Een verandering aan die span….

Daar is een verandering aan die Vodacom Vrystaat Cheetahs span teen die Boland Kavaliers vir die naweek.

Wian du Preez vervang vir Jean Botha op die reserwebank in die nommer 17 trui.

This entry was posted on Wednesday, August 19th, 2009 at 12:21 pm and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

23 Responses to “Een verandering aan die span….”

  1. Blikoor in Pta Says:

    Jammer dat ons wat verder as Bloem bly, weer eens nie die wedstryd gaan sien nie. Sterkte met die “mental” voorbereidings. Ek is seker dat dit goed sal gaan.
    In die jare wat ek verbintenis gehad het met elite en semi-elite spanne, wil ek net vermeld dat die manne wat in die binnekringe na aan die spanne beweeg, nie alle geheime met ondersteuners of selfs die mediese spanne deel nie. Moet dus nie te haastig oordeel nie. Daar is wel soms waarhede in, bv spankeuses wat net nooit sin gaan maak nie. Maar ander sake, soos JW se “game time” is baie keer strategiese besluite waarvan ons niks weet nie. En die spekulasie deur bv die Volksblad se rugbyskrywer(s) is soms net om reaksie te kry om die storie verder te neem.

  2. Jaco Grobbelaar Says:

    Die blog sê daar is net een verandering met Wian du Preez in vir Jean Botha maar die web se daar is meer. Snyman is in Jonker se plek en Jonker is nie eers op die bench nie. Ek kan dit nie glo nie. Jonker het briljant gespeel teen die Luiperds en nou is hy al weer gedrop uit die span uit.

  3. koos Says:

    Ek hoop van harte dat die cheetahs n honderdtal @ die boland se b span kan kry, ek lees die boland span is vol siektes en beserings en allerhande skete.

  4. Kobus van Tonder Says:

    Ek wens die Cheetahs alles van die beste toe vir die naweek … Skouer aan die wiel manne .. ek weet julle kan!!

    H-A-A-A-A-A-KKKK!!! VRYST-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-A-T!!!!!!!!!!!!

  5. Hein Says:

    Ons behort die ene baie ver te wen. Ek voel eintlik jammer vir Boland - hoekom kan spanne soos die Bulle en WP nie klomp beserings en siekes eerder he voor die games nie? Ek moet weereens noem, ons sou by die Bulle op die log gewees het, as Willie D… hulle nie gehelp het om onregverdig te wen nie. Ek hoop die ou word gefire!!

  6. Jurie Els (OF Oom) Says:

    Ja wel, geluk met nog ‘n wen teen ‘n afgewaterde Boland spannetjie…………..Ons groot uidaging is om nou AL ons oorblywende wedstrye te wen. Ons sal alles moet wen om enigsins ‘n kans te hê om die halfeind te haal, aangesien ons myle agter die nr 4 span op die log is………dis semi onmoontlik dat ons die semi finaal gaan haal…………..jammer mense maar ek ry nie my hoop op nie. Sou ons nie (wat baie waarskynlik is) die semi finaal haal nie, hoop ek van harte die coach word afgedank. Sê wat julle wil, maar 3 wenne uit 7 - waarvan 2 teen amateur spanne wat net daar is om die 8 vol te maak, is maar steeds ‘n vrot vrot rekord. Ek sal positief raak as ons die volgende 4 games in ‘n ry wen, dan het ons ‘n redelike kans, maar as dit nie gebeur nie……..harde en swaar tye vir Vrystaat rugby.

    In elk geval julle bly my span vir altyd en ek staan agter julle met elke game…..daarom word ek ook so kwaad wanneer julle aanjaag. Wel baie sterkte, niks is onmoontlik nie, ons moet wel die Bulle en Sharks weg gan wen met hul Bokke. Gelukkig kry ons vir Brussouw terug. Hy tel vir 4 spelers. Okay, dis al vir nou.

  7. Norman du Plooy Says:

    WEEREENS WORD DIE VRYSTAAT GAME NIE UITGESAAI NIE OF TEN MINSTE OPGENEEM NIE. DIS NOU 2 NAWEKE IN ‘N RY!!! ONAANVAARBAAR! BAIE GELUK MET DIE WEN IN ELK GEVAL. DIT LYK OF DIE SPAN NOU SY RITME BEGIN KRY.

  8. blou bul Says:

    Nou gaan dit vir ons wys hoe die manne van die seuns geskei word,hierdie volgende 5 weke.Julle praat nou so groot oor julle laaste 2 wenne,net om weer was te val die naweek teen Griekwas.Vanjaar gaan julle outjies nie eens naby aan n semi kom nie.Sorry manne,staan opsy ,nou is dit tyd vir die groot kannonne.

  9. blou bul Says:

    In die laaste 2 wedstryde was dit die geleentheid om n beter losskakel te ontwikkel,sias,lionell,louis strydom maar nee dit gebeur nie.Dis my rede hoekom ek se julle gaan nie die semi haal nie.

  10. Chris Says:

    Norman - die feit dat ons wedstryde nie uitgesaai word nie lê by die VRU bestuur en die bemarking. Ons almal weet dat die Cheetash se ondesteuners wyd gesaai is wat beteken dat juis die Cheetahs se wedstryde oor die radio geluister sal word en oor TV gekyk sal word maar die Cheetahs se bestuur maak asof die Cheetahs maar net ‘n klein spannetjie wat en wat nie juis mediadekking benodig nie.

  11. Gerhard Says:

    AL MY MEDE BLOGGERS:

    EK VRA BAIE MOOI, KOM ONS TREK ALMAL SATERDAG OP KIMBERLEY TOE EN GAN ONDERSTEUN ONS SPAN IN HUL BELANGRIKSTE WEDSTRYD VAN DIE SEISOEN. DINK BIETJIE HOE GAAN DIT VIR DAAI 15 MANNE IN WIT VOEL AS DAAR 3000-4000 WIT TRUIE BYMEKAAR OP DIE PAWILJOEN SIT EN SING EN CHEER. HOE KAN ONS SATERDAG VERLOOR AS ONS AS ONDERSTEUNERS DIT DOEN. WAT IS JUL OPINIE?

  12. blou bul Says:

    Nou wil my geagte vrinne hierbo se Meyer Bosman is nie n goeie speler nie.Kyk julle weet nie waarvan julle praat nie,Bosman is n uitstekende bal verspreider een van die beste in die land,sy verdiging is rots vas,kyk wat het teen griekwas toe hy van die veld af is.As julle wil kommentaar lewer praat sense nie nonsense nie.Jl is nie die die oplossing op losskakel nie en ek dink die afrigting span weet dit.Verder hou tog net op kla en ondersteun julle span.Enige persoon wat Meyer Bosman afkraak weet van rugby niks en dit lyk asof dit die helfde van julle kla kouse is.

  13. editor Says:

    Hi Chris

    Ek wil jou graag in kennis stel dat Super Sport self besluit watter wedstryde word uitgesaai en watter nie. Die VRU bestuur en bemarking het geen seggenskap hieroor nie en dit is vir ons net so sleg. Super Sport besluit watter wedstryde hulle gaan uitsaai en almal kan bloot net nie uitgesaai word nie - kyk self hoeveel wedstryde word op ‘n Saterdag-middag 15:00 gespeel.

    Baie groete

  14. Chris Says:

    Editor ek het al baie oneweredigheid gesien in die uitsaai van rugbywedstryde - as die Bulle, Sharks of WP in onder aan die log is en teen ‘n lae orde span speel word dit partymaal uitgesaai. As die groter unies se westryde nie uitgesaai word nie, word nasionale radiostasies en die SABC nuus gereeld ingelig oor wat aangaan in die wedstryde - in teenstelling daarmee word Vrystaat se puntestand in die wedstryde nie so goed soos van die ander spanne by radiostasies uitgekry nie. Dit beteken mos dat daar iewers ‘n kommunikasiegaping is en dat die VRU iets daaraan moet doen - ons moet onsself bemark, maak nie saak wat nie. Druk die logo en unie se uitslae in die media se kele af!
    As daar nie ‘n kontak met die media (radiostasies soos RSG, OFM, 2000, 702 ens.) is nie moet dit nie deur die unie as vanselfsprekend aanvaar word nie - daar moet iets aan gedoen word - lig die media 5 tot 10 keer per wedstryd in! Dit is wat ek bedoel en ek voel dat die VRU se bestuur en bemarking slap is! Ek was in die Oos Kaap die naweek en die uistlae van die wedstryd was eers ‘n uur nadat die wedstryd gespeel was uigesaai.

    Ek weet daar word baie wedstryde gespeel maar ons kan maak dat ons uitslae gereeld opgedateer word terwyl die ander spanne se wedstryde uitgesaai word.

    Ten minste kan jul nou vir die media sê dat julle fans kla en dat hul moet werk daaraan.

  15. Hein Says:

    Ek moet nogals saamstem, Chris. Ek was ingeskakel op OFM, die Cheetahs se ‘trotse mediaborg’, en hulle kon nie die telling gee tot na die wedstryd nie. Die aanbieder het self gese hulle sukkel om die score van die Vrystaat game te kry, op die lug sommer. So ja, iewers is da fout met die media skakel…………Elk geval, Meyer Bosman is saam met Ebersohn twee goeie senters dink ek, Die swak skakel in die span is Corne Uys. As hy beter is as JW Jonker, dan is Earl rose beter as More Steyn, hahahahaha. En Vrystaat het nie meer slotte nie, dis ‘n baie groot swakpunt. Kan ons nie vir Corniel van Zyl terugkry, daai ou was briljant in die lynstane…

  16. Jan Plank Says:

    12 Blou Bul

    Niemand het gesê Meyer Bosman is ‘n swak speler nie, maar wel het ek gesê hy is glad nie op vorm tans nie, inteendeel van verlede jaar se S14 af al. Terloops sy verdediging in hierdie jaar se S14 was van die swakste in dié reeks vanjaar. Kan onafhanklike stats voorsien as jy my nie glo nie.

    14 Chris

    Jy kon dit nie beter gestel het nie Chris. Hulle noem dit bemarking en/of ‘branding. ‘n Baie goeie voorbeeld is die Sharks.

  17. editor Says:

    Hi Hein

    Ek was in die mediakamer en OFM se sportredakteur het daar gesit. As OFM die telling ontvang het nie, was dit swak kommunikasie in hulle verband. Ons bied uitstekende media fasiliteite aan en maak seker dat die media al die inligting verkry wat hulle benodig. Ons kan ook net soveel doen tot ‘n punt waar die media aan die res van die wêreld moet kommunikeer.

    Groete

  18. Jan Plank Says:

    Editor as julle sien dit werk nie, maw julle gee die tellings deur en hulle saai dit nie uit nie, dan moet dit met OFM,Supersport, MNet, wie ook al opgeneem word en hulle duidelik laat verstaan dat daar is ondersteuners (ook buite die Vrystaat) wat dit WIL hoor of sien!!

    Behalwe OFM, wat ons nie in Pretoria opvang nie, moet MNet/Supersport/DSTV ook die tellings deurgee op al wat ‘n kanaal is, want of die wedstryd word nie uitgesaai nie of almal het nie DSTV nie.

    Dus vra ons julle moet die Cheetahs se ondersteuners op dié manier bystaan.

  19. Hein Says:

    Ja dis reg editor, ek noem maar net dat hul eers na die game die telling gegee het, nie EEn keer tydens die game nie. Ek wetie wie se skuld dit is nie ens, en dit is regtig nie ‘n groot issue nie, dis net dat as ons nie die game op TV sien nie, moet die score darem op die radio gegee word tydens dit. Jy kan maar met die mense gesels wat op die radio geluister en wag het om ‘n telling te hoor…..regtig niks tot na die game nie.

  20. editor Says:

    Hi Jan Plank

    Ek moedig die ondersteuners om saam met ons dan te kla by Super Sport/mnet/dstv dat hulle ook kan sien die ondersteuners is moeg dat die wedstryde nie uitgesaai is nie, aangesien die besluit nie by ons le nie

    Groete

  21. editor Says:

    Hi Hein

    Ek weet van die geval - my eie familie het gebel, juis oor OFm wat op radio gesê het hulle ontvang nie die telling nie. Ek het persoonlik die boodskap gedurende die wedstryd aan die sportredakteur oorgedra en hy het net daar die studio gebel. Ek noem dit net sodat jy weet - die saak is dadelik onder aandag gebring.

    Groete

  22. Chris Says:

    Editor,, jy sê: “As OFM die telling ontvang het nie, was dit swak kommunikasie in hulle verband”

    Ek voel dat daar dan teen hul opgetree moet word.

    Ek weet dat baie besighede voel dat hul goed net wil doen tot op ‘n punt toe maar dit is die besighede wat daardie ekstra tree (uit hul pad uit gaan) wat gewoonlik bo die res uitstyg. Vrystaat kan nie bekostig om hulself nie te bemark nie.

    Ek was al op baie plekke in Suid-Afrika en ek moet sê dat die Cheethas ten minste 80% van alle rugbyondersteuners se tweede span is! Ek bedoel hiermee dat die meeste Blou Bul ondersteuners vir die Cheetahs sal skree as die Bulle nie speel nie, so ook die Sharks en die WP, Griekwas en deesdae selfs Boland. Editor ek weet nie of jy met my gaan verskil nie maar ek dink dat as mens bietjie hieroor nadink het die Cheetahs ‘n ongedelfde diamant hier beet wat deur die VRU misgkyk word in terme daarvan om die game na die ondersteuners toe te vat - die Cheetahs het soos die Bloemfontein Celtic sokkerspan regoor SA in baie ondersteuners se harte ‘n “sweet spot”!

    Ek weet dat ons uitstekende fasiliteite het maar dit help op die oomblik niks nie. Ek voel net dat die VRU vir hulself ‘n guns kan bewys as hul die volgende doen:

    1) Bel groot radiostasies regoor SA en vra om met die perone te praat wat gewoonlik Vrydae en Saterdae (waneer ons gewoonlik speel) te praat. (Ek praat nie net van een of twee radiostasies nie - ek dink so vinnig net aan RSG, 2000, 702, Cape Talk, Radio Algoa, Jacaranda, East Coast, OFM, Radio Rippel, Tswana ens.)

    2) Se vir die omroepers dat jul ondersteuners in hul profinsie of streek graag meer uislae wil hoor oor wedstryde terwyl dit gespeel word en dat die VRU poog om ten minste 4 keer per wedstryd die betrokke stasie in te lig oor wat die tellings is.

    3) Besluit dan saam met die betrokke omroepers wat die beste media medium is om hul mee in te lig en dat jul graag ‘n betroubare massa media opsie wil gebruik omdat dit nie goed sal werk om radiostasies een vir een te laat weet nie. Ek dink om ‘n Facebook groep te maak (waarmee baie radiostasies tans werk) kan ‘n opsie wees of dalk ‘n selfoon nommers van mense by die ateljees - dan stuur mens net ‘n SMS aan ‘n betrokke groep. ((As jul slim wil wees, kry vir Vodacom om vir mense op hul selfone met ‘n sms op datum te hou teen ‘n klein fooi per sms soos R1….))

    As dit klaar gedoen is moet dit net konsekwent volgehou word en ek dink dat die VRU se ondersteuners regoor SA sal voel dat iets aan die gebeur is - dit is net daardie klein tikkie wat baie ondersteuners dalk nodig het om vir hom/haar ‘n vlag te laat koop en die Vrystaat te gaan support waneer hul in Johannesburg in die Kaap gaan speel.

    Ek weet nie wat is so moeilik daaraan en ek weet nie of ek dit goed genoeg beklemtoon nie: VAT DIE GAME NA DIE SUPPORTERS TOE - waar ook al hy is! Skep die indruk by die rasiostasies en TV kanale dat die VRU die unie is wat jou ALTYD die BESTE op hoogte hou maak nie saak wat nie.

    As jul dit sal doen soos wat ek hier vir jul sê sal die vuur in jul ondersteuners regoor SA warm gehou word en die media sal ook later besef dat die VRU ernstig is en dat dit die moeite werk is om ons games ook uit te saai op TV.

    Hoop dat wat ek hier sê vir jou en die unie iets kan beteken. Ek hoop nie ek het my tyd gemors nie en ek hoop ook nie dat nog ‘n (sorry vir die woord) ‘n slapgat teenargument gelig gaan word nie.

  23. editor Says:

    Geagte Chris

    Ju bydrae en insette word hoogs waardeer en ernstig opgeneem (en geen argument wat ek gaan noem gaan as slap beskou word nie).

    Al die radio stasies wat jy genoem het val onder SABC - indien jy die koerante dopgehou het, sou jy gesien dat daar gestaak word by die betrokke instansie. Dit het veroorsaak dat daar by die afgelope wedstryde slegs een omroeper per wedstryd hier teenwoordig was. Hulle het dus ‘n te kort aan personeel. Daar is gewoonlik ‘n teenwoordiger van al daardie radio stasies hier om die wedstryd direk uit te saai. Ter selfde tyd moet genoem word dat indien bv. RSG besluit om die wedstryd tussen bv Sharks en Bulle regstreeks uit te saai, dit letterlik ONMOONTLIK is om daai persoon te kontak deur ‘n wedstryd. Ek nooi jou om te kom kyk hoe daardie mense te werk gaan. Hulle kyk nie regs of links en sê net wat in daardie wedstryd aangaan. Weereens is dit die maatskappy se besluit oor watter wedstryde hulle wil uitsaai. (die maatskappy bedoelende SABC)

    Ek stem saam dat daar dalk gekyk moet word na bv ‘n Facebook groep. Ons gebruik reeds ‘n sms stelsel wat ons die tellings halftyd en na die wedstryd en die persone wat die punte aangeteken het deur gee. Die rede waarom ons nog nie ‘n Facebook groep het nie, is dat Facebook geblokeer is by ons.

    Wat OFM betref - die situasie is met hulle hanteer en ek weet dit sal nie weer gebeur nie.

    Weereens dankie Chris en dat jy jou tyd gevat het om op ons blog te skryf. Daar is altyd plek vir verbetering en ons probeer ons bes. Dit sou fantasties gewees het as ons personeel gehad het wat elke media instansie met elke punt wat aangeteken word kon bel, maar ons kan net soveel doen, maar ek kan jou verseker, ons sal verbeter waar ons kan. Hoop om julle by die wedstryde te sien as dit nie uitgesaai word nie.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree