Beste ondersteuners
Die o/21-seisoen is om die draai. Ons skop die 18de Julie teen die Leeus af op Coca Cola Park. Ons as bestuurspan sien regtig baie uit na die seisoen wat voorle.
Die jaar is ‘n dubbel rondte en dit plaas baie druk op die diepte van die groep, maar meer druk op die manier hoe ons die seisoen benader. Ons het regtig kwaliteit spelers, wat hopelik hulle stempels in Vrystaat Rugby nog kan afdruk.
Ons doelwit vir die seisoen is om mekaar trots te maak en ‘n span kultuur te skep waar elkeen homself kan uitleef. Dis vir ons as Bestuurspan en spelers ‘n groot voorreg om deel te wees van die Cheetah Familie.
Ons speel die 10de Julie ‘n opwarmings wedstyd teen mekaar en dit dien as ‘n wedstryd om ons kombinasies te toets en te kyk hoe weeg sekere spelers op teen mekaar.
Ons gaan die die naweek se wedstryd die groep van 45 na 32 spelers sny. Spelers soos PW van Vuurren , Roche vd Westhuizen,Walti Vermeulen, Wilken Heyns, Chris Dry,Barry Landman, Marlin Ruiters, Divan van Zyl, Sias Ebersohn, Wayne Stevens en Raun Jacobs het oor gebly van laas jaar se span wat in die finaal verloor het.
Dan is Robert Ebersohn, Lionel Mapoe, Coenie Oosthuizen en Johan Wessels nog o/21 maar doen diens by ons Currie Beker span. Dit sou regtig great gewees het as ons hulle kon gebruik het met ons kompetisie, maar terselfde tyd is ons bly vir hulle part. Ons weet hulle gaan die ou harde baarde manne op hulle neuse laat kyk.
Ons as ‘n Afrigtingspan is regtig bevoorreg om die geleentheid te he om met so ‘n begaafde groep te werk. Ons mag dalk nie die grootste name he op o/21 vlak nie maar ek wil afsluit met ‘n gesegde:
“Individually we are one drop, but together we are an ocean”
Ons missie is om elke wedstryd te sien as ‘n finaal, en week vir week te benader. Daar is ongelooflike goeie spanne in ons kompetisie en daar is geen maklik wedstryd nie.
Ons hoop om ons Cheetah Familie trots te maak.
Groete
Pine Pienaar
Afrigter van Vrystaat onder/21 span

Pine, moet se op die oomlik is jy en jou onder/21 span ons enigste lig, hoop en glo dit sal goed gaan met julle.
Sterkte vir die jaar.
Ek weet julle sal ons trots maak.
Is Mapoe nie beskikbaar die naweek nie
Hi Pine..
Het gekyk na die vs cravenweek span.. Verstaan dat lindeque en venter klaar deur die bulle en sharks respektelik geteken het. Het nou nie vir venter in aksie gesien nie mar onthou hom van verlede jaar mar lindeque lyk groot en sterk. Verstaan ook dat ons vir kolisi van OP geteken het wat baie goed lyk.
Alhoewel, die twee manne wat my die meeste beindruk het was die skrumskakel - Rademan en die heelagter - Brits. Altwee wat gemaklik in die SA o18 moet inloop. Het ons al vir hierdie twee kontrakte ‘geoffer’? En as ons het, vir hoe lank? Die selfde met kolisi..
Hoekom ek vra, is dat ons sien ver te veel dat ons spelers opbou basies vir ander provinsies.. Ek verstaan dat niemand ‘n 5jaar kontrak sal teken nie mar wat is die uitweg hiervoor?
Sterke met die kompetisie manne, ons staan rotsvas agter julle!
Sterkte Pine. Ek glo dit sal goedgaan met julle. Speel met trots in daai wit trui
Sal Mapoe dan vir die 0/21 span uitdraf, aangesien die senior span hom nie gaan gebruik nie?
Sterkte vir die seisoen, gaan deur na die finaal en ons hoop dit is nie weer ‘n swak beslissing van die skeidsregter wat julle die finaal sal kos, soos verlede jaar nie.
Jip, ek moet se - ek was beindruk met die nr 7 flank by Cravenweek, ek dink Jean Cook, en die Brits heelagter . Hy kan ons oplossing wees op heelagter. Tans het ons GEEN heelagter in die hele squad nie. Ek moet seker dan die Britz borers gelukwens. Het hul 4 of 5 Vrystaatspelers opgelewer? Dis moet verseker ‘n rekord vir ENIGE rugbyspan wees wat op die vlak speel. Weet iemand. Danaan seinoir vryssta span: kyk bietjie watse mooi rugby die curriebekr ouens speel. Is daar enige rede hoekom jul nie ok so kan speel nie??
Jammer - swak speling ens. Ek men kyk na die rugby wat die cravenwek span speel. Hoekom word hul afrigter nie die Cheetah span se senior afrigter nie?? Hys goed.
drotske - vat jou uselees, afrihting en VOERSTEK!!!!!!!!!!~ Voertsek!!!!!!! Voersek!!!! voertsek!!!!!!! Jy is plain hopeloos!!!! useless!!!! Aaan al die spelers: gaan sluit hjul by ander unsies aan. aan al die ondersteiuners: boiket hierdie klomp useless sleg afrigtingspan. Aan vrystaat rugby unie: sluit maar liewers julle deure, jul steek ons in die skande!!!!! Dankie tog ons is net LAASTE op die log, ons is gelukkig om 0 punte op die log te he, terwyl geen springbokke nog speel nie. Aan SA rugby: stuur die cheetahs B-afdeling toe. Ek is nou gatvol vol jule!!!!
Sterkte oom Pine.
Hoekom word jy nie die senior span se afrigter nie ?
Sal nie stadion toe gaan terwyl Naka Senekal die afrigter is nie !!!!
KOVSIE groete
Hallo Pine. Ek wil net weet of jy miskien vir ons kan se wat aangaan daar by Shimlas. Kovies se voorste rugbyspan speel h oepoos te swak die afgelope 5 jaar - kan iemand hul nie bietjie regruk nie?….. of is dit maar net “wishful thinking” soos met die Cheetahs san die geval is?
Hein..
Jy het my nou eens en veraltyd bewys dat jy hopeloos niks weet van rugby af nie. Die cheetahs was by ver di beste span op die veld. So in my opinie was die afrigter se werk gedoen. Hy kan net di manne voorberei en dan moet hulle die res van die werk doen..
En net vi jo opinie, die onder 21 span was net so ver die beste span op die veld en hulle het ook verloor.. So as jy so redeneur, is Pine ook ni die antwoord nie. Mar soos ek se, dit is nie di coach se werk om di ouens op di veld an die gang te hou nie..
Gn skree jy mar vi iemand anders.. EK BLY NET HIER! Leke boykot hoor…
Wat my verstand te bowe gaan is dat goeie spelers soos Blom, Juries en Ashley Johnson gekontrakteer word en dan uitgeleen, terwyl ons hopelose spelers soos C Uys, francois Uys ,David de Villiers koop……………………ek is seker maat net te dom om die plan agter dit alles te sien. Volgens my is Adriaan Straus (behalwe ons 2 bokke) en die twee stutte (Nel en Du Preez) al wie hul sout werd is. Ons le laaste met geen punte nie, en moet nog die Bulle, WP en Sharks speel uit 5 games uit……………..Dis nag!!!!! Nog ‘n punt - die super 14 span moet van nou af uit 80 persent Griekwas bestaan want hul WIL speel en hul verdien dit.
hi pine
Sterte vir die seisoen ons hoop dit gaan goed gaan.Op senior vlak tertius carse neem te lank om die bal weg te kry,wat ek meen is dat hy n dubbel step gee voor hy die bal uit gee nes ricky january.dit plaas onmiddelik druk op die losskakel en die ou ding van hou n vinnige bal vinnig is daarmee heen.Jac-lous sal die voordeel lyn moet begin aanval met akkuraatheid anders is hy voorspelbaar soos die laaste paar wedstryde,daar word te veel klem gele op taktiese skopwerk en te min op aanval.Vrystaat het saterdag met hoe taktiese skoppe op earl rose en dan twee lang vleuels van vrystaat om hom onder druk te plaas oordoen en dit het geen vrugte afgewerp nie.
Frans viljoen is n speler wat die voordeel lyn aanval maar is nie in die beginspan nie.Daar is wel probeer op danniler meer in spel te bring maar dit van n bal wat stadig deur karse uit kom dan is die verrassings aanval daarmee heen.
Vrystaat moet die basiese dinge re doen en dit sal vrugte afwerp.Dit is wat grey doen en daar is sukses.Hier in engeland op sky tv is vrystaat op die ommblik die grap van sa rugby.
Michael Cooper jy kan nie vir Hein kritiseer as hy kwaad is vir Drotské nie. Dit is totaal Drotské se skuld want hy het ons vanaf ‘n wenspan verander in ‘n verloorspan. Terloops - as Vrystaat die beste span op die veld was sou ons gewen het. Dit laat my nogal wonder hoeveel jy van rugby af weet.
Rustig, menere. ek was net na die game erg omgekrap en ek was bietjie kras, so weereens sorry. dis net dat as mens so ‘n fanatiese supporter is dan vat mens swak spel van jou span baie erger….ek dink dis hoekom ons so bohaai maak, want ons haat dit as vrystaat vrot speel. Veral so vrot soos nou. Ons gee hul nog een laaste kans. as vrystaat na die eerste rondte nie onder die top 4 is nie, dan skryf ons almal ELKE dag ‘n brief, totdat hul iets omtrent die saak doen.