Hierdie Saterdag speel die Vodacom Vrystaat Cheetahs op die Haaie se tuisveld in Durban. Bloggers, ondersteun die span daar by julle huise. Die span gaan almal nodig hê!
15. Hennie Daniller
14. Lionel Mapoe
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Jacques-Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Ashley Johnson
7. Frans Viljoen
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss (k)
1. Wian du Preez
Plaasvervangers
16. Richardt Strauss
17. Coenie Oosthuizen
18. Izak van der Westhuizen
19. Hendro Scholtz
20. Tertius Carse
21. Louis Strydom
22. JW Jonker

Ek dink hierdie is rerig ‘n goeie span. Kon nie anders as om gister te dink aan die ou gesegde: ” ‘n kampioen-span sal altyd wen teen ‘n span vol kampioene”. Ek dink die manne “gel” nou goed. En weer eens dink almal dat die springbokke noodwendig die knoop deurhaak vir enige span. Wat ‘n mistasting is, omdat die dinamika in enige span afhang van die tyd wat die ouens saam deurbring.
Uit ‘n mediese oogpunt, moet ons Dr Ian Morris heelwat krediet gee vir die manier waarop hy Dr Org Strauss se groot skoene kom volstaan het. Om ‘n span deur ‘n kompetisie met twee rondtes te kry sonder groot drama, wil gedoen wees.
Ek verstaan nie mooi nie…Waarvoor gaan soek Vrystaat vir n losskakel nou dat JL weg gaan,hoekom dan Louis Strydom gekoop en wat se dit vir Sias en Lionel Cronje?Daar word geld gemors,hoeveel losskakels wil vrystaat he wat nie speelkans kry nie.Bele in die spelers wat julle het,en soos iemand op die blok geskryf het miskien minder spelers maar betaal hulle beter en behou hulle.Maar nee liewer bietjie geld aan 10 middelmatige losskakels.Behou 2 en bou hulle vir die toekoms.
Vrystaters…ek gaan nou nie meer kla oor julle spelers nie,want die spelers oor wie ek kla word deur die bulle gekoop.Ek gaan nou begin kla oor Brussouw en Juan en Adrian Straus en Robert Ebersohn.Ek dink Frans Ludeke en Naka probeer ons n les leer,so ek gaan nou reverse taktiek probeer.
Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar as Juan Smith nie beseer is nie, dan sal ek groot bohaaai maak. Die is ‘n do - or - die game en hy word nog laat rus. Dis $*%!!!!!!!
En wat de hel gaan van Phillip Snyman word as hy nie eers op die bank sit nie.
Ek weet darem nie so mooi nie.
Ek sien tot Johan Wessels sit ook nie op die bank nie. As Hendro opkom beter hy sy beste game in ‘n Cheetah wedstryd speel of daar is regtig amok op die BLOG maandag na die game.
Ouens is dit net ek wat dink ons MOET die Sharks wen of is dit net pure nonsens nog AAAAAAAAAAAAAALLLLLLLLLLLLL die pad van Naka en Hawies se kant af??????
En ek wil nogsteeds sien hoe ons vir WP NEL, WIAN DU PREEZ en COENIE OOSTHUIZEN hier gaan hou. Roteer is goed, maar dan moet almal genoeg game time kry.
Wie gaan losskakel vorentoe speel, ek weet nie of Louis Strydom goed genoeg vir ‘n langtermyn is nie.
En ek se julle, ons kan nie nou vir Lionel of Sias speel nie. Hulle skop nie goed nie. Actually onder die 40% vir die seisoen.
Wat gaan ons doen. Sit maar weer vir Meyer op 10. Dalk kan ons dan vir Snyman inbring.
Goeie plan om nie weer die span te veel te verander nie, Brussouw is ‘n welkome toevoeging. Nou moet die manne net soos wilde diere verdedig. As hulle verder doen soos teen WP en dissipline behou, het ek baie hoop vir die naweek.
Het iemand dalk al die Sharks span vir die naweek gesien???????
JL Potgieter, sit 2 jaar op die bench by die bulls. Kom Vrystaat toe. Word eerstekeuse loskakel in die Super14 en CC. Word raakgesien. Word ‘n held in Bloem, een van die voorste puntemakers in die CC. Verbeter elke week sy spel.
En nou?
Dink hy regtig hy gaan as die derde of selfs vierde beste loskakel in Pretoria vir die Bulls speelkans kry? Nee, Vodacom cup hier kom nog ‘n oud-cheetah.
Hoekom doen die ouens dit?
Ek sal julle sê:
‘n Rugbyspeler vertrou sy agent. ‘n Agent soek geld. So die 5-10% wat ‘n agent by ‘n Cheetah speler kry is baie minder as ‘n 5-10% wat hy by ‘n Bulls Bencher kan kry. EN ‘n cheetah speler gaan actually rugby speel, so sy “investment” kan dalk seerkry. By die bulls kan sy speler lekker jaar vir jaar geld verdien op die bench. En dan as hy oor die muur is terugkom Cheetahs toe, want oom harold sal hom jammer kry en ‘n job gee.
Word wakker rugbyspelers! OS en Juan, en Rassie en baie ander het naam gemaak in die Vrystaat, as RUGBYSPELERS. En toe RUGBY gespeel vir die springbokke. As jy op die bench sit vir die Bulls, of die Sharks, of by die WP beseer word, gaan jy NOOIT springbok speel nie.
Op’n ander punt: Baie dankie aan Kloppers vir die “hou spelers hier” borgskap. Ek sê die Klopper broers moet mooi vra wat met daai geld gedoen word. Maak seker dit word spandeer op ouens soos die Ebhersons, Mapoe, Uys en Wessels.
Gee vir Adriaan Strauss ‘n bonus en hou hom kaptein (los vir Juan om kaptein te wees in die Super 14)
En asseblief stuur tog net ‘n paar Rand vir Stade Français om vir Falie Oelschig the hou.
Loop haal vir Kennedy Tsimba as jul probleme gaan hê met losskakel keuse. eks ‘n groot Cheetahs fan. en Tsimba was vir my die beste wat Vrystaat nog gehad het.
Ek glo in my span dat hul die Haaie sal klop die naweek en dinge sal moeilik maak vir die ander spanne. Die manne moet net glo en hart wys.
Hi Gerhard
Ongelukkig is Juan nog beseer. Naka en Hawies sou hom verseker in die span gesit het as hy kon gespeel het.
Aangesien die BULLE weer vir JLP teruggekoop het, sal WP nie vir Corne Uys ook wil terug koop nie. Paar goedjies wat ek net sal graag wil weet. Wanneer het die BULLE die 1ste keer met JL gesels en sy kop kom omkrap want dit het beslis sal ek se n bydrae tot sy swak spel beinvloed. As n werker al die jare getrou by n maatskapy werk en n ander maatskapy nader hom sal daar n insinking wees veral as hy sit en top en wik en weeg en dit oorweeg en daarmee het ek n probleem want hoekom het JL nie met die 1ste onderhandeling vir NAKA gese en gese ek oorweeg dit sterk dan kon ons al vir LOUIS, EBERSHON, LINOL gebruik het nou kom hy uit lekker VRU as n agterdeur oopgehou en beroof jong volwaardige vrystaat seuns in die nr 10 trui wat ons nou al kon ervaring kon gegee het. Nog n probleem en ek glo veral afrigters is hierdie agente wat sommer enige tyd in die seisoen met spelers onderhandel hoe kry hul dit reg sonder dat n afrigters bewus is. Daar moet n reel wees wat se n agent mag nie direk met n speler kontak maak en met goedkeuring van die afrigter, die afrigter hoef nie by te wees nie, maar te minste weet daar word onderhandel en vir so speler 7dae kans te gee om te besluit sodat die afrigter kan weet moet ek verder bele in hom of in iemand anders en niemand se tyd mors wat hier wel wil speel. En as NAKA geweet het van die onderhandeling dan weet ek wragtig nie ……Verder baie goeie los trio, sou LOUIS begin en beslis JW op senter.
Hou van die span. Hoop maar Corne Uys bewys ons almal verkeerd Saterdag en speel die game van sy lewe. Ek sou graag vir Kabamba op die bench wou gesien het in plaas van Henro maar verder goed.
Het Johan Wessels (my speler van die game laasweek) so swak gespeel dat hy nie eers die bench haal nie?????????????????????????????????? En het corne uys sooooo great gespeel dat hy weer moet begin?????????????? Ek sou 2 baljagters saam met Johnson gekies het. Frans Viljoen speel hard, maar baie balle is omgekeer omdar hy so stadig is by die afbreekpunt.
NEELS (9) Nee griet ons moet wat? Kennedy Tsimba nee heng die SIMBA CHIPS het n groter BRULLL as hy. Nee hy is reg waar hy is en vir die liga. Hy kon nie hond of haar uitmaak in die super 14 as ons sogenaamde tegniese ontleder nie. Gerhard (7) sovel ek hoor gaan Plumtree al sy BOKKE speel behalwe Smit. Ruan op 9 Steyn op 15, Adi 13.
Neels (Despatch) - Kennedy is oor die muur. Hy was beter as Potgieter maar hy kan nie in dieselfde asem genoem word as Jannie De Beer en Willem de Waal nie.
Merlin - Ek weet nie watse games jy gekyk het nie maar JL Potgieter het defnitief nie elke week verbeter nie.
Kyk bietjie wat die Bul ondersteuners te sê het oor Potgieter wat na hulle toe gaan (EK haal party van hul aan)
—-> “Jacques-Louis Potgieter is ‘n uiters wisselvallige speler. Die Vrystaat kon sekerlik baie meer wedstryde gewen het as hy en Louis Strydom nie sulke swak stelskoppers was nie” — (naar maar waar)
—-> “Kan iemand vir my se wie JLP is… Net nie die Potgieter outjie van die Vrystaat nie asb…”
—-> “Money well waisted” — (Dankie Bulle)
—-> “Ek wil net vir die BBRU se ek kan nie glo julle het vir J-L Potgieter gekoop nie, hy is pateties. Julle sit al klaar amper met die land se drie beste losskakels, as julle dalk nog vir Lionel Cronje gekoop het sou ek verstaan. Ag nee man, ek is teleugesteld” — (Ek voel tans nog jou pyn maar eerder joune as myne!)
Ek hoop nie Vrystaat koop ‘n grens Nr 10 nie. Ek reken dat ‘n speler wat “te koop” is sal weer “te koop” wees as hy ‘n beter aanbod kry. Ek wonder heeltyd hoekom die Vrystaat nie in lojale jongelinge belê nie. Pomp ervaring, vaardighede en passie in jong talentvolle spelers (met ‘n voorwaarde van ‘n sekere aantal jare se diens vir die Cheetahs)
Editor - kan jy nie by die grootkoppe hoor of hul nie die bal aan die rol kan sit sodat spelers by Unies gekoop moet word nie?
Die Cheetahs gaan aanhou wen, verloor in 2009 se Currie Beker is verby! Cheetahs 2009 kampioene!
Dit is definitief n moontlikheid as die Cheetahs al hulle remaining games speel soos die tweede helfte teen WP, wat n game!
Ja JLP gaan net nooit weer game time kry by Bulls nie so laat hy gaan as hy so dom wil wees. Hoeveel keer het dit al gebeur wat Cheetahs hulle rug draai op die Cheetahs en dan net verwyn van die scene af. Selfs daai tyd toe Os vir die Bulle gaan speel het en Rassie vir die Leeus toe word hulle nie meer in die Bokspan gekies nie, maar toe hulle terugkom word hulle weer van die grootste staatmakers in die SPRINGBOK span. Kyk wat het Ollie als reg gekry toe hy terugkeer net voor hy boots op gehang het. Kyk vir Duane Vermeulen, hy is nie meer die speler soos wat hy by Cheetahs was nie. Hy is een van die gelukkiges wat nog game time kry.
Maar Rassie het dit wragtig weer gedoen, sy rug op ons gedraai!
Die ander ding is die ander unies wil elke jaar moan omdat hulle sukkel in die CC want hulle Bokke is nie daar nie, maar hulle vergeet dat meeste van daai Bokke eintlik by die Cheetahs gekoop is, so hulle moenie moan nie.
Cheetahs!!!!!!!!!!!!!!!!
Los die manne wat vir ander spanne wil gaan speel.
HA HA HA HA!!! Corne ons verkeerd bewys!!! GROOTSTE GRAP NOG!!Coenie Oosthuizen is vinniger en verdedig beter!! Vrystaat se craven week senter is even beter!!! maar ons gaan hom ook verloor solank hawies daar is!!!
Rassie sien die talent raak in die vrystaat en het vir Lionel Cronje n aanbod gemaak!!! As hy nog hier was het ons nie n delemma gehad op loskakel nie!!
JJ ek wil net vir jou sê dat jy geen reg het om Jacques-Louis se integriteit in twyfel te trek nie. Wie dink jy is jy om oordeel te vel oor iemand se persoonlikheid? As jy nie integriteit het nie moenie dink iemand soos Jacques-Louis het dieselfde probleem nie. Hy het nog nooit sy span in die steek gelaat nie en sal dit ook nie nou doen nie. Ken jy hom persoonlik? Ek dink nie so nie anders sou jy nie die TWAK kwyt geraak het nie. Hierdie spelers is professioneel en nie op jou vlak nie. Jy kan nie verwag hulle moet iets wat hulle hele lewe en gesin kan beinvloed in 7 dae oorweeg nie. Dit wys dat jy niks van onderhandelings weet nie en dat jou kommentaar onvolwasse is. As jy dink geen speler onderhandel voor die tyd nie, het ek nuus vir jou. Word wakker. Hierdie mense se rugby is hulle beroep hulle speel nie rugby omdat hulle niks beter het om te doen of om ander mense te trakteer nie. Jacques-Louis het die besluit sekerlik nie ligtelik geneem nie en sou verseker baie dinge in ag geneem het voordat hy die besluit geneem het. Dis ook nie asof hy net van een Unie ‘n aanbod kry om te oorweeg nie. Jy sal seker volgende week daarop aandring dat hy nie teen die Blou Bulle moet speel nie omdat hy dan volgens jou nie integriteit het nie en sal seker maak dat die Cheetahs verloor?
pierre 18…Ons almal het dit sien kom behalwe ons afrigters.As ek lionel is loop ek want in Vrystaat gaan hy nie speelkans kry nie.Lionel lees ook koerant en wat se dit vir hom en Sias as hulle lees NAka is alreeds besig om met n paar losskakels te onderhandel en een wat al voorheen vir Vrystaat gespeel het.En dit gaan al meer gebeur met die ouens wat n kans soek om deur te kom.Duane was onbekent toe Rassie hom raak gesien het,soos jy tereg se Rassie vat alweer raak.
Ek stem saam met JJ 11 hierbo oor JLP, as iemand met jou kop smokkel, sal jou spelpeil natuurlik daar onder lei, ek twyfel egter nie waar JLP se lojaliteit lê nie. Meisie 19 ek dink jy het die kat aan die stert beet, lees ASB JJ 11 se kritiek in die regte konteks voor jy hom veroordeel.
Meisie - JJ het reg om JL Potgieter se integriteit te bevraageken. Ek wil ook bylas dat hy dit buitendien nie gedoen het nie. Is jy verlief op die Blonde nr 10 dat jy so vir sy wickets keer?
Ek dink nie Potgieter het het die VRU in die steek gelaat nie. Die VRU het homself in die steek gelaat op so ‘n swak speler te kontrakteer.
Ek wens Vrystaat kan mooi kyk hoe hul spelers koop - eenmaal ‘n loper, altyd ‘n loper. Ek hoop die kopers van spelers in die VRU wil net hierdie boodskap kop toe vat - ‘n MENS KAN NIE LOJALITEIT KOOP NIE!
Pierre 17… Ek hou ook nie van Corne Uys nie, ek sou ook eerder vir JW daar wou gesien het maar die afrigters het dalk ander idees. ‘n Mens kan nie stry teen 6 wenne in ‘n ry nie.
Blou bul 20… Dit was ‘n jammerte om Duanne te verloor, maar and die ander kant Duanne het op daardie stadium vir Brussow uit die begin 15 tal gehou as ek nie mis het nie. Ek wil ook nie snaaks wees nie maar Duanne se spelpeil is nie meer wat dit was by die Cheetahs nie. Western Problems, where careers go to die….
Die Losskakels wat mee gesels word is : Gaffie du Toit, en Olivier van griekwas… Gaffie is die een wat al vir vrystaat gespeel het is Gaffie.
Chris jy haal net enkele lelike goed aan wat van Jacques-Louis Potgieter gesê word. Ek daag jou uit om die goeie goed wat al van hom gesê is aan te haal!!! Jy sal beslis nie genoeg plek op hierdie blog hê vir alles nie. Hoekom bly jy nie liewer stil as jy nie iets goeds van hom kan sê nie????
Dit is duidelik dat jy nie van hom hou nie so los hom dan nou uit. Hoekom het jy so baie te sê as hy dan so sleg in jou oê is?? Hy gaan mos nou weg. Ek kan nie glo dat jy iemand so sleg kan sê en dit op die blog waar almal dit kan lees nie. Hoop jy dalk hy lees dit en voel sleg? JY IS PATETIES VERBY MAN JY HET SEKER NET TOT BY GRAAD 6 RUGBY GESPEEL. Of het jy al ooit gespeel? Wees nou eerlik - sou jy daarvan gehou het dat iemand jou so sleg sê?
kan iemand dalk net die volgende ook aan my verduidelik? Rassie is wp toe en het gese hy gaan talent ontwikkel, maar hy soek nog steeds by die vrystaat talent! Hy beskik oor vyf van die top skole in die land om van te kies soos parrl gim,paarl boys, paul roos,boland landbou ,wynberg, hugenote,en om nie eers te praat van die 2 top universiteit’e in sy provinsie nie, Maties en UCT. Die 2 het die laaste 2 jaar in die varsity cup finaal gespeel!!!Die Vrystaat het grey en shimlas dalk oud greys, nou vra ek julle wat word van al daai spelers in die westelike province???
Sjoe JJ, as enigiemand dalk gewonder het of Meisie jou meisie was, weet ons nou van beter. Dit bly maar ‘n mans-game die; Onhou julle nog daardie beslissing wat ons die 2008 Vodacom-beker gekos het?
Maar nouja, genoeg chouvinisme vir eers! Kom ons manne praat weer biejie rugby. Het julle gesien hoe baie van die Sharks se Bokke is in die 22 vir Saterdag? Lyk my die guppies is erg bekommerd. Dit kan dalk net in ons guns tel, die manne het lanklaas saamgespeel as ‘n eenheid. Effektief sit hulle saterdag met 2 spanne op die veld nl. ‘n bokspan wat PdV se patroon gewoond is en ‘n Sharksspan wat Plumtree se spelpatroon gewoond is, lyk nie of die twee baie versoenbaar met mekaar is nie. Dissipline is wat my betref steeds die wagwoord: ons moet ons besit beskerm, goed verdedig en nie dom strafskoppe afstaan nie. Die Sharks gaan defnitief op ‘n stadium begin om die balle op die grond stadig te maak deur oor te duik en ander negatiewe spel. Dis waar ons die aanslag kan begin. Teen halftyd sal hulle uit die bus uit val en begin plaasvervangers inbring en hulle ritme sal heeltemal versteurd wees. Dan kan ons hulle looi met die backline.
Ek glo nie ons sal die game weer weggooi soos in die eerste helfte laasweek nie. Ek glo ons kan die pyp rook.
Cheetaaaaaaaaaaaahs!!!
MEISIE- ek sal voorstel voor jy JOU ou cheetha naeltjies uithaal en wil krap dat jy mooi moet lees eers. Ek herhaal wat ek gese het, “n Paar goedjies wat ek graag sal wil weet” maw ek wonder dink aan n paar dinge na aanleiding van JL se Pretoria gaan en wanneer die agent by hom die 1ste keer was. Hierdie is n blog waar jy opinies menings kan se, en aangesien jy myne soo aandagtig gelees het, lees sommer almal sin weer van die vorige blogs tot nou en dan kyk jy oor wie en wat daar gese word en dan praat jy weer met my oor persoonlik en integriteit. Jy gaan my ook nie oortuig dat so n besluit nie n invloed op sy spel het nie, se my het jy al RUGBY gespeel, afgerig nou ja toe …. gaan doen navorsing by AL die AFRIGTERS wat spelers monitor op rekenaars die duikslae, lynbreek, mistackles ens dan sal hul jou se statistiek bewys dat n speler miskien n 0,8% per game mistackle en skierlik na n agent by speler was het dit 2,8% per game geword, geen mens kan jou volle potensiaal gee as jy op 2 gedagtes hinker nie man, al is jy hoe profesioneel jy bly mens. Die 7dae ding is n klip in die bos omdat ek afrigters se frustrasies verstaan en vir hulle hier sal opkom as n speler agter jou rug met n agent praat en skierlik as afrigter sien jy by so speler daar is fout en die afrigter vra wat fout en se nee niks fout als reg en die afrigter het drome en planne vir so n speler en skierlik se die speler ek het n aanbod gekry ek gaan weg. SA RUGBY moet hier ter wille van afrigters n reeling stel wat se dat geen agent mag onderhandel tydens seisoen tyd nie kan na die seisoen dit doen want hul tree nie op in belang van n speler nie hul kom krap spelers se koppe deurmekaar en hul verloor visie. EN EK se weer AS dit die geval is dan moet jy nie my integriteit kom bevraagteken nie, maar n speler sin ten opsigte van sy spanmaats, afrigters ten koste van ander spelers . En ek ook gese as JL wel voor die tyd met NAKA gepraat het dan kan ek nie NAKA verstaan hoekom hy dan nie ander jong spelers die laaste 20min speeltyd gee as plaasvervanger vir JL nie. En ek sien werklik nie hoe ek n oordeel vel soos jy te kere gaan nie. Plaas jouself ook in n afrigter se skoene ten opsigte van onderhandeling wat jy ook maar min weet MEISIE. En dis n vraag en n stelling wat ek gevra en gemaak het, en soos jy seker al gelees het stem die meeste manne dat JLP het nie vir ons die antw op 10 opgelos nie. En om hierdie gesprek af te sluit, n baie teleurstellende aanmerking van jou, TOE DROP JLP SO WAAR TOE DIE VRU EN VIR JOU.
Chris (15) jy sê De Waal was goed,Hy kon nie met die bal hardloop nie, en Vrystaat is HARDLOOP rugby.Kennedy Tsimba kon skop en hardloop. Vrystaat kan enige iemand goed maak. Ons maak van ‘n niemand ‘n ster, Bv. Brussouw,Potgieter. Dit is waarom ek van Vrystaat hou. Ons het nie geld nodig om goed te wees nie.
Ek glo ook JL Potgieter gaan Vodacom cup gaan speel sodra hy vrystaat verlaat.
Tewis De bruyn is vir my ook ‘n staatmaker vir die Vrystaat kanie wag om hom weer in aksie te sien nie.Ek dink regtig die Bloem mense moet bietjie meer moeite doen om te gaan kyk as Cheetahs in bloem speel. ondersteun julle ons span net as hul die curriebeker wen of wat?? Ek weet ek gaan volgende jaar bloem toe en ek gaan my span ondersteun.Kom mense ons ondersteun bietjie ons span!!!! Ek glo die manne gaan ons nie drop die naweek nie.
JJ lyk my jy konsentreer dalk meer op die statisitieke en minder op die spel. Hoekom is jy so kwaad vir Potgieter omdat hy weg gaan jy het mos nou jou sin gekry? Ek dink ook jy is pateties om iemand so aan te val. Die blog is wel daar om jou sê te sê maar ons het mos nou al gevra dat julle nie iemand persoonlik moet aanval nie. Potgieter het mos gesê dat daar ook persoonlike redes is waarom hy terug Pretoria toe gaan. Hy het goeie rugby gespeel en ek wens hom net alles van die beste toe met sy loopbaan. Ons hoop jy het ‘n goeie game saterdag L en weet maar dat daar ouens is wat nie jou integriteit in twyfel trek nie. Elke speler het goeie dae en slegte dae. Ek weet nie hoekom JJ aanhou om JL so uit te sonder nie. Bitterbek as jy my vra.
Chris, meisie en JJ. Ek wens julle mense wil ophou mekaar sleg se en maak of almal van julle so baie weet en eerder begin saamstaan agter die span.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek kan nie glo dat daar so klomp kla gatte op die blog is nie. Dat julle spelers so sleg kan se, wys net wie en wat julle is! Dis maar gewoonlik dieselfde mense wat spelers so slegse.
Ek hoop en glo dat die spelers nie na die twak kyk nie. Daar is baie mooier en beter maniere om jou saak te stel, maar moet nie in mense se persoonlikheid inklim nie. NIEMAND verdien dit nie
Kyk na die positiewe, ons is op de wenpad en kan die beker huistoe bring. Almal kla dat die ander unies ons spelers koop, maar daar is net soveel fondse beskikbaar.
Gesien in die lig van elkeen op die blog uiteenlopende se opinies oor spankeuses, spelers ens. wie moet en wie nie gekoop moet nie, watter spelers moet speel en wie nie, is dit duidelik dat nie een van julle rugby moet kyk nie.
Hou op kla en ondersteun die span, of gaan skreeu vir n ander provinsie!!
OU PC, ek gaan nou werklik nie my polse afsny oor n MEISIE nie. Ek hoop jy reg sal interesant wees om te sien wat se GAMEPLAN hul gaan speel teen ons. En ek is nogal bang vir die PdV 1 waar hul ons agterste driehoek gaan looi met hangskoppe, veral op NOKWE soft target. Neels v Despatch stem nie lekja met jou stelling nie. Die mooiste driee wat PHILLIP, GAVIN, EDDIE FREDRICK, en ander gedruk het kom van WILLEN wat weet watse lyne hy moet hardloop wanneer om te hardloop hoe om te hardloop om spasie te skep vir die vleuels om driee te druk. Die swakste hardloper van loskakels was seke NAAS BOTHA gewees kyk hy was so bang gewees om te hardloop want die kans was goed dat n ALL BLACK FLANK sy tjank aftrap net daar en dit wou NAAS nie gehad het nie, maar in rugby era is hy n GROTE hy het geweet hoe en wanneer. STEM VRU kon van niemand n iemamd maak mits hy deur die ranks kom nie ouens wat se game tyd al feitlik verby is nie. Ag nee net nie GAFFIE nie gaan nog n CORNE UYS geval wees. Los nou hierdie ouens wie se game time verstreke is en bele in die jeug my magtig of moet RASSIE vir jul wys hoe om dit te doen en dan is ons oor n jaar spyt soos RUAN, STEYN, DU PLESIS BROERS EN ANDER
Ek dink nie JLP is die beste loskakel in di wereld ni mar hy het baie an sy game gewerk vandat hy hier is, veral sy verdediging. Dit wys vir my dat daar niks kort an sy toewyding ni.
Ek dink persoonlik dis ni ‘n goeie besluit van sy part ni mar wie weet wat sy redes is.. Die bottom line is, dit bly sy besluit. Kom ons wees goeie supporters en support hom terwyl hy vir di cheetahs bloei. Dan kan ons lelik van hom praat wanneer hy teen ons speel.. grap net.
Ek lees hul praat van 3 loskakels met super 14 experience wat Naka hul na kyk, met een wat al vir di vrystaat gespeel het.
MAR GROOT ASB MOENI VIR GAFFIE OF HERKIE KRUGER KOOP NI.. Niks persoonlik ni, dink net nie hul is meer op S14 standaard ni..
Manie - Ek het weer gaan kyk waar ek die aanhalings gekry het oor JL Potgieter en daar daar is meer kritiek as posetiewe goed by die bul ondersteuners,, so jy is verkeerd (LOL). Ek gaan nie vir jou sê dat jy moet stilbly nie — ek hou daarvan dat jy jou naam met plank slaan. JL het nog nooit vir my rede gegee om van hom te hou nie. Hy het amper geen games vir ons deurgetrek nie.
My rugby ervaring het niks te doen met die geldigheid van my argumente nie.
Neels (Despatch) - Brossouw was nie ‘n “niemand” nie…. Potgieter ook nie (hy het van die bulle af gekom) en as jy dink dat Potgieter nou ‘n ster is, hoekom sê jy dat hy slegs Vodacom cup wedstryde gaan speel? Is dit wat jy dink van ‘n ster? (dit lyk vir my asof jou redinasie jouself in die steek gelaat het)
Neels - dan kom ek by Tsimba en de Waal. De Waal hoef nie met die bal te hardloop nie. ‘n Losskakel kan maklik oorgeslaan word tydens aanval en Vrystaat het dit goed gedoen. Naas Botha het ook baie keer LOS gestaan van die vaste bewegings sodat hy spasie kon hê om dit te doen wat ‘n losskakel moet kan doen in dit is SKOP! Verstaan dit so LOS-skakel. De Waal is seker die beste in die land met sy stelskopewerk en lynskoppe. Sy goeie skopwerk het tot baie drieë gely want dit het ons in beter posisies geplaas. Dan het hy die drieë goed verdoel ook. Tsimba was glibberig maar hy kon nie die mas opkom in Super rugby nie. Hy was ongetwyfeld nie in de Waal se klas nie.
Geagte blogger
Ek dink almal het nou hul sê gehad oor die JL-debakel. Verdere kommentaar oor hierdie geval gaan ek delete, anders gaan dit ‘n heen en weer storie raak. Dankie vir almal wat kommentaar gelewer het oor hierdie storie. Ons by VRU wens JL alle sterkte toe vir die toekoms. Dit is ‘n besluit wat hy geneem het en ongelukkig was ons teen aanbod nie sterk genoeg nie.
Tot later
(Chris) Baie dankie ek verstaan jou punt. Ons praat weer maandag.sho
Ek hoop Vrystaat hardloop Natal deurmekaar môre en kry die 5punte.
Hoop al jul bloggers het ‘n lekker naweek en ons praat weer maandag as die Here ons spaar.
VRYSTAAAAAAAAAAATTTTTTTTTTTTTTT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Vrystaters….More is n groot dag en n groot wen vir Vrystaat.Spelers en afrigters ons staan agter julle en ek het daai gevoel julle gaan wen.Sterkte manne.Ek wens net julle vrystaters wil my ook sterkte toewens vir more.Editor wens jy my maar sterkte toe asb.Sharks19….vrystaat 31.
Ja ek stem saam, hy speel nog vir ons - tot die einde van die curriebeker. As hy ons help wen sal hy ons almal se hero wees. Elk geval, ons hoef nie te soek nie, ons het Louis Strydom, hy is baie goed. Hy kort net bietjie kanse……………..
Dankie admin, laat die mense nou JL uitlos!
ek sien op superbru uit so 23000 voorspellings is daar maar 10% van ons wat se die Vrystaat staan n kans. Kom aan Cheetahs bewys ons 10% en blou bul reg. Sterkte! op die blog kom ons agter al hoe meer begin glo in die span en Naka hulle. Ons kan altyd hoop Ruan kom terug vir 10 want dit lyk of selfs Natal nie weet wat om met hom te doen. Hoop vir n mooi rugby naweek.
41 - Phillip - Jy is reg ek is die enigte een ‘n al drie my pools wat die Cheetahs gepick het vir ‘n wen. Ek glo regtig ons kan hom vat.
Go Cheetahs! Baie sterkte! Die Sharks is ‘n klomp Jurie Els fans.
Sterkte Cheetahs!!! Wys hulle julle kan wen al speel julle op hulle tuisveld. JL ek hoop jy het ‘n wonderlike game en geniet dit. Ons hou styf duim vas dat dit goed sal gaan.
Alle Sterkte vir jou BLOUBUL, (vir jou, maar ek weet nie so mooi van daai span van jou nie…)
Sterkte Vrystaat. Disrupt die Sharks van die begin af - hul het nog nie baie saamgespeel en ons moet voordeel daaruit trek. Verdedig hard maar slim ook!
As dit nie reen nie voorspel ek ‘n wedstryd met ‘n hoë telling…. so 43-35 vir die Cheetahs.
Ons moet net pasop vir onderskep drieë!
bly jw bgin op vleuel ma hy yntlik beter op senter
LEKKER JW JOU YSTER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Weet iemand waarom het Daniller en Nokwe nie gespeel nie?? Of was dit weer een van die afrigterspan se pogings om die oppsisie te verras met Juries? Daar verras hy almal behalwe die Sharks. Kan nie glo hulle het die wenkombinasie opgevoeter met so ‘n besluit nie. Hoop altwee is ernsig beseer, anders verdien Naka hulle elke stukkie kritiek wat na hulle kant toe kom.
Ek het vroeer in die week gese dissipline gaan die deurslag gee, en die dag toe dit tel toe is dit nie daar nie.
Skopwerk!!
Dankiee Cheetahs, ek gee nie om om te verloor nie, maar so!!! Hoop julle het net so ‘n sat naweek as wat myne gaan wees.
Ha! kry maar eerder vir Gaffie. Hy kan dalk beter skop. 10 punte weggegooi. Wat het hier gebeur? Waar was Daniller en Nokwe? Hoekom was almal so lusteloos en lui in die eerste 15 minute? Ons het te laat begin speel, en ‘n doellose skoppe in briljante spelers soos Stefan se hande ingeskop. Die gedagte van wedstrydknoeiery het binne daai eerste 15 min by my opgekom, maar darem in die tweede helfte het ons (te laat) goed probeer, hoewel die wiele almal in die laaste paar minute afgeval het met daai twee strafskopppe.Ek dink Fabian Juries was die beste agterspeler, maar sou hom dan eerder in Nokwe se plek gesit het, en JW kans gegee het in Bosman se plek want volgens my maak hy nie hond haar af nie en is ‘n swak link. Ag nee, wat ‘n teleurstelling… (Dalk was dit alles maar net ‘n taktiek om die Blou Bulle gerus te maak??)
Ons het die wedstryd veroor omdat ons nie ‘n stelskopper het nie.
Ons het goed begin die eerste 10 minute maar die Haaie het baie vinnig hul spelpatroon op ons afgedruk em dit was ‘n groot fout dat ons dit toegelaat het.
Dit was baie duidelik dat daar hard met Bosman gesels was - hy het baie goed gepass - sy “foreward” aangee was ook nie eintlik vorentoe nie - dit was bloot momentum maar die ref was darrem nie te hard op Vrystaat nie - hy het wel nie die spel baie goed laat vloei nie.
Die verdediging van die Sharks was baie goed teen die lyne af en hul het goed gedoen om ons vleuls in toom te hou. Ons moet die agterlyn verkieslik hou soos wat dit nou is - ek sien potensiaal om teen groot spanne driee te druk. Vrystaat sit met die vinnigste agterspelers MAAR nog nie met die vinnigste agterly nie - Eddie Fredericks, Fabian Juries, Lionel Mapoe, Jongi Nokwe - as ons hard werk aan hul balvaardighede, samespel en hardloop lyne en aansluiting sal ons maklik die giftigste agterlyn in SA wees.
Ons het verdien om die man of the match aan ons kant te hê.
Een van die goed waaroor ek op die oomblik die ergste bekommerd is, is dat ons nie ‘n stelskopper het nie. (Ek dink nie die Bulle gaan JL Potgieter enigsins as ‘n stelskopper inspan nie… ek reken hy gaan senter speel)
Ons kon vir ‘n groot deel van die wedstryd voorgeloop het as al ons redelike skoppe oor die dwarslat was - die Sharks sou onder groter druk gewees het as ons skoppe oor was en dit sou die wedstryd totaal verander het.
Vrystaat kan nie bekostig om nie ‘n goeie stelskopper te hê nie - ons skiet onsself voet in hierdie afdeling. Ek sou sê dat ons vir die losskakel posisie absoluut die grootste begroting moet hê. Mens moet ook nie kyk vir ‘n veelsydige losskakel nie - al wat hy moet kan doen is om die bal deur die pale te sit.
Goeiemore almal. Goed, dis regtig jammer dat ons verloor het die naweek, maar ek dink nie ons het so swak gespeel nie. Ons het ‘n paar uitstekende drieë gedruk. Waar ons die game verloor het, was om 2 drieë aan die Sharks weg te gee. Dit is WEEREENS die TURNOVERS wat ons geknak het……Verder was ons in die game. En o ja, Potgieter het soos verwag baie punte misgeskop, toe kom Meyer Bosman en mis reg voor die pale, en toe mis Strydom ook een. So ja dit is die eerste ding - ons sal maar al ons drieë van nou af onder die pale moet druk want ons het niemand wat kan pale skop nie, en dit is ‘n feit. Dan het Fabian Juries uitstekend gespeel, hy bring bietjie ‘n running heelagter in die spel in, hy was great. So ook Ashley Johnson - ek het aan die begin gevra waarom die 2 ouens vir die Griffons geleen word en noudat ons kon sien hoe speel hulle - I rest my case! Dit is jammer dat Brussouw sy swakste wedstryd ooit gehad het, 4 strafskoope afgestaan en ‘n bal laat val toe ons op pad doellyn toe is……Maar ons vergewe hom, hy het ‘n harde trinations agter die rug. As ons die turnovers net kan ophou laat gebeur, en so goed met die agterlyn hardloop en beter pale skop, kan ons die Bulle wen die naweek. Ongelukkig moet ons die Bulle wen, anders is ons verseker uit die CC. As ons wen, is ons vir seker in die semi finaal. Ek hoop werklik ons kan dit regkry, ek glo ons kan……..Sterkte!!!!!!!!!!!!!
Wat ‘n teleurstelling. Ons kon die Haaie gewen het… Geen verdere kommentaar.
Kerels, ek weet na die wedstryd rerig nie wat om te se nie. Voorspelers was die Natallers myle voor. Nog nooit gedink dat die “springbokke” so sou knor vs ons voorry nie. Dit was die beste wat ek ons voorspelers nog sien speel het. En jou wragtig - die agterlyn sukkel om balle raak te vang. Die verdediging is goed - 2 driee afstaan uit onkant en gebroke spel is sekerlik nie te versmaai nie. Maar die stomme Fabian se gewig en gebrek aan wedstrydfiksheid het gewys. En totale gebrek aan afronding.
