan die biesies bewe hoor my lied Chris. Julle ouens moet nie moed verloor nie.Die vlg 3 jaar gaan weer goue jare vir Vrystaat wees.Ek se 3 jaar want dan gaan die groot unies Vrystaat weer leeg koop.En Vrystaat gaan nog in die eindstryd vanjaar speel.
chris..ek dink Vrystaat het in die afgelope super 14 miskien te veel respek gehad vir die oor see spanne.Met die bokke wat goed gedoen het en die bulle wat die super14 gewen het wys dit dat ons daai spanne te veel oorskat.Hulle agterente man ons is Suid Afrikaanse spanne en ons spanne slaan vanjaar die kitaar.UIT EN GEDAAN.wAT EK BEDOEL DIE BULLE WEN DIE SUPER14 EN vRYSTAAT VERLOOR NAELSKRAAP teen die bulle.Moenie te veel respek betoon aan die oorsee spanne nie.Want hulle is eindlik swakker as ons 4 spanne.Moet wees want waar is die 3 nasie beker.
Die bulle kan bly wees ons het net 1 van ons bokke gebruik en nie al 2 nie !!!!! Want dan het hulle verloor
Wel gedaan Cheetahs. Die mense lag vir my maar ek voorspel steeds ‘n Blou Bull - Cheetah finaal ensy die Leeus of die Griekwas poks oor die volgende 2 weke. Dis net ‘n jammerte van ons kaptein. Sy kapteinskap het defnitief ‘n verskil gemaak. Ek hoop Naka hou weer ‘n “verkiesing” in plaas van om die kapteinskap netso weer vir Hendro te gee.
Hi Gerhard
Dit lyk goed - ek gaan heel moontlik vir julle die span al more deur gee - hou duime vas!
Hi gerhard..
baie goeie span mar ek sal definetief vir Corne daar hou.. Ek sou gedink het hy sou na di naweek se game meer harte gewen het hier in die vs nadat hy ‘n groot hand in 2 driee gehad het. Dink ni daniller se pass is imo goed genoeg om senter te speel nie en sy lyne is ook te direk op buite senter. Net om weereens by te las, meyer bosman kan elke game net 2 keer di bal pass en ek sal geld betaal om net dai 2 pase te sien.. Beautiful. Beste pass in sa! Mar moet van binne senter af gebeur.. Die verdedigende senters speel te naby vir hom om dai passes te gooi van losskakel af..
Gehard - -> ek dink jy het ‘n goeie idee daar. Ek sal net vir JP Joubert in die beginspan wil sien.
Ek sal daarvan hou om op vleuls Nokwe en Mapoe te sien en dan Juries op heelagter. Dan kan ons vir Daniller gebruik as impakspeler - ek kan nou nie ‘n wedstryd onthou waar hy ooit as impakspeler opgekom het nie.
Bou Bul - -> Jy is reg. Dit is asof Vrystaat ‘n verloorsindroom het as hul Super Rugby moet speel maar of ons dit nou gaan afskud weet ek nog nie. Ons is weer waar ons was verede jaar selde tyd (eintlik bietjie swakker af)en ek het toe gereken ons gaan goed doen in die S14. Ons moet ons houdings teenoor die spanne verander en vinnig ook.’n Baie groot oorsaak van ons swak vertonings kom van die hoofafrigter af wat te laag mik - as ons kan mik om die Super14 te wen sal ons beter vaar.
Blou Bul - het dit nie vir jou gelyk asof Matfield lyf weggesteek het in Saterdag se wedstryd nie?
Dankie vir die lekker humor Jaco Grobbelaar!
Ja kyk Norman, daarmee kan ek nie meer met jou saamstem nie want op die oomblik is Hendro nie ‘n begin span speler nie. Kyk as Naka my weer wil bev.k maak moet hy vir Hendro net inbring en kaptein maak.
Ashley Johnson, Frans Viljoen en Heinrich Brussouw is nou hardegat.
Ek dink steeds met Fabien Juries, Nokwe en Lionel Mapoe gaan ons skade maak, hierdie jaar nog in die playoffs.
manne, as hulle net die regte kombinasies kies, gaan ons loftus seergemaak los op 31 Oktober.
‘MARK MY WORDS’
Chris en Michael, ek hoor wat jul se omtrent Daniller. Ek ken vir Hennie goed en dalk daarom sal dit vir moeiliker wees om te aanvaar as hy van die bank af begin.
Maar ek dink hy is briljant wanneer hy die regte lyn in die agterlyn mee inkom. Ek se weereens: Fabien Juries en Lionel Mapoe gaan ander agterlyne seermaak die jaar nog, veral as Jaques Louis die ball wyd laat gaan en Meyer Bosman, die mooiste pass in SA, die ball pass na die punte.
Manne, ek is excited soos ‘n klein seuntjie oor die span van ons.
As die Bulle en die Sharks ons net help die volgende 2 weke, wag daar bottels en bottels sjampagne wat opgedrink gaan word in die rosestad.
Gaan ons ‘n trein he of iets wat af Durban toe gaan, want ek is in hom.
GOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO CHEEEEEEEEEEEETTTTTAAAAAAAAAHHHHHHSSSSSSSSSS!!!!!!!!!!!!!!!!!
Baie geluk, Cheetahs, ons is trots op julle. Een ding wat vir my uitstaan is die span se fiksheid. Die afgelope paar wedstryde het ons die eerste helftes sleg verloor, maar die tweede helftes terug geveg en dié helftes gewen - ‘n teken van die span se fiksheid. Hierdie fiksheid gaan nog tot gevolg hê dat ons die eindstryd kan wen.
Ons ken almal vir Os wat met die skrums help; vir Barend wat met die lynstane help, maar ons weet redelik min van Niel du Plessis wat vir die fiksheid en kondisionering van die span verantwoordelik is. As ons sien hoe min van ons spelers die afgelope jaar weens beserings nie beskikbaar was nie (in vergelyking met ander spanne) en hoe goed ons eie spelers teen die einde van die wedstryde gespeel het, wil ek graag my hoed lig vir Niel - ons is trots op jou en ons span is waarskynlik die beste gekondisioneer van al die CB spanne. Hou so aan.
chris…ek stem.Kyk as Naka mik om die bulle te wen in n currybeker wedstryd wat heeltemal reg is,en Vrystaat het die vermoee om dit te doen dan is dit my punt.Die bulle is die super14 kampioen maw ek voel dan mik om die super14 te WEN.Vrystaat kan
Ek wens net die dice wil meer as een keer (enigste keer was tn WP) vir ons reg val. Dis tyd dat mense begin besef dat die feit dat sommige manne springbokke is, beteken net dat hulle bok-kontrakte het. NIE noodwendig die beste is in hulle posisie nie en dat daar wel beter manne plaaslik rondloop wat nie groen en goud oor die kop gehad het nie. Die mooiste voorbeeld: Sharks-voorry vs Cheetahs en weer afgelope naweek se Bulle.
Ek dink Gary Botha wat terugkeer uit Europa moet so vinnig moontlik gekontrakteer word deur die Cheetahs. Anders kry hulle dalk ‘n (meer as) waardige vervanger vir die bulle se Kuun.
JP is ‘n yster. En die eerste punte op die bord Sat vir Bulle toe JP glo nie “van agter gekom het” nie, is louter bog. Die kyk-weer wys duidelik dat hy WEL van agter die laaste man se voete gespeel het. En dus 3 punte op skinkbord.
So, BLOU BUL, wat my aanbetref is dit gedane sake. Al probeer jy ons troos, weet jy julle was meer as gelukkig om te wen. Sterkte vir julle wedstryd vs die WP. In die kaap….
Hoop Naka is slim genoeg om weer die spelers toe te laat om self hulle Kaptein te kies noudat Adriaan uit is. Cheetahs 65 - Luiperds 8.
Nokwe en Juries op vleuel, Mapoe wat lekker fris en sterk is saam met Jw Jonker op senters?? En JP in die begin groep. Tewis het goed gedoen in die verlede op losskakel? As ek reg is was hy daar in die laaste deel van die final wat ons teen die leeus gewen het. Hy het vir De Waal afgelos? Gebruik hom tot Gaffie terug is. Gaffie het darem nou oorsese ervaring ook, en doen tans goed in die b-afdeling.
Wat betref die S14, stem eksaam met die negatiewe houding, maar met die huidige Griekwa span wat gaan kombineer met die VS span gaan ons nie weet wie om weg te laat nie. Op papier gaan ons n fantastiese span he. Kyk selfs na n paar van die Griffons se spelers, Dink nou net, met Nokwe, Juries, Mapoe en dan nog Cicil Afrika van die Griffons op heelagter? Wat dink julle daarvan? Dan het ons baie hoop. En ja, moenie net een wedstryd op ‘n slag vat en hoop vir ‘n vyfde of sesde of sewende plek nie, maar probeer mik na die semi’s. Op Bloemfontein. Hoe’s daai?
Wil met julle saamstem dat Naka tog asb nie vir Hendro as kaptein moet kies nie. Die drie losmanne speel briljant en moet nie daai kombinasie breek nie. Richart op haker nou dat Sdriaan beseer is gaan ons baie help met die losbal.
Weet nie wat gebeur het die laaste 8 weke nie maar dinge is beslis beter in die kamp. dink tog vandat Os betrokke geraak het het als begin verander.
hopelik gaan ons die 10 punte kry wat ons gaan deurdruk semi’s toe.
Jammer dat daardie 3 de rangse ref van Ausies ons die wedstryd teen die bulle gekos het. Hy blaas selfs swakker as Pro le Goete
Naka –> Gaan na die SABC nuus toe met jou ontevredenheid met die skeidsregters. Jy kan ook kontak maak met Freek Robbinson op sy “Praat Saam” program op RSG as jy wil hê die publiek moet sien dat swak skeidsregters ‘n probleem is.
Ek dink steeds dat ons onself moet blameer vir die verloor en nie die skeidsregter nie. Ons het baie swak foute gemaak wat ons die wedstryd gekos het - die ingooi blaps wat ons kaptein begaan het 5 minute voor die einde het my net so ‘n groot invloed soos die skeidsregter se swak beslissings.
My Vrystaat vriende…net n gedagte.Een ding wat Vrystaat geleer het die seisoen en wat hulle meer volwasse gaan maak in vlg jaar se super 14 is die volgende.Vrystaat het vanjaar n swak begin gehad in die currybeker en het met n terug veg poging homself in n moontlike semifinaal posisie terug gespeel.Die jaar na n swak begin in die super14 het hulle koppe gehang en die selfvertroue was weg.Soos Naas altyd gese het die beker word nie in die eerste ronde gewen nie.Die span gaan vlg jaar meer karakter he al verloor hulle n wedstryd of 2 in n ry want hulle het dit vanjaar bewys hulle kan opstaan.
Ek dink van die drie spanne wat die semi’s kan haal, het ons die beste kans. Dit sal ‘n reuse upset wees as ons nie 10 punte uit die volgende 2 games kry nie. Ek kan nie sien dat Griekwas teen die Bulle ‘n bonuspunt kry op Loftus nie - dit beteken hul sal op Kimberley 3 punte uit die Sharks game moet kry. Waarskynlik ook nie met die Sharks se bokke in die span nie. Die Leeus moet net een van hul volgende 2 games verloor om uit te wees. Hul sal na alle waarskynlikheid albei verloor, maar veral die eerste een teen die Sharks. So dit behoort ons in die semi spot te plaas. As ons vir die eerste keer in jare in die semi’s ‘n regverdige skeidsregter kan kry, dan behoort ons in die finaal te wees. Ek voorspel - let wel niemand is Nostradamus nie, ek raai maar net - dat die WP bo eindig, shraks tweede, Bulle derde en ons vierde. Dus semis speel ons teen WP op Nuweland. Ons speel weer ‘n great game en wen. Wp kry nie regtig bokke terug nie, so ons behoort hul te klop met goeie rugby. Maar ons en WP is baie gelyk wat spelpeil aanbetref op die oomblik. Die Sharks en Bulle speel dan die ander semi teen mekaar…..op die oomblik dink ek die Bulle is sterker as die Sharks en ek voorspel die Bulle wen die sharks in durban….. Goed, dan weer ‘n reuse finaal op Loftus……….onvoorspelbaar…………..
vrystaters…saterdag is almal van julle se bloed blou.Julle gaan voor die kassie sit en blou bul skree soos nog nooit van tevore nie.Blikoor in PTA,jy is nou n regte arrogante Pretorianer.Wat ek se oor Vrystaat bedoel ek,ek het nooit gese Vrystaat het swak gespeel Saterdag nie,ek het die teendeel gese.Die bulle speel teen Griekwas nie teen WP nie.Trek julle blou klere aan Saterdag.
Hein…sien dit is nou waarvan ek praat,jy se WP kry nie eintlik bokke terug nie.Waarvoor moet Vrystaat terug staan al is daar 20 bokke in n ander span.Vrystaat het nie terug gestaan vir 15 Britse Leeus nie.
Ek moet se dat die span teen alle verwagting oortref het met n come back. Ek weet ek baie NAKA uitgehaal en sy verskonings ens en daar is baie dinge wat nogsteeds nie sin maak nie, maar hierdie keer stem ek oor die REF hy het belaglik geblaas, Hy Het net op 1 speler gekonsentreer en dis BRUSSOW. Die kon niks reg doen nie, en halftyd speel hy net soos di 1ste helfde en wen 6 turn over. En n belaglike strafskop op MAPOE 5m van die doelyn af met BRUSSOW op sy rug dit was verseker n 5punt, dit het ons die game gekos. BLOU BULK ek lees jou storie, jamer pel stem nie saam jou opmerkings nie, en dis reg as jy verskil. 1. Hoe se jy van BOLAND spelers. Kom ek verfris jou gehue, HENLIER, DEMAS, DAVID,TEWIS,NOKWE het glad nie die wereld aan die brand gespeel nie saam n paar ander spelers, en asb ek het teen n persoon ek praat oor sy spel sy werk. HENLIER se wisselvaligheid, DEMAS se onvermoee, Nokwe se onbetrokkenheid by spel en wie het in die 1ste 4 wedstryde ons agterste driehoek gemaak. Henlier se enigste werklike groot game van super 14 waar ek hom n 9 uit 10 gegee het was teen die LEEUS in BLOEM toe hy ook man of the match was. DEMAS nie n goeie seisoen Teen Luiperds, Boland en Griekwas 6 uit 10 in ander games n 3 geen man of the match nie. Nokwe selfde 1 briljante game die seisoen teen GRIEKWAS in KIMB en man of the match. Tewis het n swak super 14 gehad grootste kritiek te stadig, verkeerde opsies, takties pateties. Nou vra ek jou BULL hoekom het MAPOE, JW, FABIAN, SNYMAN nie van die begin af gekies nie, kyk watse helse verskil maak FABULIOS FABIAN EN MAPOE sou ons nie DALK sekere games gewen het as ons agterste driehoek bestaan het uit JURIES, MAPOE, JW of self HOLLENBACH in plaas van n “BOLAND spelers” wat nie van die begin hul kant gebring het nie, en hier blameer ek afrigter, spankeuses, spelpatroon, rigting, visie ens. Min sker beweging en lyne hardloop is gesien. So ek bly as jy kan sien waarna NAKA opad is ek sien dit nog nie en wat hy wou bereik en wie die groep is want dan is n speler verlore en dan binne in die span dan bench dan speel dan uit. 2. WP NEL jy reg ook BOLAND hy het eers begin shape toe OS hom bykom en dis nog die draaipunt het gekom vandat OS by die span betrokke geraak het en sy invloed en teenwoordigheid en GESAG afsmeer op die spelers, en kyk teen WP, HAAI, BULLE die veggees in die 2de helfde, en van die ouens het al in super 14 gese gee die span vir die regte afrigter soos HM of Eddie Jones want spelers koop in by n afrigter en sal hul lywe op die spel plaas en dit het gebeur vandat OS betrokke is. Ek hoor jou om vir ons te kom se ook wat ons geleer het en selfvertroue en swak begin en en en. Ek se weer dis daar en dis waar maar dit gee my nou nie gemoedrus vir super 14 nie. Vir my gaan dit oor afrigting, NAKA/HAWIE kon nie hierdie oukies lig tot en met die 2de ronte van CB nie, toe kom OS by en skierlik is daar selfvertroue, veggees, lywe wat op die spel geplaas word ens. Het jy gedink as OS die leisels moet vat. Spelers soek HEROS om te volg en dis OS inter en nasionaal vlak. Wat ek se BLOU BULL wys my volgende jaar se BESTUURSPAN, AFRIGTERS en TEGNIESE ontleder en ek se vir jou of ek hoop sien.
Aan Editor, net n tik foutji as jy dit kan regmaak ek wou gese het ASB EK HET NIKS TEEN N PERSOON NIE, MAAR TEEN SY SPEL, DIT LEES OF EK SE EK TEEN N SPELER. DANKIE
Ons kan dalk ook ‘n afrigter, sowel as ‘n direkteur van afrigter mee begin. Os vir direkteur van afrigting…..die afrigter rapporteer dan by hom…
JJ — > “wys my volgende jaar se BESTUURSPAN, AFRIGTERS en TEGNIESE ontleder en ek se vir jou of ek hoop sien”
Ek stem saam met jou hierop JJ!
Dankie Blou Bul- ek glo jou komplimente oor Vrystaat is opreg bedoel! Aan die Vrystaat span, hou so aan- bly nederig en speel julle harte uit die volgende twee weke- moenie verder dink as die volgende drie of punte op die dag nie. Dinge sal self in plek val en dan speel ons en die bulle weer ‘n eindstryd in Pretoria. Wie sou dit in week 4 van die Curriebeker voorspel het. Een van die groot terugkere in Curriebeker geskiedenis.