Kortlikse nuusbrokkies

·        Die Vodacom Cheetahs besoek Vrydag, 15 Mei skole! 

Die volledige span sal Vrydag eers besoek aflê by Eunice Laerskool en dan omstreeks half 9 sal daar ‘n draaitjie gemaak word by Laerskool Meisieskool Oranje.  Die span sal ook vir kaartjies aan die dametjies besorg om Saterdag die Stormers-wedstryd by te woon.

·        Britse en Ierse Leeus wedstrydkaartjies.

Die wedstrydkaartjies vir bogenoemde wedstryd verkoop tans flink.  Wat ondersteuners egter nie weet nie is dat die kaartjies slegs by Computicket te koop is.  Om dit nog makliker vir ons ondersteuners te maak, het die Vrystaatse Rugby Unie by Hek 8 ‘n computicket verkoopspunt aangebring  waar kaartjies aangekoop kan word.  Maak gerus van hierdie diens gebruik.

 

·        Vintage wedstryd-trui

‘n Kans waarop geen ondersteuner kan misloop nie.  Tydens die wedstryd teen die Britse Leeus kan die Vodacom Vrystaat Cheetahs met ‘n trui uitdraf met jou naam daarop!  Dit is eenvoudig – koop een van hierdie unieke truie en jou naam kom outomaties daarop.  Die kostes beloop slegs R600 vir hierdie trui en dan speel die span met dieselfde trui as wat jy het, met jou naam daarop.  Vir meer navrae kontak Rentia Nel by 083 308 4244 of stuur haar ‘n e-pos by rentia@fsrugy.co.za

This entry was posted on Wednesday, May 13th, 2009 at 10:27 am and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

5 Responses to “Kortlikse nuusbrokkies”

  1. Chris Says:

    Dit lyk my die span besoek maar net die meisie-skole omdat hul dink dat die meisies nie so baie van rugby af weet soos seuns nie. Ek sal nie eers my wenkbroue as die seuns begin om vir die Bulle te skree nie.

    Naka - Rassie het jou ore aangesit en jy is ‘n swak afrigter wat nie eers ‘n vlou Stormer span kan wen nie.

    Bedank!

  2. Blitz Says:

    LOL Chris ,

    Trui met my naam op ? Vir wat ?
    Naka en Harold wat wil gaan vakansie hou ?

    Tot siens Vrystaat !!!

  3. Hit Says:

    Sal die Cheetah spelers wat in die sprinkbok oefengroep ingesluit is wel op 6 Junie 2009 in aksie wees in die wedstryd - Cheetahs vs Britse Leeus?

  4. johan Says:

    ek wil net vir die manne wat die cheethas nou kruisig se word groot.noem julle julle self ware cheethas, ek glo nie.kry vir jou n ander span los die cheethas uit jou luis.
    Naka, ek wil vir jou en jou manne se ware cheetha supporters like julle kwaai. ons sien uit na die kerrie beker.wen of verloor julle is great.

    Blessings vir julle almal

    Johan

  5. Chris Says:

    Johan, j praat seker van my. Ek sal nie ophou om die Cheetahs te support nie al voel dit soms so maar ek is nie ‘n luis nie. Dit is ondersteuners soos ek wat maak dat daar druk op swak afrigters geplaas word sodat hul bedank. Dit is hoekom die Springbokke en die Bulle baie goed doen - hulle ondersteuners raak BAIE ontevrede as hul verloor….. Iets wat Cheetah ondersteuners nog by hul moet leer. Dit is net jammer dat party ondersteuners dommer as luise is en aanhou om Naka en die res van sy patetiese afrigtingskorps te ondersteun. Naka is ‘n LOOSER - hy het dit nou al bewys. Al wat hy goed kan doen is om onervare skeidsregters, lynregters, TV skeidsregters en die indeling van die Super 14 te kritiseer vir sy patetiese vertoning …. Naka verwys nooi na homself as ‘n onervare of ‘n swak afrigter nie.. So, Johan, as jy ‘n LOOSER support gaan jy ‘n looser bly.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree