Ondersteuners - dit is hier. Die einde van die Vodacom Super 14 kompetisie. Kom ondersteun vir ‘n laaste keer die Vodacom Cheetahs voor hulle begin voorberei vir die wedstryd teen die Britse Leeus. As jy nog nie jou kaartjie het vir daardie geskiedkundige wedstryd nie - maak seker jy kry hom vinnig!
Anton Botha gaan die vermaak saam met die rugby verskaf en na die afloop van die wedstryd, sal twee van die Vodacom Cheetah-spelers wat teen die Stormers gespeel het, na die Castle Deck gaan en met die ondersteuners gaan gesels.
Die span wat teen die Stormers uitdraf is:
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Naas Olivier
9. Sarel Pretorius
8. Hendro Scholtz
7. Juan Smith (k)
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Wayne van Heerden
3. Kobus Calldo
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. Richardt Strauss
17. WP Nel
18. Nico Breedt
19. Kabamba Floors
20. Gerrie Odendaal
21. JW Jonker
22. Fabian Juries

Ja wel wat kan ek se van die super 14, dat dit n teleurstelling was is beslis, en dat dit na die einde se kant staan is ek bly om die rede dat n nuwe kompetiesie gaan aanbreek waarvan ek weet en oortuig is dis n kompetisie wat ons erg mededingend gaan wees en dit het die span saterdag gewys teen Bulle, Sharks, Leeus met al hul Bokke. Sterkte vir Saterdag gee ons toeskouers player 23 n goeie vertoning 1 soos teen die Bulle wat van die afskop af besigheid meen. Brussouw jy sal in die gesig van Willem de Waal speel hy bekommerd my en ek dink Rassie gaan hom opdrag gee om ons te peper met hoe skoppe en te dikteer met sy skoppe , jul ouens weet mos hy hou nie van kontak rugby nie. Speel hul stukkend voorlangs ons het die 8 tal wat ek glo man vir man sterker as hulle is en ek dink Rassie sal bekommer wees as ons voorlangs speel. MAAK MOOI SATERDAG MANNE
En daai Demas is so wragtag weer daar. Stats is ‘n wonderlike ding - as dit net na een kant toe wys.
Eintlik is ek half verlig dat Tewis bietjie op die pawiljoen moet sit en tot besinning kom. Ten minste kan hy nie die slag besit links en regs wegskop onder die vaandel van ‘aanval met die voet’ nie. Tewis - kyk bietjie Saterdag mooi wat ‘n skrumskakel moet doen, veral by losgemale. Dis nou as hy teenwoordig is om sy werk te doen…….
Groetnis
Jakkals
Pateties. Dis al wat ek kan sê.
Na nog n patetiese naweek se uitslag wat begin het +-3 jaar terug toe die huidige afrigter,Naka,oor geneem het moet ek se dat dit tyd is om eerder n afrigter te kry wat kan en nie maak of hy kan.Dis nou duidelik dat sy vroee suksesse op die rug was van n nalatenskap van Rassie en nie van sy afrigting nie.Dit is net n agteruitgang met die vertoonings die afgelope 2 jaar,van die voorste span in die curriebeker 2 jaar terug dink ek ons kanse die jaar lyk maar sleg as dit op die trant voortgaan.Nee man kry n ander afrigter……….!!!!!!!!!!!!!!!
Naka, jy moet NOU bedank!
Jy slaap ons naam deur die modder.
Ek is gatvol vir jou en jou hulpafrigters want jul kon niks reg doen teen die Stormers nie. Moet nie eers probeer om weer met verskonings te kom nie. Ons is gatvoel om dit te hoor. Jy beter nou ophou afrig.
Ja die waarde van goeie afrigters. RASSIE/BRENDAN VENTER teen NAKA/HAWIES dit was klaar n oorwinning op sy eie. RASSIE bly jou baas Naka en BRENDAN het jou uit oorle HAWIES. Ek wens werklik jy en Demas en Sommer al jou Boland ouens wil terg f… BOLAND toe. Ek wens net jul wil net vir n slag raad aanvaar en luister wat party mense vir jul se. Daar is Sarel Pretoruis as voorbeeld hoeveel ware ondersteuners wat wysheid en insig het het al geblog gee vir SAREL n kans ons sien sy spel en sien in seker games moes hy begin het omdat hy die regte keuse sou wees en satdag teen STORMERS het hy n “BLINDER” game gehad en my laat wonder hoekom het jy hom nie meer speelkans gegee nie. Dan Demas en Demas jy NAKA /HAWIE jul het geweet Willem gaan hoe skoppe uitoefen en jul weet Demas sukkel maar wragtig jul kies hom en dan haal jul Nokwe ,Corne af jul los vir Demas hoe vertraag wil jul wees, hoekom JW nie van die begin speel in DEMAS se plek weet net julle in daardi breins van julle. Luister net n bietjie na raad want julle is te emosioneel betrokke by die spelers en julle het nie die vrymoedigheid om vir n speler te se jy speel k@k en ek gaan jou drop vir n game, want jul is te slap en te bang n speler voel te sleg en en en. Al ons ondersteuners kan nie almal verkeerd wees oor Demas nie, maar julle wil mos vir ons n put druk en ons wys julle is reg en hardkoppig bly. Daar het ons vir jul gese van Sarel jul het gebly by Tewis/Matewis en daar het die swaai van die game teen ons gedraai met BULLS game toe hy geelkaart gekry het. So kan ons aangaan MEYER BOSMAN, wat ook n game of 2 gedrop moes gewees het maar gekies op reputasie. Ons moes die Stormers n pakslae gegee het maar jy kon Rassie se rugbybrein en tegnies was hul beter as ons. HAROLD ek was saterdag by GREY se rugbyveld en daardie oukies gesien speel hier is talent en baie.
Kyk na die spanlys hierbo. Wie van hulle het nog steeds ‘n afrigter nodig, of kan hulle nie rugby speel nie ? Of net na ‘n bleddie video van ander S14 spanne kyk, en sien wat gedoen moet word nie ? Die meeste van hulle is ervare en was al CB wenners, en nou speel hulle so ? Toe hulle die Sharks en Crusaders afgeslag het, was dit Naka se afrigters vermoë, of spelers wat gedoen het wat hulle behoort te kan doen. Moet Naka hulle handjies gaan vashou op die veld ?
Nee wat, ek dink dat ‘n paar “groot koppe” onder die spelers ook moet waai. Oor een ding stem ek saam, Hawies Fourie is so totaal uit sy diepte uit, en net ‘n totaal onkundige sal nie kan sien dat ons agterlyn GEEN rigting of begrip het van wat hulle te doen staan nie. En swak speler keuses is nog steeds hulle ondergang. Demas is bokkerol werd in dié span, en so ook Juries. Wat hulle daar maak is waarskynlik net ‘n politieke besluit. Self Nokwe sal sy vinger uit sy agterent moet kry as hy ‘n verskil wil maak. Hy’t ook nie juis lus gelyk vir rugby speel Saterdag nie.
Ek vra met trane in my oe “wat maak Demas nog daar ?” Ek het nog nooit so ‘n slegte Vleuel gesien nie. En nog ‘n ding wat my so pla is dat daar hoe” skoppe gedoen word maar niemand volg op nie en niks druk word geplaas nie. Ek het altyd gekla die agter ry kry nie die bal nie maar soos dit nou lyk moet hulle ook nie want hulle mors net die bal besit.
Ek gaan Naka se huis met vrot eiers bestook as hy nie nou bedank nie.
Naka / Hawies
Julle sien ons as ondersteuners verstaan nie julle beheptheid met Danville Demas nie - Nou kom verduidelik asseblief tog vir ons. Hawies gooi sulke nice stats voor ons oe maar hy wys nie vir ons Demas se “knock-on” stats nie.
Wee julle - Dit maak ons kwaad as julle en Harold dink ons die ondersteuners is n spul idiote wat niks van rugby af weet nie. Ja ek weet beslis minder as julle maar ek weet darem Demas is useless….
Ek wonder of die Presidente van die klubs soos Old Greys, Colligens, Oud Studente, Polisie ens ook hierdie blog lees. Iewers moet hierdie Presidente ook insette kan lewer of is hul ook te slap om n vergadering te bele met HAROLD ,NAKA, HAWIE en die hele bleddie spil fire. EK dink daardie vrou wat is tog haar naam ek dink n van SOLOMS GERDA of so sal n beter President uitmaak sy dra werklik Vrystaat se belange en ek dink nie sy sal nonsens vat as sy in die stoel sit nie. Ek hoor tussen lyne dat JAKE WHITE by Rassie gaan oorneem en of Rassie dan net CC gaan skuif of bedank weet ek nie, maar ek hoop as hy gaan loop dat die VRU hul trots sal druk en hom terug huistoe bring waar hy hoor. Harold ons soek n afrigter wat nie buddys, buddys met spelers is nie en wat te bang is om dissipline toe te pas nie. n afrigter wat gesag en dissipline in homself het wat dit kan toepas en kan oorspoel na die spelers. EN Moet my nou nie se die spelers het dit nie, want hul het dit nie want die afrigters het dit ook nie, gaan kyk hoeveel games het swak dissipline ons gekos. Maar ons ploeter maar so voort. Dit gaan oorspoel na die CC toe.
Ag kom nou ouens. Ek stem nie saam dat die probleem by Naka le nie. Die Cheetahs het die games hier in SA regtig goed gespeel, maar ja Saterdag teen die Stormers was PATETIES net soos die games oorsee. Maar ek wil vra hoe kan ons Naka blameer, dis die spelers! Hoe kan hulle n paar naweke puik speel soos teen Sharks, Crusaders, Waratahs en Bulls maar teen die Stormers lyk hulle soos n klomp skool seuntjies. Die spelers het gedoen wat hulle moes teen daai spanne maar teen Stormers het hulle foute gemaak sonder dat daar groot druk op hulle was. Dis nie Naka wat die balle laat val het en tackles gemis het nie. En Rassie, please met n span soos die Stormers en die gehalte spelers en hy kon ook niks reg kry nie, dis hoekom ek se dis die spelers nie Naka nie. En Naka is nie in Rassie se skaduwee nie. Sarel Pretorius het n shocker gehad maar het min game time gehad in seisoen so kan nie verwag dat hy op sy beste moes wees nie. JW Jonker moet in Demas se plek vleul gespeel het en ek dink Bosman moet bietjie op die bench tyd deurbring want hy raak te gerus en lewer glad nie die goeie spel wat hy in die Currie Beker gelewer het nie.
Sorry Wharren dat ek met jou verskil maar die probleem lê by Naka. As die manne balle laat val en tackles mis is daar mos iets fout met hoe hul afgerig word. As jy geleer en afgerig word om ‘n bal onder druk te vang sal jy die bal onder druk vang…so ook met tackles. Naka boer agteruit en hy dink net flou verskonings uit om die publiek stil te hou maar hy kan nie meer nie. Hy het bewys dat hy die swakste afrigter is in die Super 14 en ek en baie ander ondersteuners is nie tevrede daarmee nie.
Ek sal saam met jou stem oor Rassie Erasmus. Hy is nie so great as ‘n afrigter soos wat baie mense dink nie maar hy sê darrem dat die Stormers se swak vertonings direk sy verantwoordelikheid is. Dit is darrem bietjie beter as Naka wat nou al TV skeidsregters, lynregters, skeidsregters en die indeling van die Super 14 vir die Cheetahs se swak vertonings blameer het… Ek sal nie verbaas wees as hy dit op apartheid ook blameer nie.
Ek dink ook steeds dat ons kaptein Juan Smith nie kaptein moet wees nie. Hy het ‘n uiters k@k statistiek as kaptein en ek dink iemand anders moet die leiding oorneem. Hy is wel ‘n baie goeie speler.
Ek stem in ‘n mate met Wharren saam, maar Naka (of was dit Hawkies) se kop het hom gelos toe hy Gerrie Odendaal opstuur en hom op flank (6) laat sak het. Ja ek weet dit was net vir ‘n paar minute, maar ek is ‘n groot Gerrie ondersteuner en wou weet hoe hy in daardie wit trui sou doen?
Wie is die oplossing op 3 in Caldo se plek? WP Nel het beter gedoen, maar is hy die antwoord?
Meyer Bosman moet dalk eerder ‘n paar wedstryde wegbly van enige wedstryd, wat nog te sê op die bank. Ons het Robert en Juries wat op 12 kan speel in die CB. Hoekom gaan Hawkies nie ook Bosman se stats na nie, want hy was ons swakste skakel/verdediger in die agterlyn. Gaan kyk hoeveel drieë is in sy kanaal gedruk. Op die aanval is hy so onseker soos ‘n jong mannetjie op sy eerste ‘date’.
Wat my by die no 10 trui bring, wie gaan hom dra, want sover ek weet gaan Naas Olivier terug na Griekwas in die CB? Net nie MB nie asb!! JL is hy nog beseer? Sias is seker ‘n opsie, maar voorlopig net teen die kleiner spanne en verkieslik saam met boet Robert in 10/12 kombinasie.
Bring my by 11 en 14. Nokwe se selfvertroue is baie laag. Moontlik is hy bang (vir beserings?). Demas? Ek dink daar is al genoeg oor hom gesê. Nie een van 11/14 sit enige druk op met die afskoppe en/of hangskoppe nie. Met die ELVs beteken ‘n skop (binneveld natuurlik) niks, as die druk nie opgesit word nie.
Partykeer was die spelers pateties. Partykeer Naka/Hawkies met swak spankeuses. Partykeer was albei partye pateties. En vir so 40% van die wedstryde het die skeidsregters net die dolk in die rug net nog so ‘n verdere 90 grade kom draai.
Wat hou die CB vir ons in? Sal maar moet wag en kyk!!
Wharren lees jou laaste 4 sinne, van Sarel Pretoruis het ………, wat jy self geskryf het en wat ons as ondersteuners al vir weeke lank sê. Dan wil jy my kom vertel Naka is nie die proebleem nie. Hy kies die span en bly verantwoordelik.
ASSEBLIEF!!!!!!!!
Ek se ek respekteer n ou se kommetaar, maar Wharren en Jan Plank, nee kerels n afrigter maak of breek n span. Gaan kyk hoeveel games ons verloor het oor dissipline die hoeveel games het ons met 14 man gespeel en dissipline moet van n afrigter af kom maar as die afrigter self nie dissipline in sy lewe het nie dan gebeur dit op die veld. As ouers nie dissipline en reels in n huis het nie het die kind ook nie en maak hul net wat hul wil ,word rebels. Enige mens kan in n kind se houding sien of daar dissipline in n ouer huis is of nie. Daar is nie dissipline in die span nie want Naka en die spelers is tjommies, buddys nie n afrigter nie. Dis die 1ste fout. Dan moet ons gaan kyk veral oorsee games hoeveel verloor omdat daar geen gameplan, rigting, visie was in die spel nie, hoe die agterlyn verward gepluk het al weg geskop het want die ouens weet nie wat om te doen nie, hoe die agterlyn soos skoolseuns die bal deur die hande neem, geen sker beweging of uit hoeke hardloop nie, want dis nie geoefen nie die afrigter dink mos dis nie nodig nie. Dis die 2de probleem met die afrigter. Dan moet jy gaan kyk hoeveel games ons verloor deur swak spankeuses. Daar is Sharks , Bulle wat doen hul afrigters kies spelers wat die job sal kan doen teen daardie span. John Smit het Plumtree bo Bismark gekies op haker omdat hy di teenstanders ontleed en weet in di game sal John beter doen op haker as stut. By di Bulle het JP begin ander games het Jaco Pretoruis begin en so kan ek opnoem. Hawie F… net voort met Demas hy weet met di BULLS games Morne gaan hom peper met hoe balle maar hul kies hom. Selfde met Stormers en al di ander games en die beste is hul haal die betere spelers af en los hom op. Selfde met Meyer en Tewis wat ons al lankal gese het , Sarel moes in sekere games begin het bo Tewis en JW in Demas maar hul ploeter so aan. Ja ons gaan Naas mis, maar ek verstaan dat Louis Strydom CC vir ons gaan speel. Wharren die games wat ons gewen het was toe ons wonderlike afrigters agtergekom het dat hulle vir n slag moet werk en die teenstanders se game en sterk en swak plekke moet ontleed en n gameplan moet uitwerk en die ouens vir n slag bymekaar getrek het en gese dis hoe ons hierdie ouens gaan klop.
JJ ek stem saam met jou oor die afrigting (of die gebrek daaraan) en dit beklemtoon net wat ek in my vorige posting gekryf het:-
“Partykeer was die spelers pateties. Partykeer Naka/Hawkies met swak spankeuses. Partykeer was albei partye pateties. En vir so 40% van die wedstryde het die skeidsregters net die dolk in die rug net nog so ‘n verdere 90 grade kom draai.”
Ek het meer klem gelê op waar ek dink ons probleme gelê het (of nog lê vir die CB) in die S14.
Dankie ek het vergeet van Louis Strydom.
Die wenne teen die Sharks en Crusaders, asook die goeie vertoning teen die Vlou Vulle, wys tog dat ons mannekrag (so 90% +) reg en kompeterend is. Verder moet die afrigting tog goed gewees het of het ons spelers net besluit om ‘n bietjie die ‘gameplan’ toe pas of was hulle dissipline net reg op daardie dae.
Wel ‘n goeie afrigter word gesien as iemand wat konstant presteer en nie net af en toe nie, dus moet ek met jou saamstem JJ.
Jan Plank jammer dat ek ook nou weer my mening moet lig oor jou standpunt maar jy maak ‘n fout as lig sien in ons oorwinnings oor die Sharks en die Crusaders. Ek dink dit was meer geluk en die feit dat ons onderskat is as iets anders. Ons vertoning teen die Bulle was ook swak - as dit goed was sou ons gewen het.
Maar wat vir my die ergste is, is dat jy net soos Naka die skeidsregters blameer. ‘n Skeidsregter kom op die veld vinnig agter watse span basiese goed reg doen en watse span basiese goed verkeerd doen. Hy is dan geregtelik meer ingestel op die span wat meer verkeerd doen. Dit is hoekom dit lyk asof die skeidsregters teen ons is - hul is nie einlik teen ons nie, hul straf ons net omdat ons soos patete speel en dit gaan nie reg kom terwyl NAKA DROTSKE ons afrig nie.
Chris doen doen die moeite en lees weer my laaste sin:-
“Wel ‘n goeie afrigter word gesien as iemand wat konstant presteer en nie net af en toe nie, dus moet ek met jou saamstem JJ.”
Maw ek sien Naka nie as ‘n goeie afrigter nie.
“Partykeer was die spelers pateties. Partykeer Naka/Hawkies met swak spankeuses. Partykeer was albei partye pateties. En vir so 40% van die wedstryde het die skeidsregters net die dolk in die rug net nog so ‘n verdere 90 grade kom draai.”
Beslis was daar twee wedstryde waar swak skeidsregter beslissings die ‘momentum’ van die wedstryd geswaai het.
Chris ongelukkig is alles nie net swart en wit nie, daar is ook grys tussenin.
Wat ek probeer sê:- Daar is baie partye wat by rugby betrokke is nl. die bestuur, administrateurs, afrigtingskorps, spelerskorps en natuurlik die skeids- en assistent skeidsregters. Almal speel ‘n rol en daarom kan nie net Naka uitgesonder word nie. As jy dan spesifiek iemand wil uitsonder onder die afrigters moet jy na Hawkies kyk, want die agterlyn spelers was nog nooit so swak nie.
Webmeester,
Kan ons asb info kry oor die CC-span se stand van sake: wie’s gekontakteer ens. Soos met die vorige website, dat ons ‘n gevoel kan kry wie’s in en wie’s uit.
Gaan daar enigiets gebeur op die website voor die CC seisoen eers oor 2 maande afskop? Wat van ‘n paar nuwe fotos/screensavers asb?
Hi SP
Ek sal vir julle inligting rondom die Absa Curriebeker verskaf sodra die span begin oefen.
Die laaste wedstryd teen die Stormers se foto’s is wel op die website en ek sal bietjie wallpapers verskaf.
Sodra ek die span het wat teen die Britse Leeus speel op die 6de Junie, verskaf ek dit eerste aan julle.
Die span het nou ‘n ruskans tot die 27ste Mei.
Groete
Ag nee Mnr die Editor, jy terg ons seker as jy se die span vat n ruskans hulle het dan die hele super14 dan n ruskans gehou hul dan net gespeel teen die SHARKS, CRUSADERS, BULLE dan..(net n grap) Jan Plank ek stem daar was n paar rillers van besluite teen die Cheetas van skeidsregters, maar swak beslissings is nie n nuwe ding en wat net met die Cheetas gebeur nie en ek glo n span moet mental sterk ingestel wees en nie knak of moed verloor kop wat hang nie want se die karakter van n span en dis hoekom n span aktyd met verskoning sal kom dan is dit te warm te koud die wind die ref die bal die veld. JAN ek dink Louise Strydom gaan goud werd wees, hy speel vir my die selfde spelgame as NAAS OLIVIER ek dink wat Louise n kort kop voor is is dat hy goed pale toe skop maar ja die vraag is sal HAWIE hom kies Louise is nou nie n BOLAND ou nie en HAWIE glo nie daaraan om ouens te kies wat n verskil kan maak nie soos SAREL, BASSON, RIAAN VILJOEN, JW, nie hy glo in sy BOLAND BOOITJIES.
EK wiL ook vir EBERSOHN baie geluk se met jou kaptein skap met die BOKKE mooi so seun jy verdien dit en sterkte vir jou en jou span jy maak ons Vrystaaters bly. As ek jou n tip kan gee as jy nou terg kom en jy wil CC speel, moenie goed speel nie , knock die balle, vang die balle mis skop die bal net weg of so iets kyk maar n bietjie wat DEMAS gedoen het en jy sal elke saterdag vir die Cheethas uitdraf oom HAWIE sal seker maak tussen ons hy hou nie van waardevolle talentvolle ouens wat games kan wen nie hy gebruik nie sulke oukies nie. maar ek dink persoonlik jy sal n aanwins wees en as ek nou HAWIE is sal ek jou verseker kies. STERKTE EBERSHON gaan maak ons trots.
Jan Plank - ek het dit gelees maar jy klink so half half asof jy tevrede is met Naka en sy afrigtingskorps. Ek wens net ons ondersteuners kan meer druk op Naka plaas om te bedank.
Ek sal ook graag wil hoor wat die webmeester oor Naka se toekomsplanne weet? Hoe lank is sy kontrak en het hy al gepraat van bedank?
JJ ja ek hoop ook eerder hulle kies Louis Strydom en nie ‘Louise’ Strydom nie. Daar is al klaar ‘n groot wedywering vir Hawkies se aandag. He-he!
Ja Louis kan die ding doen vir ons, met Sias as ‘n backup (en natuurlik om hom groot te maak vir Cheetah rugby).
Jan, miskien het ons Louise nodiger as Louis, Louise bring dalk ‘n nuwe dimensie en flair terug in die backline wat ons nodig het…..ek gaan net more soek na ‘n Louise wat ons backline weer kan opkikker of hoe (lol)Chris slegte nuus pel, sover my kennis strek is Naka gekontrakteur tot einde 2010 of 2011. Ek het ‘n plan…. ek weet nie of julle vandag OFM geluister het, hoe die ouens geld ingesamel het vir die myners of so nie, maar hulle het glo ‘n miljoen ingesamel. Kan ons nie so iets begin om geld in te samel vir die VRU om Naka se pakket te help betaal dat hy net kan gaan, want as ons moet wag vir die VRU vir ‘n budget gaan ons lank wag, ek is seker ouens wat vir die Bulle, Sharks, Stormers of Leeus skree, gaan ons noodkreet raaksien en geld saai vir hierdie projek. Die vraag is Naka of Hawie eerste. Kyk ‘n Blou Bull is ek nou nie, maar eending wat die Cheethas kan leer by hulle, as jy goeie rugby speel, dan beloon die toeskouers so ‘n span met ‘n vol paviljoen. En dit kan hier ook gebeur, ‘n see van oranje vlae…Die Huis van Oranje….Kerels laat ek julle vertel, toe ek Loftus so Blou sien, hoe die toeskouers saam trek, die gees, die Mexican golf hoe hulle ‘n intimiderende toeskouers is, toe word ek skoon jaloers. Hoe daardie toeskouers hulle span beloon en waardeer is baie mooi. Kom Cheethas, ons as toeskouers is soos Jacgues Louis Potgieter gese het, hond honger om in ons duisende op te daag ‘n intimiderende skare vir julle te word en dat elke span wat in die Huis v Oranje opdaag sal weet dis nie ‘n maklike plek om te kom speel nie. Al wat ons vrae gee ons weer trots in ons span.
JJ ja tussen Louise en Hawkies gaan daar iets gebeur, maar met die backline? Wie weet, dit kan nie slegter gaan nie.
Ongelukkig bly ek hier in Snor City en sien nie baie van my geliefde Cheetahs nie, behalwe natuurlik op TV.
Manne (en maninne) die span wat moet begin goed speel vs die toeskouers wat in hulle 1000e moet opdaag:- Die doel voor oë is natuurlik om ‘n manier te vind om weg te kom van die verskoning van ‘n te klein begroting, so ons kan nie kompeteer nie. Die hoender of die eier?
Nee wat saam met goeie bemarking (soos op ‘n ander artikel bespreek), sal die toeskouers maar moet opruk in hulle 1000e en sodoende die begroting groter maak vir meer (en beter) spelerskorps, asook ‘n afrigtingskorps wat kan.
Bogenoemde is al manier om momentum te gee aan ‘n ‘unie in wording’.
Net jammer ek bly hier in die buiteland (Tshwane of so iets) of was dit nou Pretoria, want sou graag wou help werk aan dié plan.
Wat sê my Cheetah vriende daar in die Rosestad (en in ‘n radius van 100km), gaan julle help om te bou aan ‘n nuwe Cheetah ‘brand’?
Ek sal R5000 vir Naka betaal as hy bedank.
Ai tot 2010…. dink net hoe vêr ons dan gaan agter die tyd wees.
Ja JJ.. ek stem met jou saam.. die cheetahs maak ons nie eers meer trots nie. Ek sal die Cheetahs ondersteun al verloor ons al ons wedstryda maar dan moet ons weer die unie word wat bekend is vir hardloop en hoë risiko rugby wat opwindend is.
Jan Plank, ek het ook gebly daar in Tshwane… dit is waar my haat vir die Bulle begin het. Ek was daar in die dae toe dit so sleg gegaan het met die Bulle… toe was daar ook net 3000 - 8000 mense wat die games gaan kyk het.