Vodacom Vrystaat Cheetah span wat in Potch gaan speel

Hierdie Vrydag vat die Vodacom Vrystaat Cheetahs die nuwelinge in die Absa Curriebeker-kompetisie aan.  Die span wat dit gaan doen is:

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Robert Ebersohn

12.  Corne Uys

11.  Jongi Nokwe

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.  JP Joubert

8.  Francois Uys

7.  Frans Viljoen

6.  Johan Wessels

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaans Strauss (k)

1.  Coenie Oosthuizen

Plaasvervangers:

16.  Richardt Strauss

17.  Jean Botha

18.  Izak van der Westhuizen

19.  Kabamba Floors

20.  Tertius Carse

21.  Louis Strydom

22.  Philip Snyman

Die onder 21 span verskyn ook op die webtuiste onder die onder 21-opsie op die tuisblad.

This entry was posted on Wednesday, August 12th, 2009 at 10:12 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

16 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetah span wat in Potch gaan speel”

  1. Jan Plank Says:

    Sias af van die bank af - totaal uit die groep van 22.

    Philip Snyman ten minste in. Hoop hy kry speel kans en bewys homself!!

    Harde pad wat voor lê!

    Maklik gaan dit nie wees nie en ons moet nie die Luiperds onderskat nie, hulle het die Griekwas opdraende gegee in die skrums.

  2. PC Says:

    Bly om Philip op die bank te sien. Net jammer JW moes plek maak en nie Demas of Corne Uys nie. Hoop maar JW het griep of ‘n besering, andersins is sy uitlating nie geregverdig nie.

    Ons behoort darem steeds die een te wen, veral aangesien Luiperds 4 boonop spelers verloor het aan beserings. Wen is egter nie genoeg nie, ons soek ten minste ‘n 50 punt wenmarge, verkieslik 50-0.

    Sterkte vir Vrydag! Ek sal kom kyk, moet asb nie telleurstel nie.

  3. JJ Says:

    PC, stem volkome saam jou en dis waar die baklei gaan, dat JW Jonker plek moet afstaan omdat Boland spelers wat nie eers hulle sout werd is daar is…..Ek kan ook nie verstaan hoekom Kabamba nie begin nie, hy was skitterend die 2de helfde en dis waar ons omgekeerde besit van hom af gekry het, ek dink hy verdien om te begin.

  4. Gerhard Says:

    ons moet aanhou kla, phillip snyman is minstens al op die bench. ek hoop net hy kry minstens 40 minute. go phillip.

  5. blou bul Says:

    vir aandag hawies…hawies maak jw jonker n heelagter,hy sal julle almal verbaas.Stem saam jj met kabamba.

  6. Chris Says:

    Naka is terug so ons gaan ons gat af sukkel om te wen. Ek wil nie waag om te voorspel nie maar ek dink dat die oorwinning oor die Bulle dieselfde was as wat ons oorwinning oor die Sharks in die S14 was - ek reken ons is in ‘n groef van swak afrigtingskap en ons gaan nie daar uitkom sonder dat afrigters gefire gaan word nie.

  7. Kobus Myburgh Says:

    BV8 - Jou droom het waar geword. Nou hoop ek net jy droom dat Sias en JW en Kabamba beginspan kry, o ja Phillip ook. Droom ook dat Demas deur Zimbabwe gekoop word. Gaan JW Jonker nie dalk ‘n fantastiese heelagter maak nie? Weet net nie of hy kan skop nie, maar dit maak mos nie saak nie, want Demas kan mos alles doen. Snaaks hy skop nie ook pale toe nie. Ek hou baie van JL Potgieter, maar sy skopwerk was die laaste tyd regtig nie konstant nie. (maar wie anders is daar?)

    *Cheetahs, baie geluk en julle verdien die wen vir ‘n slag!*, Maak dit nou net ‘n gewoonte. Laat Naka weer twee oefeninge per week mis en Hawies die hele week se oefeninge.

    Ek moet noem dat ek dink OS DU RANDT WAS DIE GROOT VERSKIL IN HIERDIE OORWINNING - DANKIE OS, JY VERDIEN ‘N HOER POSISIE IN DIE AFRIGTINGSPAN!

    Fanie, lyk my die “bygeloof” is nou gebreek! (hoewel ek moet noem dat dit snaaks was dat ons gewen het juis die dag toe jy alleen saam met ons kom kyk het…???)

  8. blou bul Says:

    jj…daai span lyk goed ,net een probleem.Dit verteenwwordig nie die hele nasie nie.Ek dink jy verstaan,daar is reels my Vrystaat pel.

  9. Kobus van Tonder Says:

    Ek sien .. VS soek groot senters!! Wel jy soek ‘n groot sente wat kan speel !! Corne Uys is wel groot maar glad nie ‘n goeie bal speler nie .. ek dink hy is ‘n bang senter !! Sou eerder Philip in die begin span gesien het !! Ek dink nie Naka is die probleem nie .. want die voorspelers was nie die probleem nie dit is agter!! En ek sien Naka raadpleeg hawies oor span keuse agter.. as ek hy was kies ek my eie span .. want Hawie gaan hom sy job kos !!!

  10. Klippies Says:

    Geluk met julle wen wedstryd verlede week. Ons hoop dat julle hierdie week weer so kan maak. Jacques-Louis Potgieter ek hoop jy vat jou skop skoene saam. Ek weet jy kan dit doen. Jy het dit in jou om al die skoppe oor te skop soos jy bewys het in die wedstryd teen die Stormers. Geniet die westryd ouens en wys die Griekwas wie is baas. JULLE KAN!! JULLE HET DIT BEWYS TEEN DIE BLOU BULLE!!!

  11. JJ Says:

    Blou Bull, ek sal 22 swart spelers in my span kies as ek weet dis 22 swart spelers wat verdien en die job kan doen, want of ‘n swart speler ‘n driee druk of ‘n wit speler die driee druk, die vreugde het geen kleur nie, maar ek hoor jou!!

    Kobus, ek dink persoonlik nie die groot senters gaan die ding doen nie, kom ons wees eerlik, Robert Ebershon is vir my sover nie so dodelik so effektief soos hy verlede jaar was nie, jong verlede jaar was hy giftig en gekook, maar dan moet ons gaan kyk hoekom…. Ek is eerlik nie ‘n groot Fan van Meyer Bosman nie, en ek het sy spel baie gekritiseer maar Meyer is 1 van die min senters wat soos Juan de Villier deur ‘n tackle nogsteeds sy hande deur kry om ‘n pass / off load weg te kry en dis wat R. Eberhon so goed was en dodelik gemaak het. Corne Uys doen dit nie op die oomblik saam met Robert nie. Ons kort senters wat ‘n buite senter deur die gaps kan stuur en dan vleuel toe vir afronding

  12. Meisie Says:

    Sterkte vir julle vir die wedstryd Vrydaagaand. Ons hoop dit is nog ‘n wen wedstryd vir julle.

  13. Hein Says:

    Die van supersport wys eerder die Zim/Bangladesh krieket as wat hul die rugby game wys. die enigste game wat vanaand gespeel word en op 10 kanale kan hul nie plek kry nie

  14. Jan Plank Says:

    Maar eerskomende naweek as die Vlou Vulle teen die Luiperds speel, word dit wel gewys.

    Seker omdat dit in Snor City plaasvind.

    Potch pas seker nie in Supersport se begroting nie of so nie is ons Cheetahs nie belangrik genoeg nie.

  15. Kobus Myburgh Says:

    Lyk my ook nie hulle gaan VS teen Boland wys nie, al wat oor is is die Griffons teen Pumas, dit wys Saterdag op SS5

  16. PC Says:

    Ek het bietjie terug gegaan en gaan kyk, dit lyk my hulle wys net die wedstyde waarin die vier spanne wat bo-aan die log betrokke is. VS en Boland is 6de en 7de daarom wys dit nie.

    Hoop ek raai reg anders is die klomp by Supersport net ‘n klomp slapgatte wat te lui is om te werk.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree