And here it is - the Vodacom Cheetahs team list that will take on the Chiefs. And Naka left the team that won the Sharks unchanged.
The game will take place in KIMBERLEY this Saturday, 18 April. Kick off: 15:00
15. Hennie Daniller
14. Bjorn Basson
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Jacques-Louis Potgieter
9. Tewis de Bruyn
8. Hendro Scholtz
7. Juan Smith (c)
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Wayne van Heerden
3. Kobus Calldo
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Replacements
16. Richardt Strauss
17. Bees Roux
18. Nico Breedt
19. Kabamba Floors
20. Sarel Pretorius
21. Piet van Zyl
22. Fabian Juries

Bly om te sien Kabamba begin weer lyk soos sy ou self.
Go Cheetahs. Ons gaan die Chiefs seer maak
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Sien julle nou daar… Julle het ons darem maar lank laat wag vir daai wen !!!
Julle kan ouens…
Sterkte vir Saterdag !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
3 jaar naby gekom met die Chiefs so dit is nou of nooit, sterkte almal!!!!
Ek weet hierdie ouens het gewen en dis reg dat hul weer n kans gegun word. As ek kon kies van die begin af sal my groepie so lyk. 15 Riaan Viljoen 14. JW Jonker 13. Alwyn Hollenbach 12. Meyer 11. Nokwe 10. Naas Olivier 9. Tersuis Carse 8. Hendro Scholtz k 7. Juan 6. Brussow 5. David d Villiers 4. Wayne 3. Kobus 2. A Strauss 1. Wian.
Met ‘n vertoning van laasweek as ‘n beginpunt en as hierdie groep bymekaar kon bly vir die CC-reeks, kan ons weer ‘n krag word soos in 2007. Daardie was een van die beste spanne in moderne terme. Alles was gedoen van die verstandhouding dat die basiese goed reg gedoen word.
Kort ‘n goeie vertoning teen die Chiefs om die patroon te vestig. Kan nie wag vir 1500 Sat nie.
Ek sien in die berigte dat Nake “getob” het oor Demas wat nog beseer is. Liewe ouers Naka, Basson is 1000 beter, so wat is jou probleem??!!
In elkgeval, ons weet julle kan dit weer doen manne!! Kimberly sal weer goed wees vir ons.
Ons sal sal julle verseker saterdag ondersteun. Hoop julle het ‘n great game!!!
Maak daai stadions vol mense, hulle het dit nou meer as tevore nodig!! Voorspoed CHEETAHS!!
Well done manne.. Eks bly die manne het gespeel of hulle daar wou wees.. Naka, moet my hoed vir jou af haal dat jy die ouens so ‘upbeat’ gehou het.. Is seker die span ‘kopdokter’ het ‘n hand daar in gehad.
Sterkte die naweek!
Los net vir JUAN SMIT uit die span!
Snaaks Chris.
Ek kyk nou na die toekoms, en Naka, jy het baie goed gedoen om die Ebehrson tweeling te kontrakteur!
ASSEBLIEF kontrakteur so vinnig moontlik die Ras tweeling ook!!!! FW Ras is ideal vir die Cheetahs se styl rugby in losskakel, en sy skopwerk is ook fantasties! Egbert Ras kan ook ons antwoord word op 8ste man! Asseblief moenie dat hulle deur julle vingers glip nie!
Uit ‘n bemarkings-oogpunt dink ek het hulle ook ‘n voorsprong as die seuns van Dewet Ras.
*sug* Ek sou dit nie opbring as dit nie was dat ek stories gehoor het dat beide kontak is deur Euro spanne nie.
Ok. Klaar ge-’moan’. Sien julle almal in Kimberley!
Ek sit op OR Tambo op pad na die Diamantstad vir die wedstryd môre! Mag dit weer ‘n vertoning vol commitment wees!
Go in FS!!!
Where are you from? Is it a secret?
Have a nice day
Die telling in die wedstryd vandag vlei die Chiefs en die ref geweldig. En dit bewys maar net dat, maak nie saak hoe graag ons dit sportmangees wil noem nie - dit was boereverneukery uit die boonste rakke, die drie vir die Chiefs met die telling op 13-10.
Mooi gespeel, manne. Jammer daar is twee stelle reels. En natuurlik sal Heinrich B in die pekel wees, maar die blerrie aap wat Frans Viljoen boorvat, kry net ‘n strafskop. Kan iemand net vir Andre Watson by SA rugby laat weet dat die patroontjie wat die Cheetahs geboor het, darem ‘n pirtsie slegter was as ons skeidsregters. GEEN VAN HULLE IS OOIT AGTERNA VERANTWOORDELIK/GESTRAF NIE, ALTYD ‘N OU VERSKONINKIE.
Nou wat gaan hierdie keer die verskoning wees vir die verloor teen Chiefs. Ek wens die super14 wil nou kla maak en die CC kan begin want dis al waar ons kompeterend bly en n goeie vertoning kan lewer. Dis net weer n bewys dat ons wonderlike afrigters en ek beginne glo die spelers ook te onvolwasse om hierdie oorsee se spanne te ontleed en te wen. Nee manne, die Chief se spiere te sterk vir jul, jul sal n bietjie langer in die gym moet wees, dat so n klein Chief speler 3 ouens afstamp so maklik en n flou probeer slag van Henlier ag sies tog…..
Ag nee man. Jul het al weer soos moegoes gespeel. En Juan Smith se foute in die eerste helfte is skokkend. Mens tackle nie iemand sonder jou arms nie Juan! Jy is nie ‘n kaptein se gat werd nie.
Ons kon nie eers die bal behou nie! Ek dink die wedstryd teen die Haaie was ‘n gelukskoot en dat jul nie ‘n opwaartse kurwe sal toon tesnsy NAKA en JUAN die trekpas kry.
Ek is moeg om vir ‘n looser span te skree.
Om vir die Vrystaat deesdae te skree is soos om ‘n broer in dit tronk te hê…… jy praat nie daaroor nie.
Ag Chris jy is nie n ondersteener se gat werd nie. n waare ondersteener sal by hulle span bly maak nie saak wat nie en nou wat ons verloor het blame almal weer vir Naka en Juan. Ja dit is nie lekker om te verloor nie maar julle ouens raak bad loosers. Die manne het nie sleg gespeel nie. Hulle het net bietjie gaan lê na die skok beslising van die lyn regter. Ek staan by die Cheetahs deer dik en din en ek sal altyd vir hulle skree !!!!!!!!!!!!!!!!
Dankie Jaco vir jou ondersteuning!
Ek second daai jaco.. Kom ons wees all weather supporters.. Nie net wanne dinge goed gn nie..
Julle het goed gedoen die naweek manne.. Die chiefs is ni top of the log vi niks nie..
Hi Jaco Grobbelaar, Ek is ‘n goeie ondersteuner want ek koop al die afgelope 10 jaar seisoenkaartjies en my familie. Ek wens ek kon kies waarheen my geld kon gaan.
As ons gaan lê na elke swak beslissing wat ‘n skeidsregter teen ons maak dan kan ons maar ruby los want swak beslissings is deel van die game. Ek sal ook altyd vir die Cheetahs skree maar ek sal nie staan vir swak spel nie… En ook nie vir verskonings nie! Dit is nie asof ons met 5 punte of mider verloor het nie. Dit is ondersteuners soos jy wat maak dat die verskonings van die bestuur geldig lyk. Nou “please” jy jouself ook met verskonings…..terwyl daar nie meer verskonings is nie!
Kom ek stek dit anders…Naka is nie die beste man vir die pos nie en as jy sy standpunte nog wil help verdedig dan maak jy net dat hy langer hier sal bly. Ek is nie ‘n bad looser nie soos wat jy beweer nie. Die afrigters van die Cheetahs is bad loosers want hul kan nie aanvaar dat dit die einde van hul lyn is nie!
Ek dink Naka en sy mede-afrigters is soos die ANC wat dienslewering betref. En nou is dit nog moelik om van hul ontslae te raak! Komaan Jaco as jy die loosers wil ondersteun dan is dit jou saak maar klein punt wat ek wil maak is dat as die springbokke swak vertoon dan eis ons die afrigters se koppe en die koppe rol gewoonlik gou… nou wil ek vir jou vra hoekom moet ons met minder tevrede wees?…………..gee ‘n goeie antwoord asb!
Hi Michael Cooper - die Cheetahs is nie bottom of the log vir niks nie. Word wakker - ons span kort ‘n nuwe afrigter!
Ek is jammer as jy reken dat ons goed gespeel het teen die Chiefs want dan is jou standaarde baie laag.
Chris. Dit is maklik om groot bek van die kant af te wees. Almal wil altyd die afrigters blameer n afrigter kan ook net soveel doen maar die manne moet op die dag vir 80min die ding doen op die veld. n afrigter kan nie n ou basic rugby leer soos tackel en om n bal te vang nie,op die vlak moet hulle dit al weet. Miskien kort ons liewers beeter sleutel speelers in sleutel posisies in plaas van n nuwe afrigter
O ja Chris. Elke keer as die cheetahs verloor dan moet ons hoor watse moegoes hulle is en jy moeg is om vir hulle te skree. So spaar jou self dan die teleurstelling en moet dan liewers nie vir hulle skree nie. Skree dan liewers vir jou broer in die tronk
Dit werk nie altyd in die regte wereld om alles in watte toe te draai en maar net te troos en mooi te praat en te pamperlam nie. Partykeer maak die waarheid seer maar die waarheid is die realiteit die eg en verby dit kan jy nie verby kom nie. Weet nie of jul IDOLS gekyk het nie, wragtig daar was mense wie jy kliphard hardop gelag het want jy hoef nie besondere geleerdheid he om te weet hulle kan glad nie sing nie hulle het hul naam gatte gemaak, maar die beste van als is hulle het geglo hulle kan sing tot iemand vir hulle se jy kan nie dis die realiteit. Ander kan sing maar ook geweet dat hy of sy nie n IDOL sal word nie. Wat ek se is en ek stem saam Chris, NAKA en n paar spelers soos DEMAS as voorbeeld is soos n ou wat kan sing maar n IDOL sal hul nie word nie. NAKA is n afrigter en sal goed vaar op CC VLAK en hy het dit bewys sy rekords wys dit maar super14 kan hy nie. EN sy rekords wys dit ook. En ek stem die basic moet spelers doen, maar n gebrek aan gameplan, visie, en om die ouens nie slim rugby te leer nie, is afrigter se fout. As jou afrigter n ervare, gesoute, slim, harde afrigter is sal die produk die spelers ook so wees. En dit het niks te doen met wie is nou die ware ondersteuners en wie nie en wie staan nou by die cheetha deur dik of din nie, ons almal is, party is net meer gatvol vir die gebler van iemand wat dink hy kan sing maar jy weet hy kan nie en jy sien dit saterdag vir saterdag en niks word gedoen nie en maandae moet ons blog mooi manne mooi gesing. Dis nou soos 1 van daardie mense wat glad nie kan sing en haar ma weet ook sy kan nie sing maar die ma se mooi gesing my kind. My opinie ons kort n meer ervare gesoute afrigter wat vir hierdie spelers meer op die tafel kan aanbied. En dan is daar spelers wat nie die mas opkom nie wat al lankal vervang moes word maar niks word gedoen en daarvoor raak n mens gatvol. Om heel onder die log te le is nou nie iets om bly te wees nie, of aanvaarbaar te wees nie, hoekom le ons daar, gaan kyk na die verloor, en dis waarvoor ek braak, die manier hoe die cheethas speel en verloor. Waar is ons standaarde wil ons die kop of die stert wees en op die oomblik lyk dit of die hele VRU nie n idee het waar en wat hul standaard is of standaard is nie want NAKA kom blog en se hulle wou elke wedstryd gewen het maar voor die toer toe is sy visier op 2 wenne gerig. EK wens net die super14 kan verby kom dit raak nou n lang pyn en leiding
Nee Jaco Grobbelaar, dit is nie elke keer as hul verloor dat ek sê dat hul moegoes is nie. Dit is as hul alles verloor dat ek dit sê. Toe die Vrystaat Cheetahs nog ‘n forum gehad het, het ek heeltyd die Vrystaat verdedig teen blou-bul ondersteuners wat ons afgekraak het op ons eie forum, ek het selfs vir Naka teen hulle opgekom want hulle het gesê dat Naka ons spel versmoor! Ek is jammer om dit te erken maar hul was reg!!!!!!! Ek haat die Bulle maar hul ondersteuners kon voor my en ander Cheetah-ondersteuners sien dat Naka groot k@k aanjaag. Ek kom al ‘n lang pad as ‘n Cheetah ondersteuner maar Nake vat ons dimensie as rugbyspan weg!
O ja Jaco,, As jy mooi lees sal jy sien dat ek nie ‘n broer in die tronk het om voor te skree nie maar dat ek bloot ‘n vergelyking maak. Dit laat my dink dat jy nogal regtig dom is. Jy kon ook nie ‘n goeie antwoord vir my gee op ons swak spel nie!
Naka is nie die regte man om ons af te rig nie! Ons verloor te veel en ons het iemand met ‘n beter houding nodig! (Nie iemand wat goed is met verskonings nie!). Naka moet R500 000 rand opdok omdat hy homself besig hou by ander mans se vrouens! ‘n Afriger van super rugby kan nie perform as daar sulke tipe eise teen hom is nie!
Naka het ‘n groot span vol afrigters en hul eet die VRU se geld op! Hul kon met die geld van die baie hulp-afrigters ‘n paar sleutelspelers behou het! Wat weet iemand soos Kennedy Tsimba van taktiek af? Ek is jammer om te sê maar dit lyk soos transformasie!
Hoe ons speel is belaglik swak en ek sal bly skree vir die Cheetahs in plaas van iemand in die tronk maar ek gaan nie staan vir k@k soos wat jy op die oomblik doen nie, Jaco…nee ek sal bly hoop dat Naka moet bedank en dat ons ‘n beter afrigter kan kry.
Naka weet min van super rugby af, Hy weet min van taktiek af, hy gebruik “reject” blou bul afrigters om ons span te bestuur en hy gebruik transformasie gehalte taktiese raadgewers of whatever hul dit ook wil noem……. En die eindproduk —-> Kyk waar ons lê op die S14 log!
Sorry Jaco maar Naka besit nie die VRU nie! Die VRU besit vir Naka en die VRU is niks sonder die ondersteuners nie! Daarom sê ek dat Naka se kop moet rol want ek is ‘n ondersteuner en my geld gaan in Naka en kie se beursies in!
Ek reken dat elke ondersteuner die reg het om iets oor die span en die afrigters te sê en as jy verder probleme met my het moet jy dit maar vir jouself hou want jy gaan my nie verander nie! Los jy my opinie dan los ek jou opinie - soos wat ek heeltyd gedoen het voordat jy gesê het dat ek nie ‘n ondersteuner se gat werd is nie!
O ja, ek is meer as ‘n ondersteuner se gat werd want ek staan ten minste op teen swak spel en ek is nie een van die slapgat, ja-broers soos jy wat die afrigters se veskonings vir soet koek opvreet nie! So ek dink jy moet miskien jou woede op die VRU uithaal in plaas van op die lojale ondersteuners soos ek! Dit laat my nogal voel asof my gat meer werd is as jy my maat!
Chris. Ek is nie dom nie ek weet dit was n vergelyking ek was net sarkasties!!!!! Maar anyway almal se opinies verskil so kom ons los dit nou maar daar.
Go Naka !!!
Go Juan !!!
Go manne !!!
Sterkte vir môre… Sien julle daar !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
This is a great article. I’m new to blogging but still learning. Thanks for the great resource.