Wat ons die seerste gemaak het, was J-L se sewe gemiste punte met skoppe. Ag nee man.
kan iemand net asseblief se wie is ons skop afrigters ook by die o/21 en o/19 want dit is nie die eerste wedstryd die jaar wat ons verloor oor skoppe nie en dit het ons sopas n currie beker gekos en dit lyk die is nou n donker jaar in FS rugby. JLP het n briljante wedstryd gehad hy kan net nie pale skop miskien moes J. blom gespeel het die jaar dan kon JLP se algehele spel nog beter gewees het en ons het n sopper met n 80% sukses na die pale gehad
Met n beter skopper kon ons meer punte gehad het(Griekwas+4, Lions+4,Sharks+4)dit is n totaal van 41
Hoop die nuwe no 10 kan skop want ek sien Sias en Cronje se record is saam so 40% sukses.
Behalwe vir lynstane en stelskoppe het die Vrystaat baie goed gespeel en baie gevaarlik gelyk hoop iets goed gebeur en ons kan daai blou trein stop.
Was dit nou vir jou lekker om vir ‘n slag ‘n Vrystaat span met ‘n heelagter in te sien speel!!!
Ja ek weet ons het verloor, ek het glad nie gedink ons sal teen die Springbok span kan wen nie, maar Fabian Juries was soos ‘n vars lante briesie!
Daai groot lang man wat die heel seisoen met die nommer 15 trui agter rondgehang het en elke 3e bal raakgevang het en dan weggeskop het kan maar van nou af by die huis bly.
die naweek speel ons teen die res van die Springbokke, maar ek dink ons kan vir ‘n UPSET sorg, wel ons moet minstens 2 punte uit die game vat anders is die Griekwas in die semis en nie die Cheetahs nie.
Brussow is ‘n yster! As ons nou net iemand gehad het wat iets met die balle kon doen wat hy so steel
Volgens my moet Lionel Mapoe net uitgelos word as hy ernstig in die hospitaal is, hy speel met sy hele hart!
Ou bossie is besig om te verbeter: “Meyer PASS die bal ou pel dan sal jy meer na ‘n senter en minder na ‘n 1995 Japie Mulder lyk.” Die spel het verander, ‘n stormram senter werk nou net so 5% van die tyd.
JW jy speel briljant! Min mense het jou workrate saterdag gesien, hou dit daar, en ons sien jou dalk meer in die beginspan.
JL (Admin delete maar die lyn as jy wil) hard lines pel, nie jou beste game nie, maar ek dink jy is wel profesioneel en gee nog jou beste vir die vrystaat. Wat my mede bloggers nie verstaan nie is as JL nou swak speel vir die Cheetahs moet hy homself weer bewys by die bulls, as hy die seisoen goed afsluit maak hy net deure oop daar. Onthou die bulls kyk ook rugby, al is dit me oogklappe aan.
En my laaste gedagte is oor die beste speler OOIT, OS ek kan jou invloed sien! Dit vat tyd om ‘n voorry wat so gesukkel het reg te ruk, maar jy kry dit reg!
Ek sien uit na die super14!
Coach Dawie Theron, backline coach Hawies (ek dink hy is briljant so sê maar julle sê, ek gee nie om nie.)
OS vat die voorry.
Met Naas Olivier en Sarel Pretorius saam met Mapoe en Brussow kan ons ‘n bulspan op die veld stuur.
En dan kan Naka solank begin werk aan sy fokuspunt - Curriecup 2010.
‘n Wen Wen situasie.
Sorry my Vrystaat Vriende.Ek het ongelukkig nie die game gesien nie,maar oor die radio geluister.2 driee vir elke span,dine lyk goed veral die voorspelers.Ek dink julle het nog n goeie kans vir die semi finaal met ten minste n bonus punt Saterdag.Ek hoop julle doen goed teen die bulle met die oog op vlg jaar se super 14.2 weke in n ry druk teenstanders driee teen VS van omgekeerde besit.Kobus (45) dankie ou maat.
Kan iemand in die unie vir Owen Kock onder sy gat skop oor die swak spelling. Ek is seker niemand hou daarvan dat ‘n rugbyskrywer sulke swak taal gebruik in op die cheetahs se webtuiste nie. Owen Kock het in so ‘n kort berig nie minder as 7 foute gamaak nie - ek het dit gemerk van 1 - 7. Dit is die derde keer dat ek vir die VRU skryf oor Owen Kock se swak spelling en Yolade van die VRU het met my tweede klagte gesê dat sy sal seker maak dat dit nie weer gebeur nie…. en hier gebeur dit weer.
Bloemfontein.1 - Rugbynuus is dat Griekwas op al hul suiers vuur en hul stemme dik maak vir ‘n plek in die halfeindronde van die Absa Curriebeker-reeks.
Hulle het die naweek,2 hul goeie vorm voortgesit en met die Lions op die Hoerskool 3 Diamantveld se veld afgereken het. 4 Hulle kom die naweek teen die WP op Nuweland te staan wat tans tweede op die puntelys is. Die Vrystaat maak hulle gereed vir ‘n heweige 5 aanslag van die Bulle op Loftus en ook hulle is nog in die wedloop om ‘m 6 plek in die halfeind.
Die Bulle sal egter sonder die beseerde Bakkies Boitha 7 moet speel en Bryan Habana wat op sy wittebrood is.
Owen Kock
Kerels moet nou nie negatief begin raak nie, ons is nogsteeds in die race vir die Beker.
Fabian het n baie goeie game gehad en goeie breek slae gehad moet net pass as hy deur die gaps gekom het, ek sal hom weer kans gee.
Die Sharks het 2 gelukkige driee gedruk, moes nooit gebeur het nie. JLP het goed gespeel maar ja skoppe het ons gekos.
Ons skrums was puik teen n Springbok voorry!
Gaan die naweek n great game wees! Go Cheetahs maak dit 2 teen Bulle!
Ek verskil dat Juries so briljant gespeel het. Ja hy het uitstekende dinge gedoen en die lyne mooi gebreek. Ongelukkig is hy seker die suinigste speler in SA rugby (self erger as Juan), of hy het heeltemal te veel vertroue in sy eie spoed/vaardighede, 2 driee weggegooi a.g. daarvan. OOP doellyn en gee nie vir Mapoe uit nie, hardloop man alleen in 3 verdedigers in en word myle teruggedra net om nog die bal ook te verloor. Dis glad nie briljante spel nie. Daar gaan JL Potfieter nael teen die kantlyn af en gee die bal op die regte tyd uit en ons kry die drie, maar skop soos sy gat.
VS is nou maar net verantwoordelik vir hulle eie ondergang, ons is weer terug by die tipe Rugby wat ons die eerste 2 wedstryde gekos het. Die manne sal vinnig moet besluit wat hulle wil doen - wil hulle wenrugby speel of dit sommer heeltemal los. Ons speel nie as ‘n span nie, elkeen neuk op sy eie aan. As almal saamtrek kan ons Saterdag die bulle wen - daar is geen rede om bang te wees en paniekbevange te raak soos in die eerste helfte teen die WP en die Sharks nie.
Merlin, ek stem 100% saam met jou.
die mense op die blog is stil, ewe skielik, wat nou?
Asseblief, laat weet ons wat gaan aan met die losskakel onderhandelinge???
Hi James
Gelukkig plaas jy jou naam op die blog. Op die e-mails bly jy anoniem. Ek is ongelukkig bietjie af siek gewees en die foute het ingeglip. Almal maak foute en ek probeer my bes om dit uit te skakel. Jammer aan die res van die bloggers vir dit aanstoot gee.
Groete
CHRIS (51) ek lees op die blog en die voriges van ouens se kommetaar en hoe sekeres aanhaal, party ouens moan gatte, elke week die selfde storie of rympie……maar elke saterdag van die super 14 af tot by saterdag se game gebeur die selfde storie wat maak dat die selfde rympie geblog word nl ons het nie n spesialist loskakel wat games kan dikteer en n wen kan deur trek nie. Soos MORNE STEYN teen BRITSE LEEUS, soos Willem de Waal gedoen teen Britse Leeus in di doodsnikke. En nie 1 kan vir my se op grond van WAT bly JL dan gekies word, of Bly sekere ouens net gekies en dan eendag op n mooi sonskyn dag val n ou soos Fabian soos n verlore seun sommer binne in die beginspan. En 2 dinge van hom. hy het n ander dimensie verskaf maar jy kon ook die verkil agter kom dat hy lank en gewoond geraak het aan die pas en gehalte van GRIFFONS en dat CB n step up is en jy meer skerpheid en konsentrasie moet he, op GRIFFONS vlak as ek dit so kan stel as jy n glips gemaak het of kanse verbrou is die kans goed dat jy weer so n geleentheid kan kry en dit regmaak en gebruik maar op CB vlak moet jy anders ingesteld en hoer konsentrasie vlak he dit het bietjie gelek by hom maar anders ek hom geniet en om van so n vlak na CB vlak te begin en man of the match well done. Merlin stem met MEYER hy speel te veel channel 1 rugby en moet meer in die spasies in beweeg en off load voor hy grond toe gaan. Hy is ook nog nie skerp op die aanval nie, op verdedigend kom hy aan. Ons kort n spesialist op loskakel nie n veelsydige ou nie. Dis hoekom NAAS OLIVIER daar sal werk en nie GAFFIE nie, my opinie. Sien uit om die span te sien want kyk NAKA is vol verrasings. Sal nie verbaas AS Edrick Fredrick op flank uitdraf nie. JAMES (58) ag ou broer vergewe maar my ou spelfoute ook as jy my blog lees. Ek sien jy is fyn ingesteld daarop.
60 - PC
Hi PC, Ek dink jy moet weer kyk as jy kan na saterdag se wedstryd. Mapoe was met twee van Juries se beste lopies voor hom gewees - dit beteken hy kon nie vir hom aangee nie. Ek dink dat Mapoe daar eintlik die kritiek moet ontvang want hy het nie stadiger gehardloop om agter Juries te bly nie.
Juries se plan was duidelik om die verdediger van Mapoe af te trek maar wat meer kan jy doen as jou speler nie in plek is nie.
Mapoe en Juries moet op die oefenveld werk aan hul kummunikasie tussen mekaar. En hul moet ook hul spoed aanpas en aansluiting by mekaar aanpas - dan sal ons BAIE drieë druk.
Ek maan die Vrystaat afrigting om dié kombinasie weer ‘n kans te gee maar dat daar gekyk moet word na die bogenoemde. Dit sal ‘n fout wees om vir Daniller terug te bring op heelagter as hy feitlik uit sy posisie gespeel is.
Ek sal nogal daarvan hou as daar gekyk kan word om Myer Bosman se kraglopies oordeelkundig te gebruik teen die swakste verdediger in die oponente se span - dit kan dalk breekslae meebring wat die agterste 3 of 2 kan wegstuur.
Kan is skrikerig vir Saterdag se wedstryd teen die bulle. Een aspek wat ek weet waarin ons beter is as die Bulle is dat ons agterspelers vinniger is. Soos ek vroeer gesê het beteken vinnige agterspelers nie dat jy ‘n vinniger agterlyn het nie maar as daar gewerk kan word aan wat ons die naweek teen die Sharks gesien het gaan daar verseker vir die Bulle probleme wees. Ek voel dat as ons mooi daaroor nadink is daar nie eintlik ‘n ander opsie nie. Ons het nie ‘n skopper nie en dit beteken dat ons, ons teenstanders met drieë moet klop. Dit is nie maklik teen die Bulle nie maar dit is moontlik.
Ek voorsien baie probleme vir ons in die lynstane. Ons moet probeer om nie rond te ploeter met ons lynstane nie. Die Victor gaan ons daar looi! ‘n Goeie taktiek wat ek sien die WP op ons ingooie gedoen het is om nie te kompeteer vir die bal nie maar om eerder te bind en die oomblik as die baldraer se voete die grond raak dadelik te begin stoot. Dit kan maak dat die Bulle nie ‘n goeie rolmaal vanaf hul lynstane op ons kan afdwing nie.
Ek is baie opgewonde om ons skrums teen die bulle s’n te meet. Dit gaan regtig ‘n lekker skrumfees wedstryd wees.
Ek wil vir die Vrystaat spelers vra om nie een keer deur die wedstryd te gaan lê nie. Speel na elke drie wat ons druk nog ‘n bietjie harder - want die Bulle gaan na elke drie wat ons druk ‘n bietjie harder speel.
Laastens wil wil ek net sê:
Gaan haal vir de Waal.
Gooi die lynstaan balle almal agter op Frans Viljoen, m a w jy ’skip’ vir Matfield deur die bal oor hom te gooi……….Druk die driee almal reg onder die pale - al skop ons meeste daarvan mis……..Dan het die skoppers dalk so halwe kans om dit oor te skop. Ek meen Meyer Bosman het een reg voor die pale gemis laas week…Speel met die forwards - dryfmaal soveel as moontlik kere met die bal. Wen die game, moenie gaan vir 1 punt uit die game nie, want dan val ons verseker uit die curriebeker uit. James - hooee laaik jey mey speling ? Ekka denk ekka spjal baja goet!