Almal in Suid-Afrika sukkel met verkoue en griep en die Vodacom Vrystaat Cheetahs kon dit nie vryspring nie.
Twee van die spelers, Corne Uys en David de Villiers sukkel met die griep, maar niks ernstig nie en die uitlating is eerder voorkomend.
Die volgende veranderinge vind plaas:
JW Jonker beweeg in die buitesenter posisie in terwyl Robert Ebersohn binnesenter speel.
Nico Breedt is verskuif na regterslot en die linkerslot posisie word nou gevul deur Izak van der Westhuizen wat opskuif vanaf die plaasvervangerbank.
Nuut tot die plaasvervangerbank is Waltie Vermeulen
—————————————————————-
Everyone in South Africa is suffering from colds and flu and the Vodacom Free State Cheetah team members couldn’t avoid it.
Two of the members in the team, Corne Uys and David de Villiers are suffering from a bit of sickness, but nothing to worry about.
The following changes take place:
JW Jonker will play right centre and Robert Ebersohn moves to left centre.
Nico Breedt moves to right lock and Izak van der Westhuizen moves up from the bench to left lock.
A new addition to the bench is Waltie vermeulen.

Uiteindelik ‘n senterkombinasie wat dalk iets kan uitrig. Sou steeds eerder vir Philip saam met Robert wou sien en JW in Demas se plek, maar glo met hierdie senters kan ons dalk die balle ‘n slag by die vleuels ook kry.
Ek glo egter nie JW is ‘n heelagter nie, daardie posisie is vir Sias en Lionel beskore. Jammer oor Dawid, hoop Izak gryp die geleentheid aan.
Lekker speel manne!!
Dit lyk beter, maar wat van ons probeer vir Phillip op heelagter en hou JW op senter saam met Robert. Phillip het al heelagter gespeel en skop ver en baie goed. Wat van die span moes so lyk vir Vrydag aand.
15. Phillip Snyman
14. Demas (nie my keuse)/ Juries
13. JW Jonker
12. Robert Ebersohn
11. Jongi Nokwe
10. Jaques Louis Potgieter
9. JP Joubert
8. Francois Uys
7. Kabamba Floors/Frans Viljoen
6. Johan Wessels
5. Isak vd Westhuizen
4. Nico Breedt
3. WP Nel
2. Adriaan “YSTER” Strauss
1. Coenie Oosthuizen
Ek dink met daai span sou ons 80 punte kry Vrydag aand.
Wat dink julle??????
Ek is in my noppies dat JW en Ebersohn die senterpaar is ! En op die regte plekke as binne- en buite senter. Dit gaan ‘n nuwe kombinasie wees, en kan dalk bietjie hikkerig gaan aanvanklik, maar dis nou hierdie twee outjies se verantwoordelikheid om hulle geleenthede te gebruik. Ek glo steeds dat C.Uys ‘n baie beter senter is as wat hy tot nou gewys het, en wanneer hy terug is behoort hy steeds in die squad te wees en van die bench af te speel, en sal dit waarskynlik sy game ook die wêreld se goed doen. Hennie Daniller behoort nie sy plek te verloor nie, hy het ook al gewys hy is ‘n uitstekende speler, hy moet net sy vorm terugkry, en ook sy verantwoordelikheid aanvaar.
Dis baie jammer van D.de Villiers, maar ‘n ruskans kan dalk ‘n goeie ding wees, en F.Viljoen en F.Uys is lank genoeg om ook in die lynstane mee te ding. Baie van die ouens het nog byna geen ruskanse gekry nie.
dammit nie een super sport channel wys die game nie
Soos ek gedink het. Die regte kombinasies en die telling 71-17 met 11 drieë !! Dis nou wel teen die Luiperds, maar dis ‘n weg-wen, en die Luiperds nie altyd maklik in Potch nie. En dat DIT nou juis die een was wat ons nie kon sien nie ??
Ebersohn ( 1 drie ), die een met die rugby brein op binne-senter, en JW wat kan afrond ( 2 drieë ) wat Ebersohn begin. Selfs die vleuels het nou balle gesien en altwee het 2 drieë elk gedruk.
As ‘n team WIL, dan werk dit anders.
Ons behoort darem op ons tuisveld teen Boland 5 punte te kry. Mar ek wonder hoekom ons nie meer kere prober hardlooprugby speel nie, ek meen as ons 71 teen Luiperds kan kry, behoort ons tog seker die meeste games met hardlooprugby te wen. En moet ook noem dat die dekselse ref die Griekwas uit hul wen uit geboor het met 2 onregverdige geelkaarte. Dit was absoluut belaglik!
Dis ‘n skande dat die game nerens uigesaai was nie, selfs nie eens http://www.sarugby.co.za het se livescores was aktief nie!!! Ek voel beide unies behoort SARFU/MNET/SABC daaroor aan te vat. Maar die wen van 71-17 was baie welkom, ek dink Naka se kombinasies begin dalk nou te werk. (Danksy verkoue en griep!) Ek dink JW was net die inspuiting wat die agterlyn nodig gehad het.
Wel gedaan Vrystaat! Ons kan nou nie een wedstryd in die 2 de helfde v.d reeks verloor nie. Ons kan! Dis asof die span begin “gel” en met meer selfvertroue speel.
Voorspoed!!!!! Julle skuld ons!!!
Kerels,
Dis goed om te sien dat die Cheetahs uiteindelik uit winterslaap wakkergeskrik het. Kon nie onthou dat ‘n warmbloedige dier soos ‘n Cheetah hiberneer nie, maar lyk my namate die winter wyk, kom die kloue uit. Ons het lank gesmag na JW Jonker in die beginspan en daar het jy dit: die ideale kombinasie!!! En die agterlyn is aan die brand. As jy kyk na die slotte tot ons beskikking, doen die onder 21’s die dinge reg. Van der Westh en Vermeulen wys dat daar diepte is. En ek twyfel of daar nog so ‘n voorry in SA rugby is soos die drie wat die afgelope 2 wedstryde saamjol. Gee my moed vir die toekoms. Het ‘n grote nodig hierdie naweek teen die wingerd-wandelaars, manne. ‘n Grote, of ons seisoen is daarmee heen. ‘n Wen sit ons bo die brandsiek katte van turffontein.
En daar lyk dit toe asof dinge wil bymekaar kom ? Mooi Cheetahs, dis wat ons van julle verwag. Dis vreemd dat daar nie meer “kritiseerders” is wat ook terug is hier om geluk te sê nie ? As ons kan kritiseer, en met reg ook, kan ons mos ook erkenning gee ?
Ek sien Johan Thormalën skryf dat die Cheetahs “groter” senters soek, en dat Hawies voel dat ons groter fisiekheid soek agter.
Johan, twee dinge…. (1)om Hawies se menings hieroor te aanvaar is ‘n fout, want hy sal nie weet nie, en (2) waarom het jy “groter” senters nodig as jy slim senters het. Albei Saterdag se senters het drieë gedruk ( JW x 2), en vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd het albei vleuels ook kon drieë druk !? Beide het 2 drieë elk gedruk. Corné Uys sal ook daarby baat en behoort in die squad te bly as plaasvervanger. En wat het M.Bosman met sy “groote” tot nog toe vermag ? As ons agterlyn so funksioneer dan kan die vories ook doen wat hulle nog altyd goed doen, terwyl hulle nie nodig het om die agterlyn se werk ook te doen nie.
Hoe “groot” was die onlangse Engelse senters, en selfs die Wallaby senters, wat met redelike gemak deur ons agterlyne kom ? Ebersohn is die regte senter om aan aan die binnekant te hê. Hy het ‘n rugby brein wat besluite kan neem wat die senters en vleuels kan afrond ( hy kan waarskynlik net so effektief op losskakel ook wees ). Nog ‘n jaar of twee saam vir hierdie spelers, en die Cheetahs gaan weer met die beste senters en agterlyn sit.
Ons kan net hoop en bid dat Hawies hulle met rus sal laat sodat hulle kan speel soos hulle moet en kan !!
Die game was lekker om na te kyk maar ons het steeds te veel foute gemaak. Ons dissipline was ook nie goed genoeg nie en ek dink nie dat ons spelpeil besig is om te lig nie. Die Cheetahs se vertoning-stats het vir te lank bewys dat hul nie deur die regte mense afgerig word nie.
Ek sal net graag wil weet watter Suid-Afrikaanse rugbyspan die Bulle al die meeste gewen het - waar kan mens daardie statestiek kry?
Mense dit was lekker Vrydagaand in Potch. ‘n Semifinaal is nog hel ver maar hopelik tel ons nou goeie momentum op. Senters het mooi saamgespeel, Toe Philip snyman opkom het die spel mooi aan die gang gebly. Ek moet bieg: Demas het baie beter gelyk op heelagter as op vleuel. Naka/Hawies kan gerus die volgende oorweeg: Philip en Robert - senter, Jongi en JW - Veulel, Demas - heelagter. Dit het Vrydag baie mooi gewerk en kan Daniller dalk bietjie laat waker skrik.
Baie geluk manne julle het nie net beter gelyk nie,julle het baie goed gelyk. Hoop julle bou nou op die momentum.
Ek wil nou nie ‘n woordewisseling begin nie en gaan nie verder hieroor uitbrei nie, maar, Hein: Die Griekwas het hulle geelkaarte verdien en dit was heeltemal regverdig. Almal weet Willie roos is ‘n aap. Nadat hy almal gewaarsku het toe hou die Griekwas aan met oortree, hulle moes geweet het die outjie kan nie druk hanteer nie en gaan “snap”. Hy het al reeds in die middel van die twede helfte aan albei spanne finale waarskuwings gegee vir “offside” en oortredings op die grond. Soos reeds genoem is dit die onnoselste ref in SA en moes hy vroeg reeds sy kaarte uitgehaal het, hy het ongelukkig vir die Griekwas te lank gewag. As mens eerlik moet wees kom Mokoena al die hele seisoen weg met ongeoorloofde spel. Kyk hoeveel keer is hy vir dieselfde oordredinge gestaf in die eerste game teen die Cheetahs, hy het weggekom sonder ‘n kaart vir nog vier wedstryde, en op die einde toe kos hy sy span die wedstryd teen die bulle. Ek weet ons Vrystaters is nie lief vir die bulle nie, maar die Griekwas het kanse gevat na die einde toe om die bulle uit te hou en dit het net eenvoudig gebackfire, soos wat die Cheetah gameplan gebackfire het in die eerste vier wedstryde.
Ons haal nou ‘n slag weer asem Cheetahs, al wat ons vra is hou so aan. Dan skree almal weer een van die dae vir julle en nie op julle nie.
PC jy is reg oor die feit dat Roos dalk al baie vroeër geelkaarte moes wys. Dit sou dalk beteken het dat die Bulle eerste daaronder sou ly. Wat jy verkeerd het is dat die bulle eerste gestraf was vir ‘n oortreding in die los, nadat Roos albei spanne op amptelike waarskuwing geplaas het ( onthou die bulle is eerste op waarskuwing geplaas. Hy het egter net ‘n strafskop toegeken wat geensins met sy waarskuwing gestrook het nie. Mokuena mag dalk ook baie skuldig gewees het, maar sy geelkaart was steeds belaglik. Hy kon nie onder daai klomp lywe uitkom nie, maar het ook nie met die bal “gepeuter” nie. Net voor sy geelkaart het 3 bulle, Wannenburg was een, blatante obstruksie reg by die doellyn gepleeg wat die Griekwas verhoed het om by die baldraer te kom. Reg voor Roos se oë ! En na dit kon die Griekwas nie van hul doellyn af wegkom nie.
En net voor Wanneburg se drie met die losgemaal op die doellyn het die bulle die bal vasgehou terwyl die Griekwas op hulle voete was.
Roos het al sedert verlede jaar gewys dat hy nie die temprament het vir sulke belangrike games nie.
Chris B
Ek kon nie self nie die wedstryd kyk nie.
Ek is een van die kritiseerders waarna jy verwys. Naka het nou ‘n span gespeel, wat hy agv griep en beserings moes speel. Skynbaar het die manne nou die ding vir ons daar gedoen in Potch.
My vrae is die volgende:-
- Is alles nou ewe skielik reg? Is Hawies die antwoord? Selfs Naka? Of is dit Os se teenwoordigheid wat die opswaai veroorsaak? Amper soos Jake White wat die WB met Eddie Jones se hulp gewen het.
- Wanneer Corné Uys weer reg is, gaan hy nou weer sy plek herwin ten koste van die manne wat dit vir ons gedoen het of gaan hy op die reserwebank sit. Moet Philip Snyman dan plek maak. Persoonlik dink ek nie Corné Uys hoort daar nie. JW en Philip is reg op 13, met Robert op 12.
- Laasgenoemde vraag word herhaal tov Meyer Bosman. Bosman is nie naby aan sy goeie vorm (toe hy ‘n Springbok geword het nie). Groot senter of te nie, Robert is ‘n baie slimmer senter as Bosman.
So sal ons eers in die tweede rondte sien met Naka hulle se spankeuses of alles nou reg is.
Hierdie evaluasie begin teen die Griekwas in Kimberly.
Hou hierdie spasie dop Chris B.
Ek stem nie saam nie, die bulle is alleenlik toegelaat om die bal op die grond te speel, mokuena het geval, was vasgevang en KON NIE WEGROL nie, al het hy probeer!! Ek sien Willie D… ek meen Roos is in die gesig gegooi met drank. Ek kan dit nie goedpraat nie maar ek kan nie sê dat hy dit nie verdien het nie. Ons moet maar vir Griekwas support, daar is GEEN MANIER wat ons die semis haal nie, veral nie as die bokke terug is nie. Onthou ons het teen die blinde span gespeel die naweek, dis maklik om dan goed te lyk.
Jan Plank, as jy een van die kritiseerder was/is dan behoort jy steeds te kom erkenning gee vir die laaste twee games. En vir ‘n paar van die spelers. Daarmee bedoel ek hoegenaamd nie dat jy verkeerd was met jou kritiek nie, en verseker nie dat ek nie ook ‘n kritiseerder is nie. En ek sal ook aanhou kritiseer wanneer dit geregverdig is.
Alles is nie nou skielik reg nie, maar wat wel verander het is dat Naka begin luister het na sekere kritiek, veral by die agterlyn en kombinasies, en dat die span nou WIL speel, wat hulle in vorige games nie wou doen nie. En dit het gewerk.
Hawies is en was nog nooit die antwoord nie, en hy gaan ook nooit wees nie. As die wedstryd van Saterdag in ag geneem word, dan kan Corné Uys waarskynlik op die bench bly, op voorwaarde dat Ebersohn steeds op binnesenter bly, en Hawies weggehou word van die agterlyn af ! Dat Os ‘n wesentlike verskil maak is ooglopend. Beide jong voorrye het verlede Saterdag vir Kruger en Steenkamp en Engels geskrum dat hulle gelyk het na die beginners.
Oor al jou ander punte stem ons saam.
Die belangrike ding is dat ons goed gespeel het ongeag of die Luiperds onder op die log is of nie. Hou in gedagte dat nie die Griekwas, die Haaie, die WP of die Leeus so ‘n telling kon behaal teen dieselfde Luiperds nie, ek glo ook nie die Bulle gaan op loftus so ver wen nie. Die positiefste aspek wat ons hieruit kan wegneem is dat ons wel met die regte kombinasies goed kan doen.
Die vraag is nou of Naka en kie gaan erken hulle het tot dusver swak gekies en die span so sal hou vir die komende wedstryde en of hulle die siekes en lammes wat tot dusver niks uitgerig het nie gaan terugbring. My gevoel is moenie aan ‘n wenkombinasie karring nie, ongeag of hulle teen die blinde skool speel of nie, onthou net ons speel tegnies hierdie naweek teen die suidelike blindeskool. Miskien kan ons weer ‘n lekker 10 driee druk en ‘n goeie punteverskil opbou. Ek glo nie die leeus gaan WP klop nie, en as hulle op ‘n bonuspunt uitmis kan ons hulle verbygaan.
Verder het ek so ‘n spesmaas die Griekwas se asem begin nou opraak. Voorspelling: Verloor weg teen Sharks volgende week, Verloor tuis teen Cheetahs die week daarna met ‘n groot telling (sweet revenge), wen teen Boland, Luiperds en leeus dan kom die bokke terug en hulle verloor die laaste drie en dis tussen die Vrystaat en Griekwas en Leeus om te veg vir die laaste plek in die semifinaal. AS JY DROOM DROOM GROOT!!
Na die 2 wenne wat ons nou gehad het is daar geen manier wat Master Harold and the boys vir Naka gaan fire nie, al is dit al wat Cheetah ondersteuner is se hartsbegeerte - myne ook. Ons moet maar hoop dit gebeur tussen die Curriebeker en die S14. Soos ek reeds gese het, ek kan ongelukkig net vir of op die Cheetahs skree, nie teen hulle nie - ook nie wanneer hulle teen Griekwas speel nie - Die Vrystaat is my hele lewe lank my span en sal dit bly; Daarom moet ons nou maar die seisoen vasbyt en hoop en skree vir die beste.
Ek dink nie ons kan ons spelpeil meet met ons vertonings van die afgelope twee weke nie. Veral nie die laaste vertoning nie.
Ek is jammer!!! Corne Uys het nog niks vir Vrystaat gedoen vandat hy hier kom speel het nie! Hy is nie eers sterk op verdediging nie .. sy aanval bestaan nie .. hy druk net driee as dit op skinkbord vir hom gegee word .. soos onderskep ens ens .. Ek dink Naka en Hawies moet hulle trots sluk en besef hulle het’n “kat in ‘n sak gekoop” .. dit is baie geld manne .. julle kon julle jong spelers beter kontrakte gegee het!! en behou .. Nee wat ek wens ek kon net een keer persoonlik met die manne praat. Toe Rassie ‘n paar jaar terug ‘n dut gekoop het.. het hy dit herken en ontslae geraak van hom. Ek stel voor leen Corne Uys vir die Griffons.. !!
Kobus, ek dink as die agterlyn spelers gemeet moes word, dan was C.Uys nie ‘n snars swakker as Demas, Nokwe, J-L Potgieter, Daniller, Piet van Zyl en Meyer Bosman nie ? En almal van hulle al ervare spelers, veral Bosman. Maar die meeste van hulle was sterre vvor die koms van Hawies ? Die swak skakel was Hawies Fourie, en die verkeerde kombinasies.
Ek weet nie of daar verandering aangebring is met Hawies se betrokkenheid by die agterlyn nie, maar die agterlyn speel nou ‘n ander soort rugby.
En moenie vergeet dat C.Uys een van ons beter senters was in die S14 waar ons maar weinig gehad het wat goed was !
Ek sien toevallig op Supersport dat die WP ernstig na Habana vry en is bereid om groot geld vir hom te betaal. In dieselfde asem noem hulle ook dat hulle dalk in Lionel Cronje sou belangstel.
Ek kry so ‘n gevoel in my maag dat dit nie ‘n “dalk” is nie maar ‘n “defnitief”.
My vraag is: As die WP/Stormers gelyktydig in Cronje en Habana belangstel, wat de hel gaan aan dat ons bestuur nie dieselfde talent raaksien nie? Dan hoord hy mos in die Curriebeker en nie in die o/21 kompetisie nie!
EK dink ook nie dit gaan hier stop nie, as Jaque Fourie op die ou end nie WP toe gaan nie, gaan hulle ander senters soek om saam met Juan de Jong ‘n sterk agterlyn te bou - EK sal nie verbaas wees as een van die volgende name: Robert Eberson, JW Jonker, Philip Snyman, teen die einde vd curriebeker met ‘n skuif WP toe geassosieer gaan word nie.
Ek doen weereens ‘n beroep op VRU bestuur en afrigtingspan om die manne te hou en hulle soveel moontlik speelkans op die hoogste vlak moontlik te gee. Moenie sulke talent in die o/21’s mors nie. Die Curriebeker is belangriker.
Kyk wat het die laaste ruk gebeur met Cheetah rugby omdat spelers te maklik uit hulle kontrakte kon uitkom en daar te min moeite gedoen is om hulle te hou. Kom ons noem ‘n paar: Corniel v Zyl, Willem de Waal, Rory Duncan, Jannie du Plessis. Vergelyk dit met hoe die Bulle tot in die arbeidshof baklei het om Bakkies te hou, dan besef mens hoe agter ons kontrakteringstelsel is. Lojaliteit in profesionele sport is aan eerstens aan jou beursie dan aan jou unie. Die manne gaan nie in Bloem bly omdat die trui die mooiste van al die spanne s’n is of omdat daar minder verkeer as in die groter stede is nie, dit moet vir hulle die moeite werd wees.
Mens spandeer altyd baie tyd aan dit wat op die veld aangaan, en kry nie genoeg kans om jou frustrasie met wat van die veld af aangaan te “vent” nie. Dankie vir die geleentheid en dat ons kan saamstem en verkil maar mekaar steeds kan verdra.
Hi julle, ek verneem dat Richardt of is dit Adriaan Strauss einde v.d seisoen oorsee toe gaan. Selfde klub as CJ. Weet julle dalk iets van dit?
Wil net byvoeg by Jan Plank 17/8. Ek glo dat Os regtig n inpak gemaak het. Ek dink die spelers kyk op na hom, het respek vir hom en is n ikoon vir almal. Dan glo ek nie Naka en Hawies kan regtig daai krediet kry nie, onthou die Leopards is regtig nie in dieselfde liga nie, kom ons wees eerlik. Die regte toetse sal na ronde 1 wees, dan sal ons kan se of hulle iets anders gedoen het.
Maar nog steeds, Os maak n geweldige bydrae.
In terme van Meyer Bosman, ek glo hy’t sy tyd gehad, dit lyk nie of sy motivering meer daar is nie. Verder as waar hy nou is gaan hy ongelukkig nie kom nie, nie eens by n ander provinsie nie. Al wat hy kan doen is om nog oorsee te gaan
Groetnis van n “alleen” Cheetah ondersteuner in Kempton Park
PC, Willem de Waal wou nie terug kom Cheetahs toe nie, hy wil sy rugga afsluit by die WP/Stomers. Willem het Rassie genader om vir hulle te speel. Jannie wil saam met boeta speel dis sy rede vir die skuif na Sharks toe en nou kla hy oor te min speel kans. As ‘n ou nie vir die Cheetahs wil speel nie kan miljoene hom nie in Bloem hou nie.
Ai die ou patetiese WP en Sharks panzies………..Wil tussen hulle 2 spanne die hele springbok groep koop. Wat is die kuns dan? SA Rugby moet tog EENDAG ‘n plan maak. Ek stel voor ‘n reel dat jy vir 4jaar by jou eerste unie moet bly………….dalk belaglike voorstel, maar beter as die oor en weer skuiwery van spelers die hele seisoen deur.
Chris B, ek is jammer ou maat ek gaan met jou verskil oor Corne Uys!…. Hy het glad nie goed in die super 14 gespeel nie.. ek stem wel saam oor Meyer Bosman en die res!! Ek dink ook Hawies is die verkeerde man!! Leen Uys vir die Griffons.. en hou Philip hier .. ek dink hulle moet die ou wat die o/21 afrig die agterlyn afrigter maak !!
HI CC. Ek stry nie of die manne wou bly of nie en is ook nie daarmee gepla nie. Bakkies wou ook nie by die bulle bly nie en Jaque Fourie wil klaarblyklik nie by die leeus bly nie. Daardie unies hou egter voet by stuk, my probleem is hoekom kan VRU nie ook nie. Die feit dat manne so maklik vrygestel word en die feit dat daar altyd ‘n “escape clause” in die kontrakte ingesluit word maak my ongelukkig. As die ou nie sy kontrak wil hernu nie - 100% - dis sy keuse.
Kyk maar hoe moeilik is dit om uit ‘n selfoon kontrak uit te kom. Ek dink bestuur moet dit vir die spelers moeiliker maak om uit kontrakte uit te kom en lekker groot afkoopfooie op kontrakte vra. Ek lees dat Munster vir die WP oor die miljoen moet uitbetaal om Jean de Villiers na die drienasies te kry voor die Heinekenbeker begin anders sal hulle hom hou tot hulle hulle geld kry of sy kontrak verstryk. So iets kan dalk ‘n bietjie stabiliteit in die squad bring, na 2004 t.e.m. 2006 seisoen het ons baie min spelers verloor, toe begin daar weer ‘n uittog en nou moet ons voorbegin.
Miskien is dit naief om so te dink??
PC,
Ek dink die manne se kontrakte word uitgekoop deur wie ook hulle wil hê!! dus maak die provinsie geld daaar uit want hulle word vir meer verkoop was wat die oorspronklike kontrak stippeleer.
Dit gebeur in die sokker wereld ook