Spanlys van die Vodacom Cheetahs teen die Waratahs.

Die Vodacom Cheetahs is gereed om die span van Sydney, Australië aan te vat en Naka het besluit dat min veranderinge aan die span gedoen gaan word.  WP Nel vervang egter Bees Roux.  Die wedstryd skop 17:05 en vind plaas hierdie Vrydag, 1 Mei net op Vodacom Park.

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Corne Uys

12.  Meyer Bosman

11. Jongi Nokwe

10.  Naas Olivier

9. Tewis de Bruyn

8.  Hendro Scholtz

7.  Juan Smith (k)

6.  Heinrich Brussow

5.  David de Villiers

4.  Wayne van Heerden

3.  Kobus Calldo

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers

16.  Richardt Strauss

17.  WP Nel

18.  Nico Breedt

19.  Kabamba Floors

20.  Sarel Pretorius

21.  Piet van Zyl

22. Fabian Juries

Moenie uitmis op Jampact en dan natuurlik die spelers by Castle Deck na die afloop van die wedstryd nie.

This entry was posted on Wednesday, April 29th, 2009 at 11:20 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

22 Responses to “Spanlys van die Vodacom Cheetahs teen die Waratahs.”

  1. Jaco Grobbelaar Says:

    Go Cheetahs GO !!!! Sterkte vir Vrydag.

  2. Gron Says:

    Het die bestuur al daarin geslaag om meeste van hierdie spelers weer vir volgende jaar te laat teken?
    Gaan ons volgende jaar die Ebehrsons in die groep hê?
    Hmmm… Sou ons nie vir Ashley Johnson in die Cheetah trui gesien het hierdie jaar nie?

    Terug na die berig: Goeie span. :) Hulle hoort die Tahs te kan klop.
    Bly om te sien hulle begin nou goed saam speel. Baie laat, maar daar is hoop vir die toekoms.

  3. Jaco Says:

    HI

    Naas Olivier het regtig baie goed gespeel laas week , ek hoop hy het weer goeie game ,die seisoen kan vinnig verander as ons 2 uit die 3 wen dan is dit die beste super 14 nog !

  4. Stef Says:

    Alweer Demas.

    Wie is blind, of is dit net plein aspris?

  5. Gron Says:

    Komaan Stef. Jy moet regtig bietjie meer gereeld rugby kyk voor jy kommentaar wil lewer.
    Hy het 2 ‘bad games’ gehad aan die begin van die reeks toe hulle hom ge-’target’ het. Dit is al 8 weke later my vriend.

  6. Gron Says:

    Ek moet vra dat hulle oorweeg om bietjie vir Johnson ‘n kans te gee op 8 (al is die proef hierdie jaar om hom op 2 te gebruik.) Hendro het regtig nie een van sy beter seisoene nie. Ek weet nie of dit die ouderdom is nie, maar hy is glad nie meer oortuigend nie.
    (Ek sê nie hy speel sleg nie, maar ek het baie meer van hom verwag!)

  7. Jaco Grobbelaar Says:

    Ja Gron. Hendro is bietjie stil die jaar. Ek sal ook laaik as Sarel Pretorius bietjie meer game time kry. Tewis is vir my bietjie te stadig agter die skram. Hy vat te lank om die bal uit te haal. Die bietjie game time wat Sarel al gespeel het kan jy sien hy is lus vir rugby.

  8. Chris B Says:

    Laat Naka-hulle ons ‘n slag antwoord , of hoe ?
    Ek wil graag weet…wat kan ons môre verwag ? ‘n Game soos teen die Sharks en Crusaders, of soos teen die Chiefs, Reds ens ?
    Sal die span 2 keer agtermekaar so gemotiveerd en committed speel en verdedig ?

  9. Cheetah Supporter Says:

    Demas het in 4 of 5 games al balle laat val met oop doellyne voor hom !!!

    En Satedag teen Crusaders was daar weer twee !!!

    Jammer, maar Demas sukkel steeds !!!

    Bjorn Basson was beter as hy, die kere wat hy speelkans gekry het.

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  10. Jakkals Says:

    Gron, miskien moet jy self aansienlik meer tyd aan rugby kyk spandeer. Dalk leer jy iets. Demas is ‘n absolute nul op ‘n kontrak. Hy beteken niks. Hoe die keurders vir Bjorn Basson kan laat VC rugby vir GKW speel en dan daai takhaar weer in die Cheetah span opneem met die hoofdoel om balle mis te vat gaan die verstand te bowe.

    Ek hoop en vertrou dat Naas sal voortbou op verlede week se vertoning.

  11. Michael Cooper Says:

    Goed gespeel manne..

    Die waratahs het goed defend en was die beste span opi veld gewees. Ons ’set pieces’ was glad nie goed nie. Kobus Caldo doen goed op defence en los spel mar dink nie hy het wat nodig is in die scrums nie.. En Piet van Zyl het rerig ‘n shocker gehad vandag. Dink hyt amper meer as 10 tackles gemis. Was bly om die span se energie te sien tho..

    Sterkte volgende week ouens..

  12. Jaco Grobbelaar Says:

    Swak, Swak , Swak. Almal het Swak gespeel. Hulle hardloop tussen Bosman en Uys asof hulle nie eers daar is nie. Swak Swak Swak !!!!!!!!!!!!

  13. JJ Says:

    GRON,i kom jy van Boland af of bly jy daar, want dis net HAWIE en seke die Boland ouens wat dink Demas is ok. As jy mooi gekyk het al die games sou jy agter gekom het dat ons in al die games met 14 man gespeel het want Demas was daar maar ook nie daar die ouens stamp hom soos …..ja jy weet . Nee ou GONS man, ek dink jy lees te veel snert wat hierdie Blou Tone in die koerant kwyt raak wat vir my nou wil kom vertel dat ons nie moet vergeet Watse goeie game Henlier, Demas, Piet, Tewis gehad het in Crusaders nie maar in al die vorige games het hulle ons gekos nou wil hy 1 game uit 10 slegte games sy stelling regverdig wonder wat se hy nou na vrydag se game oor PIET en Demas en Tewis, so terloops het jy gekyk GONS, stem ek al lankal saam dat hy stadig is en sal ek n paar ander bo hom kies. Mooi JW Jonker net jamer dat OOM NAKA en HAWIE nou eers bygekom het om jou in die span te sit maar dis hoe dit gaan met n onervare afrigters.

  14. Stef Says:

    Gron het jy vrydagaand rugby gekyk? ek het soos wat ek elke naweek kyk.

  15. SP Says:

    Hallo Admin en alle Cheetah fans

    Ons is net 4 dae weg van die wedstryd waarvoor ons al die hele jaar moes wag. Die stryd tussen die bloues en die Cheetah. Ek sien geen nuwe blog daaroor nie en niemand wil ‘n opinie waag nie. Is dit nou maar ‘n geval van net 2 wedstryde oor en dan is die kompetisie verby of is daar nog trots in ‘n Cheetah trui????

    Komaan!!!!

  16. Louis Nortje Says:

    Admin, kan julle ons dalk se of die bestuur al na nuwe spelers
    soek en hoe dit werk? Soos Kobus Maandag op Supersport gese het, ons het n paar groot name nodig, anders sal ons dit nooit maak nie…

    Hoekom het die Cheetahs nie die “oemf” wat hulle teen die haaie gehad teen Waratahs nie? Verdediging weereens GROOT probleem. Veral meyer Bosman. Lyk my die senters het vergeet n mens tackle jou man dat hy moet terugval, of laag, onder die kniee.

    Ai, ek sal nooit ophou om vir my span te skree nie, al spot almal hier in Johannesburg met my.

  17. Chris Says:

    Ek reken almal wag net vir die spanbestuur en ook vir Naka om te bedank - dit is hoekom dit so stil is tot op hede.

    Ek wonder ook net of Naka bewus was dat die kam waarmee hy die onervare skeidsregters mee geskeer het vir hom ook geld want hy is ‘n onervare afrigter en onervare afrigters hoort nie in super rugby nie. Dit is hartseer dat een man se hardkoppigheid om as afrigter aan te bly ‘n straf vir die al die ondersteuners moet wees.

    Die Cheetahs kort ‘n super rugby afrigter!

    Komaan Naka. Waar is jou reserwe? Ons kort ‘n afrigter soos Jake White, Eddy Jones of Ollie le Roux!

  18. CC Says:

    Dit sal great wees om ook die Bulls te wen,op Loftus.Hoop om baie, baie oranje vlae & Cheetah supports Saterdag by Loftus te sien.

  19. JJ Says:

    Chris wat sal ons se ou swaar, ek luister dat NAKA baie te se het oor John Smit dat dit tyd vir hom is om sy skoene op te hang….Wel NAKA die verskil tussen John en jy is dat John se wen presentasie as BOK kaptein oorweldig jou wen prestasie en ek hoop as hy sy skoene ophang dat hy aansoek doen as afrigter by die States. Saterdag ja dit gaan n grote wees die BULLE maar ek dink die BULLE sal goed voorberei en nie die fout maak wat die Sharks gemaak het nie. MY Telling BULLE 38 VRU 18

  20. Louis Nortje Says:

    Kom ons wees eerlik, nie alle blaam op Naka nie. Die spelers moet hulle regruk, dis hulle wat op die veld aanjaag. Dink n afrigter kan ook net soveel doen met wat hy het. Penaliseer daai ouens wat nie verdedig of hulle harte uitspeel nie. Betaal hulle net as hulle n goeie game gespeel het, dan sal hulle dit nie vanselfsprekend neem dat hulle oor en oor sal span kry nie.

    Eks bly om te sien dat Louis uit Frankryk opm pad is. Dit lyk positief, kry nog 2 sterk stutte en met Corniel wat ook op pad is, sal dinge baie beter gaan

    Voorspoed Saterdag!!

  21. Chris B. Says:

    Dit sal doodeenvoudig onbillik wees om Naka-hulle al die skuld te gee vir die Cheetahs se warm-en-koud performances. Teen die Crusaders en die Sharks het hulle gedoen wat hulle moes en kan, en teen die Chiefs en Waratahs doen hulle dit nie meer nie ? Naka kan hulle nie op die veld gaan aanpor nie, hulle is proffessionele rugby spelers, en hulle kyk darem seker die videos van die ander games ?
    Wat die spelers wel kan ontsenu en ontmoedig, is die dinge soos in hierdie artikel op die webblad:

    Die Vodacom Vrystaat-Cheetahs het eindelik ’n plaasvervanger vir Chris Rossouw gekry wat op mediese aanbeveling net voor die Vodacom Super14-rugbyreeks besluit het om sy uittrede bekend te maak.

    ’n Voormalige losskakel van die Lions, Louis Strydom, het reeds sy kontrak met die Vodacom Cheetahs onderteken en sal hom voor die Curriebeker vanuit Frankryk hier aanmeld.

    “Jacques-Louis Potgieter gee jou goeie moontlikhede op die aanval,” sê Naka Drotské.

    Maar volgens die afrigter van die Vodacom Cheetahs het hulle ’n losskakel gesoek wat soos ’n Willem de Waal van die Stormers met sy skopskoen kan dikteer.

    “Ons dink Louis is so ’n losskakel wat weet hoe om met sy skopskoen aan te val. Eintlik het ons deur Louis se kontraktering net Chris vervang.”

    Met Strydom kan Drotské-hulle die keuse hê om Potgieter op heelagter ( HY KOM NOU NET REG OP LOSSKAKEL ?) in die Absa Curriebeker in te span.
    Die Bok-heelagter Bevin Fortuin oefen ook kliphard en is oorgehaal om sy plek in die Absa Curriebeker-span te herwin.( EN WAT WORD DAN VAN DANILLER ? )

    Drotské het intussen net een verandering aan die Vodacom Cheetahs se beginspan vir Saterdag se Vodacom Super14-wedstryd om 17:05 op Loftus Versfeld teen die Bulls aangebring.

    Corné Uys vervang Piet van Zyl op buitesenter. In Uys se afwesigheid was daar een of twee gate op die verdediging teen die Waratahs. ( Dit kon net Naka of Hawies gewees het wat gedink het dat van Zyl dalk ‘n beter opsie as Corné Uys kon gewees het ? )

    Sy afwesigheid teen die Waratahs het net weer onderstreep hoe ’n onderskatte speler Uys is.( Duhh ! )

    Interessant is dat JW Jonker sy plek op die plaasvervangerbank ten koste van Van Zyl ná sy goeie vertoning teen die Waratahs behou het. Dit beklemtoon net hoe belangrik Drotské die vaart van Jonker en Fabian Juries in die laaste paar minute teen die Bulls beskou.

    Die Cheetah-span is: Hennie Daniller, Danwel Demas( wat bokkerol uitrig ! ), Corné Uys, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Naas Olivier, Tewis de Bruyn, Hendro Scholtz, Juan Smith (k), Heinrich Brüssow, David de Villiers, Wayne van Heerden, Kobus Calldo, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Richardt Strauss, WP Nel, Nico Breedt, Kabamba Floors, Sarel Pretorius, JW Jonker, Fabian Juries.

    Wie sal nie ontmoedig word deur sulke wisselvalligheid in afrigters- en bestuurslede nie ?

  22. Stompie Says:

    Cheetahs, goed gespeel. Jammer oor al die geel kaarte. Juan, jy is my held.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree