Die Vodacom Cheetahs speel hierdie naweek hulle eerste tuis wedstryd hierdie Vodacom Super 14-seisoen. Die span speel Saterdag omstreek 15:00 en die sanger wat tydens hierdie wedstryd gaan optree is Arno Jordaan.
Die span wat uithardloop is:
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Corne Uys
12. Meyer Bosman
11. Jongi Nokwe
10. Jacques-Louis Potgieter
9. Tewis de Bruyn
8. Hendro Scholtz
7. Juan Smith (k)
6. Heinrich Brussow
5. David de Villiers
4. Wayne van Heerden
3. Bees Roux
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Plaasvervangers
16. Richardt Strauss
17. Kobus Calldo
18. Nico Breedt
19. Kabamba Floors
20. Sarel Pretorius
21. Piet van Zyl
22. Fabian Juries

Demas begin alweer,wanner gaan jy leer Naka,is Demas regtig die heel beste wat ons het,ek dink nie so nie,hy is sleg onder die hoe bal en sleg op verdediging en Potgieter begin al weer wat balle weg skop as of dit gaan opblaas,Kobus Calldo is weer in die span die swakste skrummer wat ek nog gesien,wat gaan aan in die VRU!!!!!!!!,die Cheetahs beter wen die saterdag en elke saterdag daar na anders gaan ek nie weer n’ wetsryd kom kyk tot dat die hele VRU vervang is nie,en ons weer terug op die wen pad is nie!!!!!!!!!!!!!!
Ons hoop maar vir die beste. Ek voel nog steeds Sarel Pretorius moet in die begin span wees en nie Tewis de Bruyn nie. Komaan Cheetahs ons moet nou bietjie begin wen !!!!!!!!
Sterkte manne.. Ons hou duim vas!
As die span vandag 1 Aril geplaas was kon ek nog verstaan dat Naka ‘n April grappie gemaak het, maar bleikbaar nie. Demas, Demas siestog. Speel dan maar liewe vir Kabamba daar as jy niemand anders het nie.
Alweer Demas!!
Hy hoort nie eers op die bank nie. Stuur hom terug Vodacom Cup toe en kry JW in.
baie bly juan is terug kom ons hoop hy maak ‘n verskil - kan nie ook ne wag om die nuwe staduim te sien nie hoop mense kom support die span
Moet net nie vir Juan Smith kaptein maak nie want hy is te negatief en te stil as ‘n kaptein.
‘n Kaptein moet ‘n vriendelike en toeganklike persoon wees soos wat Rory Duncan was en nie ‘n suurgat soos Juan nie.
NAKA JY MOET PLEK MAAK VIR OLLIE
Wees tog realisties iluvrugby.. So, as di cheetahs 3, 4 of 5 uit di volgende 6 wen gn jy hul ni meer support ni? Well, eks seker ek praat vi baie mense as ek se, hul kort dan ni jo support ni! Ek het al gehoor van ‘fair weathered’ supporter, mar ‘heavenly weathered’, nog ni..
Stem wel saam dat ons beter kan doen as Demas tho..
Ek second Michael oor wat hy van iluvrugby se kommentaar sê!! Wat die cheetahs nodig het is ‘n support system, nie ‘n semi-supporter nie! Cheetahs gaan g@t skop die naweek, en ek gaan daar wees om my lippe af te lek!!!!
Ek is realisties Michael,gee jy vir my een rede hoekom hierdie span nie al hulle oorblywende games kan wen nie,ek is een van die grootste Cheetah ondersteuners,6 jaar terug toe ek in bloem in gekom het,het ek nog net twee tuis wedstryde gemis so ek het betaal om my span te sien en ek het elke reg om te voel soos ek voel maar as jy nie moeg is oor wat jy sien of hoor nie dan moet jy maar vir n’ span gaan skree wat OK is met 0/6!
Kan iemand sien dat Hawies Fourie nie die vrystaat se agterlyn kan afrig nie? Dalk die boland se agterlyn, ja. Dis dalk ook hoekom Demas ‘n vasgemesselde plekkie saam met ander boland spelers het. Wonder wat Pine Pienaar met die Super 14 span sou doen. Skoprugby het nie gewerk nie., maar hou aan. Waar is die hardlooprugby van ouds? Sarel sal dalk ‘n beter opsie wees, maar kry nie genoeg begin kans nie. Juan is nie ‘n wonderlike kaptein nie. Jammer ‘n briljante van Heerden moet vir iemand plek maak. Skop nou maar weer Saterdag besit weg, dan kan die Brumbies dalk ook ‘n rekord kry. Pas net op om die bal in die agterlyn lug te gee, julle kan dalk so ‘n drie druk… Wens Fabian kan saam met Nokwe begin en meyer weer bietjie bank toe.
Kyk Naka - hulle ooit hierna?
Michael jou spelling is nie lekker, man, ek verstaan nie hierdie nuwe sms tale van julle nie…
luvrugby, volpunte vir jou. my moed en hart is gebreek en ek het nie eers mee die vaagste hoop vir my span nie. (maar ek kyk maar nog) Die brumbies moet net die balle wat in hulle hande geskop word vang dan kan hulle baie driee druk. nokwe moet ‘n warm jassie vat sodat hy nie te koud staan en kry in die agterlyn nie.
ASSEBLIEF - bewys my heeltemal verkeerd!!!
NAKA jy is ‘n pateet om te bly afrig. Ek het nou my respek wat ek vir jou as speler gehad het begin verloor. Jul het soos moegoes die wedstryd verloor nadat jul rustyd gelykop was. Dit help nie jy het die fiksste spelers maar die stupidste afrigter nie.
LOOP nou uit ons span uit want jy maak nou groot skade aan ons span.
*sug *sug Om te braai in die Kaap is duur, maar ons doen dit, eet biltong….en ondersteun die Cheetahs….net om naweek na naweek druipstert die tv af te sit. Sal maar liewer netbal kyk vir die volgende 2 jaar. Ek kan nie glo hoe goed hulle doen…en dan nie kan afrond nie. DUIDELIK het die Cheetahs vir ChristoSpies meer nodig as wat hulle ooit kon droom.
Ek wil ook net se dat Juan Smith kan loop as kaptein. Hy is gans te negatief en te wintgat. Ek het al gehoor dat hy gesê het dat hy nie vir die Vrystaat gaan speel as hy nie kaptein is nie. As ‘n speler so ‘n houding het sal ek hom die trekpas gee!
Hierdie is wat ‘n ander cheetah ondersteuner te sê het oor Juan:
I think the biggest problem was the captain and maybe this concussion wasn’t that bad a thing. Just look at how Juan k@kked Heinrich Brussow out against the Reds, surely that kills team moral. And it always seems like he takes penalties against the team as a personal attack.
Don’t get me wrong, Juan is the best # 7 in South Africa by far but not captain material. Just let him concentrate on his game and let someone else do the captaincy. Mind you? Who will captain us then? I can only think of Hendro or maybe Potgieter. We did a lot better last year with Rory Duncan as captain.
Ai tog wat n gemors. Ek ry toe mos deur van Brakpan af met my family saterdag.
Hoe onbeholpe kan een agterlyn wees. Ons pak is great en speel hulself morsdood maar kom die
bal by enige iemand behalwe Corne Uys is dit n gemors. Meyer Bosman lyk soos n skool seuntjie
wat nou eers begin rugby speel. Denwal Demas hoort nie eers in die Vodacom span nie.
Dus pateties Hawies Fourie en Naka dus tyd dat julle albei gepos word. Naka jys n ou vriend maar jys
Curriebeker afrigter en niks meer nie. Ek het genoeg gehad van die gemors.
Die haaie gaan ons vernietig as ons so aanploeter. Kom nou Naka, laat al die reserwes in die beginspan speel en laat die paloekas rus teen die sharks. Jy het niks te verloor nie. Oorweeg selfs vir Johnatan Mokoena, en Cicil Afrika van die Griffons. Juandre blom is goed en kan skop ook!!! Probeer iets man, vergeet van verdedigingslyne, aanval is die beste verdediging, en vergeet nou om elke wedstryd apart te benader; daai idees werk nou al vir 7 games nie meer nie. Ons het niks meer te verloor nie, vat kanse man, eksperimenteer, kry die ouens reg vir die Curriebeker. En hou op droom van die sewes bokke Hawies, hulle gaan in elk geval gekoop word deur ander spanne, soos baie briljante spelers wat nie kans kry nie en op die bank moet sit. En, o ja, HOU DIE VOORSPELERS UIT DIE AGTERLYN EN STOP DIE STAMPKAR RUGBY. PASS DIE BAL DIE HEELTYD, hardloop hulle dromk!
dronk. sorry ek spel nie altyd so sleg nie, ek’s maar ‘n Cheetah, kan nie afrond nie…
Moeilike situasie, maklik om n afrigter te pos, maar as jy net soveel kwaliteit spelers het gaan n nuwe kaptein en afrigter nie regtig n verskil maak nie. Die spelers moet nou HARD gestraf word. Trek geld af as hulle n tackle mis, bal aanslaan…
“Till death do us part …” lyk my dis binnekort want lyk nie meer of daar lank lewe in die VRU gaan wees nie..net n vervalle ou stadion na 2010
Kry vir Jake - sien hoeka hy is weer lus (en beskikbaar) vir afrig
… wie weet, dalk se hy ja en ons wen darem n game of 3
Ek neem Harold kwalik as President, wat gaan jy doen HAROLD, pla dit jou nie dat slegs 2000 kaartjie by hekke verkoop is nie, dat net oor die 11 000 mense opgedaag het, dat ons laaste le, dat daar n klag teen NAKA is, dat HAWIES nie n idee het wat om met die agterlyn te doen nie, dat Kennidy Simba nie n tegniese ontleder se gat werd is nie, dat Demas week in en uit soos n skool kind speel en week in en uit gekies word, dat ons sit met JW jonker, Alwyn Hollenbach, Naas Olivier, Tersuis Carse, Riaan Viljoen, Gavin Passen Eugon Secon wat die agterlyn kan versterk maar hul word nie gekies nie. Pla dit jou nie dat daar geen strukture, gameplan rigting in ons spel is nie of kyk jy nog Harold. Wel kyk wat gaan Natal met ons doen saterdag. Net n tip vir VRU, Ondersteuners word nie gelok met musikante nie, ek soek nie vermaak van n gunstenaar nie dis n bonus, ek betaal om goeie rugby te kom kyk nie n getjommel nie, en as Vrystaat Rugby oplewer dan betaal ek want dis waarde vir geld, dis soos uit eet as die kos en diens puik is betaal jy. Dis die verskil hoekom ander unies vol paviljoene het en ten duurste betaal want hul weet daardie span van hulle gaan dit die moeite werd maak vir hul ondersteuners. Wat kry ons….ja laat ek stil bly. EK wil somme vir Eugene Eloff ook se as jy reken die super 14 is taai en ons moet begrip he dan moet ons mos ontrek want dan is die liga te sterk vir ons, maar ek gatvol vir al jul verskonings en redenasie so besluit is ons reg of nie, as jul se ons is reg wys dan as ons nie reg is nie ontrek dan.
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Ek wens regtig die ouens wil nou begin Rugby speel… Want wragtig, as ek nog een keer moet hoor “Ons skop game het nie vandag afgekom nie”…
Rugby gaan oor ” LAAT DIE BAL DIE WERK DOEN ” - dit beteken ” HOU OP SKOP” en ” HARDLOOP MET DIE BAL ” - dit is wanneer jy die aanvals werk doen…
Maar in ons geval lyk dit asof die ouens wil kyk wie skop die verste - want al die skoppe is sover doelloos…
Het die ouens so lanklaas met ‘n bal gehardloop dat hulle nie eens meer die “RUNNING GAME” kan speel nie…
Verdediging kan games wen, maar dan moet jy darem die dekselse besit behou wanneer jy die bal kry…
Komaan NAKA, HAWIES en CHEETAH SPAN - Ruk julle reg…
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Die indruk word die hele tyd geskep dat die ondersteuners onregverdige en onrealistiese verwagtinge het van die span se prestasie. Graag los ek die volgende paar opmerkings in die mede-ondersteuners se midde:
1. Gaan kyk gerus wat op hierdie website aangaan. Fotos/gallerye ens. Duanne Vermeulen se foto in Cheetah-trui is steeds daar. SES MAANDE NA HY KAAP TOE GELOK IS. Dit wys net weer eens dat die Cheetahs op die veld maar net een deel van die VRU-masjien is. Die meerderheid ondersteuners is nie in Bloem nie, hulle is in die res van die land. En doen soms moeite om te ry na wedstryde toe. Die HELE unie is NIE besig om hulle werk te doen nie. Die manne se gesukkel is net simptomaties van die gesukkel van die veld af.
2. Die Sharks se website word reeds opgedateer op die Maandag-oggend na die vorige naweek se wedstryde en DIT LOK NOG MEER ONDERSTEUNERS.
3. Gee ons asb ‘n idee wat met Kobus Calldo se agterlyn-betrokkenheid aangaan. Waarskynlik het die video-analise getoon dat hy NIE daar hoort nie en dat die huidige senter-kombinasie NIE reg is nie. Dis hoekom hy met een van die 2e helfte se bewegings daar rongehang het en met ontvangs van ‘n aangee, dadelik beroof is deur die Brumbies.
4. Myns insiens was die wedstryd wat die Cheetahs MOES wen, die een teen die Brumbies. Dit was wragtig ‘n gemiddelde span wat teen ons gespeel het en ons huil in ons hande oor die patetiese poging.
5. Ek (en waarskynlik ‘n magdom ander ondersteuners) mis die hardegatgeid en houding van iemand soos Phillip Burger. Gehaat deur al die ander Unies se ondersteuners, maar eerlikwaar een van die beste aanvallers en afronders wat ek nog gesien het.
6. Sukses kweek sukses en soos dit nou aangaan, het ek nie vreeslik baie hoop teen die Sharks nie.
NAKA die probleem saterdag teen Brumbies was nie jou verskoning van die spelers het konsentrasie verloor nie, dis omdat daar nie gameplan, doellose skope is, en omdat jy te vinnig die ruserwes opgebring het. Daar was tot halftyd toe konstantheid en n ou het die gevoel gekry die ouens begin beheer kry en toe halftyd toe kom JUAN op en ander en Nico Breedt, Hendro, wat n Bill wedstyd gespeel het word vervang en toe, toe is daar die 2de helfde n ander span en gees dis die probleem jy moes die ouens gelos het hul hul het die telling van 13 t 0 na 13 t 13 gebring
Ek se jul mos JUAN Smith is ‘n swak kaptein. Hy beinvloed die span negatief en hy moet uit.
Juan is ‘n suurgat en sy rekord as kaptein bewys dit. Vergelyk sy suurget persoonlikheid met
ouens se sprankel persoonlikhede soos Rassie Erasmus en Rory Duncan. Juan ek hoop jy lees die skrywe ek wil hê jy moet vir ‘n ander unie gaan speel want jy hoort nie in die Vryastaat span met jou suurgat houding nie. Jy dink jy is God maar jy is nie. Jy is net ‘n speler wat kaptein wil speel omdat jy dink die hele cheetah span draai om jou. En dit is hoekom jy saam met jou span en jou kaptein jul gatte sien. Ek hoop Heinrich Brussow slaan jou tande vir jou uit.
Ollie le Roux moet ons span van ondergang kom red.
————————————————————————————————
EK dink ons moet almal stem oor of Naka moet gaan en of nie en of Juan moet bly as kaptein en of nie.
Ek stem dat NAKA moet loop.
en dat JUAN SMITH nie meer kaptein moet wees nie.
Chris ek stem saam dat Naka moet gaan, want Rassie se kalwers is nou weg, en Naka
het nie n idee hoe om te ploeg nie, ek verskil met jou oor Juan, ek dink hy is n
goeie kaptein en n goeie speler, ek dink net dat hy in sy moer in verstreed is met die
opset/afrigting wat daar is of nie is en hy is beter gewoond omdat hy op n hoer vlak al gespeel
het, dis my gevoel oor dit.
Ek wil net weet hoekom het die cheethas nie Saterdag teen die Brumbies hulle truie geruil toe hulle sien dat die Brumbies ookm met wit truie speel nie, ja en die Brumbies was verkeerd, maar dis
n geval van “cut your nose and spite your faces”, of was die orange truie weer gratis uitgedeel
of weggeraak, want die vrystaat het mos baie geld.
Naka sal vir Demas bly speel, want hy weet die ander unies sal hom nie koop nie, so op Demas
kan hy mos nou n span bou vir die volgende 3 jaar.
Hoekom het Naka nie n bietjie verander in die span aangebring vir die oorblywende wedstryde nie,
daar is seker speler in die Vodacom cup span wat n verkil kan maak, soos n JW en Bevin.
Wen tog net asb n game al beteken dit dat jy, Naka en Hawies vir daai week voor die game met verlof
moet gaan en die spelers self besluit hoe hulle gaan speel.
Ek stem met die meeste kwessies hierbo saam, maar Juan Smith, alhoewel ‘n powere kaptein, bly ‘n briljante speler, en om te wil wens hy moet weggaan, is verregaande. Na my mening is hy die beste nr. 7 flank in wereldrugby. Weereens le die probleem by Naka en kie: hoe kan hulle nie sien wat ek en duisende ander ondersteuners sien nie? Juan se spel ly daaronder wanneer hy kaptein is, omdat hy nie ‘n gebore leier/kaptein is nie. Wanneer hy nie kaptein is nie, is hy fantasties! Naka, asseblief, asseblief, asseblief: Bedank terwyl die skip nog (net-net) dryf. Moenie wag totdat die Cheetah-skip sink en al die spelers weg is voordat jy ridderlik soos ‘n ware skeepskaptein die laaste een is om die sinkende skip te verlaat nie. En as jy dit doen, vat vir oom Harold en al jul trawante saam.
So ver het ons 3/3 stemme dat NAKA moet gaan en 1/3 stemme dat JUAN moet gaan en 2/3 stemme dat JUAN nie kaptein moet wees nie.
Reynier - Juan is nie ‘n goeie kaptein nie en hy is algemeen ‘n suur mens en hy beinvloed die span negatief in daardie opsig. Hy is kaptein omdat hy die afrigters afgepers het: As hy nie kaptein is nie sal hy nie meer vir ons speel nie want dan kry hy minder geld… en ‘n ou met so ‘n houding is mos niks anders as ‘n vrot kol in jou span nie — hoe moet die ander spelers dan voel wat kan sien dat sy kapteinskap swak is?