Ontmoet Louis Strydom!

Louis Strydom het pas sy eerste wedstryd vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs gespeel teen die Britse en Ierse Leeus.

Hierdie losskakel is gebore in Welkom op 21 Oktober, 1980 en is dus geen vreemdeling in die Vrystaat nie.  Hy geniet ‘n stukkie braaivleis, potjie golf en musiek van die 80’s.

Louis se geskiedenis op die rugbyveld is as volg:

  • 2000 - 2002 Griffons
  • 2003 - 2004 Blou Bulle
  • 2005 - 2006 Valke
  • 2007 - 2009 Leeus

Louis het dus geen probleem met ondervinding nie en wens hom alle sterkte toe hier by die Vodacom Vrystaat Cheetahs.louis-strydom

This entry was posted on Wednesday, June 10th, 2009 at 9:34 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

15 Responses to “Ontmoet Louis Strydom!”

  1. Stef Says:

    Louis welkom in Cheetah land. Ek vertrou dat jy die loskakel is wat weer die ding vir ons sal doen. Baie sterkte en gee net jou beste, dis goed genoeg.

  2. Chris Says:

    Hoe goed is jou stelskopwerk?

  3. Iluvrugby Says:

    Eerstens wil ek net se ek is trots op die Cheetahs,Julle het amper n toets span gewen waar van julle ook beter as hulle was,as ons maar net ons skoppe oor kon kry en Louis daai skepskop was amper,hoop jy trap nog diep spore in Vrystaat rugby en dan wil ek net aan al die Bloem Celtic ondersteuners dankie se dat julle die Cheetahs so geondersteun het die naweek!

  4. Gron Says:

    Sjoe! Gaan jy ook vir ‘n rekord ‘hoeveelheid spanne verteenwoordig’ soos Gaffie.

    Welkom. Sal goed wees om ‘n meer ervare losskakel te hê totdat die jonger ouens deurkom.

  5. Henk Says:

    Sterkte , hier hoop julle gaan in daardie kleur trui speel wat jy aanhet.

  6. benny Says:

    Louis, jy is baie welkom by Cheetah rugby. Soos jy gesien het, speel ons hier met trots. Jy is iemand wat n wedstryd kan draai en ek sal my duime styf vashou dat jy hier sal bly, die rugby sal geniet en net jou beste gee.

  7. JJ Says:

    Welkom Louis, ek dink jy is die regte medisyne wat ons nodig het, nadat ons Willem de Waaal verloor het, ek dink jy sal daardie rol kan vertolk, dis nou ook as ons afrigters jou sal kies bygese. Chris, ek het Louis al lank dopgehou, van die Leeus af, hy het ‘n goeie voetskop aan hom. En hy is ‘n speler wat die spel kan dikteer. Louis jy lyk stukke beter in daardie cheetha trui as in die blou bull of Leeus trui waarin jy gespeel het. Hawies om hemels naam asb gee Louis ‘n regverdige kans, nie 13min nie.

  8. Gron Says:

    Dammit. Sias Ebehrson is pas geskors uit die o/20 Wereldbeker nadat hy glo ‘n Frans-lat gebyt het.
    Weet nie wat hy gedink het nie. Hy was besig om ‘n goeie punt te maak oor sy vaardighede.

    Kannie dink dat die Franse kan lekker proe nie….

  9. Gron Says:

    LOL! Alhoewel… as hane proe hulle seker soos hoender. Hehe!

  10. Gron Says:

    Veels geluk Heinrich met jou roep na die Bokke.
    Ek hoop jy kry darem kans, want klink my PDV dink steeds Rossouw kan no6 speel.

  11. Gron Says:

    Hoekom? Die wit met die oranje streep lyk 100 keer beter!

    Ondersteun die beweging om Rugby in te sluit in die Olimpiese spele:
    http://www.olympic-rugby.org/

    Teken asseblief!

  12. Gron Says:

    Sal nice wees as Vrystaat fans ook die petisie om Rugby as ‘n Olimpiese Sport te kry, sal teken.
    (Sal nog nicer wees as die Vrystaat Rugby Unie dit ondersteun en motiveer)
    Die SA 7s span het almal geteken.

    http://www.olympic-rugby.org

  13. Hein Says:

    ek weet ek is nie nou by die regte topic nie, maar da is geen ander plek om te blog nie…..so ek wil oor die toets noem: ek dink Schalk burger het hom vandag vir goed uit die Bokspan gespeel en Brussouw het hom vir goed IN die span in gespeel. hy was briljant!!!! Aan al die Sharks: onwikkel jul eie donnerse spelers!! As jul vir Brussouw OOK gaan koop by al die dosyne wat jul al van ons gekoop het, gaan kak en persoonlik op jul veld…..

  14. Louis Nortje Says:

    Baie welkom Louis. Ek hoop jy lees die blog. Ek was baie opgewonde toe ek hoor jy kom Cheetah land toe. Het gedink jy’t baie goed by die Leeus gedoen. Hoop almal gee jou n goeie kans. Hulle moet net besef dinge gebeur nie oornag nie en dat jy dalk so rukkie sal vat om aan die kant gewoont te raak. Net 1 groot guns, oefen, oefen oefen…. jou skopwerk dat ons darem weer weer meer “skop ” punte kan kry. Hengse belangrik.

    In elk geval, maak ons trots in die Curriebeker sodat ons dit weer kan vat

  15. Andre Says:

    Tertius Carse as jy ophou om die skeidsregter sy werk te wil leer en meer daarop konsentreer om jouswak spel styl te verbeter mag dit net dal beter met jou gaan

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree