Vodacom Vrystaat Cheetah span wat Saterdag in Kimberley speel.

En so het ons ook die helfte van die Absa Curriebeker seisoen bereik en die aksie raak nou lekker warm.  Hier volg die span wat Saterdag, 29 Augutus op GWK Park in Kimberley teen die Griekwas uitdraf.

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Robert Ebersohn

12.  Corne Uys

11.  Jongi Nokwe

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.  JP Joubert

8.  Frans Viljoen

7.  Hendro Scholtz

6.  Johan Wessels

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaan Strauss (k)

1.  Coenie Oosthuizen

Plaasvervangers:

16.  Richardt Strauss

17.  Wian du Preez

18.  Izak van der Westhuizen

19.  Kabamba Floors

20.  Tertius Carse

21.  Louis Strydom

22.  Philip Snyman

This entry was posted on Wednesday, August 26th, 2009 at 11:09 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

33 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetah span wat Saterdag in Kimberley speel.”

  1. Gerhard Says:

    Ag tog, hier gaan ons al weer. Kan iemand nie net vir Corne Uys by ons koop nie. En kabamba al weer op die bench.

    En mag ek dalk vra dat al ons Cheetah surporters Saterdag saamtrek en goot SKREE op GWK Park.

    Ons gaan dit nodig he.

    Kom boys, kom ons trek die manne deur die naweek.

  2. PC Says:

    Ons nog steeds die game wen self met Uys in die span, solank dit nie vir die hele game is nie. Dit sal egter by die voorspelers moet begin. Eks bly hulle het nie vir Hendro die kapteinskap teruggegee nie, miskien kan hy op die afbreekpunte fokus en nie staan en kyk wat die ander span doen sodat hy by die ref (of is dit nou ZEF gemeet aan huidige standaarde) kan kla nie. Hoop net nie hulle gee vir Juan die kapteinskap as hy terugkom nie. Adriaan lei deur sy voorbeeld, dis hoekom ons die Bulle kon wen, en ook die Griekwas, Leeus en WP kan klop voor die bokke terug is.

    As ons wen sal dit seker nie baie ver wees nie, hang af hoe gou Uys en Potgieter die veld gaan verlaat. Solank die manne net hulle 4 driee druk. Hopelik het die span intussen geleer die beste manier om ‘n voorsprong te verdedig is om dit te vergroot en nie te probeer om die ander ounes van jou doellyn af weg te hou nie.

    Dis nou tyd vir die Vrystaat om te wys die laaste 3 games was nie net pokse nie:

    Skrum hard,
    wen julle lynstane,
    bekerm die bal by die afbreekpunte,
    wees wakker en moenie almal oor die lossskrums voeter nie,
    support die baldraer,
    gebruik die maul,
    skep spasie,
    verprei die bal,
    moenie onnodig besit wegskop nie en
    MOET OM HEMELSNAAM NIE DIE BAL KNOCK NIE.

    Meng die bogenoemde bestandele bestandele op op die rugbyveld
    Speel vir 80 minute of totdat die eindfluitjie blaas.
    Bedien oorwinning aan ondersteuners terwyl vars.
    kan ook met ‘n dop en tjop voorgesit word.

    Kyk nou hoe maklik is dit om ‘n wenresep aan mekaar te sit! GO CHEETAHS!!!

  3. koos Says:

    Beslis een van die belangrikste wedstryde nog , ons moet hierdie wedstryd beskou as ‘n toets om te sien of ons enigsins die uitspeelrondtes kan haal, ons moet beslis wen, elke wedstryd wat oor bly.

    GO CHEETAAAAAH’S GO

  4. Johan Says:

    ag nee naka! hoekom wil j nou gaan staan en peuter aan die span wat wen? Corne Uys terug te bring is ‘n groot fout en kamaba nou weer op die bank is net dom. Uit eindelik kry ons ‘n goeie senter paar wat goed saam werk en daar waai dit weer. Ek begin om te dink Naka wil he^ die cheetahs moet verloor.

    Naka het nog nooit die wyse woorde gehoor van “moenie iets probeer reg maak wat nie gebreek is nie” nie.

  5. JJ Says:

    Nee wragtig as ek nou Naka se spankeuse weer sien……Op skool toets hulle die kinders se MNEMONIESE VAARDIGHEDE jou linker brein is die meer LOGIESE kant of denke die kort gehue dis waar gekyk word of n kind werk kan memoriseer en die inligting in kort tyd te gee, nou dit lyk vir my NAKA/HAWIE se linkerkant brein is ……………….want hul bly DEMAS VLAKHAAS kies en kan seker nie onthou hoe sy vorige game was nie net so met LOUIS STRYDOM wat se verskil hy gemaak het in 13min en JLP nie op vorm is nie . HY kon seker ook nie onthou KABAMBA se spel nie toe kies hy oom SHOLTZ EN OUPA UYS, en JW JONKER lui glad nie n klokkie in die linker of regte brein nie. Hul brein kan ook nie onthou die 1ste game teen GRIEKWAS hoe NAAS OLIVIER vir DEMAS gelooi het met hoe balle hoe ons gesukkel het by die afbreek punte want ons het n KABAMBA nodig. EEN TROOS HY KON DAREM ONTHOU WIE DIE VORIGE GAME SE KAPTEIN WAS……..JA SWAER JA,

  6. Louis Nortje Says:

    Hou duimvas , voorspoed CHEETAHS!!!!!!1

  7. Hein Says:

    Ek verstaan net nie lekker nie: Ons kontrakteer vir Louis Strydom om ons losskakel probleem op te los en dan speel hy nooit. Maak dit enige sin????????? Dalk is ons ondersteuners net nie so slim om hul planne in te sien nie. Corne uys……..swakste senter in die vrystaat geskeidenis..

  8. MB Says:

    Ek verstaan nie wat moan almal so oor JLP nie! Hy is die 2e voorste puntemaker in vanjaar se kompetisie. Julle wat so moan is seker diegene wat NIE by die wedstryde is nie. Ek sien die joernaliste weet ook NIKS van rugby af nie… hul sê die Cheetahs moet vir Vlok Cilliers kry om skoppe te kom afrig hier, maar JLP se skoppersentasie is hoër as albei die twee bul losskakels s’n. Kom by, mense!

    GO CHEETAHS!!! Sien julle by die game van die jaar….

  9. blou bul Says:

    Ek dink julle gaan wen,ek kan net nie die logika verstaan met JL nie.Dit is waar agterlyn bewegings begin en hy is defnitief nie die regte man vir die job nie.Wat kommerwekkend is,is wat word gebou vir die toekoms vir die super 14.Elke span kom in n stadium in n herbou prosses ek kan nie die herbou prosses hier sien nie.Daar word aangehou met spelers wat nie hond haar afgemaak het in die super 14 nie.Net Robert en Coenie is nuwe spelers wat beproef word.Waarom nie proefnemings geneem die laaste 2 wedstryde nie.Ek het nie hoop vir Vrystaat in vlg jaar se super 14 nie.Dit was die finansieele inspuiting wat Vrystaat altyd voor gewag het.Op die ommblik doen vrystaat damage control ,dit gaan julle die super 14 kos.

  10. BV8 Says:

    hey. goeie nuus ouens.

    ek het gister die nuwe uitgawe van S.A. RUGBY gekry.

    daar is n onderhoud met Brussouw in.

    hy se sy kontrak is tot die einde van 2010 se curriebeker.

    dinge begin net beter en beter lyk!

  11. Renier Klue Says:

    Hoekom gebruik ons nie in die eerste helfde die impakspelers om `n groot telling VROEG in die game te maak nie? As die Cheetahs `n hoër punteverskil voeg in die game kan maak, sal die Griquas moedeloos voel… Kabamba maak `n groot verskil, asook Adriaan Straus. Andriaan moet op kaptein bly en nie Hendro Scholz nie! En die LAASTE ding wat ons moet doen is om besit weg te skop. Behou die bal, want die span met die bal is die span wat punte aanteken. Mens kan nie punte kry SONDER die bal nie. Die vleuls moet ook BAIE meer die bal kry. Ons het nie verniet die vinnigste vleuls in die land nie!! Die Cheetahs behoort te wen, SUPPORT DIE CHEETAHS WAAR JY OOK AL MAG GAAN!!

  12. Gron Says:

    Moet ook sê ek is nie impressed met Scholtz in die span nie. Ek is jammer, maar hy speel ‘n paar seisoene nie meer goeie rugby nie.

    En ek stem saam oor JLP! Wat de?!? Hoeveel kanse het hy nodig?

  13. JJ Says:

    BLOU BULL (9), nie sleg nie vir n BLOU ou Vulletjie nie, jy begin nou bietjie sens praat op ons blog…Nee ek stem en sien en redeneer net so. Jong talent wat ons in die CB kon gespeel het. Kabama, Juries, Mapoe, L.Cronje, Alwyn Hollenbach, JW, Ebershon, L.Strydom. Stem HEIN (7) ek kry ook nie daardie som met LOUIS STRYDOM uitgewerk nie. AAN MB (8) (LAUGH OUT LOUD)

  14. Gerhard Says:

    Die tyd gaan nie vinnig genoeg verby nie. Ek kan nie meer wag vir Saterdag nie. Na Saterdag middag sal ons weet of ons die semi kan haal of uit die wedloop is. Die mnne in daai jersey waarvoor ek my lewe sal gee het so baie om voor te speel.

    GO FREE STATE CHEETAHS!!!!!!!!

    Hoop al ons bloggers gaan daar wees.

  15. Henk Says:

    Stem saam ons benodig die bloggers op die paviljoen om die span te ondersteun.

    Praat net bietjie meer positief dan gaan dinge dalk beter, dit is een van die redes hoekom die cheetahs so swak super14 gehad het hulle het gaan toer en gereken dat as hulle drie wedstryde verloor sal dit alright wees en kon daarna nooit weer hulle koppe regkry nie. Almal insluitende die span se darem nou hulle moet en kan alles wen .

    Voorspelling Cheetahs met ses punte . Weer ernstige aanslag net net af in laaste tien minute nadat hulle met 15 minute oor nog 15 punte voor is.

    Ons hoop net daai senters kan reguit maak.

  16. bou bul Says:

    Ek is nou wel n blou bul en JJ se blou ou vullietjie,mense dit gaan oor die groter prentjie.Dit is nie lekker om Vrystaat altyd onder aan die log in die super14 te sien nie.MAW die ander spanne in die super14 voel oor Vrystaat soos vrystaat voel oor boland of die luiperds in die currybeker,maw dit is n wen.Die eerste jaar toe vrystaat in die super 10 gespeel het en dit was jong manne..kom ons kyk Jorrie Kruger,Brendan venter,helgart,janne de beer,werner swanepoel,andre venter,aj venter,rassie,braam els,naka,os,ollie.brenden venter,dougie heymans,jaco coetzee ens…My punt.. talent is raak gesien deur peet kleynhans voor daar nog geweet is van sommige van bogenoemde en die talent is ontwikkel.My vraag… waar is die nuwe ouens wat deurkom,nie noodwendig jong outjies nie maar nuwe ouens vir n springbok span.Hein Brussow kom uit die rassie era en juan uit peet era.DIE WIEL IS BESIG OM VAN DIE WA AF TE VAL.Regtig mense Vrystaat kan nie weer SA Rugby so sleg laat lyk nie,en Vrystaat moet iets daadwerklik doen,nie damage control soos nou nie.Naka praat van, ons moet nou punte in samel voor die ander spanne se bokke terug is.My magtig man waar jy al ooit gehoor van n VRYSTAAT span wat so slapgat is en bang is vir die ander se bokke.Hy moet kan se,bring daai bokke laat ons hulle kan wys wie moes entlik in die bokspan gewees het.Nie so en so nie maar VRYSTAAT SE speler.

  17. Norman du Plooy Says:

    Geluk Cheetahs met die goeie oorwinning! Die spelers waaroor on heeltyd kla het actually gister goed gedoen! Wys jou maar net wat is moontlik as daar ‘n vervanger of twee aan die deur klop.

  18. Hein Says:

    WOW…………….dit gaan my verstand te bowe dat ons teen ‘n span verloor by ons tuisveld, en dan bietjie later VERMORSEL ons dieselfde span 58-13 op HUL TUISVELD……….

    Wel gedaan. Kyk as Vrystaat droogmaak is ek baie krities en negatief, maar die naweek het ek weer hoop gekry. Dit was fantasties. Ons het strafskoppe weer kantlyn toe geskop en driee gedruk. Gewys ons het weer selfvertroue. Die agterlyn (behalwe Corne Uys natuurlik) het weer goeie rugby gespeel en Potgieter het ALLES oorgeskop. Hou dit so Cheetahs! Dit was great. Hoekom ons self onder druk geplaas deur eers 4 in ‘n ry te verloor? Ons kom onder die to 3 op die log gewees het….maar anyway Ek moet die volgende noem: Baie goeie move om kundiges te betrek. Os du Randt, Braam van Straaten en Barend Pieterse. Mens kon duidelik die verskil sien in Pottie se spel die naweek. Dankie Braam, ons skuld jou. Is die man permanent ons skopafrigter van nou af? Weet iemand dalk? Maar sterkte die naweek, ek glo ons gaan wen. Sommer maklik……

  19. PC Says:

    Wenresep (2)- hou so aan Cheetahs!!

  20. Blikoor in Pta Says:

    Lanklaas so benoud in die eerste 15 minute, maar lanklaas so trots op die Cheetah-span. Het besonder baie guts gewys om in die begraafplaas van plaaslike rugbyspanne te gaan wen - en met so ‘n telling. Forwards raak net beter en J-L Potgieter speel uitstekende rugby.

    Toe Robert E val in die laaste minuut, kon mens sien daar is fout. Hoop dr Morris het later goeie nuus, ek is nie te vol hoop nie.

    Nou vir Saterdag….

  21. Gerhard Says:

    Hoe lekker voel dit nie om weer my span te sien speel soos hulle kan nie. Ek hoop die ander spanne begin besef die Cheetahs is terug en opsoek na ‘n ou plekkie in die semis.

    Kom ons se ons kry 8 punte uit die WP en Leeus games, en 2 bonuspunte uit die Bulle, Sharks games en 10 punte uit die Bolnd, Luiperds games, dan het ons 40 punte. Die jaar gaan dit genoeg wees vir ‘n semi.

    Kom ons kyk na al die Spanne se games:

    WP: vs bulle 1
    vs Cheetahs 1
    vs Luiperds 5
    vs Griekwas 4
    vs Boland 5
    vs lions 1

    Totaal= 17+28=45

    Sharks: vs BB 1
    vs Leeus 4
    vs Cheetahs 4
    vs Griekwas 4
    vs Boland 5
    vs Luiperds 5

    Totaal= 23+27=50

    Bulle: vs Luiperds 5
    vs Boland 5
    vs Cheetahs 4
    vs WP 4
    vs Griekwas 4
    vs Sharks 4

    Totaal= 25+26=51

    Griekwas: vs BB 0
    vs leeus 4
    vs WP 0
    vs Sharks 1
    vs Luiperds 5
    vs boland 5

    Totaal=24+15=39

    Cheetahs: vs BB 1
    vs WP 4
    vs Leeus 4
    vs Sharks 1
    vs Luiperds 5
    vs Boland 5

    Totaal= 20+20=40

    Leeus: vs WP 4
    vs Sharks 0
    vs Cheetahs 1
    vs Luiperds 5
    vs Boland 5
    vs griekwas 4

    Totaal: 20+19=39

    DWS: Ek dink die log gaan na 14 games lyk soos dit:

    1. Bulle 51
    2. Sharks 50
    3. WP 45
    4. Cheetahs 40
    5. Griekwas 39
    6. Leeus 39

    So ek dink ons gaan loftus toe en wp gaan Durban toe. Wat dink julle van die voorspelling?

  22. Jan Plank Says:

    Baie geluk onse Cheetahs met die mooi oorwinning. Die vraag is ‘Is dit ons wat so verbeter het of is dit die Griekwas wat se wiele wat besig is om af te kom? Of is dit ‘n kombinasie van al twee?’

    Ek kon nie die wedstryd sien nie en dus nie kommentaar lewer oor die spelers nie.

    Ek is een van die wat gekritiseer het en van die postings hier na Harold, Naka, Hawies en Piet de Necker ge e-pos het. Ek hoop dit het die bestuurspan gehelp om wakker te skrik.

    Ek is vol hoop, maar daar is ‘n steil opdraande om te klim die volgende 4 wedstryde!!

    Sterkte Cheetahs maak ons trots!!

    NS: Sou graag die Cheetahs elke wedstryd daar in Bloemies wou ondersteun, maar die kostes is net te hoog hier van Snor City af.

    Gaan beslis alles in my vermoë doen om ons Cheetahs hier op Moftus te gaan ondersteun die 26ste September 2009

  23. Merlin Says:

    Wel gedaan!
    Wys jou wat ‘n verskil dit maak as daar ‘n kaptein op die veld is wat 80Min speel.
    Adriaan Straus kan maar kaptein bly, selfs as Juan terug is. Hy is nou 4 wedstryde kaptein en raai wat, Die Cheetahs het 4 gewen.

    Ek is ook bly om te verneem dat Naka die week weer vir Hawies laat afrig het. Die spelers het glo besluit om nie meer vir Naka te luister nie, al rig hy af luister hulle net na wat Hawies sê, dit werk al vir 4 weke so hou so aan….
    Nou kom die groot toets. Wen die Leeus, WP, Bulle en Sharks. Dis nie veel gevra nie….

  24. JJ Says:

    Mooi Manne, baie geluk goeie oorwinning Cheethas. WEL GEDAAN AAN DIE BOKKE. NOU wat nou BLOU BULhoe het jy jou TEE GEVAT DIE NAWEEK (lol) toemaar ek weet pel vir 4 wedstryde het ek net bitter koffie gedrink, ons sal jul wys hoe n mens met n LEEU moet maak die naweek!

  25. MB Says:

    JJ, wie laaste lag, lag die lekkerste… WWHAHAHAHAHA!!! Wat sê jy nou?

  26. Klippies Says:

    PC Gron en Blou Bul, ek wonder watter provinsiale span het julle voor gespeel??? Dink julle dalk dit is julle gekla en “wenresep” wat hulle laat wen het???? Ek dink nie!!! Jammer volgens julle keuse dat JL Potgieter feitelik die hele wedstryd gespeel het. Wonder of hulle sou gewen het as hy die veld vroeer verlaat het soos julle sou wou gehad het. Meskien moet julle graad I kinders gaan afrig en die keuse van spelers en spel patroon los vir die mense wat self op daardie vlak gespeel het. As julle die guts het laat my weet watter provinsie julle (PC, Gron en Blou Bul) voor gespeel het!! Ek raai dat julle nie verder as die derde span vir julle skool gehaal het nie. Gee liewer opbouende kretiek. Lees ook Blikoor,MB en Hein se komentaar. Gron en Blou Bul wat het julle nou te sê? Seker te skaam om komentaar te lewer op dom opinies.

  27. Hein Says:

    Gerhard, ek hoop van harte ons hoef nie statistiese kanse te bereken om die senis te haal nie. Ons moet eenvoudig PROBEER om alles te wen van nou af. In Rassie se tyd het ons onoorwonne die semis gaan speel, so ek glo nie ons hoef te settle vir nog een verloor nie. Wen alles van nou af en maak seker. Ja seker makliker gese as gedaan, maar omdat ons eerste 4 verloor het, is da geen ander keuse nie. Is Braam van straten permanent gekontrakteer admin? Ek hoop so!

  28. PC Says:

    Klippies en wat?? Coke, sprite of fanta?? Lees eers die comments klaas voor jy op jou pertjie spring en oor die sleutelbord begin gallop.

    Na my mening het JL nog nie tot en met die laaste wedstryd tot sy potensiaal gespeel nie, net soos Nokwe aan die begin van die seisoen. As jy in Potch was om die Luiperd-game te kyk sou jy gesien het dat hy selfs toe nog gesulkkel het ten spyte van die wen. Om daardie rede sou ek graag wou gehad het dat iemand wat lus lyk vir rugby ‘n kans gegun moet word. Daar kom toe ‘n verandering in JL se spelpeil soos met Nokwe die geval was en hulle wys albei waartoe hulle in staat is. Het net nodig gehad om wakker gemaak te word en te bewys hulle kan wel op die vlak en selfs op die volgende trappie kompeteer. Ek voel steeds dat Corne Uys eerder van die bank af moet speel en plek moet maak vir Snyman, en as Ebersohn wel beseer is moet Phillip en JW na my mening begin. Let wel dis maar net menings wat ons hier gee, enigiemand is welkom om nie saam te stem nie, gelukkig weet ek daar is ook ander wat wel sal saamstem, dit maak ons mense en nie skape wat almal spring as die voorste een spring nie.

    Aan almal wat nie kon agterkom dat dat die wenresep-comments(2&19) ligtelik bedoel was nie, vra ek nederig om verskoning, volgende keer sal ek maar ‘n: LOL of “grappie” of hahaha in hakkies sit. Dit was maar net ‘n opsomming van die basiese dinge in rugby wat die Sharks reggedoen het teen Griekwas en nie teen die WP kon herhaal nie, en wat die Vrystaat wel van die wedstryd teen die Bulle af tot nou toe kon doen, en hopelik so sal aanhou.

    Ek het darem ook die guts om te erken dat ek ongelukkig nie provinsiale rugby gespeel het nie. Ek het op die Vrystaat o/21 proewe uitgeval en moes maar tevrede wees om koshuis en klubrugby te speel. Gelukkig is die vlak waarop mens rugby gespeel het nie ‘n kwalifikasie om dit te mag geniet of die Cheethas te ondersteun nie. As dit die geval was sou die stadion nog minder mense met wedstryde gehad het en sou dit seker net Klippies gewees het van almal op die blog wat mag gaan kyk het, ek neem aan hy het provinsiale rugby gespeel. ‘n Mens mag ook ongelukkig word as jou span soos hulle gatte speel en jy in jou hart weet hulle kan beter doen, veral na so ‘n Super14 van vanjaar, en so ‘n begin aan die Curriebeker.

    EEN ding waaroor ons almal (behalwe miskien Blou-Bul) sal saamstem is: GO CHEETAHS!! - Eet die leeus Saterdag op!!!

  29. blou bul Says:

    klippies 26

    Gelukkog is dit so dat daar n wen kultuur geskep is in die vrystaat die afgelope paar jaar,en die kritiek wat ek lewer ondersteun ek wel ouens soos Sias en Lionel Cronje,of het jy nog nie agter gekom bloed is dukker as water nie.Toe Bismark loop toe loop Jannie.As sias loop dan loop Robert.Luister my maat as jy op die kantlyn wil sit en geen kritiek wil lewer nie en tevrede is met n wen of verloor dan deel jy nie die mening van jou mede vrystaat ondersteuners nie.Meet JL wanner die bokke terug is en in vlg jaar se super 14.Vandat Vrystaat ingesluit is in die super 14 is die daar meer geld in die currybeker word gewen.In die verlede kon Vrystaat net die halfeind haal,jy was seker maar tevrede daarmeee.Word wakker,n span moet plek maak vir die Southern Kings en as dit Vrystaat is die is dit agv ondersteuners soos jy.Gelukkig is die res van die Vrystaat ondersteuners wenners.Haaaak vrystaaaat en los klippies by die huis

  30. Louis Nortje Says:

    Ek sien op die nuus dat die haaie 11 spelers aan die springbokgroep afgestaan het. Kyk hoe goed doen hulle nog, DIEPTE, dis wat ons kort. MAAR, ons ouens moet nie eweskielik skrik as daai ouens terugkom nie. In die super 14 het ons die haaie met al hulle bokke n goeie loessing gegee, en was ons baie ongelukkig om teen die super 14 champ’s (Bulle) te verloor, mety al hulle bokke.

    Ons kan die dit doen, hard werk na semis, en dan na eindstryd en die beker weer vat…..who knows

  31. Hein Says:

    Ek sien Ashley Johnson speel die naweek: dit is nie ‘n slegte vooruitsig nie, daai ou het hope talent, volgens my, en DAMN!! Daar breek Robert Ebersohn sy enkel……ai bad luck! Kom ons hoop Bosman is gou reg, ek dink hy en Snyman kan ‘n lekker kombinasie vorm.

  32. tahs tahs Says:

    Baie geluk aan die Cheetahs met hulle mooi oorwinning Saterdag. Julle moet nou net aanhou hard werk om die kwarteindrondte te haal. Julle is ‘n puik pan. Go Cheetahs go!!!!

  33. tahs tahs Says:

    Baie geluk aan die Cheetahs met hulle mooi oorwinning Saterdag. Julle moet nou net aanhou hard werk om die kwarteindrondte te haal. Julle is ‘n puik span. Go Cheetahs go!!!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree