Hierdie Vodacom Vrystaat Cheetah span hardloop uit teen die Leeus

Saterdag, 18 Julie omstreeks 15:00 hardloop die Vodacom Vrystaat Cheetahs uit teen die Leeus op Coca Cola Park in Johannesburg.

Die span lyk soos volg:

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Corne Uys

12. Robert Ebersohn

11.  Jongi Nokwe

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.  Tertius Carse

8.  Francois Uys

7.  Hendro Scholtz (k)

6.  Johann Wessels

5.  David de Villiers

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers:

16.  Richardt Strauss

17.  Coenie Oosthuizen

18.  Frans Viljoen

19.  Kabamba Floors

20.  Gerrie Odendaal

21.  Lionel Cronje

22.  JW Jonker

This entry was posted on Thursday, July 16th, 2009 at 9:43 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

46 Responses to “Hierdie Vodacom Vrystaat Cheetah span hardloop uit teen die Leeus”

  1. Chris Says:

    Soos jul behoort te weet gaan julle swak vaar omdat julle deur ‘n pateet afgerig word.
    Die hele afrigtingspan moet ontbind word voodat daar ‘n posetiewe verandering in die Vrystaat se spel gesien sal word.

  2. Jaco Grobbelaar Says:

    Ek my vrou en my Ma en Pa gaan Coca Cola Park toe. Ek hoop net ons speel beeter as laas Vrydag.
    Ek dink ek moet my ketty en a paar albasters saam vat en die ouens skiet as hulle stront aanjaag op die veld. Kom aan ouens dit maak ons harte seer want ons weet julle kan beeter speel as wat julle nou doen.

  3. JJ Says:

    Ek bly om Ebersohn te sien in die beginspan…..dankie ou (Meyer Bosman) Gaan wys jou staal Robert. Nr 15 en 14 siestog Hawies……? Jaco Grobbelaar terwyl jy jou ketty saamvat, korrel eerste vir NAKA / HAWIE….en as die vrystaat weer in Bloem speel reel ek ‘n kaalholler, sommer ‘n fris perd wat Demas uitsort vir die res van die seisoen, miskien sien ons JW Jonker in die beginspan

  4. Spikkels Says:

    Span lyk nie te sleg nie. Dankie tog Robert is daar.

    Nou .. as n ou aanjaag relegeer hom Shimlas toe tot hy bewys hy wil weer rugby speel.

    Nou net om te sien of Hawies en Naka hulle aandag terug het by die span.

  5. Hein Says:

    Kies Mapoe op regtervleuel saam met Nokwe…..

  6. Piet Says:

    Chris jy vat die woorde uit my mond uit. Kom ons hoop die spelers wys “guts” en speel met trots. Hulle het dit in hulle om baie goed te doen die jaar as die manne agter hulle, lees bestuur en afrigtingspan, tog net wil bykom

  7. Andrew Says:

    Watch vir Tertius Carse. Hy gaan n groot verskil maak.Hy is een van die mees underrated scrummies in S.A. rugby.

  8. Jan Plank Says:

    Hein stem saam met jou!

    Andrew ek weet darem nie, toe Carse verlede week teen GWK opgekom het, was ons nog 18-7 voor. Ek wil nie daarmee sê dat hy die (enigste) rede is dat ons verloor het nie.

    Alhoewel Gerrie nie ‘n skaduwee is van die speler wat hy by die Valke was nie, rate ek hom nog steeds bo Carse. Carse was baie besluiteloos.

  9. Hein Says:

    Moet francois uys in die span wees?? Stadig en lomp……….het nog glad nie indruk gewek nie. Ons slotte is ook sub standaard. So ook heelagter. So ook een vleuel. En een senter…

  10. york Says:

    nog n paar veranderings en ons is daar.15 sias ebershon 12 philip snyman 13 robert 10 lional cronje en heldart muller agterlyn afrigter dan wen ons die beker

  11. Vrystater sonder hoop Says:

    Soos ek laasweek gese het, dis net ongelooflik hoe min toewyding die VS wys wanneer dit rerig saakmaak. Ek wil so graag soos ek leef he dat die Admin van hierdie website iets lees en oordra aan die bestuurspan.

    Julle totale onkunde ten opsigte van regte keuses, motivering van spelers en begrip van strategie staan soos ‘n paal bo water uit.

    Dis pateties en maak van ons ondersteuners ‘n bespotting. Wat eens ons trots was, het nou ‘n disgrace geword. Die ander unies se spanne reken die heeltyd mens moet nie jou span so gou afskryf nie. Wanneer moet ons dan begin moan? Na die hoeveelste misrabele S14 veldtog? Na die hoeveelste armsalige CC probeerslag teen ‘n span met nuwe bestuur?

    Antwoorde asb, of bedankings. Ek kan nie ontslae raak van my Cheetah-drag nie, niemand wil dit meer he nie.

  12. Johan Says:

    Nee wat hoe verloor julle en dit na 19 pnute voor te loop. Ek nooit gedink ns sal laaste op die currie cup ook wees nie. Ek wil net graag een ding weet? Wat help dit om so goeie vinninge agterlyn te he^ (Potgieter uit sluitend vandag) as hulle net daar is om te defend. Wat het geword van die goeie vrystaat hardloop rugby.

  13. Chris Says:

    NAKA jou tyd as afrigter is om. Los die Cheetahs span nou uit sodat ‘n nuwe man jou plek kan inneem. Dit is glad nie meer snaaks dat jy nog afrig nie. Ek dink dat jy na die Super 14 gedink het dat jou wendroogte verby is en dat jul/jy beter gaan vertoon in die Curriebeker maar jy het aan jouself nou bewys dat dit nie sal gebeur nie. En moet nie dink dat jy my gaan ons nou flous deur die swakker spanne oortuigend te wen nie - jy is te emosioneel as afrigter en jy is skerp genoeg om die ander spanne suskesvol te ontleed nie - in teendeel was die Cheetahs se swakpunte nog nooit in my 26 jarige bestaan so erg deur hul kompetisie uitgebuit nie. Wat dit eintlik sê is dat jy die swakste afrigter nog is van die Vrystaat rugbyspan. Want voordat ek gebore is het die Cheetahs baie goed gevaar en is onder andere telkemale van ‘n Curriebeker eindstryd “beroof” deur die wedstrydwenner Naas Botha.

    Naka, jou spankeuses, span-bestuur en jou afrigtinstyl is vrot tot op die kern en jy gaan nie hieruit kom nie. Ek kan verstaan dat jy in ‘n geldelike penarie gaan sit as jy nie meer gaan afrig nie want jy kry op die oomblik ‘n redelike goeie salaris waarsonder jy nie sal kan klaarkom nie en jy gaan ook nie weer gevra word om af te rig nie, selfs nie in ander lande nie omdat jou reputasie nou so swak is… maar hel ou Naka… dink bietjie aan al die goeie spelers onder jou wat jy van blink toekoms ontneem. Dink ook wat gaan gebeur as die Cheetahs weer saam met die Leeus moet smelt om meer kompeterend in die S14 reeks te kan wees - of erger dink daaraan as die Cheetahs nie meer kan speel in die S14 nie omdat hulle so swak onder jou vertoon (en terloops - Naas Botha het van so iets gepraat oor TV)… dit sal beteken dat JY (NAKA DROTSKé) die oorsaak daarvan is…. - Wat ek hiermee probeer sê is dat daar goed is wat belangriker is as jy, Naka, en dat wat jy op die oomblik aanvang met die Vrystaat Rugby ‘n klap is die lojale ondersteuners se gesigte. Jy het klaar die VS-rugby in die grond in geboer - so loop lierwers nou voordat van die groot borge kop uittrek en die VRU met niks oorsit nie.

    Ek vra jou mooi om nou te bedank. Daar is reeds ‘n petisie saamgestel wat glo in die Volksblad, Beeld, Burger, SABC televisie nuus en ook oor die radio genoem gaan word.

  14. Piet Says:

    Nou wat nou. Hoe de hel kan ‘n span 19 punte aanteken en dan vir die res van die wedstryd net 3 punte verder aanteken. As iemand nog verskil en beweer als is reg in die Cheetah kamp dan weet ek nie meer nie. Die nAfrigting en bestuur van die Cheetahs is totaal van die pad af. As die Cheetah bestuurspan enige trots in hulle het sal hulle dit erken dat hulle op die afdraande pad is en pad gee. Relegasie is ons voorland. Ek is diep teleurgesteld in my span maar sal hulle bly ondersteun. Ek is egter jammer vir die spelers want hulle verdien beter

  15. Johan Says:

    Dalk plaas julle my kommentaar die week.Herhaal wat ek laasweek na die game teen Griewas en nou teen die Lions gese het;Die groot grap duur voort.Dotske,Fourie voer nog spelers van die Boland in,dalk sal julle gelykop teen hulle speel.Ek herhaal wat ek vroeer in n brief in die Volksblad gese het;Verster sal dalk wakker skrik as ons in dieselfde bootjie as die O P is.Neek aan promosie relegasie wedstryd wag.

  16. Norman duPlooy Says:

    Ons loop 19-0 op ‘n stadium en dan verloor ons? (Teen die Griekwas was ons 18-7 voor en ons het ook verloor en dit OP ONS TUISVELD!) En hierdie was veronderstel om van “maklike” games te wees. Agnee sies man! Duidelik is daar iets wat dringend aandag nodig het in die Cheetahs!

  17. Erlo Says:

    Saterdag wa ‘n gemors, die agterlyn lyk planloos. Vrystaat het altyd hardloop rugby gespeel maar deesdae kan hulle nie eers ‘n een agterlyn beweging doen nie.

    Twee games en steeds nul op die log. En die WP gaan ons slag, jammer om dit te se maar dis waar.

    Naka en sy boys moet waai.

  18. Sj Says:

    Cheetahs manne wat gaan aan julle. EK ken julle nie so nie. Wys ons wat kan julle doenen bring die curriecup weer terug

  19. JJ Says:

    DIE ENIGSTE PERSONE WAT ‘N KOP DOKTER NODIG HET, IS NAKA/HAWIE/. DOK BEGIN BY DIE BEGIN, NIE DIE SPELERS NIE, DIE AFRIGTERS.

  20. Phillip Says:

    In week 6 speel ons teen die Luiperds en ek moet se ek voel baie positief dat ons darem daar ons eerste punte kan kry dit sal dalk nie 4 wees maar tenminste 1.

    As Verster so glo in Naka en Hawies is dit dalk tyd om eers hom te blaas en dan sal die res hopenlik volg. Darem kan dit nie nou meer baie slegter gaan nie of kan dit.

  21. york Says:

    Mnr Verster julle gaan daai stadion leeg sien die seisoen.Kontak een van die vlg om oor te neem,peet kleynhans of gysie of gerrie sonnekus.maar maak n plan

  22. Moeggehuil Says:

    JJ, ek weet nie of jy ook die storie gehoor het dat die spelers tydens die Super 14 hulle vliegkaartjies afgestaan het (eerder bus gery) om ‘n kop dokter te kry. VRU wil nie betaal daarvoor nie.
    Ek dink VRU spaar hulleself bankrot.
    Spandeer NOU die geld om Naka se kontrak uit te koop, en in die lang duur gaan julle baie ondersteuners en borge behou. Ploeter voort en julle spaar die paar duisend rand op Naka se kontrak, maar julle gaan baie meer verloor…. mark my words.
    Ky wat het met die Leeus gebeur. Die leiers het nie perform nie. Hulle het van al die ou hout ontslae geraak en oor begin…. presies wat ons nodig het.

  23. Chris Says:

    Kyk net na al die afgewaterde goed wat Drotske te sê het oor die wedstryd:

    1) “Daar was werklik nie soveel verkeerd in ons nederlaag van 22-31 teen die Leeus nie,” erken Naka Drotské, hoofafrigter van die Vodacom Vrystaat Cheetahs. (Ha Ha Ha Ha…….)

    2) “Ons taktiese skopwerk was baie beter as teen Griekwas, terwyl ek tevrede met ons skrumwerk en lynstaanspel was.”

    3) “Ek beplan nie veranderinge aan die span vir die wedstryd teen die WP nie” (agge nee Naka so dit beteken dat jy steeds daar gaan wees!!!)

    4) “Pieter Jordaan berig uit Johannesburg Drotské het sy optimisme behou oor dit wat vir die Vrystaters voorlê” (Ha Ha Ha…. en hys nog optimisties daaroor? So Droské is nou ‘n selferkende masogis)

    5) “Die doelwit is om die halfeindronde te haal en die geskiedenis het gewys enigiets kan dan gebeur” (Hierdie is die woorde van ‘n slapgat!! Slegs harde werk het nog iets gewys Naka - nie die geskiedenis nie)

    6) “Om in ’n wegwedstryd op Coca-Colapark nog tot teen die einde in die wedstryd te wees is nie sleg nie” (nou is die Leeus ewe skielike die “magtige” span! - dit is belaglik)

  24. Michael Cooper Says:

    Bly om te sien die manne wil nog by die cheetahs staan.. Eks ook al moedeloos, mar dis mar al wat ons kan doen om te help. Sulke ‘ridiquous’ goed wat Hein op die o21 blog kwyt raak gn niemand nerens bring nie.

    Eks seker die manne, Naka en Hawies in gesluit is net so moeg vir verloor. Is nie altyd Naka en Hawies se grootste fans nie mar moet eerlik wees. Die naweek se nederlaag is nie hulle skuld nie.

    Vrystaat was in al 3 die games (o18,o21 en ope) gemaklik die beste spanne op die veld en al drie het in die laaste minute verloor.

    Het hierdie afgelope week baie positiewe tekens in vs rugby gesien wat my baie opgewonde maak. Baie goeie jong spelers wat deurkom.. Kolisi, Rademan, Brits, Cook, Ndwandwa, Goosen, van Zyl en so kan ek an gn.

    Daar sal weer ‘n opwaartse draai kom.. Hoop mar net dit gebeur vroeer as later!

  25. Pottie Says:

    Loskakel is te staties.
    Hy moet begin dink aan ander posisies as hy in n wen span wil speel.

  26. Norman duPlooy Says:

    Hiers ‘n voorstel, neuk daardie arrogante WP hierdie naweek op en dan is alles vergete…

  27. Chris B Says:

    Dit lyk vir my ons is verniet bekommerd, Naka het die probleem onder beheer. Kyk dan net wat sê hy in ‘n onderhoud:

    “Daar was werklik nie soveel verkeerd in ons nederlaag van 22-31 teen die Leeus nie,” erken Naka Drotské, hoofafrigter van die Vodacom Vrystaat Cheetahs. - ( Ons was net 19 punte voor en het die game nietemin met 9 punte verloor )

    “As daar wel ’n faset is waarmee ek nie teen die Leeus tevrede was nie, was dit ons spel by die afbreekpunte. Maar ons het VERWAG dat die Leeus goed dáár sal wees.” - ( As ons dit VERWAG het, dan sou ons seker daarvoor voorberei het, ingesteld gewees het daarop en die spelers ingelig het ? )

    “Om in ’n wegwedstryd op Coca-Colapark nog tot teen die einde in die wedstryd te wees is nie sleg nie” ????- ( Nee, nie as jy die Luiperds, Valke, Griffons, ens. is nie, maar as jy die Cheetahs is, is dit ‘n skande, en Cheetahs gaan nie met so ‘n verskonende verloor-attitude in ENIGE wedstryd in nie !! Dan moet jou attitude wees soos dié artikel oor die Bulls sê: “The Bulls made up what they lacked in experience with determination and thoroughly deserved their eight point win ” )

    Naka se onderhoude begin al hoe meer na Twakkie s’n klink ? Mens wonder hoe lank en hoeveel skandalige nederlae dit sal neem voor daar opgetree sal word

  28. Hein Says:

    Ouens - kyk gou hierna: saam met die super 14, die britse leeus game en laasjaar die semi finaal het drotkse - wait for it - 2 UIT 17 GAMES GEWEN. M A W hy het 15 uit 17 games verloor as coach. Daar was nog nooit so ‘n rekord deur enige cheetahs afrigter nie. ek herhaal: 2 uit 17!!!!!!!! maar nee, dis nie sy skuld nie, ek sink dis die ouens wat biltong verkoop op die stadion, die baie mense wat in china bly, Borat van Kazakstan, Michael Jackson se dood, en Jurie els wat in NZ is se skuld, al daai mense, maar nie die coach en bestuur se skuld nie.

  29. Spikkels Says:

    Ag wat help dit ????
    Die klomp wat veronderstel is om hier te lees doen dit nie …. en ….. sou hulle wel hier lees skeel dit hulle maar min.

    Die enigste manier is om hulle sakke te raak.

    Na n lee stadion sal hulle luister.

    CHRIS: Waar kan ek daai petisie in die hande kry om te teken?????

  30. Hein Says:

    Micaelcooper, ek vra om ver skoning, dit was direk na die game, en ek was smoorkwaad veral toe ons 19 0 voor was, 33 22 verloor, en Drotske try toe nog iets positiefs se daaroor, ek het besef na ek dit gestuur het ek was baie bitter boos op die ingewing en het dit onnodig kras gestel, so sorry jong ek het nie werklik bedoel iemand moet boikit, waai of wat ookal nie, ek sal nooi in elk geval ‘n ander span hê nie. Is net bitter teleurgesteld dat ons laaste le, en moet nog 3 uit 5 games speel teen WP, Sharks en Bulle wat ons verseker gaan verloor, so ons gaan vir die eerste keer in jare nie die semis haal nie en dit nog sonder dat die springbokke speel. Nou moet ons nog ‘n hele jaar wag vir die volgende CB om te begin, want ons sal nie na die begin kan terugkom nie, inteendeel dit was 2 van die minder sterk spanne wat ons gespeel het sover. Ek voorspel ‘n lelike teling teen WP, 45-8 vir WP. maar nou ja dis mar so, ek se weereens sorry mense.

  31. JJ Says:

    Hi Michael Cooper, ek wil so bietjie verskil van jou pellie as jy se die verloor teen Leeus is nie afrigters se fout nie. Om te begin, kan die ouens ongelukkig nie hul self kies nie, die afrigters kies die span, en hoe pateties is die samestelling van die span. Frans Viljoen baie beter as Hendro, meer mobile, groter en ‘n beter bal draer en baljagter en verspreider as Sholtz, hy sit op die bench, daar is Kambamba ‘n baljagter op bench, dan praat ek nie eers van Demas nie en JW Jonker nie. Ek is nou nie ‘n afrigter nie, maar wat ek sou gedoen het, halftyd en ‘n telling va 19 teen 0 voorsprong, sou ek meer ‘n taktiese game gespeel het, die Leeus laat omdraai het, in die hoeke ingejaag het en wie anders as Louis Strydom sou dit kon gedoen het, hy ken die veld, die omstandighede, dit het nie gebeur nie, Corne Uys het gesukkel, ek sou daar vir JW Jonker saam Robert senter geskuif het, om spasie te skep vir die vleuls, altwee kan tackel, vinnig van die merkie af, en kan met beide voete aftrap…Michael spankeuses verkeerde gameplan, doeloosheid, planloos ens, is nie die spelers se fout nie, dis die afrigters wat nie behoortlik hulle opinente ontleed en rigting gee aan ‘n span nie.

  32. JJ Says:

    Moegehuil, stem dis tyd om van die ou hout ontslae te raak, nuwe bloed, nuwe visie, nuwe rigting is wat die VRU nodig het..Ek sal my nie verbaas as die Sharks of Bulle hier kom speel en die paviljoen is blou of swart en wit nie, want die Oranje sal nie meer daar wees nie. Jy sien Chris dis my probleem met Naka, sy mentaliteit, hoe hy dink, redeneer, dinge sien, hy is tevrede met tweede beste in die lewe, soos hy al in die super 14 al gese het, ” ons beplan net 2 weg wenne oorsee” hier kom se hy alweer ‘n klomp aanmerking / kommetaar kwyt soos jy noem en die ergste van alles is, so ‘n ou met so ‘n mentaliteit en gesindheid, spoel oor na die spelers, en die spelers raak gewoond aan verloor, want dis nie so erg nie, ons het darem beter gespeel as laas ons vorder darem, maar ons bly laaste op die log…Nee wat Naka jy gaan my nie in jou tweedehandse mentaliteit insleep en my ‘n mentaliteit aanbied van dis maar reg nie. Gaan rig Ethopia of Irak af, miskien is hulle toeskouers tevrede.

  33. Peet Says:

    Ek lees in die Beeld dat die eis van R500 000 teen Naka teruggetrek is - seker die beste nuus die afgelope seisoen vir Cheetah-ondersteuners! Naka, ons is saam met jou bly, en veral omdat jy nou nie meer noodgedwonge moet afrig om finansieel te oorlewe nie.

  34. Chris Says:

    Spikkels, Gee vir my jou e-pos dan sal ek dit vir jou stuur

  35. Louis Nortje Says:

    Ek sal ALTYD n Cheetah bly, maar genoeg is genoeg. Daar is defnitief nuwe bloed in bestuur nodig. Van Verster tot onder by Naka hulle. Dit kan n provinsie net goed doen om nuwe idees in te bring. Ons speelpatroon is eentonig en voorspelbaar.

    Voorspelers lyk nie opgewasse teen die ander spanne nie, weet nie wat ons teen die Bulle gaan doen, veral as hulle “bulle” terug is nie. Dit is ook baie duidelik dat ons vories nie die 80 min kan handaf nie. Dis waar die ander spanne se diepte inkom en ons vories klaaar maak.

    Ons as ondersteuners moet BESLIS nou iets aan die saak doen om van bestuur ontslae te raak. Hulle laat my aan die ANC dink, jy kan maar bly, al “perform” jy nie.

    By n ander unie sou julle laaaankal uitgewees het, geen twyfel nie.

    Ek is al die bespotting hier in Kempton Park tussen my kenisse en vriende.

    Die probleem is dat ons boodskappe op dowe ore val, ek glo nie bestuur het n idee hoe die ondersteuners voel nie!

    Ek het nou al 3 keer aan Admin gevra om te verduidelik hoe “scouting” plaasvind. Dit sal baie interresant wees. Ek sien daai e mails / kommentaa verdwyn elke keer. Is hulle skaam / bang vir iets??

    Kom ouens, wat gaan ons kan doen om te help dat bestuur vervang moet word? Miskien lawaai in die media? Dit kan werk, sal hulle ore rooi maak.

  36. Michael Cooper Says:

    Totaal verstaanbaar Hein..

    Ek was nie naby my rekenaar nie, anders sou ek dieselfde kwyt geraak het.

    JJ, ek verstaan dat ons 19 - 0 voor was en die game moes wen mar daai selfde spelers wat on da gekry het was veronderstel om ons verder te vat. Ek stem ook saam dat takties moes ons verander het, mar nie toe ons 19 - 0 voor was nie. Dit was 30min in die game in en ‘n mens kan nie vir 50min op ‘n lead sit nie. Dink Naka se siening was om die aorta te gryp.. Wat ek ook sou doen. Nie te se dat dit die regte keuse is nie..

    Ek stem saam met jo oor hendro. Dink hy is ‘n goeie leier maar om net ‘n goeie leier te wees kan jo in ‘n krieket span hou mar nie in ‘n rugby span wat so sukkel nie. Ek was ook nie Demas so grootste fan nie, mar sy skopskoen het my beindruk die naweek.

    Ek lees Hein se stats van 17 - 2.. Dis shocking en nie eers ek gn dit verdedig nie. Iets moet verander en vinnig..

  37. Michael Cooper Says:

    Kom ons almal sit spanne in wat ons sal speel vrydag.. Dalk met luck sien die regte mense dit raak..

    My span :

    1. Wian
    2. Adriaan
    3. WP
    4. Nico
    5. Dawid
    6. Richardt Strauss (Hoekom nie? hys die beste fetcher in die span)
    7. Kabamba
    8. Francois
    9. Tertius
    10. Lionel Cronje (Kyk hoe doen sy adjuktant van SAo21 Brummer)
    11. Jongi
    12. Robert
    13. Corne (Defencive organisation prysloos)
    14. Danwell (Skopskoen)
    15. Hennie

    16. Ashley Johnson
    17. Coenie
    18. Frans
    19. Johann Wessels
    20. Gerrie
    21. Jacques Louis
    22. JW

  38. Hein Says:

    Dink enigeen ons slotte en F uys en C Uys is op meriete daar?? Dis nou wie ons koop en laat gaan Blom en Juries…….ek verstaan steeds nie

  39. Piet Says:

    Louis dit wat jy skryf is baie waar en skynbaar is dit onmoontlik om die bestuur en afrigting te verander. Ek bepleit dit al lankal en daar is baie pogings aangewend maar als loop dood. Lyk my selfs die klubs is te bang om iets te probeer. AS die klubbesture nie die ding dryf nie is daar geen kans nie. Ek kan nie glo dat die klubs tevrede is met wat aangaan nie, maar daar is seker maar ‘n houvas op hulle om te reageer. Ek Is net bevrees die borge wat ons het gaan naderhand onttrek en dan is hier geen geld nie. Sien reeds dat OFM op hulle Sport net kommentaar oor Griekwas se wedstryd van Saterdag geplaas het. Gee my die idee hulle is al gatvol vir wat aangaan

  40. Chris Says:

    Peet, dit is inderdaad baie goeie nuus. Ek hoop ons gaan nou sien dat Naka gaan bedank!

  41. Louis Nortje Says:

    Hou my vraag op no 35, 31/7 dop. Soos ek se ek’t al 3 keer dieselde vraag gevra, wie, waar en wanneer begin scouting? Hulle bly die vraag ontwyk. Ek hoop hulle scout vir nuwe bestuur

  42. CC Says:

    Daar is NIKS fout met ons slotte!

  43. Piet Says:

    Michael hou van jou span. ek sal graag wil sien wat doen sias op heelagter. Hy is lekker vinnig en kan ‘n bal ook lekker skop’
    Wat my die meeste pla is dat jy kan kies wie jy wil maar die manne moet ordentlik afgeig en bewegigs inoefen. Die spelers lyk vir my totaal planloos en onseker op die veld.

  44. Louis Nortje Says:

    ADMIN, weereens, my vraag op punt 35 moet nog beantwoord word!!!!!!!!!!!!!!!

  45. Chris Says:

    Sorry Louis Nortje: Die admin is deur Naka Drotské aangesteek om SLAPGAT te wees. Hul sal weer seker hul bekke rek as hul ‘n game per toeval wen.

  46. Cheetah Supporter Says:

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

    Stem saam met bogenoemde span, maar sal dit so verander:

    1. Wian
    2. Adriaan
    3. WP
    4. Nico
    5. Dawid
    6. Richardt Strauss
    7. Hendro Scholtz
    8. Frans Viljoen
    9. Tertius
    10. Lionel Cronje
    11. JW Jonker
    12. Robert Ebersohn
    13. Corne
    14. Danwell (Skopskoen)
    15. Sias Ebersohn

    16. Franscois Uys
    17. Coenie
    18. Kabamba
    19. Johann Wessels
    20. JP Joubert
    21. Jacques Louis
    22. Hennie Danhiller

    Gee die jong manne kans hierdie naweek… Julle kry dalk ‘n verassing !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree