Spanlys: Vodacom Cheetahs vs. Sharks

Hierdie Saterdag, 11 April, vat die Vodacom Cheetahs en die Sharks mekaar aan op Vodacom Park.  Die afskop is 15:00.  Die vermaak by die Castle Deck na die afloop van die wedstryd is Robbie Wessels en ontmoet selfs van die spelers by die Castle Deck.

15.  Hennie Daniller

14.  Danwel Demas

13.  Corne Uys

12.  Meyer Bosman (o.k.)

11.  Jongi Nokwe

10.  Jacques-Louis Potgieter

9.  Tewis de Bruyn

8.  Hendro Scholtz

7.  Juan Smith (k)

6.  Heinrich Brussow

5.  David de Villiers

4.  Wayne van Heerden

3.  Kobus Calldo

2.  Adriaan Strauss

1.  Wian du Preez

Plaasvervangers

16.  Richardt Strauss

17.  Bees Roux

18.  Nico Breedt

19. Kabamba Floors

20.  Sarel Pretorius

21.  Piet van Zyl

22.  Fabian Juries

This entry was posted on Thursday, April 9th, 2009 at 9:04 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

30 Responses to “Spanlys: Vodacom Cheetahs vs. Sharks”

  1. Phillip Says:

    Wel hier gaan ons alweer, dieselfde probleme 3, 9, 10, 12, 14 en 15. Darem kan ons een dig van Naka se, as hy in n speler glo is dit tot die einde toe. Hopenlik is dit nie ver nie. Want die seisoen raak nou te lank vir ons getroue ondersteuners. Die ander spanne se ondersteuners spot ons nie eens meer so jammer voel hulle vir ons. Elke Saterdag as ek kyk weet ek nie of ek moet huil of lag maar ons hou maar moed.(Gewoonlik tot so 10 min in die 2de helfte.)

  2. Jaco Grobbelaar Says:

    Al wat mooi is op die oomblik by die cheetahs is hulle cheerleaders,wragtig pragtig !!!!!
    Eenige iets is moontlik en daar is niks wat my meer gelukig sal maak as ons die top of the log ouens wen die naweek nie. Klomp van my friende is sharks en ek sal laaik as ons bietjie hulle bekke kan stil maak !!!!!!

  3. chris Says:

    Jammer ouens. Jul gaan dit nie maak nie.

  4. Jaco Grobbelaar Says:

    Phillip.Ek stem saam met 9,14,15 op die oomblik het ons nie n ander 10 nie maar ons kan beeter kry as Jacques.

  5. Cheetah Supporter Says:

    Sterkte ouens…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  6. cheetahinniekaap Says:

    Ag nee wat hoe lank support julle nou die cheetahs.Vat dit nou maar van jare lange ondersteuner wat tande gesny het op die Vrystaat stadion in die 60’s dat jy op die langtermyn tevrede moet wees met so 40% want ons spelers speel orals behalwe by die huis. Die span van ons kan op enige dag enige span wen, die game teen die Brumbies het dit bewys. Go manne go julle kan. Wen net iets asseblief

  7. SP Says:

    Daar het jy dit! Commitment in alles wat op die veld gedoen is en skielik lyk die Cheetahs soos ‘n kampioen-span. Gelukwensings aan almal betrokke. Die verligting op Juan Smith se gesig na die stryd sal my nog lank bybly. En Heinrich se spel is gemeet teen Kankowski en kie van die beste wat ek nog gesien het. Hendro speel ook al hoe beter. Kan nie wag vir die naweek se wedstryd nie. Baie geluk Naka en span. Julle verdien volpunte vir volharding.

  8. NZeetah Says:

    Mooi gespeel manne…..as iemand dit nou net kan regkry om vir Vrystaat te laat weet die Super 14 het so twee maande terug a begin :)

  9. JJ Says:

    Welgedaan goeie, goeie oorwinning manne, dis mos vrystaat rugby wat jul teen die Sharks gelewer het ek hoop jul het saterdag gepartykie. Sulke rugby gaan die paviljoene volmaak.

  10. Gron Says:

    Baie dankie ouens vir ‘n perfekte game. Ons het nooit bedoel julle moet die arme Sharks heeltemal verpletter nie, maar ons sal dit vat. LOL!

    Dit is wat ons die hele seisoen voor gevra het. Nie dat julle wen nie, maar dat julle speel soos ons weet julle kan. Elkeen van julle is top-klas spelers, maar die span het net die heeltyd agteruit gespeel. Wat julle gedoen om als te verander is ek nie seker nie, maar al die stupid goed wat julle aangevang het hierdie seisoen was weg.

    Dit sal wonderlik wees as julle so kan speel die res van die seisoen (of julle wen of verloor).

  11. chris Says:

    Ek kan dit nie verstaan nie! Het jul die Sharks gebribe of wat?

    As jul dit kon doen kan jul mos die S14 van die begin af gevat het?

  12. Phillip Says:

    Moet se dankie dat Jacgues en hennie my verkeerd bewys het dit was pragtig om te kyk ek hoop net ons maak dit twee in n ry.Vrystaat moet Wayne geteken kry vir die CB ek dink hy en David speel nog die heeltyd goed saam. Ek wonder, geen Demas en ons wen want Basson het n baie bestendige wedstryd ook gehad. Kan nie wag vir saterdag.

  13. WARE ONDERSTEUNER Says:

    Ek wonder wat sê julle almal NOU????!!!

  14. Jaco Says:

    Great Cheetahs , asb hou net net so aan maak hulle seer in Kimberly en al die fans kom ons wys nou ons ondersteuning en gaan na die game toe die Saterdag en volgende Saterdag by Vodacom Park - As ons speel soos Saterdag kan niemand ons wen nie en ek dink nie die Chiefs wil in Kimberly speel nie.

  15. Meisie Says:

    WEL GEDAAN!!! Wat sê die mense wat so graag kretiek lewer, en julle glad nie ‘n kans gegee het nie nou? Ons weet julle kan goeie rugby speel. Hou so aan. Jacques-Louis jy het weereens bewys dat jy op nommer 10 hoort. Met saterdag se spel het julle bevestig dat julle wel in die Super 14 reeks hoort.

  16. Stef Says:

    Ongelukkig maak een game nie die S 14 nie. Veral nie so laat in die reeks nie. En dan die vraag, waarom nou eers? En wees versigtig om nie te gou te vergeet nie.

    Dankie aan die spelers, julle het gewys julle het nog trots in julle.

    Ek sal altyd ‘n Cheetah bly, maar ek gaan ook nie my mond hou as ek sien dinge is nie reg nie.

    Sterkte vir saterdag.

  17. Cheetah_Man Says:

    Goeie game … maar onthou een game is nie genoeg om kritiek te snoer EN om hulle verkeerd te bewys nie. Speel nog n game of 3 so en bewys die kritiek verkeerd…anders bewys die kriteik JULLE verkeerd. GO CHEEETAHS….

  18. Gron Says:

    WARE ONDERSTEUNER en Meisie… ons sê nog dieselfde wat ons voorheen gesê het. Hierdie is nie meer ‘n amateur sport nie en die ouens verdien groot geld (selfs die Cheetahs spelers, ja). Ons sal altyd die Cheetahs ondersteun, maar dan moet hulle hul beste gee.

    Jammer om dit te sê, maar dit is mense met julle mentaliteit, wat alles opvreet en verskonings maak, wat gemaak het dat die Cheetahs so sleg gelyk het hierdie seisoen. Maak nie saak wat Verster gesê het nie, maar SANZAR praat steeds daarvan om die Cheetahs uit te skop. Sal julle happy wees daarmee?

    Ek staan nog agter elke ding wat ek gesê het hierdie seisoen. Die spelers wat daar is, is kwaliteit spelers. Hulle moet ophou met hulle strond spel (wat hierdie naweek gebeur het).

  19. Iluvrugby Says:

    @Gron
    Ek stem 100% saam met jou!
    Met baie blydskap was daar ook baie hartseer vir my op saterdag want die Cheetahs het gewys wat kon gebeur het,gaan ons so aanhou of gaan ons maar weer in ons dop in kruip? Cheetahs,julle het gewys julle kan,wys dit vir ons weer hierdie saterdag. En daar het jy dit nou, haal vir demas uit en sit iemand met n’ bietjie “ball skill” en verdediging in en skielik toe lyk ons vleuls soos manne,maar praat ons te vinnig want ek hoor daar is nou weer sprake dat as demas reg is dan speel hy saterdag,ek hoop regtig nie soos nie!
    Saterdag was dit hardloop rugby,Cheetah rugby,nie gespeel deur n span wat niks te verloor het nie maar deur n span wat struktuur het!
    Asb Cheetahs,moet ons nie saterdag in die steek laat nie maar wys dat geen span meer punte gaan kry as hulle teen die Cheetahs gaan speel nie!

  20. JJ Says:

    Aan ons WARE ONDERSTEUNER EN MEISIE hoe voel die wen vir julle, great ne….dis mos 1ste beste jul sal saam stem, en dis waarvoor die kritiek van ons uitgegaan het, die heeltyd moes ons tevrede gewees het met 2de, 3de, 14de beste terwyl ons weet hierdie span kan ons die 1ste beste gee soos saterdag. Ek weet nie hoe is jul standaard nie, maar as n mens se kop se mentaliteit op die beste op die 1ste plek ingestel is nie sonder hoogmoed, raak jy gewoond aan die krimmels vd lewe.. Ek dink nie die ouens en dit sluit my in het verniet kritiek gelewer nie. Hul het net moeg geraak vir hierdie krimmels soos ek. En ek moet saamstem met die ouens ons vat die wen en is bly maar gaan ons dit saterdag weer doen en 1 great wen se nog niks. As jy n haelgeweer skiet val daar dalk iets uit die lug, maar n geweer met n teleskoop tref akkuraat. So kom ons kyk of die Cheetha die Shark met n haelgeweer geskiet het of is hul visier nou ingestel. HOOP JUL VERSTAAN

  21. JJ Says:

    Ek hoor op die radio dat NAKA kop krap of hy Demas of Bason moet oorweeg, heng ek hoop dis n grap. Jy het mos nou gesien NAKA Bason het meer gedoen in satdag se game as Demas in 8wedstyde.

  22. Louis Nortje Says:

    Dit was nou wonderlik. Het spesiaal van Kempton Park gery, met die verwagting dat ek eintlik my geld mors, maar wou daar wees. (Al is ek n moerse ondersteuner, was ek nog nooit daar nie want ek bly te ver)

    Ek was net baie verbaas en hartseer om die volgende op te gemerk het:

    Het geen “spark” in Bloem gesien nie?? Was asof daar nie eens n wedstryd plaasvind nie. Ek het so 3 of 4 mense opgemerk wat Cheetah hempies aangehad het.

    Saterdag by die veld was daar ook bittermin mense, die stadion was BAIE leeg. Daar was net soveel Haaie as Cheetah ondersteuners.

    As iemand van “buite”, kan een van julle asb vir my verduidelik waarom? Is dit altyd die atmosfeer in Bloem, en geen ondersteuners nie??

  23. Reynier Says:

    En daar wen ons die Sharks sonder ons groot begroting en Demas en sonder dat ons die hele tyd die bal weg skop, ons het die spelers om die “games” te wen, want ons het dit Saterdag gesien, deur net hardloop rugby te speel en die Sharks kon nie al die gatte toe stop nie.

    Daar moet net nie nou aan die “gameplan” van Saterdag verander word nie, want dan het ons n kans,
    al kom alles nie af soos Saterdag nie, gee dit ons n kans en dit lyk en voel beter.

    Sien julle Saterdag in Kimberly.

  24. editor Says:

    Hi Louis.
    Gewoonlik is daar ‘n heerlike rugby atmosfeer in Bloem.
    MAAR - die Vrystaters geniet ‘n wegbreuk-kansie en aangesien dit langnaweek en boonop nog skoolvakansie ook was, was min mense in Bloem oor.
    Hoop met die wedstryd teen die Crusaders sal dit beter lyk.

    Groete

  25. Stef Says:

    Louis, Bloem het seker die beste rugby atmosfeer in die land. Maar met ons span se vertooning die S 14 het die ondersteuners hulle/my span in stilte en voor TV’s ondersteun.

    As die manne die naweek hulle self weer kan bewys in Kimberley, sal die gees weer optel in Bloem.

    Kom ons hou duimvas.

  26. Cheetah Supporter Says:

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

    Mooi so manne… Het geweet julle kan…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  27. Louis Nortje Says:

    Jislaaik julle, ek hoop van harte dat julle daar die stadion sal volpak. Ons span het dit nodig! As mense so daarna kyk, en ek kritiseer ook, die spelers is ook mense. Baie van ons het ook rugby een of ander stadium gespeel, maar nie lekker as daar nie mense is nie..

    Die ouens hierbo terg my al oor die lee stadions

    Julle baie bevooreg, ek wens ek kon elke Saterdag daar wees.

  28. WARE ONDERSTEUNER Says:

    Gron, ek het nog nooit gesê hou op met kritiek lewer nie, ekt gesê SPOOR BIETJIE AAN so tussen deur al die lelike dinge wat kwytgeraak word! En moenie vir my kom sê dis ons, wat ondersteun en moed inpraat en elke wedstryd bywoon, WEN OF VERLOOR, wat maak dat hulle sleg gedoen het nie. Van wanneer af is getroue ondersteuners die oorsaak van iets leliks? As my kinders se skool rugbyspan die dag nie na wense perform nie, sal ek steeds elke wedstryd gaan kyk.

    Hierdie blog is ook nie daar om mense persoonlik aan te vat nie - nie vir spelers OF mede-bloggers nie. Daar is niks fout met my mentaliteit nie - ek het net meer vertroue in die span. Nie ek of jy was saam met die Cheetahs oorsee toe hulle getoer het nie, so niemand weet waarom dit so sleg gegaan het nie. My mening was nog altyd net om die mense te kry om bietjie aan te spoor ook!

  29. Chris Says:

    Jul is ‘n salpgatbestuurspan! Jul pos vinnig nuwe goed op jul webtuiste as jul wen maar as jul verloor is jul maar traag! Komaan NAKA,, bedank nou!

  30. Cheetah Supporter Says:

    Go Naka !!!

    Die dinge begin nou in plek val,al is dit bietjie laat !!!

    AS ons die span so kan hou kan dit nog beter gaan volgende jaar !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree