Hierdie Saterdag vat die Vodacom Cheetahs 2008 se Vodacom Super 14 wenners aan - die Crusaders.
Die afskop is 15:00 en die vermaak by Castle Deck na afloop van die wedstryd is Ghapi.
Die span wat uitdraf is:
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Naas Olivier
9. Tewis de Bruyn
8. Hendro Scholtz
7. Juan Smith (k)
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Wayne van Heerden
3. Kobus Calldo
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers:
16. Richardt Strauss
17. Bees Roux
18. Nico Breedt
19. Kabamba Floors
20. Sarel Pretorius
21. Piet van Zyl
22. Fabian Juries

Wat soek Demas alweer daar, aanhoudende verkeerde spankeuses van NAKA EN HAWIES wat maak dat mense wegbly van die stadion wil jy my se iemand soos JW JONKER, Gavin Passen, Eugon Segon, Fabian, Riaan Viljoen is nou slegter as Demas. WELKOM NAAS OLIVIER moes al lankal daar gewees het.
Ek kry elkeen van ons spelers baie jammer want jul is nie sleg nie - ek blameer jul kaptein Juan Smith en jul patetiese afrigters vir jul vrot vertonings. Ek hoop julle ouens kan saamspan en vir Naka uitskop want hy het klaar jul skip gesink!
Jammer dat jy nie saterdag kan speel nie Pottie sterkte vir jou. Ons hoop julle het ‘n great game saterdag. Ons hoop julle kan weer ‘n goeie westryd hê.
Sterkte aan die Span.
Weet nie of julle wel hierdie sien nie, Hoop elkeen van julle gaan speel met die wete dat julle kan wen.
Eenmaal ‘n cheetah altyd ‘n cheetah en dit kan gesien word deur Juan wat by enige span kan inloop maar nogsteeds by die cheetahs bly.
Mense, was vandag net so trots op julle soos teen die Sharks. Julle het asbsoluut FANTASTIES verdedig, hoekom kon julle dit nie die hele sysoen doen nie? Bly om te sien dat Hennie meer selfvertroue kry, gaan nog n top heelagter word. Werk net aan jou hande, laat val nog up en unders te veel. Verder, gebruik daai groot lyf en breek die lyne. Jy kan!
Welkom Naas, dit wys wat n regte losskakel beten in terme van pale toe skop asook taktiese skoppe.
Ek’t vootheen dit gese, en bewys weer my punt. Daar was Naas “afgeskryf deur WP en Bulle, het na Griekwas gegaan, en kyk hoe kom hy terug. Naka, voordat die sysoen nou verby is en julle manne kontrakteur, gaan soek die ouens wat in Super 14 rugby gespeel het en deur hulle provinsies afgeskryf is. Jy sal hulle kry. Ek’t reeds baie voorbeelde en name gegee.
Weereens, baie geluk julle. Julle self vertroue kom terug en julle kan die volgende 3 games wen.
Trots om n Cheetah te wees.
Wat nou groot bek Chris. Is Naka en Juan nou weer goed genoeg.
Geluk Cheetahs
Geluk manne, mooi gespeel jul het jul lywe op die spel gesit. Ek se jul dis die games soos teen die sharks en crusaders wat paviljoene volmaak. Kerels jul het ons trots gemaak, en ons as ondersteuners het gese die dag as jul kliek gaan groot spanne val. Henlier goeie vertoning boet en Brussouw jy lyk pure BOK saam Hendro. Ek wil nou nie dit bederf met negatieweteit nie maar Demas EISH kom nou NAKA wat doen hy nou spesiaal behalwe op en af te hardloop verder sy werksverigting power man en wat my verstand te bowe gaan is jy vervang NOKWE en los Demas daar.
Ek stem met Naas Olivier ek hou van die Seun van WP af, hy is n erkende loskakel en kan die spel dikteer skop goed is kalm speel slim en stuur die lyn goed weg, net jamer hy kom nou eers in.
Hi Jaco Grobelaar. Jy is ‘n regte gatvlieg en jy het jouself nou as regtig dom bewys!
Die antwoord op jou vraag is NEE, Naka en Juan is nie goed genoeg nie dit is hoekom ons onder aan die punteleer is! Reken jy dit is goed? Ons is dan swakker af as verlede jaar.
Ek weet nie of jy gesien het nie maar ons het tans 11 punte in die 14de posisie op die Super14 tabel. Die Reds is in die 13de posisie en hul het 18 punte dit is 7 meer as die Cheetahs! As jy reken dat Naka en Juan goeie werk doen dan moet jy dit vir jou self hou en ophou om te “chirp” want jy maak jou naam gat deur te dink dat ek ‘n ander “tune” gaan sing net omdat ons ‘n wedstryd gewen het.
Hello almal
Ons geniet die debat op die blog vreeslik en moedig dit natuurlik aan. Die span geniet komplimente en aanvaar kritiek. Ons vra egter dat julle dit in ‘n goeie lig sal sien en mekaar asseblief nie hier beledig nie.
Weet julle sal verstaan - dankie vir al julle ondersteuning!
Groete
Editor - Dankie vir die hulp!
Net ‘n vraag vir jou: Lees Naka en of die span ooit dit wat hier gepos word?
Ek dink Demas is die regte speler vir die posisie!