Heelwat veranderinge is aangebring aan die span om die verkoues en griep te omsuil. Hier is die span wat Saterdag, 22 Augustus omstreeks 15:00 op die veld gaan uitdraf teen die Boland Kavaliers. Die voorwedstryd skop om 13:00 af tussen die onder-21 spanne van die Vrystaat en Boland.
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Philip Snyman
12. Robert Ebersohn
11. Jongi Nokwe
10. Jacques-Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Kabamba Floors
7. Frans Viljoen
6. Johan Wessels
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. WP Nel
2. Adriaan Strauss
1. Coenie Oosthuizen
Plaasvervangers:
16. Ashley Johnson
17. Jean Botha
18. Izak van der Westhuizen
19. Chris Dry
20. Tertius Carse
21. Louis Strydom
22. Corne Uys

Waaar!!! is JW JONKER??? *sug* nee wat Hawies is ‘n harde kwas!! Corne uys sou nie in my B=span gewees nie !!!
Ek dink dit is wonderlik dat philip ‘n kans kry… maar sit JW op die bank!!
Gee die name van die spelers wat griep of verkoue het! Ek glo nie meer die storie nie. Dit raak nou net ‘n verskoning vir swak spankeuses.
Corne Uys is nie meer die speler wat hy was nie, dis hoekom WP hom gelos het, hy sal ook nooit weer daardie vorm herwin nie. As JW nie griep het nie MOET hy speel. Hy gaan pad vat oorsee of na ‘n provinsie waar hy gaan kans kry as Naka en Hawies so aanhou rondneuk.
Ons soek bonuspunte en groot tellings in ons komende wedstryde, hoe dink die afrigtingspanne gaan dit gebeur as hulle aan die wenkombinasies bly torring.
ons is baie bly oor die nuus oor robert en coenie.
en ons het al gehoor juan en wian en nokwe is ook al vasgeteken.
en ons het ook al gehoor richardt strauss is oppad ierland toe.
hoe lyk dit met bietjie inligting oor die ander spelers?
soos brussouw. hoe lank is sy kontrak nog?
en die ander.
update ons bietjie. wie is nog vasgeten al vir volgende jaar?
Dit wil so half lyk asof die Cheetah afrigters vir ons ‘n toffie wys ? Hulle sal maak soos hulle wil, of ons dit like of nie ?
Ek kan verstaan as hulle vir Snyman ‘n speelkans wil gee. Maar as jy alreeds jou eerste 4 CB wedstryde verloor het, en jou laaste wenne jou nog nie laat opskuif het op die log nie ? En ons weet mos dat die Cheetahs die laaste jaar of drie gesukkel het teen die Boland, of is dit net ons wat dit onthou.
Snyman het sy slag gewys in die sewes weergawe, maar hy het nog niks bewys in die 15-man game nie, en as die 7’s spelers vroeër in die seisoen gemeet word, dan het hulle maar power gevaar. Dit sou mos seker meer sinvol gewees het om JW in die beginspan te hou, en Snyman op die bank tot jy seker is dat jy die game in die sakkie het ???? Waarom word die man gedrop wat reeds bewys het hy moet daar wees, vir iemand wat dit nog moet bewys !?
Hawies gaan ons nog baie meer kos, en as hierdie “proefneming” nie werk nie, sal hy sommer direk na die game laat gaan word ? Want dan gaan dit oorlog wees !
Dis absoluut belaglik. Wat se boodskap gee HAWIE vir JW nou eintlik. Ons gaan JW verloor soos ALWYN ek wens iemand wil Hawie di trekpas gee IDIOT. KABAMBA nie n nr 8 nie, hy en Frans moet omruil, Kabama baie vinniger en doeltreffend by die afbreek punte as Frans.
Sal ook daarvan hou om te hoor wat met die kontrakte aangaan.. Ook oor di maan om te hoor van die twee jong manne.
Span lyk goed.. Sou ook daarvan gehou het om vir jonker op di bank te sien.. Saam met sias. mar, seker daar is redes. hoop net hul is geregverdig..
Sterkte vi die naweek manne..
Dink nog steeds die beste 3 veranderinge sal wees as Naka, Hawies en Harold vervang word
Wat de hel???? JW nie eers op bench nie?????????
Chris B, ek weet nie of ek met jou saamstem nie.Jy het seker nog nooit vir Phillip Snyman sien speel nie. Hy is skitteren in die 15 man kode. Ek wil ook vir JW in die 22 tal sien, maar Phillip is beter. Ek is bly hy kry sy kans. Ek wens net hulle wou vir JW in Corne Uys se plek sit. Wag maar vir Saterdag, jy sal sien. Vra die ouens wat Vrydagaand in Potch was, Phillip het goed gelyk toe hy opkom.
Ek is 98 persent happy met die span. Nou moet ons net ons 80 punte op die bord sit.
Gerhard, ek het hom nog nie vir 80 minute in die 15-man kode sien speel nie, en om te sê hy is beter is mos maar jou mening. Van ons meen weer dat JW beter is, en waarskynlik nou eers ervare genoeg om sy werklike vermoëns te wys. So ek sal maar sê, eers as hy vir 80 minute speel sal ek kan saampraat.
Wat ek eintlik wou sê het niks te make met Snyman se goed of nie-goed nie. Maar oor ‘n span wat al hulle wedstryde van nou af moet wen om in die semi’s te kom. Dat hulle die vorige paar jaar gereeld gesukkel het teen die Boland, en ek wil al dink laasjaar een game teen die Boland verloor het ? Dis nie ‘n tyd nou om proefnemings te maak as jy reeds spelers het wat dit kan doen, teenoor spelers wat nog daardie ervaring kort, nie.
Wie wil ons dan hê moet uiteindelik loop. Die ou wat ons ken en weet wat hy kan doen, maar na die bank gerelegeer word, of sommer af van die bank af direk na ‘n briljante wedstryd waarin hy 2 drieë gedruk het, of die ou wat nog moet wys.
Dit sou sonder twyfel baie meer sinvol gewees het om JW in die beginspan te hou, met Snyman op die bank. Niks verhoed hom om dan ook speeltyd, en ervaring, te kry nie. Best of both worlds ! Maar nou is JW nie eers op die bank nie. Klink dit nie vir jou ook maar bietjie stupid nie ?
Waar is L. Cronje weet iemand of hy siek is of hy toe WP se aanbod aanvaar het. Mooi gestel PIET (7)
Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat JW oorsee gaan speel, so die VSRU het hom losgemaak van sy kontrak en daarom speel hulle hom nie. So JW is reeds verlore vir ons.
Mense mense mense - ek is ontsteld dat Jonker NIE in die span is nie, maar die powere vrot Corne Uys. (Sê wat jul wil, hy is hopeloos en vrel stadig). Ek is darem net bly ek is nie ‘n Lions supporter nie, die ouens het - wait for it - WEER vir EARL ROSE in die beginspan. Hahahahaha het jul hom gesien speel laas week? Ek het nog nooit so iets gesien nie, maar solank hy vir hul speel het ons ‘n baie goeie kans om hul te wen…
Wil dié ouens wat by die game was nie vir ons ander bietjie vertel hoe het hulle gespeel nie? Wie het hoe gemaak, wie het kant gebring en wie nie. Ek lees in Rapport dat Mister Pro Legoete sy gewone swak self was ?
Die geel kaarte waai nou, maar dis dalk maar goed, die ouens moet ook maar leer dat sport reëls gemaak is om toegepas te word. Nog steeds net nie kaarte vir skeids- en lynregters beskikbaar nie !
Hi Chris B, ek was daar en die 1ste 5min toe lyk dit na n 90 skor wat kom maar toe besluit Pro Legota hy gaan die game stadig maak want hy was nie lus vir hardloop nie, toe word dit n slegte game. NOKWE het weereens bewys as die ander ouens nie die pad vir hom oopmaak en driee vir hom gee nie sal hy nie n hel werk gaan soek en sy eie geluk skep en maak nie, hy wil net afrond. Ons vriend Demas bangat soos gewoonlik om getackle te word veld vol gehardloop, Danlier bestemdig, Phillip nie magic nie miskien te veel van hom verwag maar beter keuse as oupa UYS, Jacques eish hy sukkel om lyn weg te kry hardloop skuins hou te lank aan die bal en dan pass hy die bal vir arme Ebershon wat niks kan doen behalwe om grond toe te gaan. Toe LOUIS STRYDOM opkom met 13min oor toe vloei die lyn en NOKWE druk 2 driee. Lynstane pateties, MAN van die wedstryd vir my KABAMBA hy het sy kant gebring. AAN ADMIN ASB, ASB,ASB ASB NET NIE WEER BY DIE CASTLE DEK VIR KORTSLUITING KRY OM OP TE TREE NIE DAAI OUENS HET N KORTSLUITING WEG. HULLE LAAT N KORTSLUITING IN JOU GLAS LOS TOT DIE YS(EISH) IN DIE COKE WAS BITTER!!
Volgens Owen Kock was J-L Potgieter se spel Saterdag weer swak. Ek het nie die game gesien nie, maar as hy so wisselvallig gaan speel, dan kan daar nie met die oorblywende games met hom kansgevat word nie. Die “maklike” games is nou eers verby.Dis dalk nou tyd om Ebersohn op te skuif loskakel toe, met JW op buite- en Snyman op binnesenter ? Die ander Ebersohn of Corné Uys kan dan bank toe kom.
En as ons spel by die afbreekpunte en lynstane sukkel moet dit sommer dadelik ondersoek en reggemaak word. Met ouens soos Adriaan,Kabamba en F.Viljoen behoort ons nie daar te sukkel nie ?
Ons moet Saterdag regmaak teen Griekwas !
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Daai voëltjie het verkeerd gefluit Jan Plank !!!
JW is nog hier… Hoop net C Uys gaan maar, want JW kook…
VRU moenie meer daai swak verskoning van geld gebruik as outjies waai nie, want die talentvolle ouens word eenvoudig nie kans gegee nie, maar die sukkelaars bly span kry…
Tot Mr. Dry het beter vertoon as Mr. de Villiers Saterdag !
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Net 2 opmerkings oor die game. Dalk 3. L. Strydom het opgekom in Potgieter se plek en baie goed gedoen. Dan is dit weereens bewys saterdag dat Demas maar liewer vir die spiese of Botshabelo of so moet gaan speel. Daai drie wat Boland gedruk het is uit en uit deur hom veroorsaak. Skop die bal met ‘n man aan sy buitekant reg in die Boland voor hom se hande. Dis reg hy is ooral op die veld, maar hy is net in die pad dis al.
En ek het nog altyd gesê die span moet net vir Nokwe ‘n geleentheid skep en hy sal die driee inryg. En daar doen hy en hulle dit saterdag.
JW Jonker is nie so goed nie… dit is ‘n goeie ding as hy nie in die span is nie.
17 Cheetah Supporter
Ek het nie gesê JW is alreeds weg nie, moontlik direk na die CB, so hoekom sal jy ‘n ou speel as hy reeds besluit het om weg te gaan?
Kom ons kyk bv wat doen die Vlou Vulle met Habana, ek sou hom nie meer speel nie, want ek kan nie dink dat hy nog lojaal kan wees nie. Maar nouja, elke ou dink anders…