Hello almal
Jammer dat die blog so stil was die afgelope ruk. Met die sokker in ons midde het dit moeilik gegaan om by ons kantore uit te kom… die Vodacom Vrystaat Cheetah span het egter aanhou oefen op die universiteit se velde en ons sien baie uit na die Absa Curriebeker, veral nadat dit so goed gegaan het met die vriendskaplike wedstryd teen die SWD Arende op George die afgelope naweek. Die telling was 15 - 42 in die Vodacom Vrystaat Cheetahs se guns. Die eerste Absa Curriebeker-wedstryd is 10 Julie teen die GWK Griekwas en beloof om soos altyd lekker rugby op te lewer.
Met die opwinding van die Britse en Ierse Leeus wat nog in die land is (maar dalk nie meer wil wees nie), is ons ook hard aan die beplanning van die eerste Drienasie-wedstryd wat hier gaan plaasvind op die 25ste Julie tussen die Springbokke en die All Blacks. Maak seker jy mis nie uit op hierdie ervaring nie - die All Blacks was 33 jaar gelede hier en dit gaan dus een wees wat niemand mag op uitmis nie.
So gepraat van ervaring, wat maak dit vir jou - die Vodacom Vrystaat Cheetah-ondersteuner die ervaring hier by Vodacom Park? Is dit die atmosfeer, die dansers, die Harleys, die Castle Deck? Gee graag jou mening en enige voorstelle - ons luister graag.
Moenie hierdie Absa Curriebeker-seisoen uitmis op die Vodacom Vrystaat Cheetah-ervaring nie!

Is dit dalk moontlik dat julle (met die afwagting van die All Blacks toets) dalk die resultate van die vorige AB wedstryde in Bloem kan gee? Vir beide die Bokke EN Vrystaat?
enige nuwe spelers vir die cheetas, sit ver hoor nie van alles nie
voorspoed ons ondersteun julle al vir 30 jaar,
Die Harleys is natuurlik uniek en maak die ervaring lekker.
Die dansers is een van die dinge waaroor ek al baie mense hoor kla het, mens kom kyk rugby nie meisies in bietjie klere . As die rugby goed is geniet almal dit. Verder kan daar gekyk word wat het die gees by die sokker so lekker gemaak om dit miskien ook in te bring. Was self in die stadion en die gees was baie lekker.
Hou van alles, net jammer ek kan nie elke naweek daar wees nie. Maar die 1 keer wat ek wel daar was, nou die dag teen die haaie, het ek dit beleef. Wens net daar is ook soveel mense as by die haaie en bulle se wedstryde. Die atmosfeer sal absoluut @#$^&&%^.. wees! Voorspoed met os span met die curriebeker
Ek is ‘n groot fan - of daar vermaak is of nie, ek gaan om my span te support…………….net ietsie wat ek so bietjie oor wonder: die nuwe dans meisietjies is darem vrek vrek jonk……moet jul nie weer kyk na girls wat darem ten minste 18 is nie - ek voel jammer vir die 14 en 15 jariges wat soms onder dronk manne se aantuigings blootgestel moet word………ek raai hul is so 14 of 15,lyk beslis so. In elk geval daar skort niks met jul vermaak andrsins by die stadion nie - Bloem is maar net te klein met geen stede naby nie, so die stadion sal maar net met semis en Finale vol wees wanneer die cheetahs speel……..ongelukkig kan die gewone fan wat ver bly nie 500km ry om bv Cheetahs Valke games te kyk nie. Wat stadions die volste maak is spanne wat wen en goeie rugby speel - lyk darem of dinge stadig weer besig is om in plek te val - altans hoop so. Stekte cheetahs vir die Curriebeker ek hoop jul maak dit die jaar!!
O ja nog ‘n ding - ek dink almal moet die jaar lig loop vir Griekwas - i die eerste deel van die curriebeker, hul het ‘n sterk span. Al wod hul ook elke jaar vrot gekoop bly hul mededingend sonder geld , so ek hoop van harte Griekwas kan die jaar die semis haal , sterkte vir hul ook!!
Yes, stem met die stelling van die ouens. Ek se ook n mens gaan stadion toe om goeie opwindende rugby te kyk, dit steek die atmosfeer binne n persoon aan wat die atmosfeer in die stadion bepaal. Voorstel ek sal graag soos vroeer n voor wedstryd sal sien voor die hoof game begin dit sal ook vir die ondersteuner waarde vir geld voel. En as dit kan sal ek laaik om ons Vrystaatse B span as die voor wedstryd te kyk, daar kan ons ook sien ons diepte, en sien wie die opkomende CHEETHAS gaan word. Dan die sangers wat hier kom sing veral voor wedstryd op die veld, laat weet asb die sangers daar sit mense aan die ander kant ook, nie net op die hoofpaviljoen nie laat hul bietjie om beweeg asb. Iets wat altyd lekker is en wat ons as ondersteuners deel laat voel van die span is onthou jul toe ons die CC teen die LEEUS gewen het het die span met die beker om die veld geloop en hande vir ons geklap om vir ons te se dankie onr het dit vir jul gedoen sjoe dis hoendervleis. Editor kan ons nie n unieke provinsie wees nog geen span doen dit nie, voorstel….. Die spelers warm mos altyd op en net voor hul kleedkamers toe gaan dan trek die span saam en beweeg so om die stadion net as n waardering ons is daar hul sien ons en hul gaan n wen deur trek terwyl die CHEETHA LIED speel of hoe!
Ons sal graag vir michael jackson as gaskunstenaar wil hê.
Aan die Editor!! As ek nog ‘n voorstel kan indien. Ek sien op die voorblad, kan ons stem wie ons dink is die beste vleuel / senter / flank ens. Kan julle nie dan vir ons ‘n blog gee waar ons kan saam praat nie - ek sal laaik om die ouens se kommetaar te hoor, hoekom hulle daardie spesifieke speler kies en bietjie gedagtes onder mekaar deel. Miskien is hier ouens wat blog wat al teen hierdie legendes gespeel het, en hulle ervaring met ons deel op die blog. Ek weet nie hoe voel die ander ondersteuners wat blog hieroor nie, ek hoor graag.
‘n Cheetah groete aan almal. Almal praat van die gees by die sokker. ek moet se ek was by my eerste sokker wedstryd en het al vier wedstryde in Bloemfontein bygewoon, en ek moet se dit was ‘n belewenis. Wat vir my uitgestaan het was die ordelikheid en dissipline van die toeskouers en nerens het jy enige dronklap gesien nie (dis iets waarna gekyk kan word) en dis dalk die rede dat soveel meer families eerder by die huis rugby kyk as om deur dronkies omring te word.
Rugby kan ook beslis gaan leer by celtics ondersteuners, oor hoe om ‘n player 23 FAN te wees.
Mag die Cheetahs hierdie jaar weer nuwe hoogtes bereik in die CB.
Alles is OK, behalwe die kaartjie pryse.
Ek wonder of dit 1 of 2 jaar is voor burssouw sharks toe gaan - almal weet die klomp panzies kan nie hul eie spelers ontwikkel nie. Ek dink 3 spelers van die shraks kom van durban af oorspronklik. Kan of moet daar nie ‘n reel ingestel word om vrystaat te beskerm teen die koop van al ons spelers nie?????
Ag wat Hein. Dit is OK. Ten minste kan ons spog met al die Bokke van hier af.
Soms is dit moeilik om sekere besluite van afrigters te verstaan. Ek begryp waarom Naka nie vir Nokwe ingesluit het in sy span vir Saterdag nie. Nokwe het verlede Saterdag, en ‘n paar vorige kere maar akkies gespeel. Sy konsentrasie op die veld is afwesig, en soms lyk dit of hy ook “afwesig” is, en net speel as die bal in sy hande beland. Dit luk nie of hy dink hy moet enigiets anders doen as om met ‘n bal te hol wanneer dit na sy kant toe kom nie ?
Maar dit verklaar nie juis hoekom Demas nog steeds gekies word nie. Hy is nog meer pateties as Nokwe ?
Chris, jy het vergeet dat Demas met ‘n oop doellyn vir die opkomende bokke die gelykmaker drie gedruk het (die eerste een ooit waar hy nie met ‘n oop doellyn knock nie.) Nou is hy mos vir die volgende 6 jaar in die beginspan. Ek persoonlik sal nooit vir nokwe laat gaan nie, gee hom die bal wyd en hys weg - hy het net ‘n swak game gehad maar is regtig goed volgens my……….Ek mis wel die windgat Phillip Burger - hy het daai flair gehad wat ons nodig het in die agterlyn.
Hein ek stem saam met jou. Persoonlik voel ek dat Nokwe nie genoeg “gebruik” word nie.
Daar word nie genoeg kaanse vir hom geskep nie, en dit is die afrigters se skuld.
Skep vir Nokwe kaanse en hy sal die drieë inryg.
Ek sie Hein wonder hoe lank dit gaan vat voor Brussouw gaan skuif by die Cheetahs. Wel as ek kyk hoe die manne afgerig word en die tipe spel wat hulle wil speel in die Curriebeker gaan nie net hy waai nie maar is daar geen manier dat die jong talent hier gaan bly nie. Dis asof die unie hulle blindstaar in sekere goed en allse verder kan tot niet gaan. Asb. hoe kan Demas speel? Waar is Robert en Sias en Lionel ens. Hulle gaan loop want hulle word stief behandel. Hoor juis stories dat Bevin ook maar swak behandel is en dis hoekom hy weg is. Ons laat manne soos Blom, van der Merwe en Hollenbach loop maar het nie waardige plaasvervangers nie. Laat ek maar ophou want dit gaan niks help om hier te kere te gaan nie. Om iets in Harold en de necker en Naka se koppe te kry is onmoontlik. Hulle is reg en ons die toeskouers weet niks. Hulle is dalk reg dat ons dom en onnosel is want ons bly Bloem toe ry om na die 3de rangse vertonings te kyk
WELL DONE NAKA!!! Jy het ons verkeerd bewys - ns was verkeerd. Jy is absoluut die beste afrigter wat die Vrystaat nog ooit gesien het! Die eerste ene in 12 jaar wat in Bloem teen griekwas verloor. Die eerste een wat heel laaste eindig in die super 14. Die coach wat ‘n nuwe wenkultuur geskep het, wat sorg dat die stadion voller en voller word , en wat die heel beste spelers kies, wat baie goeie moves vir die agterlyn laar oefen, daarvandaan ons gevaarlike agterlyn, ‘n Coach wat met ander se vroue lol, sorg dat die teenstanders se broeke bewe wanneer hul teen vrystaat moet speel, en sorg dat ons altyd ‘bo-aan’ die log is. Nie eers 1 punt in die game verdien nie, niks bonuspunte, niks……….ek sal die dag wat Naka sy goed vat en waai weer vir die Cheetahs skree……..ek kan verstaan dat al die spelers wil waai - wie wil nou vir so klomp mamparras bestuur speel? ons sal moet ligloop vir die boland en Luiperds - die woden spoon in curriebeker lyk na ‘n realiteit vir ons………..Cheers website - tot Naka gefire is sien jul my nie weer nie
Kan ek maar by Hein hierbo aansluit en ook ‘n bietjie spoeg. Dit is mos waarvoor die blog daar is? Ek is regtig al baie jare ‘n Vrystaat ondersteuner en ry ver, met baie kostes, om wedstryde te kyk. Soos ons nou aangaan sal ons egter die Stadion leegspeel. Hoeveel mense was Vrydag by die Game- 1000/ 2000? Wat my die meeste ontstel het was met die oefenige op die Veld voor die Game. Griekwas oefen doelgerig en met intensiteit, terwyl Vrystaat aan die ander kant van die veld net die bal vir mekaar pass en Naka hande in die broeksak kyk hoe Griekwas oefen. Nee wat kerels, een van die dae daag net die spelers vir die wedstryde op. Nou bele julle geld in ‘n “hass been” soos Louis Strydom terwyl julle met ‘n Sias Ebersohn en Lionel Cronje sit. G’n wonder dit gaan nie goed nie. Hoe gouer julle van Harold en Naka ontslae raak hoe beter, want hulle is net daar vir die Geld
Met skakels soos Strydom, Potgieter, Odendal en Carse gaan geen span erens kom nie. Totdat bestuurspan en Naka wakker word sal daar voort geploeter word. Die jongelinge soos Ebersohns gaan waai, want hierdie paloekas hou hulle uit.
HOE GOUER ONS ONTSLAE RAAK VAN NAKA HOE BETER - FANIE IS REG - DIE CHEETAHS IS BESIG OM DIE STADION LEEG TE SPEEL
Wat se julle nou? Ons gaan finals toe … dink julle nie dis tyd on ’skuus te se nie? Mooi so Naka … jy weet wat jy doen!
Die spyskaart vir die Cheetahs se aandete Saterdag 31 Oktober 2009 is een van die gunsteling resepte uit ‘n nuwe kookboek wat nou op die rakke beskikbaar is. Die gekose resep sal deur die Cheetah spelers self voorberei word nadat hulle die hoof bestanddele gaan oes het op Loftus.
MMMmmmmmm!!! - Daar is niks so lekker soos ‘n goeie gereg, voorberei met vars bestanddele nie.
GENIET DIT MANNE!!!!!
Goulash with bull testicles
Ingredients
2-3 tablespoons lard
4kg bull testicles
2-3 onions
1 clove garlic
peppercorn and ground pepper
thyme
mint herb
milfoil (plant)
red ground seasoning pepper or tomato puree
hot chilli pepper to taste
salt
mix seasoning
1 tbsp plain flour
200ml white wine
1 tablespoon honey
2 squares cooking chocolate
Method
Cut testicles into thin slices. Fry briefly, adding finely chopped onion, garlic, black ground pepper and chilli. Cook while gradually adding water. When nearly finished, add white wine. When wine evaporates a bit, add mix seasoning, pepper, thyme, milfoil, red pepper powder, mint herb and a tablespoon of flour. Mix all well until wine completely evaporates and at the very end add honey and chocolate. Instead of red ground seasoning pepper you can use tomato puree. Tomato puree is used to get red colour, so don’t use ketchup.
Die tweede keuse vir die spyskaart was die volgende resep.
Rocky Mountain Oysters - aka Bull Balls
40 bull testicles
1 or 2 cloves of garlic
Onion to taste
2 Tablespoons corn starch
1 cup white wine
Salt and pepper and tabasco to taste
1 cup water
*Wash and clean testicles thoroughly. Boil until tender*, about 30 to 45 minutes.
Drain thoroughly.
Sauté oysters, onion and garlic until brown.
Dissolve corn starch and water in cup, then add to oysters.
Add wine and let simmer until sauce thickens.
Add seasonings and serve steaming hot.