Vodacom Vrystaat Cheetahs spanlys teen WP

Die naweek hardloop die Vodacom Vrystaat Cheetahs teen WP.  Vrydag, 24 Julie, omstreeks 17:30 skop die wedstryd op Nuweland, Kaapstad af.

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Robert Ebersohn

12.  Corne Uys

11.  Lionel Mapoe

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.   Tertius Carse

8.  Francois Uys

7.  Hendro Scholtz

6  Johan Wessels

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers:

16.  Richardt Strauss

17.  Coenie Oosthuizen

18.  Frans Viljoen

19.  Kabamba Floors

20.  JP Joubert

21. Louis Strydom

22.  JW Jonker

This entry was posted on Tuesday, July 21st, 2009 at 3:51 pm and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

47 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetahs spanlys teen WP”

  1. Hein Says:

    Sjoe, lyk my daar is verwarring want volgens my begin die game 19:00

  2. Vrystater sonder hoop Says:

    Die hoop beskaam nie. Net vir die rekord: ek dink Robert E het goed ingepas by die span verlede week - ons sien dalk hierdie Vrydag sy ware kleure.

    En JW Jonker bly een van die mees-onderskatte spelers. Laasjaar met die Valke-wedstryd in Brakpan gesien wat hy kan doen- besonder werksoekend en bedrieglik vinnig.

    Het voorlaasweek gewonder toe Mapoe op die toneel gekom het hoekom die keurders nie weer ‘n haas uit die hoed trek soos sowat 7 jaar gelede met Friedrich Lombard nie. Het ‘n totale onbekende faktor nodig, soos lg of in onlangse tye, die man wat 2 keer gedruk het vir die bulle tn wp - Gerhard van den Heever. Verrassings-element.

  3. Wharren Says:

    Ek sal seker maak ek het iets om Vrydag te doen wat my sal weghou van die rugby of TV af. Wil dit nie meer sien nie.

  4. Jaco Grobbelaar Says:

    En ons gaan weer ons gatte sien. Ek was Saterdag op Coca Cola Park en dit was baie sad.
    Ons kort nuwe afrigters en a kaptein. Toe ons nou 19 / 0 voor was was daar glad nie kapteinskap op die veld gewees om die ouens by mekaar te hoe nie. Halftyd het die Cheetahs op die veld gebly en wat ek nie kan verstaan nie is dat hulle nie saam n groepie maak nie. Die voorspeelers was apart en die agter speelers was apart. Naka by voor en Hawies by agter. So hoe weet die voor wat die agter gaan doen en agter wat voor gaan doen. Daar was geen planne in die 2de helfte nie so ek sê weer swak afrigting en kaptein skap.

  5. Henk Says:

    Stem saam met R Ebersohn op 13 en Nokwe is te lui om in span te wees spoed of te nie.

    Sterkte aan span.

  6. Norman duPlooy Says:

    Wen asb net die WP, Ek sien nie kans vir spul arrogante WP ondersteuners Maandag nie.

  7. Chris B Says:

    Stem saam oor Nokwe, maar dit verklaar nie juis hoekom hy so maklik plek verloor, terwyl Demas sy plek lankal moes verloor het nie ? Met die spoed van vleuels soos Nokwe en Demas behoort ons baie meer 3′e te druk, maar ons ploeter voort met ‘n agterlyn afrigter wat op geen manier kan uitwerk hoe om balle gereeld by sy vleuels te kry nie.

  8. Blitz Says:

    Demas………….nee wat , wil nie kyk nie.

  9. JJ Says:

    Michael my span: 15 Lionel Cronje 14 JW Jonker 13 Robert 12 Uys 11 Mapoe 10 Strydom
    9 Carse 8 Uys 7 Frans Viljoen 6 Kabamba 5 Breedt 4 De Villiers 3 Coenie Oosthuisen 2 A Stauss (kapt) 1. Wian

  10. YORK Says:

    my span15 Gysie Pienaar 14 jw jonker 13 joggie jansen 12 robert 11 germishyus 10 de wet ras
    9 wolmerans 8 sonnekus kaptein 7 eben jansen 6 net soos bogenoemde.die ouens sal dit beter doen

  11. Johan Says:

    Stem saam Jaco. Hoekom jy jou kaptein af haal vir die 2de helfte sal ons nie weet nie, maar miskien
    doen ons dit om te meer ongeorganiseerd voor te kom en om te verloor. Is daar nie beter heelagters in Bloem nie? Weet die spelers ook nie meer hoe om ‘n grond skoppie te gee nie in plaas daarvan om die bal aanmekaar in die opponente se hande te skop?

  12. Norman duPlooy Says:

    Onlangs was dit in die nuus dat die Cheetahs vir Jongi behou het, terwyl daar gevaar was dat ons hom “nie kon bekostig nie”. Nou word hy uit die span gelaat? en hy is nie eens op die bench nie! Hoe werk dit? Het hulle dan onnodig moeite gedoen om hom te behou?

    Wat is die storie met Sias? Blykbaar is hy en Robert so gesog op ander provinsies se inkopielyste, maar hy feature nie eens op die Cheethas se bench nie. Hy het blykbaar goed gedoen vir die jongbokkies. Ek het niks teen Jacques-Louis en Louis nie, maar miskien moet ons kyk na ons jongelinge voor hulle verlore raak vir die Cheetahs soos Frans Steyn en kie.

  13. Jaco Grobbelaar Says:

    Ja Johan ek het in my lewe nog nooit die vrystaat so swak gesien onder die hoë bal nie

  14. Hein Says:

    Ek persoonlik dink francois uys is een van die swakste spelers in die span, hy is lomp en stadig en nêrens. So ook C Uys hy is vrot. Ek dink ook ons slotte was lanklaas so swak.

  15. FJ Muller Says:

    15 wedstryde - 2 gewen - 13 verloor die jaar, dit spreek boekdele Naka, dink dus tyd dat jy die pad vat

    Kry vir Chean Roux van die maties, 2 varsity cups in die sakkie en kan ook baie goeie matie talent na Bloem toe bring.

    Wat van Lionel Cronje en Sias Ebershon 2 Sa 0/21 losskakels maar ons gebruik hul nie, nou gaan kry ons vir Louis Strydom, gun wonder goeie talent verlaat die vrystaat nie want hul kry nooit kans nie.

    My Span:

    15 - Danieler
    14 - Mapoe/Juries
    13 - Jonker
    12 - Ebershon R
    11 - Nokwe
    10 - Cronje / Ebershon S
    9 - Carse
    8 - Ashley Johnson
    7 - Scoltz
    6 - Floors
    5 - Breedt
    4 - De Villiers
    3 - Oosthuizen
    2 - Strauss
    1 - Du Preez

    Kry jou gat in rat Naka asb, jul nou ‘n verleentheid

  16. moedeloos Says:

    gatvol is nie meer die woord nie in al my jare het die vrystaat nooit so swak agterlyn
    gehad nie ek wil ook graag weet hoekom as ons besig is om n span te bou word sias en kie uitgelos
    kyk toe gysie hulle destyds afgerig het was hulle nie bang om jong ouens soos jannie debeer
    brenden venter pieter muller henry ens ens in die span te bring teen groot unies nie
    hoe werk dit nou n bolander vir backline coach 80% van die backs is bolanders n bul loskakel wat nie agter n pak voorspelers wat nie voorentoe beweeg kan speel nie en n heelagter so groot sooos n slot wat te bang is om met die bal te hardloop ek sal eerder verloor met 80% onder 21 as wat ek nou verloor met ander provinsies se hasbeens

    ps gaan heelwaarskynlik teen de waal verloor vrydag

  17. Koos van Dyk Says:

    Agge nee Vrystaat hoe kan ons julle ondersteun!!!
    Sedert 2007 nadat julle die curriecup gewen het sukkel julle net.
    In die Super 14 kon julle in die laaste 2 jaar net die sharks wen.
    Dit is 1 uit 8
    Laasjaar in die Curriebeker verloor julle 3 keer teen die Bulle.
    kon nie eers die WP wen wat nie eens gekwalifiseer het nie. gelukkig het julle nog die sharks se nommer maar dit ook net as hulle sonder die bokke is.
    Wen die leeus 2 keer maar verloor vanjaar. Na al hulle teespoed
    Dit is 3 uit 9 teen die groot spanne.
    Is die rekord nie goed genoeg om Naka te “fire” nie.
    Wen net Saterdag die WP maar “fire” vir Naka.

  18. JJ Says:

    Ek lees in die koerant dat Harold ons (die ondersteuners) waarsku oor die lee sitplekke en as ons nie die paviljoen volgaan maak nie, dat dit die laaste drie nasie aanbieding sal wees. Kry jou huis in orde Harold, ons waarsku jou om ontslae te raak van Naka en Kie, anders gaan jy in hierdie jaar baie meer lee sitplekke sien op Vodacompark.

  19. Michael Cooper Says:

    JJ..

    Ek stem saam met Adriaan as kaptein.. Nog een van die min spelers wat lyk of hy met sy hele hart vir die trui speel. Sit sy lyf met elke run op die lyn.. Was baie beindruk, weereens met Robert se defence.. Hyt weer groot manne terug getackle. Weet nie waar hul kom dat hy te klein is nie. Lyk my ons het vergeet dat die size van jo hart belangriker is as die size van jo muscles!

  20. Chris Says:

    Ek het ook nie kaartjies gekoop vir die toets nie omdat die VRU van Naka ontslae moet raak.

  21. Norman duPlooy Says:

    JJ, Goed gestel. Miskien is dit tyd dat Harold ook plek maak vir iemand anders. Siende dat ons nou in kwansuise “herbou” periode is

  22. Phillip Says:

    ek het 4 kaartjies vir vanaand op nuweland van die hand gewys want om ons op TV so sleg te sien ontstel n mens vir n hele naweek wat nog van R200 se petrol geld te spandeer net om nog n vernedering by te woon en om te dink in Peet, Rassie en Willem se tyd het ons baklei om goeie kaartjies te kry so verander als seker maar. Hoop maar ons almal is verkeerd oor Naka en hy draai als om want Herold gaan hom nie laat gaan nie ons moet dit maar aanvaar.

  23. Hein Says:

    Hi mense: gee julle voorspelling vir vanaand se game asb. ek dink 48 - 3 vir die Gay pride parade wenners WP…….

  24. Henk Says:

    Haai, ek moet se ek voel partykeer ook maar om nie te se ek ondersteun cheetahs nie.
    Die curriebelker log op die site was laasweek nog met 2008 se data en is nou nog nie reg nie.
    Dit wys maar net dat management ‘n probleem is.
    Wil nie net een van ‘n spul galbrakers wees nie. Maar hierdie is die soort company wat mense probeer deelmaak en moet dan kan vat as die mense wat identifiseer met hulle nie gelukkig is nie.
    Dit sal dalk goed wees as die bestuur ook op die blogs reageer.

  25. Hein Says:

    Ek het al 4 keer emails na hulle toe gestuur en gevra wat gaan aan en of hul van plan is om iets te doen , maar raai wat - GEEN reaksie.

  26. york Says:

    nee wat ouens julle almal hierbo kla te veel.Dis nie vrystaat wat swak speel nie dis dit is n gekombineerde boland/valke cheatahs span wat speel.Ons sal na naka era weer n vrystaat span he.

  27. Hein Says:

    absoluut briljant gespeel!!! fantasties!! die agterlyn is so gevaarlik en almal is ongelooflik briljant!!!1 Fantasties!!!!! Ongelooflik!!!1 Die beste!!!!! onverbeterlik!!!!!!!

  28. Andre Says:

    VS rugby in die modder danksy swak spelers, verbeelding lose afrigters en die swakste bestuur in die wereld.
    Kan die Cheethas nog swaker? verseker Naka, Os en Hawies gaan swak afrigting ,n nuwe betekenis gee!!!

  29. Chris Says:

    Wel wat kan ‘n mens sê?

    Ons het ons 3de agtereenvolgende wedstryd so pas teen WP verloor. En ek voel dat dit in ons (die ondersteuners) se hande lê om dadelik daadwerklike aksie teen Naka, Hawies, Vester te neem.

    Enige voorstelle is welkom. Weet iemand dalk waar Naka Bly?

  30. Koos van Dyk Says:

    Naka kyk wat gebeur met die unie
    Hierdie een moes ons gewen het
    Jy is besig om die hele unie die verloor kultuur aan te leer
    WP u/16 17- OVS 14
    WP u/19 19 - OVS 17
    WP u/21 10 - OVS 6
    WP 19 - OVS 13

  31. Erlo Says:

    Nog ‘n verloor. Ek is al so gewoont daaraan ek word nie meer kwaad.
    Skilpad Danniler - te stadig, meeste van die tyd uit posisie, en sy kastige kanon voet skop nie uit nie, wat gely het tot ‘n WP drie.
    Losskakel is planloos vrek stadig. On enigste backline move is die forwards wat in die lyn staan en dan crash ball.
    Sit die ondre 21 losskakel en heelagter in, ons kan net verbeter want ten minste het ons dan ‘n verrassings element, op die oomblik weet ons teenstander hoe om te verdedig.
    Hawies en Naka is nie die regte ouens nie, fire hulle asseblief!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  32. Blikoor in Pta Says:

    Henk, die probleem is dat met die huidige websitte se blog-stelsel die kommentaar nie altyd op die blog geplaas word nie. (comment awaiting moderation). As ondersteuners is ons rerig bekommerd, soos jy tereg se. Maar dit word nie aangespreek nie.

    Wat gisteraand betref, was dit so duidelik soos daglig dat die geheim van hedendaagse rugby ‘n dinamiese skakelpaar is. Toe JP Joubert opkom, was dit ‘n ander storie. Geen wonder dat die Bulle hom aanvanklik gekontrakteer het nie. Ek hoop net hy is in die beginspan @ die Sharks.

    Vir 65 minute het die Cheetahs planloos en besluiteloos voorgekom. Waarom in die laaste 15 minute probeer om die wedstryd te wen? Met die spelpeil van die laaste 15 minute sou hulle al hulle vorige wedstryde gewen het.

    My beskeie opinie na die derde verloorslag:
    Wian = sonder gelyke
    A Strauss en R Strauss = groot talent, speel uitstekend
    WP Nel en Coenie = groot talent, speel uitstekend
    Nico B = steeds ‘n krag
    Dawid de V = speel week in en week uit uitstekend
    Scholtz = sonder inspirasie
    F Uys = nie op vorm nie
    Wessels = wenner
    Joubert = wenner
    Mapoe = wenner
    Daniller = beter wedstryd
    C Uys = bitter gemiddeld
    Ebersohn = wenner
    Demas = misterie
    Carse = mooi probeer
    Potgieter = nie op vorm nie

    Hoekom Frans Viljoen spaar? Dalk om Jean Deysel hierdie naweek aan te vat? Ek verdomp hoop so!

    My keuse vir die komende naweek:
    1. Wian - kies homself
    2. A Strauss - kies homself
    3. WP Nel - kies homself
    4. Frans Viljoen - ekstra woema in enjinkamer
    5. Dawid de V - spesialis-springer
    6. Wessels - beste fetcher naas Heinrich
    7. Breedt - krag agter stutte. Sharks het bulle stukkend geskrum
    8. Ashley Johnson - onbekende faktor, goed as fetcher en verdediger
    9. JP Joubert - kies homself na 15 minute se speeltyd - beste wat ons het.
    10. Potgieter - nog altyd die Sharks se tier. Spelpeil onmiddellik beter na JP opgesit is
    11. Mapoe - uitstekend om die hoge balle te cover, vinnig en verdedig goed
    12. R Ebersohn - kies homself
    13. Philip Snyman - ken Robert goed, kan nie sien dat C Uys sy plek gaan herwin na gisteraand se aborsie nie
    14. Nokwe - het spoed nodig. Die goeie balle gaan Sat uitkom met bogenoemde en dan het jy iemand nodig om oudergewoonte om die Ndungane-sussies te hardloop
    15. Daniller/S Ebersohn - skoppe goed, hoge balle goed. lg ten minste as ‘n sub asb!

  33. Piet Says:

    Hris ek wens ek het geweet wat om te doen om reaksie uit hulle te kry. Verster is te arrogant om te reageer. Hy is op sy eie onaantasbare troonjie. Hulle hele bestuurstyl stink.

    Kom ons vat die Britse Leeu/Cheetah wedstryd. Hordes kaartjies is verniet weggegee net om mense daar te kry. As hulle eerder vir die skole in die Vrystaat gebel het en die kaartjies vir R30 of R50 aangebied het was daar nog meer mense en hulle het geld ingekry en vir hordes skoolkinders die geleentheid gegee om die wedstryd te kon kyk.

    Maar nee hulle deel die kaartjies in kroee uit

  34. Koos van Dyk Says:

    Naka ek sien jy sê in Die Volksblad dat alles nog nie verby is nie as gevolg van die loting.
    Want die toernooi is nog lank. Ek het nuus vir jou, as ons die Semi finaal wil maak het ons nog net 3 verlore oor dan is dit te laat.
    laasjaar het die WP met 6 verlore dit nie gemaak nie.
    Hoe gemaak? Het die afgelope 2 jaar elke keer teen die Vrystaat verloor. Selfde met die Bulle en dan bly natal ook nog oor.
    Hoop julle beplan om Boland en die Luiperds darem te wen

  35. Anti NAKA HAWIES VERSTER Says:

    Die drie “Musketeers” is te hand op die blaas met mekaar, jullle sal hul nie weg gegaag kry nie.
    Hierdie drie sal afgaan in die geskiedenis as die drie swakste en dikvelliges ooit. Nee wat ek ondersteun nou n ander span. Dis nogal anders want hul wen !! Hoera vir wenners !!

  36. Blitz Says:

    Wel gedaan !!! Uitstekende wedstryd !!!
    Naka , jy en Hawies het nuwe hoogtes bereik met die span.
    Hou so aan.
    Harold Verster , “great” , hou van jou dreugement teen ons , die ondersteuners (Sien geld).

    Hierdie is werklik ‘n nuwe fase in VS Rugby…….

    FAIL-FAIL-FAIL

  37. Jan Says:

    Een van die baie dinge wat Vrydag opvallend was is die gebruik van diep afskoppe wat telkens deur de Waal tot binne ons eie gebied teruggeskop was. Ek dink diep inskoppe is 75% van die tyd n absoluut nuttelose taktiek maar teen de Waal weet almal dis selfmoord- behalwe die Cheetahs- hulle hou aanhoudend diep inskop en elke slag jaag de Waal hulle met rente terug. Die cheetahs het slegs in die laaste 15 minute probeer rugby speel- of was dit dalk dat sommige plaasvervangers eintlik in die beginspan moes wees. Beide die senior span en die o/21 span het nie gelyk of hulle lus is vir speel nie, ek hoop iemand daar in Bloem skrik wakker want so kan dit wragtig nie aangaan nie.

  38. Bert Says:

    naka is seker n nice ou. lekker om n braaivleisvuur. blerrie goeie speler. man of the match op die gelukkigste dag van my lewe so ver (die 2005 finaal) seker nie n bad coach nie. het tog n curriebeker gewen. maar die tyd het dalk gekom vir iemand nuut. vars idees. n ander benadering. voor dit te laat is en die seisoen nie meer gered kan word nie.

  39. Moeggehuil Says:

    Interesant…Ek lees op ‘n ou website dat Naka ‘n kontrak tot einde 2008 gekry het….LOL. So hulle het na ‘n swak 2008 weer vir hom ‘n nuwe kontrak gegee….

    En nog een:
    As jy dan by 2008 begin:
    Cheetahs Wen - Gespeel
    Super 14 2008: 1 - 13
    Curriecup2008: 9 - 14
    Super 14 2008: 2 - 13
    Britse Leeus: 0 - 1
    Curriecup2008: 0 - 3
    DWS Cheetas wen 12 uit 44…. dis 27% sover…

    Hoe langer daar gewag word hoe slegter gaan dit gaan….

    Ek sidder om te dink dat VRU soos die Oos-kaap moet verval…. (
    Hulle het ook al die Curriecup gewen)

    Kan ons nie by die leeus hoor hoe mens te werk gaan om van jou coach en CEO ontslae te raak nie? Hulle het dit gedoen en lyk stukke beter….

  40. Chris Says:

    Dit is ‘n joke. Naka gee al weer net verskonings en hy verwag dat ons dit moet vat!

    Net om weer vir julle te sê wat Naka Drotske al in die Super 14 blameer het -

    1) Naka het die skeidsregters blameer.
    2) Hy het die hulpskeidsregters en die lynregters blameer.
    3) Hy het die TV skeidsregters blameer.
    4) Hy het die hop van die bal blameer.
    5) Drotské het die indeling van die Super 14 blameer.
    6) Hy het die toerbeplanning van die Super 14 blameer.

    Nou tydens die Curriebeker begin Naka weer met verskonings.

    Hy begin nou al weer met die storie van die loting. En hy kry uit ekle wedstryd uit iet om oor posetief te wees!!!

    EK haal ook net ‘n paar belaglike goed aan wat hy nou al weer kwytraak om ons te laat dink dat alles OK is.

    “Die reeks is egter lank en alles nog nie heeltemal vir die Vodacom Vrystaat-Cheetahs verlore nie” (Naka word wakker - alles is vir die VS verlore - Ek dink net jy moet ook verlore raak)

    “Ná drie nederlae is die Vrystaters steeds op soek na hul eerste oorwinning, maar ’n verbetering in spelpeil is daar beslis en ’n oorwinning is dalk net so ver as hierdie Vrydag se kragmeting teen die Haaie in Bloemfontein” (wishful thinking - al wen jy gaan jy nie meer lank afrig nie)

    “Die Blikore het Vrydagaand op Nuweland, soos in die eerste helfte teen die Goue Leeus, soos ’n span gelyk wat nie nou al sy kop in skaamte hoef te laat sak nie” (Naka jy lyk soos ‘n ou wat sy kop in skaamte moet laat sak maar jy is te dom om dit agter te kom)

    “Ons probleem was nie die laaste wedstryd teen die WP nie, maar eerder ons tuisnederlaag teen Griekwas en die nederlaag teen die Leeus nadat ons met 19-0 voor was” (Verskonings verskonings)

    Die van julle wat wil kan maar die berig self lees en sê wat vir julle ook balaglik is.

  41. JJ Says:

    Kerels, kom ons kyk en redeneer soos Naka/Hawies dinge sien en sou gese het as hulle nou moes geblog het. Ons vorder die span toon ‘n opwaartse kurwe, ons is amper daar by ons doelwit, en dit is om ‘n wedstryd te wen. Teen die Griekwas was ons oorweldig, uitoorle het nie geweet wat ons moet doen nie. Teen die Leeus het ons vordering gemaak, ons was 19 - 0 voorgewees, beter as teen die Griekwas, maar ons was ons eie vyand gewees. Teen die W.P het ons 1 bonus punt verdien, waar ons geen punte in die ander 2 games gekry het nie, so ons beweeg in die regte rigting. Ons game plan teen die Sharks gaan wees om 2 bonus punte te kry, 1 vir 4 driee en om minder as 7 te verloor, en ons mikpunt is om ‘n wen teen die Bulle te kry, 4 punte en wanneer ons die Luiperds die volgende saterdag speel gaan ons nie net wen nie, maar ‘n 5 punte in die sakke kry. So ons moet net geduldig wag die gameplan en die doelwitte is daar ons is nog op die regte pad.

  42. Jan Plank Says:

    Mense ons moet net vasbyt.

    Soos JJ sê met die game teen die Sharks kry ons nog twee punte, dan het ons net soveel punte soos ‘n samoosa:- Dws 3.

    Hierdie is bedoel om sarkasties vermakerig te wees of as jy dan wil vermakerig sarkasties!

  43. Norman duPlooy Says:

    Hiers ‘n ou grappie… Ek hoor hulle gaan die doodstraf uiteindelik terugbring, maar hulle gaan nie die skelms hang nie. Hulle moet vrystaat rugbytruie aantrek en dan skaam hul hulself dood. Die skelms kan selfs kies; S14 of CC en oranje of wit. Klink vir my “cruel an unusual punishment”.

  44. PC Says:

    JJ(41). Ek verstaan wat jy bedoel. Ongelukkig kan geen regdenkende mens met so ‘n redenasie saamstem nie. Maar, aangesien dit reeds oor die laaste aantal westryde duidelik geword het dat niemand in die bestuur van Vrystaat rugby of enigiemand in die senior afrigting span regdenkend is nie maak dit 100% sin. Dis net jammer die ding begin nou aan die spelers afsmeer, wag tot Juan Smith terug is van die bokke af en weer sy kapteinskap opeis dan sien jy hoe duik die span se dinamika nog verder, tot op die vlak waarvoor Naka-hulle mik.

    Ek het al begin wonder of Rassie nie dalk vir naka betaal om aan te jaag nie. As die Naka die Vrystaat al swakker en swakker maak gaan dit mos vir Rassie maklikker raak om spelers oor te trek WP toe. Hoes daai vir ‘n samesweringsteorie?

  45. Spikkels Says:

    “Ek het al begin wonder of Rassie nie dalk vir naka betaal om aan te jaag nie. As die Naka die Vrystaat al swakker en swakker maak gaan dit mos vir Rassie maklikker raak om spelers oor te trek WP toe. Hoes daai vir ‘n samesweringsteorie?”

    PC - Jy laat n man wonder …………

    Ek persoonlik dink dat Harold, Naka & Hawies baie bekommerd is oor daai bonuspunt wat ons gekry het teen WeerProbeer.
    Waar, o waar kon hulle dan tog verkeerd gegaan het? Hulle probeer dan sooo hard om Vrystaat rugby te kelder!

  46. Koos van Dyk Says:

    Natal kon sedert 2003 nog nie die Vrystaat op die Vrystaat stadium wen nie.
    Hou dit so asseblief

  47. Johan Wiggill Says:

    Ek hoop daar is plan om VS weer op wenpad te plaas. Doen dit net. VS nie swakker as enige ander span nie. Speel vir daai wit trui en die ondersteuners. Al wat ons wil sien is ‘n Cheetah trui oor die doellyn. Doen dit met die spelers beskikbaar.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree