Hawies Fourie beantwoord vrae

hawies-fourieHawies Fourie, hulp-en agterlynafrigter het ‘n paar van die ondersteuners se kwellende vrae beantwoord:

 

Hoekom speel daar so baie spelers van die Boland hier by die Vodacom Cheetahs?

 

Die volgende spelers het by Boland gespeel terwyl ek daar afgerig het ; Hennie Daniller , Tewis de Bruyn , David de Villiers en Jongi Nokwe . Toe Boland in n finansiële krisis beland het met die Fidentia sage, is  hierdie spelers se kontrakte  nie deur Boland Rugby Unie eerbiedig nie. Hulle is kwaliteit spelers wat so te sê op straat en sonder werk gesit het. Met die groot uittog aan spelers wat die Vrystaat beleef het in 2007 , het dit net sin gemaak om hulle te kontrakteer. Elkeen van bogenoemde spelers is nommer een keuses in hul posisies – in ons Vodacom Super 14 en Absa Curriebeker span.

 

Ander Boland spelers wat tans by ons gekontrakteer is, is Danwel Demas , WP Nel en Jean Botha. Danwel het twee seisoene vir die Bulle Vodacom Super 14 en Absa Currie Beker gespeel asook twee seisoene vir die Springbok Sewes en een seisoen Currie Beker vir Boland. Hy is ons eerste keuse nommer 14 en het homself bewys sover in die kompetisie. WP en Jean is voorrye en het ek dus geen invloed gehad toe hulle gekontrakteer is nie. Naka vra gewoonlik vir ouens soos Wian du Preez wat hy dink van ander spanne se voorrye voordat hy hulle kontrakteer. Omdat Boland drie van die laaste vier jaar in die Top 8 in die Absa Currie Beker Kompetisie speel, is dit maklik om ouens te meet teen ons eie spelers en n meer objektiewe mening van ‘n speler te vorm.

 

Piet van Zyl is slegs vir die Vodacom Super 14 gekontrakteer. Enige iemand wat verlede jaar se Absa Currie Beker wedstryd tussen die Vodacom Cheetahs en Boland op Vodacompark gesien het, sou wonder hoekom Piet nog nie Vodacom Super 14 rugby gespeel het nie . Hy het daardie dag 3 skitterende drieë teen ons gedruk in ‘n wedstryd wat Vrystaat met moeite 50 – 40 gewen het. Piet was drie seisoene in die Stormers groep maar moes kompeteer met Marius Joubert, De Wet Barry en Jean de Villiers. Hy het dus nooit speel kans gekry nie. Piet het ook senter gespeel vir Namibië in die vorige Wêreldbeker - in die wedstryd waar hulle so byna vir Ierland (huidige 6 nasies kampioene) geklop het. Hy het in daardie wedstryd vir Brian O’ Driscoll grys hare gegee.

 

Laastens moet ons ondersteuners onthou dat as unies soos die Sharks ,Wp en die Bulle spelers soek koop, hulle eerste by ons, daarna by Griekwas en dan by die ander klein unies. Ons het nie die geld om spelers by die bogenoemde unies te koop nie en verder het ons n ooreenkoms met Griekwas dat ons nie hulle spelers mag kontrakteer nie. Ons werkswyse is dus om eerste na die beskikbare talent in ons eie junior strukture te kyk (daar is tans agt 0nder 21-spelers in ons senior groep gekontrakteer) en daarna na spelers te kyk wat in die top 8 van die Absa Currie Beker speel. Die afgelope twee seisoene was dit Boland en die Valke

 

Hoekom bly die afrigters vir Danwel Demas kies?

 

Het klaar sy CV in die vorige vraag gegee. Danwel is een van die vleuels met die hoogste werkverrigting in die Vodacom Super 14 ( gemiddeld 45 bydraes per wedstryd) , hy skop baie goed en het goeie vaardighede, verder is hy slegs 0.04 sek stadiger as Jongi Nokwe oor 40m. Daar is blykbaar baie kritiek oor Danwel se verdediging, maar sy statistieke wys anders. Hy het slegs 8 duikslae gemis uit 46 wat hy moes maak ( hy het dus 86 % gemaak en die Vodacom Cheetah span se gemiddeld is 85 %). Sy verdediging is dus beter as die gemiddeld van die span. Van die agterspelers is Danwel ons derde beste verdediger met slegs Meyer Bosman (86 %) en Hennie Daniller (88%), wat beter as hy was. Verdere interessante statistieke van Danwel is die volgende :

“Line Breaks” = 12 ( dubbeld meer as die speler in die 2de plek – Hennie Daniller met 5 ),

“Offloads” = 6 ( gelyk 2de na Meyer Bosman met 14) ,

“Ball Carries” = 36 ( 2de meeste na Hennie Daniller).

 

Hoekom word Tewis de Bruyn bo Sarel Pretorius gekies?

 

Tewis is n baie beter skopper as Sarel – wat baie belangrik  is met die nuwe reëls. Sarel is n goeie impak speler met goeie voete en spoed. Ek verkies om  met Tewis te begin en bring later vir Sarel op wanneer die wedstryd losser is. Tewis is ook n goeie stelskopper.

 

 

Waarom is Sias Ebersohn nie oorweeg vir die Vodacom Cheetahs span gedurende Vodacom Super 14 nie?

 

Sias is n jong speler met baie talent wat nog baie wedstryde vir die Vodacom Cheetahs gaan wen. Om n speler soos hy in n Vodacom Super 14-kompetisie in te gooi , sonder dat hy getoets is en ervaring kon opdoen op Absa Currie Beker en selfs op Vodacombeker vlak , maak nie sin nie . In die huidige Vodacombeker kompetisie is hy nie altyd die eerste keuse losskakel vir die Vrystaat Vodacombeker span nie – so ek kan nie verstaan hoe iemand kan dink hy moet nou skielik in die Vodacom Super 14 speel nie. Hy is deel van ons Absa Currie Beker groep , waar ek tyd met hom sal spandeer en werk aan die aspekte van sy spel wat ek glo moet verbeter.

This entry was posted on Thursday, May 7th, 2009 at 8:57 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

32 Responses to “Hawies Fourie beantwoord vrae”

  1. Stef Says:

    Hawies as ek jou raad kan gee, weet dit sal nie help nie want julle steur julle in elk geval nie wat die ondersteuners sê nie, kyk vir ‘n slag die game terwyl dit gespeel word en nie na die tyd na die papier wat statestieke aan geteken word nie. Dan sal jy dalk sien dat Demas nie in die S14 span hoort nie.

    Luister ‘n slag wat die ondersteuners sê en vergeet van watter verskooning jy gaan hê vir jou swak spankeuse.

  2. Spikkels Says:

    Hawies terwyl jy nou Demas se statistieke gee wil jy nie ook die “knocks” stats van Demas vir ons gee nie ?

  3. Hein cloete Says:

    Hi Mnr Fourie.
    Ek kan egter nie saamstem oor Demas nie: hy is vinnig ja, maar dit is al! Ek dink hy vang een bal raak vir elke 3 wat hy misvang. almal kan onthou hoe hy gereeld vir die bulls met ‘n oop doellyn geknock het, en ook ‘n paar keer vir die cheetahs die jaar. Die rondgeskommel met losskakels, senters en vleuels elke liewe wedstyd het ook werklik nie gewerk nie……..Kan Helgard Muller nie meer pertinent as ‘n afrigter ingespan word nie - hy het daardie absolute paasie vir Vrystaat rugby en ek glo hy sal nie soos rassie ‘n span ooit verraai nie. ek wil graag weet wat die werklike rede is vir ons laaste posisie - selfs onder die leeus: en dis nie dat ons nie die tslent of spelers het nie ek dink daar is geen motivering nie, ek meen hoe wen mens ewe skielik teen die sharks 31 6?? dit maak mos nie sin nie……iewers is ‘n groot skroef los en ons wil graag weet waar……………let asseblief ek is en sal altyd ‘n grooooooooot cheetah fan wees ek wil maar net weet wat gaan aan……..Dankie en groete

  4. Henk Says:

    Ek moet se Ek het ook ‘n paar keer gewonder wat Denwal demas in die span doen veral na die eerste wedstryd op toer daaronder maar ek moet erken op die dag kan mens wel sien dat hy ‘n hele paar driee gekeer het met goeie lakwerk van agteraf. Daar moet egter wel aan daardie vang van die bal voor die doellyn gewerk word.

    Een ding wat ek wel kan se is dat Meyer bosman glad nie meer so skerp is nie en dat dit op die oomblik die probleem is dat die Cheetahs nie rerig deur verdeiging kom nie. Ek hou van tewis maar Sarel skep rerig meer kanse as hy op die veld is howel teen die hurricanes het hy goed gespeel maar daardie paar kanse wat hy hulle gegee het het hulle gedruk.

    Strekte Hawies. Onthou Julle moet streef om te verbeter nie tyd spandeer om jouself te verdedig nie.

    Dankie vir die tyd wat julle op ondersteuners spandeer.

  5. Louis Nortje Says:

    Stem saam, met bietjie werk kan Demas in n baie goeie speler ontwikkel. Sy grootste probleem is sy hanteerwerk.

    Was baie opgewonde oor Corniel wat sou terugkom, maar sien toe dat hy anders besluit het. Ons agterlyn gaan goed in die Curriebeker kompeteer, veral as jy n senter soos Ehberson terug het.

    Meyer moet weg gelaat word, hyt geen motivering meer nie. Sy verdediging is absoluut skandalig. Miskien moet hy oorsee sy laaste dae gaan deurbring, met alle respek gese.Hoekom het hy so briliant teen die Haaie gespeel? Verstaan nie, dis al wedstryd waar hy werklik uitgestaan het.

    Bekommernis, slotte, stutte..
    Voorspoed met die soek van spelers, ons is nog bankvas agter julle. Laat weet die span, hulle het dit nodig.

  6. Chris B. Says:

    Ek kan nie saamstem oor Demas nie. As hy net kan verdedig dan moet hy maar ‘n losvoorspeler word. Vleuels moet kan verdedig, maar hulle moet “fest an fomost ” kan drieë druk. En sy hande is swak, hy het ook maar nie die mas opgekom by die bulle nie. Mens kry die indruk dat hy ‘n bang speler is. En dit moet jy nou maar erken, toe B.Basson die kans op vleuel gegee is, was dit ‘n ander “game “, wat die Cheetahs uitstekend gewen het. En as H.Daniller die 2de meeste “line breaks” het vanaf heelagter, dan sê dit nie veel van die losskakels, senters nie ? En dan wonder mens hoekom Daniller dan nie maar dalk senter toe skuif, en Demas heelagter toe nie, as hy dan net kan verdedig ? Ek dink Heinrich het net soveel “line breaks” gehad, maar van syne het op drieë uitgeloop.
    Tussen P.van Zyl en Corné Uys is daar geen vergelyking nie. Uys word deur julle as afrigters onderskat, en dalk moet hy en Meyer omruil.En JW het Saterdag ook gewys hy is ‘n beter opsie op senter as van Zyl. En waarom is daar nie ‘n behoorlike gameplan wat sorg dat die bal baie meer gereeld by Nokwe uitkom nie ? Of is daar te veel vories wat die bal eers wil hanteer ? Kyk die 2007 CB videos en sien hoe is die bal deur die agterlyn versprei, en hoe die Cheetahs meeste van die voorste driedrukkers in die CB gehad het, en wat ‘n klein mannetjie soos Phillip Burger in staat gestel het om na willekeur die meeste drieë in die CB te druk!

    Oor Tewis en Sias Ebersohn stem ek saam. Tewis is ‘n spelbreker -dikteerder, en sy verdediging is baie goed. Hy moet net daarop konsentreer.
    Meyer Bosman is ‘n ou wat al Springbok was, en dis tyd dat hy sy hand begin opsteek, hy het die vermoë, maar sy besluitneming en selfvertroue kort aandag (eintlik die hele span se selfvertroue), en die agterlyn moet dinge met baie meer spoed en aggressie doen. Hulle is soms te huiwerig, en wanneer hulle tackle val hulself die bal toe, en ‘n spanmaat kan nie vir die “losbal” gaan nie. Tackle om die knieë en nie die skouers nie, maar sorg dat jy uit die pad is sodat jou spanmaat vir die bal op sy voete kan gaan. En so ‘n tackle stuit dadelik ‘n aanval en opponente se momentum. Dis wat veral die Aus. spelers doen !

    By die voorspelers kan mens ook sien dat F.Viljoen gemis word. Waar is hy ?

  7. Chris B. Says:

    …En asseblief, as julle die bulle dié naweek kan wen soos teen die Sharks en Crusaders, dan sal dit vir ons as ondersteuners voel asof die 2009 S14 tog nie so ‘n groot teleurstelling was nie !!

  8. Louwren Says:

    Hi Hawies
    As hierdie mense hier beter afrigters as julle was sou hulle nou moes vrae beantwoord.

    Dis moeilik om ‘n afrigter te wees, veral van ‘n span wat in die Super 14 speel.

    Van my kant doen julle baie goed. Om ‘n span by mekaar te hou wat elke jaar spelers verloor aan Unies soos die bulle, haaie en daai visbekke in die suid is geen maklike taak nie.

    Ek wens julle geluk. Vrystaat is by verre die span wat die beste spelers op lewer.

    Hou so aan.

  9. ANSIE Says:

    EK WIL NET VIR DIE HELE SPAN SE. EK IS AL BAIE BAIE JARE N ONDERSTEUNER. (UIT DIE DE WET RAS - ERA) MAAK ASB NET ONS DAG EN WEN MORE SE WEDSTRYD. JULLE KAN DIT DOEN.

  10. Bert Says:

    kan iemand my uithelp asb. Helgard is mos die rekordhouer vir die meeste provinsiale wedstryde vir een unie gespeel? hoeveel wedstryde was dit?

  11. SP Says:

    Admin/Webmeester,
    tot wanneer het jy gedink om ons te laat weet wie speel hierdie naweek? Dis nou Vrydagoggend amper 11:00. Niks is nuut, behalwe Hawies se statistiek-lesing.

  12. Chris Says:

    Ek dink daar kan wedstrydknoeiery aan die gang wees. Dit verklaar hoekom ons die 2 beste spanne wen en teen die swakstes verloor. Ek dink dat Naka deel is van die wedstrydknoeiery want hy het al bewys met Juandre Smith se vrou dat hy nie pas by die profiel van ‘n eerlike man nie.

    Hawies - goeie raad vir jou is om te bedank en ook om vir Naka aan te spoor om te bedank. Ons kort nuwe vars afrigters en die vrottes nie. Ek dink Jake White sal kom afrig vir die prys wat jul vir Naka, jouself en vir Tsimba betaal.

    Ek dink jul moet nou jul trots sluk en bedank.

  13. JJ Says:

    Ag Hawie dink jy jy komminikeer met skoolkinders en blinde ondersteuners wat rugby oor die radio luister. Ons het oe en oordeelvermoee. Kom ek gee jou statistieke 90% van die ondersteuners stem nie met jou saam nie omdat hulle sien wat hul sien en 2% stem saam jou en dit is jy en NAKA want jul kies hom elke satdag en 8% draadsitters. Goeie 1 Spikkel ja Hawie gee bietji stats hoeveel keer genock, die bal nie uit die lug skoon kon vang nie, nie kon afrond nie, hoeveel keer besit net weggeskop het, hoeveel keer n teenstander hom soos n vrot vel afgestamp het, hoeveel keer die bal van hom afgeneem is nie, ek wonder hoe vergelyk sy stats met die van JP Pietersen, Habana en die ander vluels. Ag nee Hawie Tewis is soos n Mattewis agter die skrum, Henlier het nou eers van die Sharks game af eers presteer. Stem met Piet in die CC maar is uiters teleurstellend, David speel sy hart uit. Hawie die agterlyn was n teleurstelling ek praat oor die algemeen daar was spelers wat al lankal gedrop moes gewees het en ander wat moes ingebring. Meyer bevoorbeeld het op sy reputasie gespeel en gekies. Hawie waar is FHILLIP BURGER het jul al gehoor of hy nie wil terug kom nie, ons kort n spelbreker en spelskepper soos hy.

  14. Chris Says:

    Nou dat ek klaar die wedstryd tussen die Cheetahs en die Bulle gekyk het moet ek een ding uitlig wat jul laat verloor het - dissipline. Daar is ‘n spreekwoord wat lui “Roetine kweek Dissipline” en nou wil ek daarmee by die punt uitkom dat Naka en Hawies en al drie die ander hulp afrigters nie die regte ding doen nie! Die spelers het die kapasiteit maar jul maak droog! Die Cheetahs was man vir man beter ten spyte van minder balbesit maar jul het julself gewen en ek dink die persoon wat jul eintlik gewen het was Naka Drotske.

    Kom ek stel dit so - As ‘n kind swak dissipline het is dit gewoonklik die ouers se skuld. Daarom plaas ek die blaam op Nake en kie. Ek dink nie ek is onregverdig nie maar julle ouens wat ons afrig bedonner die arme Cheetahs en hul ondersteuners.

  15. SP Says:

    Hallo Webmaster

    Gaan ons dan nie weer ‘n nuwe blog sien voor die begin van die CC seisoen nie?

    Graag wil hierdie Cheetah-ondersteuner vir Naka en al die spelers ‘n groot klop oppie skouer gee vir die ongelooflike wedstryd teen die bulle gister. Een van die bestes wat ek die span nog sien speel het. Ek kan niemand uitsonder nie. Geen regrets, vat die een op die ken en speel asb hierdie saterdag teen die Stommers ewe hard. Hulle sal nie eers 10 minute hou teen daardie intensiteit nie.

  16. Hein Says:

    Die naweek teen die Bulle: Cheetahs great gespeel en het verdien om te wen, maar ek wil graag weet wie die Cheetahs leer om hoë balle te vang????? Want daardie aspek was hopeloos…..ek glo die nie Cheetahs het 1 up and under gevang nie…………elke span sal van nou af soos die Bulle geden het, ons met hoë skoppe peper want ons is vrot onder die hoë balle…….Dan ook die dissipline - ek het nog nooit in my lewe gesien dat die cheetahs 3 geelkaarte in een game kry nie. En bring asseblief ‘n spelbreker soos Juries van die begin van die 2de helfte op!! Ons het geen spelbrekers op senter nie, hul verdedig maar net. Nokwe: PUIK!!!!!!! laat die bal meer gereeld by hom uitkom.

    Sterkte en wen asseblief die naweek teen die Snoekvretende, rassieveraaiers, watsongevreet stormers. Dan sal alles vergete wees van die seisoen. PS Baie geluk aan ons S14 vennote en my nr2 span Griekwas met jul Vodacom wen!!! Jul verdien dit want jul word ook elke jaar leeg gekoop maat bly met ‘n mededingende span vorendag kom!

  17. tallies Says:

    Beste Hawies

    Super 14 - 2009 - Vodacom Cheetahs

    Team P W D L PF PA PD TF TA BPts Pts Tries +/-
    Tuis (RSA) 6 2 0 4 118 134 (16) 14 14 1 9 0

    Oorsee/Weg 6 0 0 6 73 179 (106) 9 23 2 2 (14)

    Verskil 45 45 90 5 9 7 14

    c:\tallies\mydocuments\cheetahs09-S14-tuis.xls

    Ek wil net as getroue ondersteuner vir julle sê BAIE geluk met julle vertoning saterdag op Loftus.
    Die durf en vasberadenheid van die spelers was fantasties.
    Die vonk in die Cheetahs is verseker terug om te bly.

    Baie geluk ook met die verdediging in die tuisreeks. Na ses wedstryde is slegs 14 drieë afgestaan teenoor 23 in die eerste ses wegwedstryde.

    Baie geluk ook dat julle die seisoen so omgedraai het met julle vertonings in die tuisreeks. Ons 2 oorwinnings oor die Sharks en Crusaders en amper oorwinnings oor Brumbies (skeidsregter beslissing) en Bulls (onderskepdrie en 3 geelkaarte) beteken baie.

    -Bulls kon ons eers in laaste sekondes klop.
    -Ons was heel wedstryd voor tot in 65e minuut.
    -Bulls kon ondanks ons 3 geelkaarte nie die oorhand kry nie.
    -Bakkies en Spies het gebloei.

    Doelwit vir die Stormers wedstryd:
    -Probeer om met 16+ punte te wen en meer drieë te druk as Stormers om met positiewe punteverskil te eindig in Tuisreeks.
    (tabel ingesluit)

    Sê asb vir al die manne baie geluk !

    Cheetah groete uit die Kaap
    tallies

  18. johan maartens Says:

    Hawies hoekom verloor ons Daniller vir Griekwas?Dit pla my regtig dat jy die oud Bolandspelers so verdedig.Behalwe Nokwe en Daniller hoort die res in die Vodacom span.Soek n slag spelers by ander unies.Julle gaan nog ouens soos Brussouw verloor.

  19. markus Says:

    waarvoor so liggeraak? ondersteuners kyk nie statistieke nie. ons kan sien as ‘n ou droogmaak. Hy het nog nerens gespeel waar hy sy plek in die span kon hou nie. hy moes vodacom gespeel het tot hy die selfvertroue gehad het om in die super 14 te speel.

    kom ons hoop maar vir volgende jaar. hoop net ons kan weer vrystaat rugby sien. Saterdag was daar darem hoop.

    Wen nou die Curriebeker en maak ons monde stil?

  20. Meisie Says:

    Mooi gespeel!! Hoop julle het ‘n goeie game saterdag.

  21. Johan Says:

    Ek as GETROUE Vrystaat ondersteuner raak UITERS geiriteerd oor wat aan die gang is my ons span. Ek wens al die klomp Bolanders wil terug gaan Boland toe. Kom boys kom ons speel met ons eie seuns soos al die jare.

    Dan wil ek ook net vir Naka en die Vrystaat bestuur se - toe ek Saterdag vir Eugene vna Wyk langs die veld sien kon ek meer dringendheid sien tussens die ouens. Raak ontslae van Hawies en kry Eugene of Peet Kleyhans daar - hulle ken die game.

    Aangesien Hawies so ‘n groot statistikus is - gaan kyk asb na hulle statisieke!!!!!

    Ek kan nie glo ons rugby gaan so agteruit nie - in laas jaar se curriebekker was die selfde storie. Raak asb weer trots om deel van die Vrystaat te wees!!!!!!!!!!!!!!!

  22. Deon Rheeder Says:

    Hawies

    Al die supporters sien dit, maar die coaches verkies om dit nie te sien nie. Nou wil julle meer aanjaag om te wil kies tussen Nokwe en Basson. Is julle nou die pad heel byster?? Demas kan nie ‘n hoë bal vang al hang sy loopbaan daarvan af nie. Die game wat Basson in Demas se plek gespeel het het dit baie goed gegaan.

    Ek begin al oë toemaak as Demas naby die bal kom want 97% van die tyd jaag hy net aan!! Drop hom en speel Basson of Juries in sy plek!!!!!

  23. Andries Says:

    Aan al die klein cheetah’s!Julle het weggekom met die negatiefste spel patroon hierdie jaar en ouens laat geloop,in die lug getackle en spear tackles uit gevoer!Maar al hierdie goed het absoluut niks gehelp nie aan gesien n mens nogsteeds moet kan rugby speel!!Julle kan nie,behalwe as julle die fight try wen en sorry maar julle kon dit nie eers doen nie!Julle bly maar net n klein common klom tappits wat maak of julle iets van rugby weet!!Maak die bulle almal bokke!!!!!!!!

  24. editor Says:

    Hi Bert

    Dit is reg - ons spanbestuurder vir die Vodacom Vrystaat Cheetah span gedurende die Absa Curriebeker hoe die rekord vir die speler met die meeste provinsiale wedstryde(in verskillende posisies) en dit is ook ‘n SA rekord met ‘n getal van 245. Hy ook die rekord vir die meeste Absa Curriebeker wedstryde in Suid Afrika met ‘n telling van 142.

  25. editor Says:

    Hi Andries

    Hierdie is ongelukkig ‘n blog vir Vodacom Cheetah ondersteuners. Ek is seker die bulle se website sal jou positiewe kommentaar oor hulle waardeur, maar ons ondersteuners gesels hier saam.

    Groete

  26. Chris Says:

    Andries, jy tipies die ou wat maak dat baie mense reg oor die land vir enige teenstander teen die Bulle skree. Jul is einlik bang vir die Cheetahs omdat hulle julle met julle bokke elke keer ‘n moerse go gee. Maak maar al die bulle bokke en hul sal steeds nie oortuigend kan wen teen die afgewaterde Cheetahs nie. Ek waarborg jou ook dat die Cheetahs nie vuil gespeel het nie maar dat hul dissipline swak was maar dit sal gou opgelos word waneer Naka sy uitrede na volgende week se wedstryd aankondig.

    “”" Seuntjie vra sy ma: “Ma, kry hoere ook kinders?” Ma antwoord haar seuntjie: “Ja my seun waar dink jy kom blou bulle vandaan!”

    So Andries kom se wat jy te se het hier in Bloemfontein voor my dan sal ons sien wie se ore bloei!

  27. JJ Says:

    Ek wil regtig vir die CHEETHAS span se ek vat n verloor soos teen die BULLE enige tyd ek stem dissipline het jul in die voet geskiet maar tot KOBUS WIESE en JOHN v RENSBURG wat n ou Bull koeie is het erken dat jul ouens besigheid gemeen het en dat die game van die seisoen was. Mooi kerels die vaal BULLE het gebloei. Wys ons nou saterdag teen die Stormers ook. Telling CHEETHAS 42 STORMERS 27

  28. Jakkals Says:

    Arme ‘Andries’. So tiperend van die oorgrote meerderheid VLOU VUL aanhangers. Of met die nuwe gier onder die Vloues se aanhangers is dit seker deesdae eerder ‘balhangers’.
    Andries - gaan speel met jou maatjies daar in Jan Brannewynpark of onder ‘n brug.
    Julle klomp Vloues hang in elk geval net op ander plekke uit omdat julle niks van julle eie het nie.
    Groetnis - en ek wonder of (een) van jou mees algemene naampies dalk ‘Oom Kalie’ is nie……
    Jakkals

  29. Chris Says:

    Jul afrigtingspan is belaglik en dit moet nou end kry.

    Ek gaan begin met ‘n petisie teen jou en ek gaan ook nie een Curriebeker kaartjie koop terwyl jy en jou patetiese afrigtingspan afrig nie!

  30. Rudi Maartens Says:

    Beste Hawies

    Eerstens wil ek net sê ek was geweldig opgewonde met die nuwe dimensie
    wat jy aanvanklik aan ons agterlynspel verskaf het met jou aankoms
    in die Vrystaat. Daar was veral een agterlynbeweging (wat ons egter
    nooit te siene gekry het in ‘n wedstryd nie) waar drie agterlynspelers by
    ‘n skrum of lynstaan direk agter mekaar gestaan het en dan in verskillende
    rigtings (neem ek aan) sou hardloop.

    Intussen het egter baie verander. Ek het nie ‘n probleem met al die
    Boland-spelers per se nie, maar die beste spelers moet gekies word,
    en dit is Demas gewis nie. Inteendeel, hy is by verre ons swakste vleuel.
    Hoe hierdie man Eddie Fredericks (wat jare goeie diens aan die Vrystaat gelewer het)
    of Fabian Juries uit die span hou, sal net jy weet. Tensy Naka die agterlynafrigter
    ook is. Gaan kyk asseblief mooi na die statistieke oor Demas wat die bal direk
    uitskop as hy nie in sy kwartgebied is nie, Demas wat die bal doelloos wegskop
    op die aanval (of oor die doodlyn skop) en Demas se handvaardighede.

    Oor Tewis kan ek net se dat hy nie so goed begin het die seisoen nie,
    maar hy is ‘n goeie speler en mense kan maar oplet: Vrystaat het ‘n goeie wedstryd
    as Tewis ‘n goeie wedstryd het.

    Die hele Vrystaatspan se grootste probleem is egter selfvertoue en ‘n
    wil om NIE TE VERLOOR NIE.

  31. Hein cloete Says:

    Ons 1ste keer dat ons HEEL LAASTE - lees weer: HEEL LAASTE in ‘n kompetisie eindig……en die cheetahs het nie mooi, goeie of opwindende rugby gespeel nie, dis die ergste van alles…….gaan jul die groep op facebook join as ek ene stig wat se: Raak ontslae van Drotske?

  32. Chris Says:

    Hi Hein

    Ek is nie op Facebook nie maar ek sou defnitief join. Hoekom begin ons nie liewers met ‘n petisie wat mense kan teken nie dan kan ons dit vir die Cheetahs persoonlik oorhandig en sommer die media ook daarby betrek want al wat Drotske nou doen is om ons kaartjiegeld aan te wend vir sy regskostes. Naka is ‘n skurk en hoort in die tronk as jy my vra.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree