Twee van die sentrale leiers by die Vrystaatse Rugby-Unie het al self teen die Britse en Ierse Leeus uitgedraf. Naka Drotske, die afrigter van die Vodacom Vrystaat Cheetahs het in 1997 en Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugby-Unie het in 1974 uitgedraf teen die Britse span.
Naka, hoe was jou ervaring destyds toe jy teen die Britse Leeus gespeel het?
Naka: Ek dink dit is vir enige rugbyspeler ‘n groot eer en voorreg aangesien ‘n Britse en Ierse Leeutoer na Suid Afrika slegs elke 12 jaar voorkom en baie spelers nooit die voorreg kry nie. Die ervaring was iets wat my altyd sal bybly.
Hoe gaan jy hierdie wedstryd benader? Die Vrystaat het al 10 keer teen die Britse Leeus gespeel en het letterlik laas in 1924 gewen en in 1962 gelyk op gespeel. Daar is dus baie druk op jou.
Naka: Ons gaan definitief uit om ons alles te gee en te probeer wen. Dit gaan waarskynlik nie maklik wees nie aangesien daar ʼn kans bestaan dat die leeus hulle toetsspan teen ons sal speel. Bloemfontein was egter nog nooit maklik vir oorsese spanne nie.
Wie gaan die spelers wees om dop te hou tydens hierdie Britse en Ierse Leeus toer?
Naka: Die leeus het bitter baie ervaring gemeng met jong opkomende sterre. Om ʼn span te kan kies uit vier toets-unies maak dit ʼn uitgemaakte saak dat daar geen swakplekke behoort te wees nie. Om spelers uit te sonder in so span met soveel talent sal onregverdig wees.
Harold, hoe was jou ervaring destyds in 1974?
Harold: Dit was definitief die hoogtepunt van my loopbaan en ‘n ongelooflike ervaring. Dit was nog in die ou-stadion en ek kon die mense al van ver hoor. Die Vrystaat-span het daardie dag baie goed gespeel en net-net verloor. Die Britse en Ierse Leeus-span speel teen ‘n ongelooflike tempo en met baie goeie vaardighede. Ek het met daardie wedstryd lewenslange vriende opgebou met onder andere McBride, Edwards en Slattery.
Destydes toe jy vir die Vrystaat gespeel het, het julle so byne verloor met ‘n telling van 9 – 11. Kwelpunte was beserings. Wat is jou raad vir die Vodacom Vrystaat Cheetahs hierdie jaar?
Harold: Dit is ‘n ander era van rugby, maar ek hulle sal hul heel beste spel moet lewer. Om teen die Britse en Ierse Leeus te speel is ‘n vlak hoër as selfs die Vodacom Super 14. Die span moet geen foute maak sover hulle gaan en elke geleentheid gebruik – skop pale toe. Die Britse en Ierse Leeus is ‘n dugte kombinasie met baie trots.
Harold, volgens jou enige spelers om voor uit te kyk in hierdie reeks?
Die voorspelers as eenheid van die Britse en Ierse Leeus is baie sterk. Dan is daar natuurlik spelers om uit te sonder soos: Brian O’Driscoll, Andy Powell en Shane Williams

Interesant..
Dankie..
Ek lees op suparugby dat bevin fortuin en jandre blom het geteken by swd arende.. Dink nie dis die slegste ding vi beide partye ‘cheetahs en die spelers’. Is seker bevin veral het ‘n goeie kontrak gehad en sal cool wees om te kan sien of dit basies ‘n direkte ’swap’ met strydom was of daar nog ander spelers is wat na gekyk word en ander spelers wat hul kontrakte kwyt is.
Weet nie rerig hoe die span gn lyk nie.. veral in die senters. Kani vi robert of meyer weglaat nie. mar uys was vir my een van die cheetahs se ster spelers in di s14, veral met sy defencive organization. aka conrad smith.
mens het sulke ouens brood nodig..
Het nou gelees van Naka wat minder spelers kontrakteur.. Dink nog altyd dit sal ‘n beter opsie wees. Wats di punt om 2 ‘B’ spanne te he wat nie een van hul saam di groot manne kan gesels nie. Ek sal eerder verkies om een ‘A’ span te he en dan as daar ‘n besering of twee kom, druk mar ‘n jong ‘C’ span speler daar in.. Kan ook nie sleg wees vir sy ondervinding nie..
Ek lees ook van Sias wat op heelagter ingespan kan word.. Dink dis ‘n briljante idee. Tussen hom en lionel cronje dink ek hul moet heelwat speeltyd in di currie beker kry. Vir ‘experience’ en sodat hul nie speeltyd iewers anders soek nie..
Mar ek bly positief. Dit lyk of dinge by die vrystaat stadig maar seker besig is om baie meer positief te word..
Michael ek kan my net indink watter voorreg dit is om soos die Vlou Vulle se geval, met diepte op senter te sit en dan sê Morné Steyn nog tydens die onderhoud dat daar nog beter (hy het seker bedoel net sulke goeie senters) is as wat instaan vir Wynand en JP Nel.
Ek dink as die Vrystaat Rugbyunie net beter bemarking doen [en ja Piet (de Necker) dit beteken nie net om posters op lamppale te sit nie], ‘n atmosfeer en fasiliteite by die stadion te skep vir ‘n familie uitstappie, behoort ook meer mense die wedstryde by te woon. Natuurlik ook bilike kaartjiepryse.
As Piet de Necker nog steeds nie weet waarvan ek praat nie, gaan maak ‘n studie van die Sharks wat hierdie bemarkingspaadjie gestap het. Hulle mag miskien nie wedstryd (en beker) wenners wees nie, maar hulle trek getalle na die wedstryde. Piet as julle nie weet hoekom nie, gaan vind uit hoekom!!
Verder koop hulle al ons (of die meeste van hulle) spelers.
Piet onthou jy dat hulle daar in die laat 80’s (of is dit in die vroeë 90’s) nog Natal was en in die B Bond gespeel het, waar hulle ons toe al ‘n keer of wat afgestof het.
Die vergelyking moet nie getref word oor hoe ons teen mekaar op die veld vergelyk (alhoewel dit direk inspeel op die sukses om bemark te word) nie, maar eerder wat die Natal unie gedoen het om die Sharks span te ‘brand’ (TV programme, programme voor en na die wedstryd op die ‘B’ veld, ens).
So wat gaan julle doen Piet? Of gaan julle net agteroor sit en die (al holrug geryde) verskoning gebruik dit julle begroting te klein is.
Hoor graag van julle!!
Min geld. Wat moet jy doen as jy te min geld het. Kontrakteur minder speelers. Lagwekend.
As jy te min geld het: GAAN SOEK JY VIR MEER GELD. Jy noem dit logika.
Naka begin sy brief dat hy minder speelers moet kontrakteur.
MAAR in sy laaste paragraaf gebruik hy die woorde “SLIMMER KONTRAKTEUR”
Die waarheid glip mos maar soms uit ‘n ou se mond.
Ja-Nee, Stef. Naka maak my so moedeloos dat ek nou van span wil verander en ek het nooit gedink dat ek sal nie. Al wat Naka in sy brief eintlik wil sê is dat hy nie nou gaan bedank nie want hy moet nog aan Juandre Smith se R500 000 rekening betaal. Hy gee ons nou al soveel verskonings en dit is lankal verby belaglikheid.
AAN NAKA - Liewa Naka. Ek het nou al gebid dat jy net sal bedank en dat iemand vir jou ‘n werk kan aanbied waar jy nie soveel kritiek moet kry nie maar nou bid ek dat die weerlig jou kan slaan sodat jy nie meer kan afrig nie want jy wil nie luister nie.
Daarom vra ek jou dat jy jou common sense moet gebruik en ophou afrig. Jy doen jou siel skade aan om jou eie verskonings so te glo. Dit is ‘n ernstige graad van psigose en jy is besig om selfs van jou fans al te oortuig dat verloor goed is.
Naka jy was my held toe jy kaptein was van die Cheetahs en ons aangever het tot ‘n eindtreid oorwinning teen die Bulle maar jy maak jou naam nou meer as gat.
Naka,, ek persoonlik gee jou R5000 kontant as jy sal bedank binne die volgende week. As jy my nie glo nie sal ek die geld by jou prokureur gaan aflewer. Doen dit net asseblief.
Ja, kom ons praat reguit: Rassie het ons afgerig (ook waarksynlik sonder geld, want die geld kon kom nie net kom en toe weer verdwyn toe Naka aankom nie) en ons wen 3 keer in ‘n ry die beker. Naka het oorgeneem met iers oos 3 games in die Curriebeker oor…..toe als klaar gewen was - so hy het geen aandeel gehad in die wen 2007 nie. Toe hy volstoom oorneem, word die soan swak, sie spangees en die stadion leeg………….Harold se skuld? NEE!!!! Harold was ook in Rassie se era president, so dit MOET die coach wees. Ek nomineer vir Helgard - wat ‘n passievolle ou; in sy jare was ons agterlyn een van die gevaarlikstes…….Hy kan net beter as Naka doen……..of wag ek glo selfs Jurie Els sal ‘n beter coach maak…….hy sal ten minste die ouens kan leer om goeie baljagters te wees
Hoekom kan die Cheetahs nie ook die regte ding doen en bietjie interne ondersoek te doen nie. Sien Jake White het die Leeus gaan besoek en daar word manne vervang. Wees groot genoeg en dink in belang van Cheetah rugby en kry die Cheetah huis in orde.
Chris..
Ek wil nie ‘n moerse argiment opstook of so iets nie mar..
Eks seker ek praat vir alle ‘loyal’ cheetahs ondersteuners wanneer ek se vat jo goed en jo negatiewe houding en support die bulle of sharks dan sal jy mos ‘n wen span support of hoe? Wanneer ons cheetahs weer op drif kom sal jy seker mar weer terug kom en juig hoe fantasties ‘jou’ cheetahs is.
Want vir ‘n ou wat se hy bid dat iemand wat al liters vir ons cheetahs gebloei het deur weerlig geslaan moet word, is daar nie plek nie. Eks nie blind nie, ek weet dinge gaan sleg mar glo my as ek vir jo se, Naka-hulle doen die beste van hul vermoe om dinge om te draai. En dink nie enige ander span wil jo as hul ondersteuner he nie.. Want ek sal nie so iets op my grootste veihand verwens nie.
Sies man.
En net om by te las wat Hein gese het, en ek wil niks van rassie af weg vat nie, mar dinge het nie begin goed gn spesifiek toe rassie an bewind kom nie. Dit was die selfde tyd wat vodacom ons begin sponsor het. Dink dit was R75 000000 oor 5 jaar as ek dit nie verkeerd het nie.
Eks nou eers 24 jaar oud en bly in natal so julle manne het al seker meer teleurstellings by di cheetahs beleef en dis nou genoeg vir jul mar vir my die cheetahs soos ‘n alfa, hy maak jo hart seer want dinge breek gedurig en jy sukkel om alles terselfde tyd an die werk te kry, mar daai een keer wat alles perfek saam werk, maak al die gesukkel worth it.
En dis hoe die cheetahs vi my is..
Michael ek sekondeer oor wat jy te sê het oor Chris.
Alles is nie wel nie, maar ‘n mens hoef nie iemand anders dood te wens nie!
Chris alles is nie net wit of swart nie, daar is partykeer grys ook tussenin.
Cheetah groete hier uit Snor City.
Verstaan my ook reg asb - Ek hou baie van Naka as speler……….en wil regtig ook nie he enigiets moet met hom gebeur nie - ek wil wel net he hy moet vervang word as afrigter, want hy het bewys met die Super14 hy is nie opgewasse nie. Ek meen dis ons heel eerste laaste plek in die geskiedenis.
Nog ‘n vraag: hoekom word spelbrekers soos Kabamba en fabian Juries eers opgestuur as daar so 10 minute oor is??? dit terwyl hopelose spelers soos Demas 80 minute kry?? Maak dit sin??? Dankie tog bevin is nie die seisoen beskikbaar vir Curriebeker nie, hy was 3 jaar terug goed en het intussen vrot geword…
Ek lees hennie daniller speel di naweek vi di cheetahs.. Daar was aan die begin van die s14 gese dat hy by griquas ‘n 2 jaar kontrak geteken het.. Ek neem aan as hy di naweek speel is hy deur vrystaat gekontrakteur..
Admin, het jul bietji meer duidelikheid hieroor?
Hi Micheal
Hennie het weer by ons geteken vir hierdie seisoen. Hierdie goeie nuus het net na die S14 gebeur.
Groete
Wat het geword van Giscard Pieters? Ek dink daai ou was nie sleg nie. Ek het met die grootste hartseer verneem dat Demas WEER in die span is teen die leeus……….nadat ek 4 kaartjies gekoop het - ek sommer lus en gee die kaartjies weg. Maar anyway: dit gaan my verstand te bowe dat in die hele vrystaat daar nie EEN beter vleuel is nie……….dan is ons rugby werklik in groot poefies.
Ek sou ook nie kan verstaan waarom ‘n afrigter wat laaste posisie in curriebeker kry, toevertrou word om die curriebekerspan af te rig nie. Dis soos om die ou wat laaste gekom het in die uitdunne, in jou aflosspan in te sluit………….
Ons gaan waarskynlik die semis haal - want almal se springbokke speel eers met iets soos 4 games oor. En dit sal natuurlik weer ‘goed genoeg’ wees om die afrigter nog ‘n jaar of 2 te hou. Ek onthou verlede jaar met die curriebeker - vandat die springbokke terug was het ons nie EEN GAME teen ‘n groot span gewen nie. Ons het van bo die log tot amper nie kwalifiseer nie. Dis mos maklik in die land van die eenoog (as al die bokke nie speel nie) om jou games te wen…
Ek se: watch hoe verloor ons teen Griekwas die jaar - hulle het ‘n yster span. Maar nou ja - ek hoop ten minste hulle haal ook die semis want hul verdien dit.
Die leeus het die naweek 74 - 10 verloor teen BI Leeus. kom ons hoop die cheetahs kan met minder verloor.
Skuus regstelling, ek het bedoel hoe kan mens ‘n coack wat laaste posisie op super 14 vlak behaal, toevertrou met die curiebeker?
Skuus regstelling, ek het bedoel hoe kan mens ‘n coach wat laaste posisie op super 14 vlak behaal, toevertrou met die curiebeker?
Michael Cooper,, ek wil ook nie met jou argumenteer nie maar ek moet myself darrem verdedig teen wat jy te sê het.
Jy praat nie vir al die loyal supporters nie want ek is een van hulle en daar is BAIE mense wat deesdae nie meer rugby gaan kyk nie omdat die Cheetahs belaglik is onder Naka. Ek wil ook vir jou sê dat die Cheetahs nie “weer op drif” gaan kom terwyl Naka aan die bestuur is nie.
Ek kan bid oor wat ek wil en ek dink dat Naka nou al genoeg kans gehad het om homself te bewys en hy kon nie. Hy is nou net daar vir geld. Michael Cooper as jy dan soveel vertroue in hom het dan gaan jy ook ‘n bloutjie loop as jy dink jou meisie is veilig by hom. Al wat Naka aan ons kon bewys is dat hy nie ‘n eerlike ou is nie en dat hy nie goed kan afrig nie… ons almal weet hy kon speel.
Ek glo jou as jy vir my sê dat Naka alles in sy vermoe doen maar dan moet jy my glo dat Naka op sy beste nie goed genoeg afrig vir Super Rugby nie… en ook nie om die Currieberker te wen nie.
En laastens, Michael Cooper, dit is ondersteuners soos jy wat maak dat Naka dink dat hy iet reg doen en wat tot gevolg het dat hy aanbly as afrigter. Die Cheetahs kan reekse wen as die afrigting reg is. Daarom is dit stupid om te sê dat die Cheetahs soos ‘n Alfa is want as die Cheetahs in die Curriebeker reekse wat ons gewen het gespeel het soos wat Alfa’s aan en af is sou ons nooit daardie reekse gewen het nie.
Gaan hoor maar self wat die Blou Bul ondersteuners van die Chaatahs se nuwe bestuurder te se het. Hulle het hom gehaat toe hy die Bulle Afgerig het. Die 4000 mense wat dan Saterdae gaan kyk het, het gaan kyk hoe Steve Hofmeyr sing.
Met beter afrigters het die Bulle geleidelik beter begin speel en is vandag selfs die kampioen. Maar een ding is seker - die ontevrede ondersteuners het die revolusie bewerkstellig - die ondersteuners wat nie met min tevrede is nie…soos jy..