Ons het twaalf jaar gewag en uiteindelik is dit hier - die wedstryd tussen die Vodacom Vrystaat Cheetahs en die Britse en Ierse Leeus.
Maak seker jy mis nie uit op hierdie geleentheid om die atmosfeer saam met hierdie geskiedkundige wedstryd te mis nie en koop NOU jou kaartjie. Jakkie Louw gaan die vermaak verskaf.
Die span is:
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. JW Jonker
10. Jacques-Louis Potgieter
9. Tewis de Bruyn
8. Hendro Scholtz (k)
7. Francois Uys
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. Kobus Calldo
2. Adriian Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. Richardt Strauss
17. WP Nel
18. Frans Viljoen
19. Kabamba Floors
20. Gerrie Odendaal
21. Louis Strydom
22. Fabian Juries

Nog steeds ‘n leemte op vleuel. En die BIL-span se vleuels is, behalwe vir Shane Williams, groot manne. En bleddie vinnig.
Dis jammer dat Pieter de V se oogklappe op was met die keuse van Schalk Burger bo Heinrich B en selfs Dewald Potgieter en Deon Stegmann Jacques Botes. Maar dis maar hoe dit gaan as daar bestaande Bok-kontrakte is en dit pleinweg stupid is om ‘n uit-vorm man nie te kies vs dia manne wat hulself bewys het die afgelope seisoen. SA rugby se beursie het dus die besluit gemaak en nie net sinnelose drogredenasies en spin-doctor sakies nie. Wil graga hoor wat die mede-Cheetah ondersteuners voel.
Dink die B&I lions was ori maan toe hul sien Brussouw is uit di springbok span gelaat mar hul smiles was vinnig af gevee toe hul agter kom hul gn nou teen hom die naweek speel..
Is ook baie bly om vi francois Uys in die span te sien. Lyk rerig na ‘n goeie prospect. Dis ook goed om te sien JW kry weer ‘n kans..
Kom julle.. Wys ons wat in die curriebeker voorle..
So gehoop Demas het ge AWOL, maar ek sien ons was nie so gelukkig nie.
Baie bly oor Gerrie Odendaal wat op die bank is. Hoop net hy kry speel kans!
Die ondersteuners moet daardie pawiljoene oranje maak.
Sou graag daar wou wees, maar ek herstel nog van die uitgawes wat aangegaan was om die Cheetahs teen die Crusaders te kon sien.
Cheetah groete hier uit Snor City.
Lyk nie sleg nie. Kom ons hoop ons senters sal die mas opkom. Oor 14 praat ek nie meer nie.
Hoop Gerrie gaan genoeg speel tyd kry.
Sterkte aan die Cheetah speelers.
Ek wil by management weet wanneer en hoe begin die Cheetahs kyk vir spelers vir volgende jr? Hoe werk dit en hoeveel spelers, GOEIES, gaan na Cheetah land gebring word?
Naka wil nie luister oor Demas nie, en dit gaan nog ‘n duur prys vir Vrystaat rugby word. Demas is pleinweg useless, en kan net ‘n politieke insluiting wees. As mens na gisteraand se game tussen die BL en die GL kyk, dan is my hart swaar vir Saterdag. Ons kan hulle miskien voor ( nie met Calldo nie ), en wel in die los aanvat, maar agter is ons net so pateties gewees in die S14 as die GL gisteraand. En dis waar die Ingelse hulle gisteraand in repe geskeur het, en dis waar hulle, en ons, weet hulle dit met ons kan doen as ons nog steeds vir Hawies as agterlyn afrigter het ! As die Cheetahs nie Saterdag die Ingelse vasmaak en starve met balle nie, het ons moeilikheid. En verseker het BL die Cheetahs behoorlik bestudeer, en weet hulle dit gaan waarskynlik nog makliker wees om deur en om ons agterlyn te kom !
Dis myns insiens ‘n skreiende skande dat H.Brussow nie in die Bok squad is nie. Hoe lank gaan sportskrywers, wat gewoonlik ook maar weinig van rugby weet, nog vir “Hol-en-val-Burger-wat-net-loop-en-raas-en-oor-almal-val” in die bokspan inskryf. Hy kan de Villiers en die Bokke se grootste las word.
Daar is ‘n gesegde wat se ‘n donkie stamp sy kom nie 2 keer nie, maar ons ou donkies afrigters hulle laaik om hulle koppe oor en oor te stamp met hulle spankeuses. Alweer Demas bo Fabian of ‘n Edrick Fredrick, geen wonder daar loop stories dat Fabian P.E toe wil gaan nie. Ek sou Fabian bo Demas kies, ek sou JW senter toe skuif in Meyer se plek en hom bank toe skuif. Ek sou ook vir Louis Strydom begin het om die grondslag te le, omdat Louis op die oomblik wedstryd fiks is en skerpheid op die oomblik is, waar JLP ‘n ruk sonder speel kans was, en miskien nie wedstryd fiks of skerpheid het nie. Ek sou ook vir Frans bo Hendro kies, Hendro sal op die staduim beter vaar as ‘n inpak speler as ‘n ou wie jy moet steun om die fondasie te le, Hendro se beserings spook te veel in sy agterkop en beinvloed sy spel. Frans sal ook vir my meer bied as ‘n opsie in die lynstane. My kaptein sou Brussouw wees, hy lei met voorbeeld en speel vurig wat die res van die pak en span beinvloed.Ek is bly vir Francois Uys ek dink hy en Brussouw sal saam dodelik wees op die verdedigend en baie kompeterend wees op die grond. Mooi gedink daar Naka……Verder soos die blog se ons het 12jaar gewag, moet dit asb nie opneek in 80min soos die Leeus nie, dis iets wat julle as spelers moet sien as ‘n eer en moet onthou, vir die Leeus dink ek dis ‘n wedstryd wat hulle wil vergeet en dankbaar is dis eers weer oor 12j. Sterkte manne.
Kollegas, ek bespeur min opgewondenheid oor more se wedstryd. Lyk my daar is ‘n laat-maar-gaan houding, amper soos met die brons welpies van Johannesburg. Editor, hoe lyk dit met biki vuur op die blog?
Ons is maar dun agter maar glo die manne sal hulle beste doen. Ons kort soos in dringend ‘n vaskop en op senter en vleuel. Wat die Unie gaan doen om ons op standaard te kry bly ‘n ope vraag. Weet nie maar dalk kan iemand die volgende bevestig of verkkerd bewys. Hier loop stories rond dat van die R6500000 wat die unie van Vodacom kry gaan slegs R1600000 na spelers.!!!!!!!!!! Waar gaan die res heen? Dan loop hier ook Stories rond dat die Unie Supersport R3000000 skuld en dit moet dringend terugbetaal word anders……… dalk weet een van julle iets of dalk kan die unie reageer as hulle die komentaar lees
Louis, ek dink dit is belangriker om die huidige spelers te hou. Ons het tekens gesien in die S14 wat kan gebeur as hierdie ouens as ‘n eenheid speel. Wens net Ebehrson kon in hierdie game speel.
En Ashley Johnson kon regtig ‘n kans gekry het om op te kom in hierdie game.
Hendro speel lyk my ‘n groot rol in die span as ‘n leier, want as ‘n speler is hy ongelukkig NIE die eerste keuse 8ste man in my oë nie.
Ag nee ! Demas alweer in die span ? Black mail Demas vir Naka oor iets want Kaka kan nie so blind wees nie. Anders lyk die span goed en sad maar ook happy Brussouw is terug. Het retig gehoop hy maak bok span.
Amazing!
Kyk net hoe probeer Naka nuwe goed voor die CurieCup! Die wedstryd beteken NIKS so dit is goed om te sien hy probeer nuwe kombinasies… Dis ‘n span met spelers wat ons nog nooit die jaar gesien het nie…
Ek is sommer opgewonde want nou gaan ons seker ook nuwe spelplan en verdedigingspatrone op die veld sien!
—>SARKASME<—
Sat 15:00 - Hoop
16:00 - Wonder ons wat ons beter kan doen in die 2e helfter…
16:40 - Voel ons ons kon die wedstryd gewen het, maar toe was dit net daai een of twee goed…
16:50 - Spin Naka ‘n paar verskonings vir die TV
17:00 - begin wag ons op die CC… weer met Hoop, maar met ‘n wete dat die prentjie hom nog baie gaan herhaal die jaar….
PS: SP praat van die “brons welpies van Johannesburg” ten minste weet die welpies waneer ‘n afrigter genoeg kanse gegee is….
Aan Vrystaat Rugby: Dink jul ons ondersteuners is op soek na verskonings of resultate?? Ons het nie ‘n saak met flou verskonings nie, ruk die rugby reg……….of ons begin ook binnekort ons eie spelers boe!
Sterkte Vrystaat
Leer uit die GL se wedstryd teen die Britse Leeus. Doen alles op volle vaart-slaan hard in by die losgemale en maak seker van daardie binne toe aangee waarvoor hulle agterlyn so lief is. Duik die bal- nie die man? Vertrou mekaar en maak seker julle verdedig sekuur maar moenie te veel manne afstaan aan losgemale wat hulle klaar gewen het nie. En waar is al die oud vrystaatspelers ons wil julle sien en hoor oor Vrystaat rugby-raak betrokke asb.
Kom ons wys weereens aan elke liewe “kenner” ( wat die pers definitief insluit)waaroor VRYSTAAT rugby gaan. Trots, samespel en die geniet-faktor. Of soos die leuse se: bigger, faster, stronger. Ek is bankvas agter die ouens. Ek self hou nie van demas nie, seker daaroor dat ek sy van met n kleinletter spel, maar laat ons kyk wat gebeur julle. Een ding is n feit. Dis ons span hierdie en ons gaan hulle support deur dik en dun soos ons elke keer doen.
Kom ouens, kom ons wees vir n slag positief teenoor ons span. Al is dit vir die spelers se onthalwe. Kom ons leer by die Haaie en Bulle, hulle word ondersteun al verloor hulle. Ons het dit al in die verlede gesien,
Net n gedagte.Moenie aan die slaap gevang word met Sias Ebersohn en daai cronje outjie nie,as ons weer ons oe uit vee dan speel daai outjies vir Natal,soos f steyn ruan ens.Ons gaan koop mos in Boland ens en ons Grey outjies wat springbok materiaal is word nie plek gegee nie.ASB kan bestuur vir ons vertel wat die planne is met daai outjies.Ek se julle,ons gaan daai outjie verloor.Word wakker!
Hi, Congratulations to the site owner for this marvelous work you’ve done. It has lots of useful and interesting data.
york, stem saam.
Een outjie van Grey wat my ongelooflik impress is Egbert Ras. ‘n Rukkie terug met hom gepraat. Sy daaglikse oefenprogram is byna onmenslik en hy het ‘n ongelooflike honger om beter en beter te doen. As ‘n 8ste man sal hy wragtig baie vir die Vrystaat beteken in die toekoms!
Ek dink dat Vrystaat se spel beter was teen die Britse/Ierse leeus as in die Super 14 maar daar is ‘n paar dinge wat my steeds erg bekommer - (Naka Drotske as afrigter is my ergste bekommernis maar ek sal vandag niks oor hom sê nie behalwe dat hy nie ‘n afrigter se gat werd is nie).
Ek is bekommerd oor Jaquis-Louis Potgieter se aangeë. As hy die bal kry gee hy 2 tree vorentoe en dan stop hy en dan “pass” hy die bal…. elke keer. Hy kan lyk my nie die bal aangee terwyl hy harloop nie en dit het die vloei en die spoed waarmee die agterlyn aanval het bietjie vertraag. As ek moet skat sou ek sê dat hy met die tegniek veroosaak dat ons minstens ‘n halwe meter inboet terwyl die verdedigers aan die anderkant minstens ‘n halwe meter wen. Dit beteken dat ons in derr waarheid ‘n meter verloor en soos baie mense weet kan ‘n meter die verskil tussen wen en verloor beteken.
My volgende kwelling gaan oor ons stelskoppers - Nie een van hul is betroubaar of goed genoeg nie. Potgieter het ‘n gemiddelde skop gemis en dit is die goed genoeg vir Cheetah rugby nie. Ek sal daarvan hou as ons vir Willem de Waal of iemand met sy stelskop gehalte kan kry.
Met my derde punt moet ek vir Demas sê dat hy die bangste rugbyspeler is wat ek nog ooit gesien het en dat ek dink sy onderbroeke is na elke wedstryd vuil geskuit omdat mens kan sien hoe bang hy is om getackle te word. Ek het al oomblikke van “skill” by hom gewaar en ek dink dat die afrigters dit miskien op die oefenveld kan raaksien het maar ek dink hy het ons almal nou bewys dat die vrees vir die verdediger by hom inhirent is en dat hy miskien moet fokus op ‘n touch-rugby.
My laaste bekommernis is ons heelagter, Hennie Daniller. Hy lyk baie verward onder die hoë bal en sy swak tegniek om ‘n rugbybal te vang het ek al in sy eerste wedstryd gesien - hy slaan die bal baie keer van sy bors af vorentoe aan. Ek kan nie verstaan hoekom hul hom nie kan leer om ‘n bal te vang nie - hy vaar elke keer slegter as sy mededingers onder die hoë bal.
Nou wil ek net my opsomming oor die wedstryd gee - ons voorspelers se spel was goed en Heinrich Brussow het BAIE balle vir ons gesteel. (Heinrich jy was Great). Die agtespelers het lekker lyne gehardloop en ek sal meer daarvan wil sien maar dit voel vir my steeds asof die skakeling tussen voorspelers en die agterlyn nie lekker is nie. Ek voel ook die agterlyn het vie westryd vir ons verloor. Ek wil ook net weer bevestig wat ek in elke liewe game sien wat ons speel sonder Juan Smith en dit is dat die span meer spark het en vir my meer verlig voorkom - my afleiding is dat Juan Smith nie ‘n goeie kaptein is nie want hy is te negatief.
Dit was heelwat beter!! Maar nie goed genoeg vir curriebeker aanspraakmakers nie. Net so paar voorstelle:
Sit vir louis Strydom in - ons het met skoppe pale toe verloor.
Sit vir Gerrie odendaal in de Bruyn se plek in - Tewis is nie goed genoeg nie en maak baie foute…
Vervang vir Francois Uys met Frans Viljoen
Bring vir kabamba Halftyd op - nie met 13 minute oor nie
Oefen om die dekselse hoe skoppe te vang!!
En werk vrek hard aan die skrums, dalk werk dit.
Maar well done Du Preez, Brussouw, Corne Uys jul was volgens my die beste spelers
Goed gespeel. Was nog nie jul beste nie, maar dit is lekker om julle te ondersteun as julle lyk of julle wil speel, soos hierdie naweek.
Ons sit steeds met ‘n groot probleem op vaskop. Kan ons nie ‘n paar borge vra om CJ te help betaal vir die volgende jaar nie? Kloppers? Vodacom?
Kerels ons sit met afrigters wat die span nie op meriete of op vorm of wat die beste is in ‘n posisie kies nie, maar spelers kies uit emosies. Daar is Louis Strydom om te begin, hy is op vorm, hy is wedstryd fiks, hy is sonder ‘n besering maar Hawies kies JLP op grond van of sy rede dat JLP was van die begin af sy nr1 keuse en deel van die span so ons kies hom. My vrek Hawie ons almal weet dit my ou…..maar dit gaan oor wie is die beste speler vir daardie posisie vir daardie oomblik vir daardie wedstryd of hoe kies jy dan ‘n span. JLP het vir ‘n paar weke geen rugby gespeel nie, sy skerpheid was nie saterdag daar nie, en ons almal kon dit gesien het, behalwe jy anders sou jy Louis sekerlik vroeer opgebring het. Ons weet JLP het super 14 gespeel en als, maar ek weet nie julle ondersteuners moet my reghelp maar ek sal nie net ‘n speler kies net oor lojaliteit nie, en dit lyk my is die geval met die kies van die span, maak nie saak hoe goed of sleg ‘n speler speel nie, die afrigters kies hom want hulle is lojaal teenoor hulle, wat nie verkeerd is nie, maar my heng man, ek kan nie vir Demas saterdag vir saterdag kies om te begin en hy presteer nie, en hy is bang en als maar ek kies hom want hy is elke oefening daar en hy dra die slaan sakke rond en bere die oefening goed en hy is altyd gewillig om die vuil werkies van die veld af te doen en nou kies ek hom want hy is lojaal teenoor my en nou is ek lojaal teenoor hom. Iewers moet die streep getrek word. Dieselfde met JLP om met hom te praat en se luister boet, ek gaan jou halftyd of so opbring ek wil eers kyk hoe gaan jou besering aan, en wil jou so stelselmatig wedstryd skerheid kry, op die oomblik is Louis op vorm so ek gaan hom begin. Maar nee, ek kies JLP hy was lojaal in die super14 so ek kies hom of hy dit gaan maak of nie, ek kies hom en punt. Kerels dink ek of redeneer ek nou verkeerd ek is oop vir kritiek maar ek verstaan nie…. En die ander ding wat my dronk slaan van jou en Naka. Wat moet Kabamba / Louis Strydom die impakspelers nou eintlik vermag of doen of doel wees met 13min. Dit vat hulle 5 - 7min om in die game en in die vloei van die wedstryd in te kom wat hulle los met 8min om ‘n inpak te maak. Ek kan dit net nie verstaan wanneeer die hele S.A kan sien dat ‘n speler swaar kry, of nie goed vaar of ‘n afdag beleef of sommer net plein weg k@k speel dat so ‘n speler nie te minste half tyd vervang word met ‘n inpak speler wie se dag dit wel kan wees, en wat ‘n verskil kan maak. Ek wonder net, as jy vir Demas in die 20min vervang het met Fabian en hy moes die kanse gekry het soos DEMAS wat sou dalk gebeur het. Maar ons sal nie weet nie, want julle doen dit nie. Nou moet ‘n ou soos Kabamba, Frans, Louis 13min kry om iets te doen, wat hy amper reggekry het met die drop pale toe, dan wonder ‘n mens net weer hoekom is Louis nie halftyd op gebring en genoeg tyd gegee nie. Net soos Chris daar se JLP het gesukkel om die lyn weg te kry en Louis het die bietjie wat hy op die veld was vloei gekry. Ons kon hierdie game gewen het, ek wil my verstout om te se, en dis my mening en dis nie omdat ek so gese het of dik nek wil skiet of so, maar as Louis begin het in JLP, Fabian in Demas, Frans in Hendro of Frans Uys, Gerrie in Tewis, WP nel IN CALLDO se plek sou jy ‘n ander game gesien het, maar dis wat ek glo. Een krediet aan die spelers / span, nie die afrigters nie, hulle kry niks….. aan Hendro en span, toe die Leeus met 14 man was, het julle julle kanse gebruik en toe dit 20 / 14 was moes julle vir mekaar gese het, ons is terug in die game, kom ons hou ons in die game, en dit het julle gedoen en vermag om tot die laaste sek ‘n kans gehad om die wa deur te trek, dit was mooi om daardie karakter van julle te sien. Toe die telling 23 / 14 was het ek amper die idee gekry hier gaan die Leeus weer vooruit en dit gaan moeilik wees om hulle te vang, maar julle het daardie karakter gewys van ons moet in die game bly.
JJ beter kon ek dit nie stel nie. 120% reg. Ek stem met elke woord saam wat jy hier bo skryf.
JJ
Raakgevat!ONs moet leer uit ander se foute-speel spelers wat op vorm is nie name met n geskiedenis nie.As PdV een ding uit Saterdag moes leer is dit dat John Smit vreeslik hard gaan ….want in die hele super 14 het Cobus nie een keer so swaar gekry soos saterdag nie.
Onthou egter ook dat JLP heelwat af tyd gehad het met sy duim- dit lyk egter nie of hy in daardie tyd aan sy stelskopwerk geoefen het nie! Nee man- in vandag se tyd behoort geen speler wat profesioneel is n skop in sy opponente se halfgebied te mis nie. Ons soek n vaskop, n slot en iemand om druk op Meyer Bosman te sit vir die binne senter posisie. Waar speel klein Burger rugby wil hy nie terugkom Vrystaat toe nie? Ek is opgewonde oor die flank uys, Gerrie odendaal en WP Nel- met genoeg speeltyd gaan hulle uitstekende spelers word. Vra Os om kobus caldo so bietjie onder hande te neem miskien help dit.
Weet iemand hoe gaan dit met Wilton Peterson gaan hy volkome herstel en weer beskikbaar wees vir ons. En kom ons kry al daai manne in Bloemfontein om bietjie stadion toe te gaan- magtig dit lyk darem sleg as hy so halfvol is.
Ja jong,ek het 500km gery om die game by te woon - waar was al die bloemfonteiners???? Net 24000 mense kom kyk ‘n span wat 12 jaar gelede hier was……dis teleurstellend….maar ek neem ook nie heeltemal kwalik nie, ‘n span wat laaste eindig gaan nie sommer ‘n vol stadion he nie.
Mede Cheetah supporters, ek dink party van ons ruk nou die hoender se hol uit. Ons stem almal saam dat Demas hopeloos is, maar ons weet darem seker almal dat hy 100% ‘n kwota insluiting is, en Naka se hande is bietjie vas. Dié ouens wat van F.Juries praat, het verseker nie in die S14 gesien dat hy ewe oneffektief is nie ? Is Calldo so swak of word daar nie aan die spelers se vaardighede gewerk nie. Hoe kan ons sê dat L.Strydom, na 13 minute se spel, by JLP behoort oor te neem ? Daar is seker nie ‘n meer defintiewe manier om spelers swak te hou, as om hulle in-en-uit ‘n span te laat nie ? JLP moet gereeld genoeg speel, maar die hele span se vaardighede kort dringende aandag. Die ander Chris haal Naka ernstig uit, maar vir my klink dit meer of hy ‘n persoonlike vete met Naka het. Die regte sondebok is Hawies, en dis hy wat moet skuif. Maar al die spelers moet baie meer druk op hul kry om te perform soos hulle moet.
O ja, ek moet noem dat die truie waarmee ons teen die Leeus gespeel het darem vrek mooi was, weet iemand of ons die curriebeker met daai triue gaan speel? Want die truie laasjaar het sulke vieslike ‘oranje sweetkolle’ onder die arms gehad - die nuwe truie lyk soos tradisionele vrystaat trui ek hoop dit bly vir die curriebeker!!
Dia Stadion volmaak teen R285(Lions game) n kaartjie in die ressesie tydperk!! Nee wat jul het n Sneeuman se hoop in hel om dit regtekry. Rugby ondersteuners betaal baie meer as sokker fans (R40).
Wat die rugby oorwinnings betref dis net valshoop ! Vrystaat rugby kan en sal net wen as ander spanne afdae het!! Dis nie dat ons nie spelers kan koop of het nie, niemand wil hierheen kom asgevolg van die Vrystaat Bestuur nie. Die GLRU het ontslae geraak van hul afrigtingspan en nou ook hul president !! Maar in Vrystaat Rugby (mugabe land)sal ons aanbly tot alles op geneuk is. Die ou afrikaner mentaliteit wat hierdie land tot In N gemors gedompel het, sit vas soos strooi in n wolkombers in hierdie Rugby Unie.
Gee hierdie Afrigtingspan en Bestuur vir die “All Blacks” en binne 5 min verloor hulle teen die “Ivoorkus” want hul sal al hul Boland spelers saam met hul vat & Dan Carter vervang met JLP!!
Vrystaat Rugby het nie n speler probleem nie hul het n BESTUURS & AFRIGTERS PROBLEEM !!
HAROLD & OU NAKA VAT JUL GOED EN LOOP !! STAMAYA !! GO !! VOERTSEK !! YOU HAVE OVERSTAYED YOUR WELCOME !!
Wel, ek stem saam dat ek wragtig nie die geld het om ‘n game by te woon teen daardie kostes nie.
Heck… spandeer eerder my laaste R300 op MNET waar ek die res van die games ook darem kan sien.
Die res van Daan se aantuigings stem ek net gedeeltelik saam. Verster moes lankal die pad gevat het.
Hi ChrisB,,,, Ek het nog altyd van Naka gehou - ek het een van sy rugbytruie en dit was ‘n ding wat hy nie sommer weggegee het nie na aanleiding van hoe ander mense uitfreak as hul dit sien.
Ek voel net MOERSE gatvol vir hom omdat hy eenvoudig nie wil bedank nie. En ek stem saam met Daan dat hy ons UNIE onbekostigbare skade aandoen.
Chris B - Ons Vrystaters moet leer om ontevedenheid te wys — kom ek stel dit so: As die Springbokspan onder Pieter De Villiers in ‘n Wereldbeker toernooi laaste van al die spanne eindig sal hy defnitief nie meer die afrigter wees van die Springbok span nie - NIKS sal hom daar hou nie.. nie sy swart vel nie en ook nie die feit dat hy in die ANC se gat opgekruip is sal hom daar kan hou nie want vir die Springbok ondersteuners gaan dit oor WEN…
NOU IS MY GROOT VRAE NET - Hoekom is dit nie so met Vrystaat Rugby nie? Hoekom mag die Vrystaat onderpresteer maar die Springbokke nie? Het ons dan nie genoeg trots in ons om te sê ons duld nie meer verloor nie, en ook nie meer verskonings nie?
Ons het al met minder talent en ervaring in die span beter gevaar in die Super 14,, daarom kan ons nie sê dit is die span nie maar die afrigters… en NAKA is hoofafrigter. Die Vrystaat se bestuur- en afrigtingspan moet wortel en tak uitgeroei word en dit moet vervang word met nuwe vars mense.
Ons kort nuwe visie, dimensie en ambisie. Die arme spelers wat elke week moet speel gaan so erg gebuk onder die afrigters se foute dat hul nooit deur springbok keurders eers raakgesien gaan word nie en dit is als die afrigters se fout. Brussow sou al lankal in die bokspan gespeel het as hy vir die Bulle of vir die Sharks gaan speel het.
Ditto!! Maar die hartseer is dat ons nod ‘n volle curriebeker seisoen (op die minste) met onbevoegde afrigters gaan sit…….
Kerels, ek wil net vermeld dat die Cheetahs se wen in die S14 oor die Haaie glad nie ‘n verrassing was, te oordeel aan die spel van die Haaie gisteraand. Skielik is die naelskraapse verloor teen die Britse Leeus in perspektief. Die Cheetahs is op die regte pad, ek is oortuig. Stekte Louis S en JLP en kerels.
Manne dit help nie eers ons kla hier nie. die Unie se manne lees nie wat ons skryf nie of liewer hulle lees dalk maar ignoreer dit net. Solank daar geld is om hulle te betaal sal hulle daar sit. Kan nie glo dat hulle nie agterkom dat hulle die Cheetahs teen ‘n afgrond afstoot nie.
Chris, ek verskil nie van jou oor die feit dat ons moet ophou om so gullible te wees, en moet begin aandring op top resultate van ons span nie. As jy die “ou” web geken het sou jy geweet het dat ek waarskynlik een van hul grootste kritici is. Maar ek stem nie saam dat Naka die grootste sondebok is nie. Die afrigting probleem is by Hawies, en ja, dis se plig Naka om dit uit te sorteer, maar die spelers is ervare, is daar omdat hulle rugby KAN speel, so moet hulle gatte gelek word om dit te doen ?
Demas is ‘n politieke probleem wat Naka nie kan of mag uitsorteer nie, tensy hy ‘n anderskleurige goeie speler in ‘n ander posisie kan kry. Die Cheetah-vories, met uitsondering van Calldo, speel nog steeds puik rugby en dit bewys hulle baie beter resultate teen die BL tot dusvêr, maar ons agterlyn vaar shit, en dis maklik om te sien dat dit’n afrigtings-probleem is. En onthou as dit nie vir Barnes se partydigheid/onnoselheid was in die laaste maul van die game teen die Engelse nie, het ons waarskynlik daai game gewen!
Maar die werklike probleem lê by die bestuur en admin van Vrystaat rugby, en ons kan die heel beste afrigters in die wêreld kry, solank daardie probleem bestaan gaan ons met dieselfde probleme sit. Ons gaan nog steeds nie geld hê nie, want hulle is hopeloos te onbevoeg en onkundig oor bemarking, oor wat benodig word om die pawiljoene vol te maak, en spelers wat dit verdien in die Springbok spanne te kry. Duanne verlaat die Cheetahs, en in sy eerste seisoen by WP, is hy in die opkomende Bokspan. Brussow is die beste baljagter wat SA het, en lojaal genoeg om by die Cheetahs te bly, maar hy haal nie een van dié Bokspanne nie ? So Naka en die Vrystaat bestuur moet ophou met snert praat oor spelers wat verloor word vir geld, hulle word verloor omdat hulle byna geen kans staan om ook ‘n Springbok kontrak te kry nie. As geld die redes was, hoekom het Juan, Os steeds vir die Vrystaat bly speel ?
Die Lions het in 2 weke se tyd hul afrigter, maar ook hul “grootbaas” gepos. Waarom sukkel ons so om dit te doen ? Ons weet mos dis al lankal tyd daarvoor !!!
Chris B,, Ek dink nie net dat dit Hawies is nie - Die hoofafrigter moet hom mos uistsort soos wat jy daar sê.. en as hy die nie kan doen nie dan kort ons ‘n hoofafrigter wat sy werk kan doen. Ek sal ook like as die hele Cheetah bestuur en afrigtingspan vervang word.
SP,, Die Shark span het gespeel sonder 6 van hul Springbokke - as jy die Cheetahs aan die Sharks se vertoning meet dan maak jy ‘n groot fout.
Die oudspelers wat nog in of om Bloemfontein woon, en/of die belange van die Vrystaat op die hart dra MOET EENVOUDIG uit hulle dop kruip en betrokke raak. ‘n Drukgroep van ondersteuners en oud spelers kan baie vermag- dis presies wat by die Leeus die deurslag gegee het.
Nee wat ou vriend, Chris B, in jou eerste skrywe, klink jy net soos die ou H.N.P party van ouds.
HAP NA PAP. Gris B, om te begin by Demas…. ja ek het ook ‘n vermoede kwota speel ‘n rol, maar heng daar is Egon Second, Gavin Passens, Basson, Fabian self Edrick Fredrick wat ek sal kies bo Demas en al hierdie spelers is bruin speler wie hy kan kies op grond van kwota. Nee pel ek dink dis omdat Hawie van Boland afkom en Demas ook en in daardie era, het Demas presteer en het Demas wedstryde vir Hawie gewen en skierlik was Demas se naam in S.A rond, maar wat Hawie vergeet het, is dat Demas presteer het op ‘n laer ligga en van daardie ligga na CC en super 14 is ‘n ander liga, en ek weet nie of Hawie hierdie Demas sindroom nog het wat hy glo Demas is die man wat wedstryde vir ons kan wen nie, en ons moet hom net kans gee, want hy weet wat steek in Demas. Die feit is, ons as ondersteuners weet ook wat in Demas steek…..nie veel nie, veral nie op hierdie vlak nie, en eintlik doen Hawie vir Demas ‘n oneer aan en Demas vir homself. Iets wat die lewe ons leer is, doen dit waarin jy goed is, en as jy dit ontdek het, word ‘n meester daarin. En as ek ou Demas se pa of afrigter was, sou ek vir hom gese het, Demas jy was goed in 7 rugby jy het die spoed gaan voluit daarvoor, los die 15 man rugby. Nee Chris B ek lees meer as net ‘n kwota probleem as dit kom by Demas en ek weet nie of hy gelok is van Boland en beloftes belowe is nie, maar something cooking…self Kabamba sal ek op vleuel bo hom kies. Dan wat JLP betref, ek dink nie ek ruk die hoeder se gat as ek se ek sou hom bo JLP gekies het nie. Enige speler wat van ‘n besering afkom, gee nie sy 100% nie, hy hou terug, want hy toets ook sy besering uit of hy reg is of nie, en dit kan jy nie in ‘n oefening bepaal nie, en dan gaan so speler sy besering beskerm, want hy wil nie weer met ‘n besering sit nie, so hy hou terug en in so game het ons 15 heel ouens nodig, wat 100% kan speel en kommit en 100% hulle lywe op die spel kan sit, nie met 90% nie. En LS is 100% reg, geen besering,wedstryd fiks, wedstryd skerpheid alles wat ons in ‘n speler soek, maar nou word hy nie gekies nie, want hy is mos ‘n groenetjie en ons moet lojaal wees teenoor JLP want hy het super 14 gespeel, maar ons sal liewers met ‘n getroue speler begin wat 90% reg is as wat ons iemand sal kies wat 100% reg is, dit maak nie vir my sin nie. Hulle kry vir LS om vir die Cheethas te speel, maar tradisie se dat ‘n nuwe speler nie mag begin nie…..Tradisie se voet man, hy moes begin het. Gris B ‘n persoon wat ‘n drop goal pale toe mik, is vir my ‘n speler wat selfvertroue in homself het, kyk maar na Morne Steyn hy loop oor van selfvertroue en snorre gaan spyt wees as hy nie Morne bo Ruan in die beginspan gaan kies nie, daar is JLP hy sukkel om die lyn weg te kry, hy sukkel met sy skoppe, hy skop die bal oor die doodlyn toe ons ‘n strafskop gekry het, hy het seker drie geleenthede gehad vir ‘n skepskop, maar neem nie die verantwoordelikheid nie, teenoor LS die kans wat hy gekry het, toe waag hy met ‘n drop en dit was naby, daar is meer druk op die agterlyn gewees wat gelei het na Corne Uys se drie, nou vra ek hoekom het Hawie nie so man begin dat hy die fondasie kon gele het, en 13min vir JLP gegee het, om te kyk wat doen sy besering. Gris B wat my vraag saam met jou is is die feit of probleem oor ons stutte. Daar het gerugte rondgeloop, en ek wens ‘n persoon soos Dawie Theron wil saam kom praat om te bevestig of dit wel so is of nie. Maar in die super 14 is Dawie glo aangestel om te help met die skrumwerk en hierdie oukies taktiek te leer, en daar was hoeveel kere waar Dawie opgedaag het om die voorry te help, dan se Naka of VRU jammer Dawie, ons het klaar sommer ‘n paar oefeninge gedoen. Ek stem Calldo was nie tegnies goed gewees en opgewasse gewees teen die Britse Leeus nie, maar waar is OS, Dougie Heymans wat hierdie ouens kan help met hulle vaardighede, of aanvaar Naka en Hawie eenvoudig net nie raad of kennis nie.GrisB onthou Os en Naka toe hulle gespeel het, het hulle geloop, hulle het albei vir die Blou Bulle gespeel, en weer later terug gekom, hoekom of wat die trek pleister sou gewees het dat hulle terug gekom het sal niemand weet nie, dit sou beslis nie geld gewees het nie, want daar is nie ‘n Budget nie……Oor Juan hoekom hy nog hier is, haal ek my hoed af want ek weet die Natal het hom met ‘n seer hart gesoek, en dink die Lions ook. Ja Chris B as Hawie nie vir hierdie Ebershon seuns gaan speelkans gee, en bly spelers kies wat nie presteer nie, voorspel ek gaan hulle toer na ander weiveld en gaan ons spyt wees soos Ruan, Frans wat deur ons vingers geglip het. Chris B af te sluit ek stem 110% saam oor jou stelling van die Lions wat gepos word, hier in die VRU bly die ouens al loop hulle rond…..EISH!!! NAG OU GROTE
Ek sal graag wil weet waar is die volgende spelers en hoekom het hulle nie speel kans gekry nie.
Dewald Pretoruis - Senter/vleuel
Phillip Snyman - Senter
Hanno Coetzee - Loskakel
Dovan Raubenheimer - Flank / agsteman
Schalk vd Merwe - flank / agsteman
Coenie Oosthuizen - Stut
Albertus Buckle - Stut
Ruaan du Preez - Stut
Jean Botha - Stut
Sarel Louw - Stut
WAAR IS HIERDIE OUENS NAKA/HAWIE ONS GAAN HIERDIE TALENT VERLOOR!!!
Kerels en Dames….. Ons sal moet ernstig bely…ja bely… want wragtig ek is verward as ek sien met my eie oe hoe ‘n speler speel, en my oe het my nog nooit bedrieg nie, maar wragtig hulle het…want dit lyk my ons as ondersteuners kyk met ander oe na Demas, en elke afrigter kyk met ander oe na Demas….want ek kan nie glo hoe is hy gekies vir die opkomende bokke nie, wat se oe het die afrigters dan, wat de Hel sien hulle wat ek nie raak sien nie, watse game kyk hulle van hom wat ek mis……of kry hulle hom net jammer omdat daar soveel kritiek uitgaan en wil die afrigters ons nou vermaak of wat. MOOOOI MAN DEMAS, JY IS VIR DIE JONG OUKIES ‘N ROLMODEL
Ek dink wel dat Naka die grootste is want hy kan nie probleme uitsorteer nie. Ek wonder nogal baie of mens ‘n afrigter soos Eddy Jones of Jake White kan bekostig vir die geld wat Naka, Hawies, Kennedy en die ander voorspeler afrigter (het nou sy naam vergeet). Ek dink een goeie afrigter is beter as hierdie spannetjie patete.
Wat my nou nogal ook kwel is dat ons in die Curriebeker reeks weer kan lyk soos ‘n wenspan as ons van die kleiner spanneties met groot punteverskille wen. Dit gaan maar net die druk op Naka verlig en die ondersteuners ‘n skyn-trots gee tot dat hul volgende jaar weer in die S-14 die lynregters en organiseerders begin blameer.