Vodacom Vrystaat Cheetah spanlys teen GWK Griekwas

0181_20080808_cheetahs_vs_griquas_hk

Vrydag, omstreeks 19:10 skop die Absa Curriebeker amptelik af hier in Bloemfontein.  Die spanne:  Vodacom Vrystaat Cheetahs teen die GWK Griekwas.    Hierdie wedstryd bied ook die OFM uitdaagbeker op die spel.  Moet dus nie ‘n kans om hierdie spanne te sien misloop nie.  OFM gaan ook deel wees van die dag hier in die stadion en kompetisies aanbied.  Na die afloop van die wedstryd kan jy ook soos altyd groot vermaak by die Castle Deck verwag met Arno Jordaan wat daar sing en van die spelers en die Vodacom Cheetah meisies wat daar ‘n draai maak.  Moenie uitmis op die Vodacom Vrystaat Cheetah-ervaring nie!

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Corne Uys

12.  Meyer Bosman

11.  Lionel Mapoe

10.   Jacques-Louis Potgieter

9.  Gerrie Odendaal

8.  Hendro Scholtz (k)

7.  Francois Uys

6.  Johan Wessels

5. David de Villiers

4.  Nico Breedt

3.  WP Nel

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers:

16.  Richardt Strauss

17.  Coenie Oosthuizen

18.  Frans Viljoen

19.  Kabamba Floors

20.  Tertius Carse

21.  Louis Strydom

22.  JW Jonker

This entry was posted on Wednesday, July 8th, 2009 at 9:22 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

39 Responses to “Vodacom Vrystaat Cheetah spanlys teen GWK Griekwas”

  1. Hein Says:

    Weet iemand hoe die trui lyk vir die curriebeker?? Die laaste 3 jaar was dit elke keer ‘n ander een…….
    die trui teen die leeus was mooi - hoop die kan so lyk, plain wit met een oranje streep.

  2. JJ Says:

    Wil iemand by die unie nie asb vi NAKA/HAWIE uit hul DEMAS SINDROOM uithaal of uitklap nie . PATETIES PATETIES. EK bekomerd dat goeie spelers ons verlaat ALWYN HOLLENBACH Leeus kan senter/vleuel heelagter speel 100 keer beter as DEMAS self Meyer wat op sy reputasie gekies word. JW Jonker moet op di bank sit vir DEMAS, EBERSHON moet eers gewig optel maar hy stewig genoeg gewees verlede jaar, vir die blits bokke en kapt van o/21 hy moet nou terugstaan vi Meyer en UYS wat die hele super 14 verbeeldingloos was en n ou gekort het om eie inisitief te le en dit het EBERSHON, MY AGTERLYN. NO9. T. CARSE NO10 L. STRYDOM NO11 L. MAPOE NO 12 S. EBERSHON NO 13 C. UYS NO 14 JW JONKER 15 H. DANLIER.

  3. Peet Says:

    Ek onthou nog hoe ek as jong seuntjie elke Saterdag saam met my Pa na Loftus gegaan het. Daardie jare het Noord-Transvaal net so elke tweede en/of derde Saterdag gespeel en die res was klubrugby - Tukkies, Polisie, Pretoria, Quins, Oostelikes, NKP. Maar dit was goeie rugby, en die mense het opgeruk om dit te gaan kyk. Ons het die klubspelers geken en elkeen het sy klub gehad wat hy ondersteun. Op ‘n klub-Saterdag was daar meer mense as by ‘n groot wedstryd hier by ons.

    Saterdagoggende het skoolspanne gespeel. Jy kon sien hoe die ondersteuners instroom vir hulle skool, en baie weer na die wedstryd wegraak. Maar die pawiljoene was spreekwoordelik vol, en dit vir die sg kleiner games.

    Hoekom kan ons nie voor ons tuiswedstryde ‘n kompetisie tussen ons top skoolspanne hou nie. Om die geledere te versterk kan ons skole uit naburige provinsies nooi - byvoorbeeld Vryburg uit Noordwes, ‘n Kimberley-skool en ‘n skool uit Upington, plus dan ons topskole uit Bloem en in die platteland. Die ouers en die oud-skoliere gaan die paviljoene volmaak! En as dit suksesvol is, kan ons dit na laerskole uitbrei.

    Net ‘n groot ondersteuner sal die langpad van Upington af vat om rugby in Bloem te kom kyk, maar hy sal Kaap toe ry as sy seun of sy skool ook daar speel. So maak ons die paviljoene weer vol en kry die ondersteuner waarde vir sy geld. Meer games en ‘n hele dag se plesier en nie net een game nie. Weer ‘n kultuur van Saterdag rugby kyk!

    Ons top klubspanne moet ook voorwedstryde vir die cheetahs speel. So kry die ouens op die drumpel kans om aan Naka-hulle te wys waartoe hulle in staat is.

    Harold, ons wil goeie rygby sien. Ons wil vol paviljoene hê. Ons wil toekomstige talent sien. Ons wil ‘n voldag-ervaring hê. Ek sien uit na rugby van vroeg af en ‘n hotdog vir middagete. Maak gewone rugby weer deel van ons lewens.

  4. Peet Says:

    Ek onthou nog hoe ek as jong seuntjie elke Saterdag saam met my Pa na Loftus gegaan het. Daardie jare het die Bulle net so elke tweede en/of derde Saterdag gespeel en die res was klubrugby - Tukkies, Polisie, Pretoria, Quins, Oostelikes, NKP. Maar dit was goeie rugby, en die mense het opgeruk om dit te gaan kyk. Ons het die klubspelers geken en elkeen het sy klub gehad wat hy ondersteun. Op ‘n klub-Saterdag was daar meer mense as by ‘n groot wedstryd hier by ons.

    Saterdagoggende het skoolspanne gespeel. Jy kon sien hoe die ondersteuners instroom vir hulle skool, en baie weer na die wedstryd wegraak. Maar die pawiljoene was spreekwoordelik vol, en dit vir die sg kleiner games.

    Hoekom kan ons nie voor ons tuiswedstryde ‘n kompetisie tussen ons top skoolspanne hou nie. Om die geledere te versterk kan ons skole uit naburige provinsies nooi - byvoorbeeld Vryburg uit Noordwes, ‘n Kimberley-skool en ‘n skool uit Upington, plus dan ons topskole uit Bloem en in die platteland. Die ouers en die oud-skoliere gaan die paviljoene volmaak! En as dit suksesvol is, kan ons dit na laerskole uitbrei.

    Net ‘n groot ondersteuner sal die langpad van Upington af vat om rugby in Bloem te kom kyk, maar hy sal Kaap toe ry as sy seun of sy skool ook daar speel. So maak ons die paviljoene weer vol en kry die ondersteuner waarde vir sy geld. Meer games en ‘n hele dag se plesier en nie net een game nie. Weer ‘n kultuur van Saterdag rugby kyk!

    Ons top klubspanne moet ook voorwedstryde vir die cheetahs speel. So kry die ouens op die drumpel kans om aan Naka-hulle te wys waartoe hulle in staat is.

    Harold, ons wil goeie rygby sien. Ons wil vol paviljoene hê. Ons wil toekomstige talent sien. Ons wil ‘n voldag-ervaring hê. Ek sien uit na rugby van vroeg af en ‘n hotdog vir middagete. Maak gewone rugby weer deel van ons lewens.

  5. Hein Says:

    Dis waar JJ, wat my verstand ook te bowe gaan, is dat ons beste cheetah afrigter in die geskiedenis - Rassie (hy was die beste , enigste ou wat 3 bekers kon wen) vir Kabamba op meriete in die beginspan gehad het, maar drotske kan nie eers op die bench vir hom plek kry nie, as gevolg van persoonlike nonsens……..Nog iets wat ek regtig nie verstaan nie, dalk is ek baie dom, maar ons gevaarlikste wapen daai tyd was om naby die doellyn met die forwards oor die doellyn te maal. Ons doen dit nou glad nie meer nie…………Dalk wil hy net ‘op ‘n ander manier en sy eie manier’ afrig net om vir almal te wys hy is nou die afrigter……maar duidelik werk sy planne nie…

  6. Hein Says:

    O sorry ek sien kabamba is op die bench - hy sal seker weer opgestuur word met so 5 minute oor

  7. Henk Says:

    Moet se Ek het van Oranje /Peach trui gehou.
    Weet iemand hoekom Ebersohn nie in 22 tal is nie?
    Mapoe behoort darem steek aan agterlyn te gee , maar ons het ‘n spelbreker in die middel nodig.
    Hoop Meyer is weer op vorm die Currie beker want Griekwas het goeie span. Hulle gaan ‘n paar van die groot vyf lelik skrik maak en sekerlik wen.

  8. Henk Says:

    Sien julle op die stadion more.
    Sal maar in die paviljoen sit, Sien ek kry maar nie ‘n plek in die skybox gewen nie.

  9. Hein Says:

    En ek sien weer coenie oosthuizen, die ebersohn tweeling en nog ‘n ou is alweer op die ander unies se inkopieslys………………daar moet dringed ‘n reel gemaak word oor oorkopery van spelers.

  10. Bert Says:

    ja. hoe gaan die trui lyk? en wanneer gaan dit in die winkels wees?

  11. Anina Ras Says:

    Kan daar nie bietjie ‘n plan gemaak word dat ons deur ander unies leeggekoop word nie. Die groot base van VRU kan mos koppe by mekaar sit en ‘n plan beraam, maar wil hulle?

  12. JJ Says:

    Hein, met die afrigters wat ons het neem ek nie ander spelers kwalik of ander unies kwalik wat hierdie oukies op raap en hul gebruik en speelkans gee nie, jy weet mos op skool het die juffrou haar witbroodjies gehad die gat kruipers hul word klas kaptein, prefek al verdien hul dit nie, dit lyk my by die VRU is dit dieselfde, hulle het hulle ou kringetjie van spelers en hul kan pateties speel, hul word gekies op hul reputasies want hul is ons pelle en ons kies net ons pelle. Ek is seker as BRUSSOW kon gespeel het het Naka hom nie gekies nie, sou een of ander ding uitgedink het hoekom hy nie kon speel nie, seker gewig moet op tel.

  13. Piet Says:

    Wel Wel wel wat gaan in die Cheetahs se kamp aan. dit was seker die swakste wat ek nog ‘n Cheetah span gesien speel het. Daar is geen durf in daai span nie. as dit is hoe ons die seisoen gaan speel is relegasie ons voorland. Ons los spelers soos Hollenbach en ek sien al wie loop volgende. Ebersohn’s. Cronje, Brussouw noem maar op. Daar is geen trots meer om voor te speel nie en dan gaan die manne loop net vir die geld. Nee wat terwyl Naka, Hawies, Harold en De Necker daar sit en vet salarisse trek moet hulle dalk sommer speel ook. Dan verdien hulle dalk hulle geld. Ek is moeg om te hoor daar is nie geld nie. Daar sal verdomp nooit geld wees as hulle so speel nie. Verwag die unie regtig dat mens 300km (600 heen en weer) om na die gemors te kyk?

  14. Vrystater sonder hoop Says:

    En so het ons alweer ‘n voortsetting van die S14. ‘n Klomp manne wat nie verdien om ‘n enkele ondersteuner langs die veld te he te oordeel aan die afgelope 80 minute se onsinnige “professionele” rugby.

    Kom ons review op ‘n skaal van 1 tot 10 die prestasie van die manne. Sal graag my mede-ondersteuners se kommentaar hierop wil kry.

    Daniller: 5. Stadig, nie veilig onder die hoge bal nie. Sy lynskoppe enigste rede vir ‘n pass-score van 5.
    Mapoe: 7. Soek werk, hoop vir hom. Miskien moes hy as plaasvervanger opgekom het. Nou weet almal ons het ‘n goeie vleuel. Laaste goeie wedstryd, nou is hy gemerk.
    Demas: 6. Goeie eerste helfte. Steeds nie goed onder hoge bal nie, maar hy soek werk. Dink Hawies doen die regte ding. Niks slegter as die Ndungane 2ling nie.
    Uys: 5. Opsies nie goed nie. Ly aan die Fourie du Preez sindroom. Skop besit weg.
    Bosman: 5. Opsies ‘n probleem. Ly aan die Dewet barry sindroom. Als word ge”crash” ball. HOEKOM SKOP HY NIE PALE TOE NIE????????????
    Potgieter: 4. Skopwerk pateties. Andersins 1 goeie run. Ons kort DRINGEND ‘n skop-afrigter. LEES: VLOK CILLIERS -BULLE.
    Odendaal: 6. Redelik, soek werk. Maar stadige skoonmaak. Hoop die rehab-manne kry iets reg met Tewis. BLERRIE DRINGEND.
    Uys: 6. Skaflik, maar (nog) nie so doeltreffend nie. Daars hoop.
    Wessels: 8. Die regte dinge gebeur hier. Ek het hoop. Gee biki kans. In selfde klas as Brussow.
    Kaptein Scholtz: 3. Swak opsies, geen besielende leierskap nie. Nie die antwoord nie. Waar is die jong manne van die Vodacombeker? Hendro amper op pensioen.
    Breedt: 7. Stewig, die gewone commitment. Trots op die trui. Ten spyte van sy span wat skitterend as individue speel. EN NIE AS SPAN NIE.
    De Villiers: 8. Soos ons hom ken. Die Cheetahs se Victor ekwivalent.
    WP Nel: 8. Wat ‘n speler.
    A Strauss: 8. Weer eens ‘n bewys dat hy ‘n skitterende speler is.
    du Preez: 8. Nie sy skuld dat die span nie opgedaag het vir die game nie.

    Te oordeel aan bogenoemde, is dit duidelik dat die “pak” voorspelers, met uitsondering van Hendro, eintlik bogemiddeld was. Dis miskien net tyd om die begrip van samespel aan hlle uit te spel.

    Wat die agterlyn aanbetref, het ek ernstige bedenkinge.

    As die bulle so ‘n wedstryd gehad het, trek hulle laer en word besluit: wil ons rugby speel of verniel word? En dan styg hulle uit. Al is ek in murg en been ‘n VS ondersteuner, wil ek dit krediteer aan hulle: COMMITMENT.

    Opsommend: ek skaam my egter vir die laat-maar-gaan houding van die Vrystaters. Die GWK-Griekwas was NIE die beter span op die dag nie. Die Cheetahs het egter GEEN commitment as span gehad nie. Ek skaam my as ek na Hendro se armsalige skaam glimlaggie kyk op die post-match onderhoud. En dan wonder ek of die Ebersohn 2ling nie die regte ding doen om uit die verrotting weg te trek nie. Ouens, julle moet nie wonder hoekom daar diep in die 10 mense op die stands was vanaand nie. NIEMAND wil gaan kyk na ‘n span wat met so ‘n hopelose houding opdaag nie.

    Dit gaan nog bitter sleg gaan met hierdie span, ons het nog nie die einde hiervan beleef nie. En Naka en sy manne moet asb nie hulle spindokters stuur om ons te paai nie. Ons weet iets van rugby af. Sterkte met volgende jaar se veldtogte, hoop dit gaan goed met die S14 (as ons dit tot daar maak) en die VC beker.

  15. Danie Says:

    Wie koop namens die Cheetahs spelers? Stuur asb vir Potgieter terug Bulle toe en Strydom terug Valke toe.Jaag die persoon wie hulle gekoop het ook weg,hy mors net die Cheetahs se geld. Spandeer die geld om ons eie spelers te behou soos die twee Ebersohn broers.
    Die Cheetahs se bestuur raak al hoe swakker.
    Peet ek hou van jou comment.

  16. Hein Says:

    WELL DONE NAKA!!! Jy het ons verkeerd bewys - ns was verkeerd. Jy is absoluut die beste afrigter wat die Vrystaat nog ooit gesien het! Die eerste ene in 12 jaar wat in Bloem teen griekwas verloor. Die eerste een wat heel laaste eindig in die super 14. Die coach wat ‘n nuwe wenkultuur geskep het, wat sorg dat die stadion voller en voller word , en wat die heel beste spelers kies, wat baie goeie moves vir die agterlyn laar oefen, daarvandaan ons gevaarlike agterlyn, ‘n Coach wat met ander se vroue lol, sorg dat die teenstanders se broeke bewe wanneer hul teen vrystaat moet speel, en sorg dat ons altyd ‘bo-aan’ die log is. Nie eers 1 punt in die game verdien nie, niks bonuspunte, niks……….ek sal die dag wat Naka sy goed vat en waai weer vir die Cheetahs skree……..ek kan verstaan dat al die spelers wil waai - wie wil nou vir so klomp mamparras bestuur speel? ons sal moet ligloop vir die boland en Luiperds - die woden spoon in curriebeker lyk na ‘n realiteit vir ons………..Cheers website - tot Naka gefire is sien jul my nie weer nie

  17. paul Says:

    peet

    jy laat my ver terug dink. Daar was meer mense destyds op Loftus vir klubwedstryde as die ondersteuning wat ons vandag in plekke soos Bloemfontein of Johannesburg vir Curriebeker wedstryde sien. Carltonbeker rugby was soos Super 14 vandag. Tukkies teen Polisie was oorlog gewees. Waar is daardie dae??

  18. Michael Cooper Says:

    Ek dink vrystaat se kontrakteuring kort heelwat opskerping.. Dat ons ouens soos ashley johnson nog op ons boeke hou is vir my ‘n mors van tyd. Moeni my verkeerd kry nie, dink hys ‘n baie goeie speler. Mar nou dat hul hom as ‘n haker ‘geconvert’ het, gn hy nooit vir di vrystaat span speel ni. Hy gn so by volgende jaar moeg raak om altyd vir di griffons moet gn speel en nooit currie beker of S14 rugby nie. Dan gn hy net soos al ons ander ‘up coming coming’ spelers groener wyvelde soek.

    Gebruik dai geld en hou di ebersohn’s. Mar dink dis moeilik as hul ni game time kry ni.

    Se vir my watter ander unie, enige plek in di wereld sal ni plek in hul span kan kry vir di bokke se u20 kaptein? Ek verstaan Uys is ‘n baie goeie speler en kan sy waarde in sy defensive organisation duidelik sien, mar gits ons kani bekostig om rob en sias te verloor ni en as hul vi 3 seisoene nog steeds di ‘up and coming’ tag moet dra dan blameer ek hul ni om vir ‘n grooter salaris te gaan ni..

  19. Michael Cooper Says:

    Briljante idee Peet.. Iets moet verander, want dinge raak stadig mar seker net swakker.. Het di vrystaat rugby unie enigstens gegroei in di afgelope jare.. As dit het, sien mens dit min raak.

    Probeer iets!

  20. Chris Says:

    Ek dink NAKA het nou GENOEG bewys dat hy nie kan afrig nie. Ons verloor nou al selfs teen die Griekwas. Naka jy het ons span 12 jaar teruggevat in 2 jaar as hoofafrigter. LOOP NOU want ek en baie ondersteuners is GATVOL vir jou..

    Ek wonder watse verskonings jy nou al weer maa gaan uitkom. EK het ook nuus vir ou Os wat gaan help met die skrumwerk - Os.. moet nie help bou aan ‘n versloorspan nie. Laat Naka eers loop dan begin jy ‘n nmuwe begin saam met die Cheetahs want jou reputasie gaan nou ook in die slag bly.

  21. Phillip Says:

    Ons moes seker maar dit verwag het en kan julle net dink as ons in relegasie wedstyde aan die einde van die seisoen teen die Griffons moet speel en verloor want hulle het darem n skopper wat 50% kan skop. Ek weet dit is baie negatief maar met Naka, Hawies, Daniller wat amper een hoe skop gevang het en twee no 10 spelers wat in droom skop toestande 3 uit +- 10 skoppe oor skop wat nog van op n nat Nuweland soos Rory en Willem net nie kon mis.

    Herold moet wakker skrik of hy moet ook maar gaan want die seisoen is klaar vir ons verby want die ander groot unies gaan nie tuis teen die griekwas verloor nie so ons is reeds 5 punte agter nommer 4. En ons luik al hoe slegter elke week maar iemand soos Sias sal nie n geleentheid kry nie so hy gaan ook seker sy tentpenne trek en gaan waar hy speel tyd kan kry dit is nie asof hy slegter as Potgieter of Strydom kan doen nie ons is besig om al hoe meer gereeld te verloor.

    Net een goeie punt ek dink Mapoe is n goeie fonds gewees.

  22. Erlo Says:

    Daar is groot fout met ons afrigters, en as julle aan ‘n span wil bou gebruik eerder dan altwee Eberson broers. Hulle sal ten minste iets probeer en nie speel soos ons kamtige groot spelers soos JL Potgieter, Strydom en Kreupel Daniller (Ek dink hy is tans die stadigste agterspeler in die land) Vrystaat Rugby Unie word asb wakker voor dit te laat is, as dit nie klaar te laat is nie.

    Naka, kies ‘n skopper in die span asb of bedank!

  23. Spikkels Says:

    Miskien kan julle vir ons se hoeveel kaartjies VERKOOP is vir Vrydagaand se Griekwa game.
    Ek sal dan ook wil weet hoeveel toeskouers daar was net om te sien hoeveel het maar gaan kyk net omdat ons seisoen kaartjies het.
    O-ja moet asseblief nie kaartjies wat julle so weggee met elke game net om die stadion voller te laat lyk bytel nie.

    Dis hoekom die Vrystaat nie geld het nie ….. VRU se idees is lankal op.
    Probeer gerus Peet se plan hierbo - Dit sal werk.

  24. Pierre de Vries Says:

    AG NEE JULLE OWENS EK HET 4 JAAR LAAS N WEDSTRYD GEMIS MAAR AS DIT DIE SPEL IS WAT JULLE WIL SPEEL GAAN EK TUIS BLY.DIE SKAKEL PAAR WAS SWAK. DIE SKRUM SKAKEL IS MEER GEPLA OOR DIE SKEIDSREGTER SE WERK.PLAAS HY EERDER KONSENTREER OP SY SPEL.PALE SKOPPE SKOKKEND.VERDEDIGING MET DIE OMDRAAI PLAN LOOS.RUGBY IS KONTAK SPORT MAAR LOS DIE ONNODIGE STAMPERY UIT SPEEL DIE BAL.DAAR WAS TYE WAT DIT GOED GELYK HET AS DINGE OP VOLSPOED GEDOEN IS.

  25. Louis Nortje Says:

    Wat kan ek se, wonder of bestuur die e posse lees? Ek hoop admin gaan antwoord op die e pos?? Indien nie, is dit n mors van ons tyd om op die “blog” te gaan.

    Kyk hoe goed vaar die Vrystaatspan op Craven week. Waar is daai talent?, almal in Durban.

    Kan ons nie asb n Bill Gates kry om geld in te stoot en bestuur af te dank, nuwe spelers te koop en te sorg dat ons weer met ons koppe na bo kan loop nie. Daar moet nou wraggies iets drasties aan ons unie / span gedoen word. Lyk of vories nie die mas kan opkom nie, d w s swak balle na agterlyn. Hennie kan GEEN hoe bal vang nie. Met sy grote sal hy goed deur n lyn kan breek, kry net die bang uit hom uit. Bosman moet asb uit tree, te stadig op sy openent. Ebersohn homself verlede jr op senter bewys, vinnig op opponent, tackle briljant! Loskakel probleem, BAIE groot. Ons kan nie aanhou om op die stadium na skakels te soek nie. Wanneer gaan dit dan ophou? Hoekom kan Griekwas mense soos Naas Olivier en Sarel Pretorius kry, maar ons kan nie. Pretorius het al by die Valke uitgestaan.

    Die vensterperiode is oop. Ek se nou, gaan kry so 3 ouens wat nog so 2 jr in hulle het, sal baie vertroue vir die jonges gee. Kyk na Stefan en die 1 slot by Sharks, al 2 so 35 en speel nog baie goeie rugby. Ek kan julle waarborg dat daai mense net te bly sal wees om nog n kans te kry, en hulle sal nie so duur wees nie (Ackerman by Griekwas was afgeskryf en toe?). Koop 2 sterre en behou so paar opkomende jonges.

    Die “scouts” doen nie hulle werk nie! Griekwas koop slim, maar ons…..

  26. SUPERNAKA Says:

    EN so oorreed ek mos nou n vriend van my wat niks belangstel in rugby nie om saam my die game te kyk want dit sal mos nou n goeie game wees…en dit was..as jy vir griekwas skree….

    Dalk moet ons ook vir Jake White en sy winnig ways kry om te sorg dat Naka die trek pas gegee word…kyk net na die leeus - hulle het wragtig amper gewen.

    geen cheetah rugby meer vir my totdat ons n nuwe afrigter het nie … om 1 jaar swak te doen onder niwe afrigter is verstaanbaar maar nie 2 jaar van bad na worse nie….

    eks jammer om te se maar Naka is besig om al sy respek wat hy gewen het as speler te verloor as afrigter …

  27. cheetah fan Says:

    piet dalk moet jy dan die rugby unie gaan bemark en bestuur aangesien jy heel duidelik n beter job kan doen! hkm as die span goed doen is almal jul heros maar as dit sleg gaan dan is almal sommer gemors???? dis glad nie ware ondersteuning dai nie

  28. Frans Says:

    Daar is groot fout met die afrigtingspan in die Cheetha-kamp. Die afritingspan is verbeeldingloos en rig die spelers af dat hulle soos ‘n boek gelees kan word deur die opponente. Indien jy driee wil druk moet jy die ander span kan verras. Die agterlyn van die Cheetha’s probeer om met elke bal wyd te speel, so die opponente lees hulle soos ‘n boek en die verdediging is so maklik teen ‘n span wat dit doen. Hulle doen dit nou al die hele seisoen en het nie ‘n plan “B” om op te werk nie. Ek lees in die Volksblad dat die afrigter beweer het dat die skrumskakel voorspelbaar was Saterdag, maar as jy dan so afgerig word om voorspelbaar te speel, moet hulle hulself blameer. Ek hoop regtig dat die spelers ook insae kan lewer soos wat hulle dink die beste vir die span sal wees, sodat hulle wedstryde sal kan begin wen, want die bestuurspan kon dit nog nie in twee jaar reg kry nie.

  29. JJ Says:

    AGj ja, wat kan ons nou se….Well Done Dawie Theron en Griekwa. ou NAKA ek so gehoop jy sou iets uit Pieter De Villier kon leer. Wanneer om spelers wat goed speel te los en waneer om die spelers te vervang. Om nie net n speler te kies oor reputasie en getrouheid en te kies op spelpeilvlak wie die beste in posisie op vorm is. Daar was snor wat amper sy gat gesien het om SCHALK BURGER bo BRUSSOUW te kies hoekm het snor De Villier dit gedoen net soos jy want OU SCHALKIE is deel van Bokke en hy het n reputasie en hy is al die jare getrou aan Bokke en ons kan hom nie los nie ons sal sy hartjie breek, ja en toe, SCHALK is n goeie speler maar nie op vorm nie kies n speler op vorm elke mens beleef seisoene en as n speler n winter seisoen beleef los dis nou as sy vorm af is los hom kies die ou wat op vorm is

  30. Henk Says:

    Ek moet se as ek van die mails lees weet ek nie of ek kan aangaan om ‘n cheetah ondersteuner te wees nie. Die span het wel sy foute maar om so aan te gaan en te se hoe sleg die mense is sal niemand iets in die sak bring nie, dit laat my net wonder of ek met cheetah ondersteuners geaasosieer wil word.
    Peet het ‘n goeie idee , Laat die eerste spanne van die Hoerskole wat die Naweek van ‘n game speel die voorwedstryde speel met miskien klubspanne die hoofvoorwedstryde, dit maak altyd die paviljoene voller.

    Ek hoop ook die mails kom by Cheetah bestuur uit. Hulle kan dalk net van paar dinge kennis neem

    Ek is net bly Demas het darem redelik goeie game gehad maar dit is so dat agterlyn voorspelbaar is , stuur bal in agterlyn af , vleuel of buite senter breek binnetoe en dan moet agterlyn probeer om bal te beskerm want voorspelers is nie by nie en by volgende beweging vat opposisie bal want agterlyn nie in plek.

    Admin kan julle terugvoer gee oor wat met mails gebeur.

  31. Spikkels Says:

    Die fout le nie net by die spelers nie.
    Dit is die besluitneming van afrigting en bestuur wat kommerwekkend is.
    Hoe kon hulle vir Jandre Blom aan SWD “leen” ???????????
    Hoe kon hulle n game begin sonder Ebersohn ???????????
    Spankeuses maak bitter min sin.
    Afrigting lyk planloos.
    Spelers word nie geleer om op die veld te “dink” nie.

    Daar was lyk my net 1 plan - daai dryfbeweging en teen die 3 de keer toe lees die Griekwas die manne soos n boek.

    Moet net nie nou vir ons kom gorrel oor ervaring van onder andere Blom nie….
    Ons is in die moeilikheid en dis nou die tyd vir “buite die boks” dink en ekperimenteer.

    Hou op om spelers te speel wat “verseker” van n plek is.
    Dit raak tyd om n ou wat (al is dit net een keer) n swak game het te drop tot hy homself weer bewys het.
    Wat van oeffen wedstryde weekliks ???????

  32. Frans Says:

    Kry die span om verassende rugby te speel. Die hardloop rugby wat by hulle afgedruk word, werk nie!!!!!!!!!! As iets nie werk nie verander dit. ‘n speler kan dit nie doen nie, want dan is hy uit die span.
    Gee die spelers die geleendheid om hulle eie spel patroon te doen. Hoe moet ‘n speler iets voluit doen as hy weet dit kan nie werk nie. ‘n Speler sal dinge met meer selfvertoue doen as hy vertoud is wat hy moet doen en hy weet dit kan werk. Ek belowe jou dit kan net beter gaan, want slegter kan dit nie gaan nie. Die afrigters moet net onthou julle werk en die spelers se werk kom in die gedrang. So laat die dinge werk wat moet werk en speel wen rugby, want dan gaan dit baie beter in die kamp.

  33. Chris Says:

    Sorry Henk maar dit lyk my dat jy steeds soos van die bittereinders probeer skerm vir ‘n slapgat NAKA. Maak jou oë oop en sien waar ons nou is!!!!…. En dit is TOTAAL en al NAKA se skuld!
    Die ondersteunders het die volste reg om BAIE ontevrede te wees en ek sal selfs sê dat ons moet kyk of ons ‘n optog kan reel na die VRU se kantore toe want Naka kan blykbaar nie sien dat hy aanjaag nie.
    Ek dink net dat jy wat die ondersteuners nou oor die kole wil haal is bietjie uit plek uit. Dié ondersteuners is die ouens wat wedstryd na wedstryd geld spandeer by die stadion en wat wedstryd na wedstryd druipstert huistoegaan en dit is als NAKA se skuld.

    Gaan kyk bietjie na die Bulle en die Springbokke se ondersteuners - hul sal nooit dat ‘n afrigter vir so lank so swak vaar nie - nie eens naastenby nie. Daarom kan nie nie nou verwag om ouens niks slegs te sê nie.

    NAKA MOET UIT - DIT IS ‘n FEIT!

  34. Piet Says:

    27 Cheetahfan as jy tevrede is met die tipe spel wat opgedis word is dit jou keuse. As ek my nie misgus nie het ons uit 13 S14 en 1 CB wedtryde 2 uit 14 gewen. dit klink net nie reg nie en iemand moes al verantwoordelikheid gevat het en reggemaak het. as enige profesionele ou in sy beroep so presteer was hy nie meer in sy pos nie. Laat hulle maar so aangaan as julle tevrede is.

  35. Wharren Says:

    Hey manne, die stadion was Vrydagaand mooi vol……vol lee sitplekke!
    Maar ons kan nie kwalik geneem word omdat stadion so lyk nie, hou aan met die spel dan word hy nog “voller”.
    Ek weet dit lyk vir party van die manne of ons net negatief is en moan, maar niemand hou van verloor nie, om die waarheid te se ek HAAT verloor.
    Maar ek is steeds positief en glo dat ons hierdie naweek n groot verbetering gaan sien.
    Ons kan die spelers wat Vrystaat los nie kwalik neem nie, WANT as ek n goeie speler is wat rugby wil speel en kry nie kans nie gaan ek ook loop al is ek hoe lief vir die Vrystaat. Hoekom koop ons mense soos Uys, Strydom en Potgieter as Ebersohns daar is. En as julle sulke ouens koop vir diepte dan kan hulle op die bench sit, MAAR gebruik ons eie ouens dan sal ons hulle kan hou. Rassie se plan met WP gaan hom ook nog byt met hierdie wat hy so die oorsese manne invoer wag maar en kyk.
    As Hollenbach game time gekry het sou hy ook nooit geloop het nie, maar hy het altyd gebench,kon uitstekende Vrystaat heelagter gewees het. Gee JW Jonker ook meer kans hy het talent en gee altyd sy beste.
    Ek wil net die Cheetahs verseker dat ek ALTYD agter hulle sal staan en altyd n Cheetah was, is en sal bly deur dik en dun. Speel met trots en ek voorspel n goeie oorwinning die naweek!

  36. Jan Plank Says:

    Wel ek het ook lank vir Naka geskerm, maar as jy nie wil luister nie, moet jy maar voel.

    Demas - Mapoe is, met sy min ervaring in die 15 man wedstryd, al strate beter as Demas. Ja Mapoe het sy tekortkominge (nog nie ‘n ordentlike skopvoet nie, want hy was gewoond om hom uit die moeilikheid uit te hardloop, maar nou is daar ongelukkig minder spasie in die 15 man spel, as in die 7 man spel) en speel wel op 11, maar hy sal 14 ook kan speel.

    JLP - Naka kies hom teen die GWK, terwyl hy weet GWK gaan ‘n taktiese skop wedstryd speel met Naas en Riaan. Louis is ‘n baie beter taktiese skop losskakel as JLP. Waar is Sias en Lionel? Nog te jonk en onervare? Te klein? Naas was op 19 al ‘n Springbok! Of gaan die jong spelers toegelaat word om die unie te verlaat, omdat ons hulle nie wil/wou gebruik het nie. En dan wil ons agterna daaroor huil??

    No 9 - Gerrie Odendaal word so min speelkans gegee en toe hy nou al amper verroes het van al die spykers in sy agterent op die bank in die VC wedstryde, toe moet hy ewe skielik kom red, want Blom is geleen aan SWD en Tewis (was self nie op standaard nie) is beseer. Gerrie is nie ‘n skaduwee van die speler wat hy by die Valke was nie en die rede hoekom Naka hom seer sekerlik gekoop het. Is dit hoe ons spelers bestuur? Hoekom is hy nie in die minder belangrike wedstryde gebruik nie? Sarel Pretorius het gewys wat in hom steek in die S14 en Vrydagaand teen ons. Hoekom is hy nie ‘n aanbod gemaak nie. JP Joubert word inderhaas hierheen aangevra, maar Carse word vir dié naweek gekies. Snaaks ons was nog 18-7 voor teen die GWK toe Carse opgekom het, wonder wat het daarna gebeur?

    Danillier - Groot man, maar speel sonder selfvertroue? Waar is die kopdokter? Met sy kanonpoot, hoekom word hy nie gebruik vir die lang skoppe pale toe nie. Ek dink dit is ook maar eers onlangs dat hulle hom begin gebruik het om die kantlynskoppe (aan sy kant van die veld) waar te neem. Gebruik hom meer om oor die voordeellyn te kom, soos ‘n vleuel wat teen die regte hoek insny.

    Senters - ‘Gelukkig’ is Meyer Bosman nou beseer, anders het Robert seker nooit sy regmatige kans gekry nie. Meyer speel al seker vir 2-3 seisoene onder sy vermoë en die meeste drieë is in sy kanaal, in die S14, teen ons gedruk. Aalwyn Hollenbach word laat gaan en speel goeie rugby by die Leeus. Pasop dat ons dit nie dalk al dié naweek berou nie.

    Kabamba - Daar skort ernstig iets met sy motivering (lees werkverrigting) op die veld. Baie potensiaal, maar onder presteer op die veld. Of is hy maar net ook een van die spelers wat swak bestuur was?

    Algemeen - Vandat die BI Leeus hier was doen almal nou die opskietverdediging en ‘up-and-unders’. Kan Helgaardt nie net die losskakel en senters wys hoe om ‘n ‘grubber’ deur te sit of net so ‘n vlak skoppie oor die verdedigers se koppe nie? En natuurlik moet die verskeie opsies afgewissel word, want dan sal daardie opskietverdedigers begin twyfel en nie meer weet of en wanneer hulle dit moet doen nie.

    Ek sal ook nie bekommerd wees of Naka/Hawies hier lees nie, want hulle is mos die enigste kenners van rugby, so hulle sal hulle nie veel aan ons steur nie.

    Bye-bye CB!!

  37. Chris Says:

    Ek stem saam met Piet. Cheetah fan jy moet bykom! Die afrigters jaag die grootste aan in die geskiedenis van Vrystaat rugby. Vrystaat het baie talent maar die afrigters moet bedank. En Cheetahfan ek ken nou nie vir Piet nie maar ek dink selfs hy sal ‘n beter job doen as wat die spanbestuur nou aanvang.

  38. CC Says:

    Alwyn Hollenbach is beslis ‘n goeie speler maar hy ly aan “Pretorius sindroom”. Hy het baie beserings gehad die afgelope paar jare, so hy’s nie “ge-bench” nie. Ek het net verlede week vir ‘n vriend gesê dis jammer dat hy Leeus toe is maar gee kans by sy derde game gaan hy ‘n besering opdoen. Woorde is skaars koud…… Wonder of hy reg sal wees om teen ons te speel die naweek?

    Die bitter smaak van die kwasse pil is nog in die mond, maar ek is beslis saterdag by Coca-Cola park om die boys te support (lyk of ek die enigste Cheetah support daar gaan wees, want julle is erg omgekrap met die Cheetahs)

  39. Andre Says:

    Die swakste span nog in ‘n Cheetah trui, Drotski en vennote is besig om ‘n Curry Beker Champ tot slang te verander!!!!
    Hendro Scholtz se dae is verby swak as ‘n kaptein nie volle wedstryd kan speel!!!

    Doen ‘n beroep op Naka en Hawies en Herold Verster om te bedank!!

    Laaste maar nie die minste OS boer eerder ek dink nie afrigting is in jou kraal nie.

    Is daar iemand wat vir ons kan plakate kan maak om te sien of ons nie van die afrigting clouns kan ontslae raak nie,ek sal die toegangs geld betaal(sal swaar wees maar ter wille van die Cheetha naam)

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree