Naka vra regverdige kans

naka-drotske1Na n lang en baie moeilike toer wil ek graag n paar verduidelikings gee vir ons vertonings met ons eerste 6 wegwedstryde vanjaar. Vir ons as spelers bly die ondersteuners die belangrikste en voel ek hulle behoort eerste te weet wat op die oomblik in ons kamp aangaan. Ons wil ook aan hul die sekerheid gee ons gaan alles binne ons vermoee doen om ons tuis wedstryde te wen.

 

My doel met die verklaring is geensins om verskonings gebou nie. Elke stelling is gebasseer op feite en statistieke en die doel daarmee is om aan ondersteuners te vra om ons n regverdige kans te gee.

 

Daar bestaan nie n kitsresep vir S14 nie, daar het nog nooit en daar sal nooit in die toekoms nie.S14 word gebou rondom kontiniteit en n groep spelers wat saam op die harde manier leer en saam oor tydperke van 3-5jr leer om te wen in n tawwe reeks en sodoende ondervinding opdoen.Die Geskiedenis bewys dit. Heynecke Meyer wat vir my n mentor as afrigter is het in sy eerste twee S14 Seisoene slegs 1 uit 22 wedstryde gewen en kon glad nie oorsee wen nie. Sy eerste seisoen in 2000 het hy 9 Springbokke gehad waarvan 6 in die Semi finaal van die werledbeker in 1999 in die beginspan was.

 

Ek voel ons as jonger Franchise moet leer by ander Franchises wat ook al die pad gestap het en uiteindelik bo uitgekom het. Die Bulle is die enigste SA span wat ooit die S14 kon wen. Tog het hul aan die begin baie foute gemaak en hul sal die eerste wees wat dit erken. Hulle het tussen 1999-2002 elke jaar van afrigter verander en in die proses slegs 5 uit 44 wedstryde gewen.

 

Ek weet hoe ondersteuners moet voel na 6 verlore uit 6 wegwedstryde. Ons wou graag elke liewe een wen en indien ondersteuners na wedstryde die spelers in die kleedkamer gesien het sou hulle dit geweet het. Om nou egter paniekerig te raak is die verkeerdste ding wat ons kan doen. Ons kon in vier jaar nog nooit oorsee wen nie en die Bulle het 8 jaar gevat voor hulle die eerste keer oorsee kon wen. {1996-2003} Gedurende Heynecke se eerste S14 seisoen {2000} het hy op toer met 6 werledbeker springbokke van 1999 alles verloor teen n gem van 50-15.

 

Ek voel ook nie ek en Hawies het tot op hede genoegsame tyd gehad om onsself te bewys nie

 

Ons het in moeilike omstandigehde na S14 in 2007 oorgeneem toe die span se selvertroue baie laag was en hul saam die leeus 12de geeindig het. Ons het die span gevat tot 15 uit 16 oorwinnings wat die curriebeker ingesluit het. Einde 2007 het ons 17 spelers van ons S14 groep verloor en moes ons oor begin bou.

 

My en Hawies se rekord as Curriebeker afrigters {2007&8} is 24 wenne uit 30 wedstryde oor twee seisoene. Dit is 80% wenne en sluit die wen van die curriebeker in 2007 in asook n Semi finaal teen n volsterkte Bulle op Loftus loftus in 2008.

 

As ek dit vergelyk met vorige jare het die Cheetahs in 2005&2006    23uit33 wedstryde gewen dit is n gem van 69% van alle curriebeker wedstryde en sluit die Curriebeker in 2005 in asook die deel vd Curriebeker in n tuisfinaal.

 

Vergelyk jy die met seisoene 2003&2004 het die Cheetahs in die curriebeker net onder die 50% van hul wedstryde gewen en geen bekers.

 

My kontrak met die Vrystaatse rugby unie verstryk na S14 2011. Ek het baie spelers en bestuurslede wat staatmaak op my en is geensins van plan om te bedank nie. Indien ek teen Mei 2011 nie resultate behaal het nie sal ek dieselfde doen as wat Rassie gedoen het en handdoek ingooi. Ek voel egter om nou my kop te eis na 6 weg verlore is onbillik gemeet aan vorige prestasies onder ander afrigters oorsee.

 

Ons as Cheetahs franchise en ek as hoofafrigter het unieke uitdagings wat ander franchises nie het nie. Dit is vir ons nie verskonings nie maar uitdagings en ons sal saam met Mnr Harold Verster, ons borge en ons direkteure alles in ons vermoee doen om ons huidige groep spelers te behou ten einde n wenspan te verseker. Ek soek nie nuwe springbokke en sterre van buite nie. Ek is tevrede met die groep wat ons het maar vra geduld van ondersteuners om hul kans te gee om hul voete te vind.

This entry was posted on Wednesday, March 25th, 2009 at 8:49 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

43 Responses to “Naka vra regverdige kans”

  1. Phillip Says:

    Dit is als goed en waar en regverdig maar die meeste vrae wat gevra word nie net Vrystaat ondersteuners nie maar selfs ondersteuners van die ander unies wat nie geantwoord word nie. Ek het ook na Harold geluister maar daar was niks amper geantwoord wat op die web bladsy gevra was nie.
    Soos
    Demas-Elke wedstryd gespeel en geen goeie tekens maar tog bly hy eerste keuse(die force was darem bly)

    Skoppe-Al ons balbesit met swak skoppe net weg gee.

    Hennie- die een op een verdediging verloor hy meeste van die tyd en hy is so groot met n bietjie spoed maar hy hou geen aanval gevaar vir enige span in nie.Dan hy het n kanon voet maar met vry/strafskoppe aan die regter kan van die veld skop regter voet skoppers en hulle skop n bal party keer 10-15 m uit hoekom word Hennie nie met sy kanon voet gebruik nie?

    Moet dankie se vir Barend, David en Wayne vir baie goeie lynstane maar jammer dit is verniet want niks gebeur met die omgekeurde balbesit.On voorspeler oor die algeheel was die lig punt vir ons.

  2. Merlin Says:

    Laat ek die eerste wees om vir julle Dankie te sê.
    Mnr Verster, ek het baie respek vir jou onderhoud op OFM. Enige ander Rugbyunie president sou die moeilike vrae vermy het en die onderhoud gedryf het tot sy eie voordeel, maar jy het vir ons feite gegee en kaalkop vir die ondersteuners gevra vir ondersteuning. Sommige kan dit as verskonings sien, maar ek dink as mens na die onderhoud in geheel kyk was dit baie goed.

    Naka, dankie vir jou Blog entry. Ek moet erken ek is baie krieties teenoor jou afrigting styl, maar dis seker omdat ek so groot ondersteuner is en net die beste vir my span wil hê. Ek het die Cheetahs ondersteun toe dit slegter as nou gegaan het, ek onthou wedstryde waar dit gevoel het daar is meer spelers op die veld as op die pawiljoen. So wees verseker van al ons GEHARDE ondersteuning!

    Ek glo dit kan beter gaan. Ek wil graag by jou weet of jy ‘n voorstander is van ‘n langtermyn plan wat jy uitwerk en toepas en inoefen. Of is jy ten vinde van verandering, leer by ander, skaaf aan jou plan, verandering van dit wat nie werk nie ens?

    Ek hoop julle het baie geleer met die toer. Maar ek hoop ook julle gaan dit wat julle geleer het toe pas. Doen my en al die ondersteuners ‘n guns… asseblief. Speel exiting rugby van nou af! Gamble ‘n bietjie! As julle wen wen groot! As julle verloor verloor met flair! Dis al wat ons soek. Moenie vaskyk teen ‘n wen nie. Boring Bulls rugby wil niemand in Bloemfontein sien nie.

    Try nuwe goed.
    As jy vir Meyer Bosman op heelagter moet speel en Kabamba op loskakel - doen dit!
    As jy vir JL Potgieter Deap Heat op ‘n sensitiewe plek moet smeer voor die game om sy work rate Bo NUL te kry - Please do!
    Selfs as jy vir De bruyn ‘n klap moet gee tot hy weer sy ou self is, sal ons jou nie kwalik neem nie.
    Stuur vir Demas om saam met die Eagles te oefen om balle te vang!
    Now is your time to experiment! As jy verloor dont worry, lykmy jy het anyway tot 2011. Maar as jy Boring verloor games vir ons op Vrystaat Stadion gaan gee…. bewaar jou siel! :)
    Go Cheetahs!

  3. Michael Cooper Says:

    Goed gestel Merlen.. Ek stem ok saam dat dit baie vat van die’ twee om hul nekke uit te steek. Ek stem ook dat iets probeur moet word. Want wat nou an di gang is werk heel duidelik ni. Mar, dit voel vi my steeds of di idees op dowe ore val.. Ek het so rukkie terug op di “vra vir mnr. verster ‘n vraag” blog ‘n goeie idee vir geld maak en baie van die supporters terug te wen, mar he nooit een stukkie terugvoering gekry nie. Want daar is obviously ‘n baie lang termyn plan wat seker oor so paar jaar gn vrugte pluk, wat ons duidelik ni bewis is van nie.

    Ek is ook een van daai manne wat die wit-truie sal support tot die einde toe, of dit nou goed gn of horribaal. So, sterkte Naka en die manne.. Dinge kan net beter gn..

  4. paul Says:

    As Blou Bul ondersteuner dink ek Naka verdien meer as net’n kans. Ek het altyd gedink dat hy ‘n lojale rugbyman in murg en been is. Toe hy destyds hier in Pretoria in ‘n verloorspan vir die Bulle gespeel het, het hy enduit sy beste gelewer.Dit het baie agting hier in Pretoria by die rugbypubliek afgedwing.

    Net ‘n regstelling. Die Bulle het reeds in hulle eerste jaar van Super Rugby in 1996 oorsee gewen. Hulle het die Crusaders op hulle tuisveld geklop en in die semi-finaal teen die Blues in Auckland verloor. Die verloor jare het daarna begin toe hulle jaarliks van afrigter verwissel het. Ek stem saam met Naka oor die noodsaaklikheid om deurlopenheid te handhaaf.

  5. Louis van Kempton Park Says:

    Baie geluk Naka dat jy die “guts” het om jouself te verduidelik en nog meer bloot te stel. Min mense sal dit doen en dit is n teken dat julle dit in n ernstige lig beskou.

    Ek wonder of enige ander unie / afrigter met hulle ondersteuners p die internet gesels en ook dinge verduidelik. Welgedaan hievoor.

    Ons weet dat jy nie spelers op die vlak nog moet leer duik nie, so my voorstel: Kry n lat en moer hulle op hulle gatte soos ons op skool geleer was.

    Speel net, maar daar moet n manier wees om hulle te kry om die basiese dinge soos tackle te maak. Kan mens nie geld van hulle salarisse aftrek as n spelerbv. n sekere aantal duikslae per seisoen gemis het nie?

    Ek moet se ek stem nie met jou stelling saam dat jy nie sterre en bokke van buite soek nie. Groot probleem!! As die groter unies dit gese en gedoen het, sou hulle nie gewees het waar hulle nou is nie. Ek het ook al die voorbeeld genoem van “vervalle” sterre wat weer die kans deur provinsies gegee was en fantasties vertoon het. Neem Johan Ackerman wat maar by Griekwas kom “aftree” het. Die Sharks het hom gevat n daar was hy n ster tot op die ouderdom van 38!! Wat van iemand soos Stevan Terreblanch? Op 35 na my mening die beste heelater i die land. Kyk na Percy op sy ouderdom, nog goed genoeg om op die hoogste vlak te speel. Soek die tipe van mense, hulle is daar en sal wat wil gee om weer n kans te kry. Daar is ook die voorbeeld van Henn Menz. Haaie hom weg gegooi, daar speel hy fantastiese rugby vir die Leeus

    Hulle sal as n groot motivering vir die jonges wees. Kyk so daarna, jy het op die hoogste vlak gespeel. Toe jy as jong, onervare speler gespeel het, wat sou dit vir jou gedoen het om saam met sulke “helde” saam te gespeel het?

    Regtig Naka, stel ondersoek na dit in.

    Wat van Wllem De Waal, daar kom hy terug en Rassie gryp hom??

    Ek hoop alles sal regkom, laat ons asb dan net weer die Curriebeker vat sodat ons weer ons koppe kan lig en die ander spanne se ondersteuners n “toffie” kan wys.

    Voorspoed!!

  6. Pieter Says:

    Wel ek sal in my hart ‘n Cheetah bly. Ek gaan die Cheetah/Brumbies game kyk, maar as hulle weer al die balbesit doelloos wegskop en lyk of hulle nie weet hoe om te speel nie dan ry ek waaragtag nie weer so ver nie en kan my seisoenkaartjie plekke op die nuwe hoofpaviljoen maar leeg wees. Verloor is een ding, maar speel tog net. Kry almal se koppe reg en gefokus. Kry daai vrou wat die Bokke gehelp het om te help.asb

  7. Fanie Says:

    Naka, Ek is ook soos duisende ander ‘n Cheetah ondersteuner deur dik en dun en vir baie lang jare al. Wat my baie bekommerd maak die laaste tyd is die manier waarop die Cheetahs verloor. Dit lyk of daar nie meer commitment is nie en die duikslae word maar so poer poer uitgevoer. Sodra daar ‘n drie of twee teen ons gedruk word, kry ek die indruk dat die span sommer gaan le en die wedstryd prysgee.
    Verder lyk dit nie of hulle goed as span saamspeel nie. Kry ‘n kopdokter indien nodig en as hulle dan verloor, kan ons tenminste met trots ondergaan.

  8. Sakkie Says:

    Naka en span

    Ek stem met die ander persone dat jy bietjie meer moet eksperimenteer. Laat my terug dink aan verlede jaar se beste wedstryd wat die Cheetahs gespeel het, die een in Bloem teen die Sharks (Curriebeker) Toe het Tewis losskakel gespeel. Ek was baie beindruk op sy spel in daai posisie. ‘n Goeie wen wat ons daai dag gehad het. Die agterlyn het amok gemaak. Maar helaas, dit was Tewis se enigste (sover ek weet) wedsryd op losskakel.

    Sterkte vir die res van die seisoen

  9. Gron Says:

    Ek was taamlik opgewonde oor die toekoms van Cheetah rugby, veral met die planne om rondom sekere spelers te bou soos Wilton en Rob. Nou voel ek nie meer so opgewonde nie. Daar is ‘n goeie kans dat Wilton nooit weer sal speel nie (selfs al herstel hy) en Ebehrson lyk of hy alreeds besig is om uit te brand op die 7s veld.

    Naka. Soos ons al die heel seisoen sê. Ons het nie van julle verwag om te wen oorsee nie, maar julle kon ‘n ordentlike poging maak daarvan! Julle eerste 2 games het baie goed gelyk, maar van toe af lyk dit nie of die spelers daar wil wees nie. Die minste wat jy van jou spelers kan vra is om die basics te doen. ‘Bou die fondasie’ op daardie manier. Hierdie weird hoë-risiko-maar-beryk-niks rugby raak nou werklik te veel. Kry die manne op die basics te doen wat hulle van skool af in-oefen. Die ander goed kom later….

  10. JJ Says:

    Ek moet se ek is geskok om die kommetaar hierbo te lees van my cheetha ondersteuners. Mense wonderlike verduideliking van Naka hoekm verduidelik hy nie ook aan ons wat het die koerant en Olie kwyt geraak oor hom oor die verhouding. Die LIONS se afrigter word afgedank daar was n onmiddelike ondersoek gewees en hul fire hom oor rassistiese woorde. NAKA word beskuldig van owerspel wat erger is waar daar n man se lewe verwoes word en hy vra gee my n kans en jul keer dit goed en wil he hy moet aangaan. Is dit nou ons standaarde, hoekom kry ons nie vir MGABE vir President van VRU nie. Kom nou mense gaan ons dit toelaat. Ek kan nie, hy behoort te bedank en sy onskuld gaan bewys. VRU is slapgat in hierdie geval en dis tyd dat die presidente van die klubs, OLD GREYS, COLLEGIANS..POLISIE, SCHOEMANPARK en ander beginne optree

  11. JJ Says:

    Luke Watson word geboee deur sy ondersteuners oor sy gedrag en hy kry n duidelik boodskap, nou wil ons liefdes boodskappe aan Naka rig en hom eer. Hoe belaglik wil ons voorkom as ondersteuners. As ons dit goed keer kom ons skeer almal dan onder 1 kamp nie net Steve, Joost en al die bekendes nie, maar ook die Dominee, pastore dan moet ons nie n houding inslaan wat se wel ek gaan nie meer kerk toe nie en gee ook nie meer tiende nie want my dominee is van die pad af en hoe gaan hy my lei. Ek brag praat nie groot nie, maar ek beweeg in besigheidsmense kringe orals en van dai mense dink ons is narre en van hul se daar nie n manier wat hul seun onder so n afrigter sal wees wat se voorbeeld is dit. Naka ek niks teen jou as persoon, maar daar is beginsels en reg is reg en verkeerd is verkeerd en net jy sal weet wat die waarheid is en as dit so is, is dit nie n voorbeeld vir hierdie jong waardevolle talent wat in jou sorg is nie. Ek wil ook nie jamer se nie dis hoe ek voel en my mening is.

  12. Ryno Says:

    Naka, ek stem 100% saam met jou, maar die span het nie verloor omdat hulle noodwendig sleg gespeel het nie (behalwe die laaste 2 wedstryde). Die tye dat hulle wel iets gedoen het op die pitch het dit goed gelyk, maar die rede waarom hulle verloor het is omrede hulle nie die basiese dinge reggedoen het nie. Goed soos laagvatte, maar veral hantering. Dit lyk my jy en Rassie laat die basiese dinge agterwee.

  13. Iluvrugby Says:

    n’ Mens wil nie vir die “Coaching staff” se wat hulle moet doen nie maar ons kan net vir so lank still bly,julle stel my teleur deur in te bring hoe sleg die bulle gedoen het in die S14 jare terug,ek gee nie om hoe hulle gedoen het nie,die Cheetahs is my span,erns is daar fout as julle daar op aandring die span is reg soos wat dit is,soos Demas wat week in en week uit sleg speel of Potgieter of Bosman wat nie werk op losskakel nie,of Caldo wat al vir die laaste twee jaar nie werk op stut nie maar die skrums pla my nie sooveel soos die midde veld nie.

    Een van die grootste voute wat julle begaan het is toe julle die Ebershon broers opgebreek het,dink terug aan die Craven week in 2007,Robert en Sias(nie die Vrystaat span nie) het die Craven week oorheers,ek weet dit is nie die S14 nie maar julle moes daai twee broers saam groot gemaak het,Sias het dalk nie al die rou talent wat Robert het nie maar hy was n’ “complete” losskakle met Robert aan sy buitekant en takties was hy baie baie goed.

    Ons verdediging sit n’ hol kol op my maag,die manne gaan net eenvoudig te hoog in,daar is n’ rede hoekom dit n’ lagvat genoem word,wat dink julle gaan n’ spaan soos die chiefs doen as ons so gaan verdedig maar dit is nie alles “Doom & Gloom” nie ons lynstane en los trio is baie goed en Brussow hou net aan verbeter so dit is n’ plus punt!

    Maar nou wil ek by die bestuur kom van die unie,hoe kan Herold Verster en ki se hulle het die Cheetahs in hulle belang maar dan kom hy met n’ stelling wat hy laas jaar gemaak het,en dit kom daar op neer dat die ander unies kan maar ons spelers koop,dit is hoekom ons spelers soos Robert en Wilton het om hulle te vervang.Hoe kan n’ man wat hom self hoof van n’ unie noem so dink en dan hy praat van die geld sake,wat het gaeword van drie jaar se Currie Beker oorwinnings waar van twee jaar in Bloem gespeel is!???

    Ek is n’ Cheetah ondersteuner,ek is al vir 32 jaar en sal wees vir die res van my lewe!Nee Naka,ek eis nognie jou kop nie want ek weet wat jy vir Vrystaat rugby al gedoen het maar ek gaan by die game wees die naweek en ek met baie ander sal n’ beter vertoning wil sien en verwag niks minder as n’ wen nie!

  14. Charl Says:

    Ek is ‘n Sharks ondersteuner, maar meer as dit is ek ‘n Suid-Afrikaanse rugby ondersteuner. Niks laat my beter voel as ‘n Suid Afrikaanse span vir ‘n buitelandse span ore aan sit nie, soos toe die Lions vir die Brumbies oorrompel het…Wil Naka he ons moet nog 4 jaar wag voordat die Cheetahs ‘n game gaan wen? Of voordat iemand anders vir Juan Smith wegraap van Bloemfontein af?(Ek weet hy’s lief vir Bloem en baie lojaal, maar mens kan net soveel keer teleurgesteld wees!). Nee wat, gee iemand anders ‘n kans. Die Cheetahs/Naka is besig om Cheeky Watson se Southern Kings argument baie geldig te maak.En as ‘n Watson se woorde begin sin maak, moet jy weet: THE WRITING IS ON THE WALL.

  15. Andries Says:

    Aan al die cheetah fans!!Julle kan maar dink die bulle speel boring maar kyk maar waar le ons op die log!Die feit bly staan dat al wanneer die vrystaat kompiterend is,is wanneer die groot spanne se bokke nie speel nie so ek gaan julle aanmoedig om eerder weer n krag in die curriebeker te wees en los die super14 vir die groot manne soos die bulls en die sharks!!!

  16. Charl Says:

    Andries: Hoor Hoor!

  17. Iluvrugby Says:

    @Andries ek kan sien jy het glad nie gelees wat die mense hier geskryf het nie,ek wil nie dit persoonlik maak nie want hierdie is n’ gesprek onder die getroue Vrystaat ondersteuners maar die Vrystaat het die Currie beker twee keer gevat en dit terwyl die bulle met al hulle springbokke gespeel het en die Cheetahs net drie gehaad het,ek hou dit nie teen jou as jy niks weet van rugby nie ,ek reken die wereld het mense soos jy ook nodig!

  18. Francois Says:

    Aan Ne aka en die cheetah span. Ek as ondersteuner het nog steeds volle vertrou in julle. Ons moet erken dat die super 14 moelik begin het vir die cheetahs met weg wedstryde, wat sy tol ge-ys het.

    Al wat my dwars in die krop steek is die wyse waarop ons wedstryde verloor het wat ons verseker kon gewen het as ons die basics reg gedoen het. Dinge soos, hantering, verdediging en die groot D - Dissipline is wat ons die games gekos het. Daar is ook net nie vir my die vuur onder die spelers dat hulle graag wil speel en wen nie. As jy kyk na hoe balle deur oppenente gewen word sonder enige ywerige pogings deur die cheetah spelers. Kom-aan dis rugby, klim in, duik en wen balle. Dis immers hoe respek afgedwing word.

    Ek glo dat ons die naweek teen die Brumbies ‘n ander cheetah span kan sien, ‘n span wat weer rugby speel, die basics reg doen en wedstryde wen.

  19. Jan Says:

    Naka

    Ek het die Vrystaat deur die laaste ongeveer 36 jaar getrou ondersteun toe dit moeiliker gegaan het as nou en sal vir altyd ‘n vrystaat ondersteuner wees. Al wat ek vra is dat julle, julle beste moet gee en uit julle foute en ander spanne se foute sal leer. Daar’s groot fout met die agterlyn se verdedigingslyne en kommunikasie tussen die spelers- vandaar dat die agterlyn soms binne toe verdedig plaas van om die speler buite toe te verdedig. Onnodige skoppe waardeur besit afgestaan word en wat slegs as doelloos beskryf kan word. Op die aanval is ons geneig om te veel 50/50 aangee te gee en het ons nie die “flair” van ouds nie. Dankie aan blou bul Paul Louw vir sy positiewe insette hierbo.

    Sterke en gee gas

  20. Manie Says:

    Naka Drotskie klink asof hy spog, nevermind nie verskonings soek nie. Soos hy nou aangaan, speel ons nie weer in die Super 14 nie, met die Oos-Kaapse span wat nou ook in die mix gaan kom. Wat my dronkslaan is sy spankeuses. Potgieter hoort by die Griffons, nie in S14 liga as losskakel nie. Maar wragtig, Mnr. Drotskie gaan druk hom op binnesenter in, en haal vir Bosman, wat baie bestendig daar was uit en sit hom op losskakel. Hoekom? Het dit dalk iets te doen met die feit dat Potgieter altyd mooi meisies by of naby hom het…? Daniller is bestendig swak, maar hy speel elke game. Die vleuels wissel so van wedstryd na wedstryd, ek weet nie eers hoeveel en wie het al gespeel nie. Om die waarheid te sê, ek kyk nie meer nie. Sarel Pretorius is volgens my op hierdie stadium beter as De Bruyn, maar Drotskie gebruik hom as impakspeler. Om impak te maak op wat? Meeste games wat ek nog gekyk het kon jy 15 impakspelers opgestuur het, dit sou nie saakmaak nie, want ons was al klaar so in ons dinges in agter. Ek sit hier in Noord Namibië en kry geen nuus oor wat daar aangaan nie, so ek weet nie of Naas Olivier en die Ebersohns beseer is nie, maar as hulle nie is nie, waar is hulle? Hy praat van span bou, wil hy dit met ou manne doen of met die jonges? Mnr. Drotskie, word wakker, 2011 is om die draai en soos jy nou aangaan gaan jy dalk nog voor dan moet handdoek ingooi, soos wat die meeste van die spelers oënskynlik (nie sonder rede nie) reeds gedoen het.

  21. Chris Says:

    Naka

    Jy moet bedank! Jou span is baie swak en hul speel halfhartig.
    Jy rinkink te veel onder die meisies en Ollie het jou nou uitgevang.
    Ek sou sê dat jy ‘n goeie kaptein was maar jy is nie ‘n goeie afrigter nie.
    Ek sal ook nie in die eerste plek ‘n mentor kies wat nie kon presteer nie - ek sal hoër mik vir ‘n mentor as jy.
    Jou benadering is ook verkeerd met hoeveel weg-wedstryde jy beplan het om te wen: ‘n mens moet beplan om almal te wen! Dit lyk my jy mik te laag en dan sien jy jou gat! Mik liewers vir die sterre en spring in die boom!

    Ek eis jou kop en ek dink Ollie le Roux kan maar by jou oorneem. Jy mors nou baie geld waarmee ons van ons goeie spelers kon behou het op reject-afrigters en soos jy kan sien is dit ‘n ramp.

    Doen die eerbare ding en loop. Dit is die beste wat jy kan doen.

  22. Lance Says:

    Manie, lyk my jy is baie jaloers op Potgieter. Jou aanmerking oor al die mooi meisies naby hom laat my lag. Lyk my jy stel meer belang om te sien watter meisies by hom is as wat jy in die spel belang stel. As jy meer aandag aan die spel gee, sal jy opgelet het dat Meyer Bosman pateties speel. Is jy dalk familie van Bosman? Moenie persoonlik raak nie. Kritiseer die speler se spel en nie die persoon nie. Potgieter is ‘n man met integriteit los hom uit!

  23. Jannie Says:

    Ja Lance. Ek stem saam met jou. Julle ouens moet rugby kyk nie meisies nie. Los tog ook nou vir Naka uit. Pottie kan ook nie help hy is so aantreklik nie.

  24. Meisie Says:

    Ons hou vir julle duim vas dat julle ‘n goeie wedstryd het saterdag. Onthou ons ondersteun julle nog steeds.

  25. Manie Says:

    Lance, ek is glad nie jaloers op Potgieter nie, hy het niks as rugbyspeler om jaloers op te wees nie. Ek is jammer as dit klink of ek Potgieter persoonlik aanval, dis nie so bedoel nie. Ek kritiseer hom as rugbyspeler. Hy is na my mening nie eers goed genoeg as losskakel vir die Vodacombeker reeks nie, maar Naka bly hom kies, en dit nog as senter! Dit laat my net wonder hoekom. (Mooi meisies?) As jy mooi gelees het, sou jy sien dat ek gese het ek kyk nie eers meer nie, so dit kan wees dat Bosman nou swak is. Wys my egter een agterspeler wat verbeter het onder Drotskie se afrigting. Ek weet hy rig nie die agterlyn af nie, maar hy as hoofafrigter is verantwoordelik vir die span as geheel. Toe Drotskie nog gespeel het, het ek altyd gespot en gese dat indien ek teen hom moes speel, ek hom elke keer in besit sou betrap het, omdat hy so voorspelbaar was. As afrigter is hy na my mening nog meer eensydig en voorspelbaar as ooit. Ek sien Jake White soek weer ‘n joppie: Hoe lyk dit Naka, sal jy asb. terugstaan sodat die soutie jou kan wys hoe? Terloops Lance, waar is jou insette oor die Cheetahs of rugby as geheel?

  26. Jannie Says:

    Lance, ek stem saam met jou. Ouens bepaal julle tog by die game. Los tog nou vir Naka uit.

  27. Jannie Steenekamp Says:

    Om n verklaring uit te reik en dan jouself te wil vergelyk met die swakste vertonings wat die Bulle
    tussen 10 en 15 jaar terug verrig het spreek n tekort aan selfvertroue, vertroue in jou spelers en
    om lojaal te wees tenoor jou ondersteuners. Ek kan ook nie my beste op die veld lewer as ek kort kort oor my skouer moet loer wat my afrigter langs die veld doen nie ! As ek Naka se verduideliking luister wat hy lewer klink dit of die boodskap wat hy deurgee is dat ons, ons self vergelyk met die swakste resultate en die doel is om net net te verbeter as daardie vorige resultate. Kom aan Naka, ruik die vars koffie. Ons maak die water nou al in kettels warm, nie op gebrande houtjies nie. Dit laat my wonder of Naka ook 100% ondersteuning kry vanaf Herold Verster ! Hoekom lewer julle nie voorstelle in om rugby meer te ontwikkel nie. Wat sal die rede wees hoekom die ” sogenaamde ” groter unies groter borge sal he. Dat die cheethas n kleiner unie is betekin nie dat ons ook kleiner borge moet he nie. Moet ons net van borge binne die Vrystaat gebruik of is julle te skaam om verder te soek. Onthou oorkant die vaalrivier is ook besigheid !! Naka se doelwitte is hopeloos te laag want hy wil net net verbeter op die swakste vertonings van die verlede. Bring Rassie terug
    en sluk jou trots Herold. Wat het geword van spanne wat bloem toe kom en wens die wedstryd begin nooit nie, teen vandag se spanne wat die Cheethas uisonder as n wedstryd wat hulle hul beste speler wil laat rus en dan nog self n vol punte in die sakkie terug neem. Dis tyd dat die Cheethas weer respek afdwing en Bloem ons eie HUIS VAN PUIN word !! Al gewonder hoekom maak julle nie Helgard Muller saam met Ollie Le Roux die afrigters nie, dan het Naka genoeg tyd vir sy vroue.

  28. Leon Says:

    Ek is ‘n Vrystater in murg en been. Ek sal altyd my span ondersteun en ons maak almal maar foute. Ek hou egter nie van die manier waarop julle in die manne se karakter in klim nie. Daar is ‘n verskil in goeie kretiek lewer en iemand afkraak en sy persoonlikheid aanval. Nee mense, laat ons nie vergeet ons het hier met mense te doen en nie diere nie. Gee liewer opbouende kretiek.

  29. Chris Says:

    Hi Leon,

    Dit is moeilik om opbouende kritiek te gee aan ‘n afrigter wat saam met ‘n GROOT afrigtingspan die VRU se hardverdiende geld opvreet terwyl daar nie resultate is nie. En dan jol die hoofafrigter nog rond met ander mans se vrouens in so ‘n kritieke tyd. As hy ander mans se vrouens kan verneuk kan hy die VRU van hul geld ook verneuk.

    Ek voel net dat Naka nou moet gaan want die Springbokke en of die Bulls se afrigter sou nou al gepos gewees het. Hoekom moet ons vrystaters altyd met min tevrede wees. Bring vir Ollie in want hy het in die eerste plek die regte houding om ons span attitude te gee.

  30. Leon Says:

    Hi, ek’s ‘n Blou Bul ondersteuner, maar ek voel ek wil julle tog raad gee. Julle moet geloof hê, want daarsonder sal julle niks bereik nie. Weet julle nie dat julle woorde mag het en die resultate kan verander nie. Wees positief en opbouend. Glo en julle sal sien. Die gelowige se gebed dra groot krag. Word daders in plaas daarvan om net te hoor en pluk die goeie vrug! Sterkte aan julle Vrystaters! Ns. Mag die beste span wen :)

  31. Rouxville Says:

    Naka jy het ‘n 100% rekord teen die klein unies maar die realiteit is dat van begin 2008 kon die Vrystaat nog nie die Stormers of die WP wen nie
    Dit is 2 in die Curriebeker en 2 in die Super 14. Drie keer verloor teen die Bulle in die Curriebeker en nog nooit in die Super 14. Selfs al hulle wedstryde in die Vodacom beker. Vrystaat kon slegs Natal wen sonder hulle Springbokke maar weer eens verloor in die Super 14. Vrystaat is slegs die Leeus se baas maar het die jaar die onderspit gedelf.
    Naka jou rekord is swak teen die groot spanne en jy kon net 3 wedstryde uit 14 wen.
    2 teen die leeus en een teen natal sonder die springbokke.
    Dit is die ware statistiek

  32. Daan Says:

    Nee wat OU Harold(mugabe) jy en NAKA(playboy) VAT JUL GOED EN LOOP. Ons is moeg vir jul verskonongs van spelers wat weg is! Vra hoekom is hul weg ( hul kon nie wag om pad tegee)! Jul altwee het tot nou toe gery op Rassie se suksesgolf maar dis nou verby !!! Jul het misluk en Vrystaat Rugby sit met die gevolge van jul jarelange verkeerde en persoonlike besluite.Jul kry nie ander borge want niemand stelbelang terwyl jul in bewind is.Word wakker en loop dit is die eerbare ding om te doen.Naka die beste wat jy nou kan doen is bel RASSIE se OUMA selfs sy kan help!!!!

  33. Iluvrugby Says:

    Ek stel baie belang daar in om te hoor wat die verskoning die keer gaan wees,julle vat n’ span wat veronderstel is om baie goed te doen en ly dit in die afgrond in,soos Ray en Hennie le Roux gister gese het,dit help nie jy kan driee skep maar jy kan nie die ander span van jou doelyn af hou nie,Hawies is n’ “Has been”!Gaan Herold weer sy hart oop maak?

  34. Blitz Says:

    Naka , jou verskonings beteken absoluut niks meer nie !
    Vat jou goed en trek. Ek glo Senekal Rugbyklub sal jou aanstel as afrigter….want Naka , dit is ongelukkig so , jy is net goed genoeg om ‘n plattelandse dorpsklub af te rig.
    Mnr Verster , word wakker ……………julle verloor baie steun , nie oor die VERLOOR nie , maar oor HOE die span verloor.

    Vaarwel Vrystaat stadion , vaarwel.

    (het my eerste wedstryd in 1975 gaan kyk - my laaste wedstryd wat ek gaan kyk het was op 04 April 2009)

  35. chris Says:

    JUAN SMITH is ‘n moegoe as dit kom by kapteinskap.
    NAKA en hy moet nou loop!!!!!

    oooooo ooo o o ooo oooooo o o o o o o
    0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0
    000 0 0 0 0 0 0 0000 0 0 0 0 0 0 0 0 0
    0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 00000 0 0 00000
    0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0
    0 000 0 0 000 0 0 0 0 0 0 0 0 0

  36. Meisie Says:

    Sterkte met Saterdag se wedstryd. Ons hoop julle kan die mense wat so kritiek lewer ‘n ding of twee wys!!!

  37. chris Says:

    Meisie, al wen ons Saterdag teen die Sharks het die vrystaat nog niks bewys aan die mense wat so kritiek lewer nie.

  38. Chris Says:

    Wie is dié “chris” wat so op my naam post hier ? Kry jou eie naam ou vriend, of as jy liewers jou twak wil kwytraak onder ‘n skuilnaam omdat jy nie kans sien om pa te staan vir wat jy sê nie. hou op post.

  39. Cheetah Supporter Says:

    Sterkte ouens…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  40. Melnick Says:

    Fan-flipping-tastic! At least I caught this on a good day XD

  41. Amyx Says:

    All that googling finally paid off, I’m happy I found this, thnx =)

  42. Forde Says:

    What can I say, this is a great post. The only question I would have is why does it have to be that way? Keep up the good work.

  43. Michael Klim Says:

    Michael Klim…

    Na n lang en baie moeilike toer wil ek graag n paar verduidelikings gee vir ons vertonings met ons e [...]…

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree