As jy ‘n vraag het wat jy graag aan die president van die Vrystaatse Rugby-Unie wil rig, moenie hierdie geleentheid misloop nie. Rig jou vrae - hier op die blog aan Harold Verster en hy beantwoord dit, Maandag-aand 23 Maart op die OFM Sport Cage.
Ons gaan Maandag-oggend die vrae aan OFM stuur, so maak seker jy gryp die kans aan.
DIE VRAE IS AAN OFM GESTUUR. LUISTER VANAAND OM 18:00 OP OFM NA DIE ANTWOORDE OP DIE VRAE

Ek kyk nou net na die feite soos gegee op die blog aangaande die inkomste, ens.
Dit is weereens verskonings wat aangebied word.
As die Cheetahs beter speel, sal die stadion voller loop - kyk wat het gebeur met die CB finale?
Die feit is dat die S14 inkomste bring vir die Cheetahs, en ek het dit al genoem op die blog, maar ten koste van die spelers se trots en ons as ondersteuners wat bespottings word!!!!
Die feit bly staan dat daar probleme is met afrigting en die gemoed van spelers. Die afrigter se probleme gaan afdruk op die spelers, maak nie saak wie wat sê nie!!
Ek wil ook net bylas dat ek in Pretoria woon, so ek sal nie die onderhoud kan luister nie - ek sal dus ‘n antwoord in skrif op die blog waardeer.
Sal vir jou ‘n antwoord gee - stel net jou vraag soos jy dit wil hê op hierdie blog inskrywing.
Wanneer gaan die Unie soos ‘n besigheid bedryf word? Dit wil voorkom asof daar ook ‘n leemte is op die gebied.
Wat is die plan vanaf die Unie om teen Naka op te tree vir sy gedrag buitekant die spel? Dit impak tog op die spelers en jy kan dit sien met hulle houding op die veld met die toer.
Fabian juries is your best offensive player and needs to be brought into the game more…Daniller is probably one of the worst fullbacks I’ve ever seen…he is slow, kicks all the ball away and just doesn’t look to link with juries at all…while the centers kill all the attacking ball…GET JURIES IN THE GAME MORE AND THE CHEETAHS WILL WIN MORE GAMES…IT’S THAT SIMPLE
Kan die publiek ook n stem kry vir die volgende verkiesing?
Wat is die toekoms plan vir die Super 14? Glo die unie dat die span in die top helfte kan eindig en later selfs wen?
Wat gaan gebeur met Naka en die afrigting span na die swak Super 14?
Ons moet nou GROOT oppas. Die sprake is daar, en dit kan gebeur, dat ons die Super 14 kwyt gaan wees. Die franchise gaan aan die Oos Kaap gegee word.
Dit sal beteken dat ons totaal plat gaan val, en nog meer spelers gaan verloor. Ons sal binnekort ook maar net nog n span in die Curriebeker wees. Defnitief nie in die groot unies se liga nie, maar meer met Boland en die ouens kompiteer.
Die feit dat daar vrae gevra word oor hoekom ons in die Curriebeker goed doen en nei die Super 14 nie, moet ons onthou dat ons amper geen Springbokke het wat aan die 3 nasies deelneem nie. Dus is dit makliker vir ons om n semi te haal.
Daar is GROOT probleme mense (amptenare), en as dinge nie gou regkom nie, gaan julle ook sonder werk sit. Ons wil nie die heeltyd hoor van te min geld nie, daar moet spelers wees wat uitstaan. Soek hulle net!!
Hoekom kyk julle nie na spelers wat naby “aftrede” is nie, of wat deur hulle unies nie meer as goed bestempel word nie? Voorbeeld, Johan Ackerman wat nie meer by Bulle kon regkom nie en by Griekwas n tuiste gevind het. Hy het op sy ouderdom terug gekom om weer vir die bokke te speel. Nog n voorbeel is Heno Menz. Sharks wou hom nie meer he nie, speel briljante rugby nou by Leeus. Kyk na Stefan Tereblanch, op 35 vir my die beste no 15 in die land.
Seker daai spelers sal vir minder kom speel net om weer aan groter kompetisies deel te neem.
Daar was ook Ollie, Os…. hulle is daar. Kry Willem de Waal terug, hy was nie Stormers se keuse nie en het net gebench. Wat van ander groot unies se ouens wat meer op die bench sit. Glo hulle sal miskien v.d geleendheid gebruik maak om eerder speeltyd by ons te kry as meer by daai unies te bench..
Heng ek is seke te laat. Wou by Harold weet of ons spelers en afrigters onvolwasse is vir super14. Ons presteer net op CC vlak. Wat het hy die afgelope paar weke gesien n span op wie hy kon trots wees. Ek blameer n afrigter as daar nie n gameplan, rigting, doelgerigtheid in n span is soos ek die afgelope paar weke moes aanskou.. En Harold ek het regtig gedink as President dat jy sou vinniger opgetree reageer het oor die geval met NAKA en hom onttrek het dat hy die storie moes uitsort. Dink NAKA regtig ons is kinders om te glo dat dit geen effek op die spelers het nie. Enige mens kan dit sien en ek voel as president moes jy Naka na die REDS game terug laat kom het en iemand gekry het. JA en soor JacoP vra wat word met die geld bestee wat ons kry vir super14..
Die Cheetahspan se lyftaal gee die boodskap deur dat dat dinge nie pluis is in die kamp nie. Wanneer gaan julle begin ondersoek doen om dinge reg te stel. Die hele bestuur van die unie tot by die hulpafrigters. Ons as ondersteuners voel dat julle dink ons is onnosel en moet maar tevrede wees met wat gebeur. Dit kos ons honderde rande om van ver af te ry om die span te ondersteun en dan is daar geen ywer en poging om dinge reg te ruk nie.
Wat gaan julle doen om spelers te behou as ons laaste eindig en die Ooskaap speel in ons plek in die Super14 volgende jaar.
1. Het die Cheetahs planne om van die “afgetrede Cheetahs” van weleer te betrek by ‘n oorsig-seminaar om ‘n ordentlike lykskouing te doen en te (probeer) bepaal waar dinge tussen ‘n uitstekende 2007 plaaslike seisoen (CB) en ‘n vermorsde 2008 seisoen verkeerd geloop het? Let op die volgende aanhaling: “he who does not heed the past, is doomed to repeat it”.
2. Die Vrystaat beskik oor waarskynlik die beste kondisionerings-afrigter in moderne rugby, met een wereldbeker op sy kerfstok - Dr Derik Coetzee- asook ander leiers op die gebied van soprtgeneeskunde. Word hulle enigsins betrek by die hele proses; dus van voor-seisoen tot in die laaste fase van kompetisie?
Mr. Verster.
Ek verstaan en respekteur die probleme wat die maatskapy in die gesig staar, mar wat is die plan om hierdie dinge om te draai? Want sekerlik is daar ‘n plan en ‘n tydperk wat die plan in staat gestel gaan word.. Ek dink ook die briljante verbeteringe op die website sal klaar ‘n verskil maak..
Ek het ‘n idee wat in my opinie ‘n wen/wen situasie kan wees.. Nou net ‘n opsomming, mar kry al di spelers om of hul hare af te skeur, of te snaaks te kleur vir di tuis gedeelte van di S14 en dan 10 persent( of wat ookal) aan kanker navorsing skenk.. Dit sal ‘n paar dinge uitrug.. Sponsors sal dit soos soetkoek op eet, sal meer mense stadion toe trek (almal sal die span wil sien en hulle deel wil doen vir kanker navorsing, dit sal ‘n span eenheid veroorsaak en laaste mar nie minste nie dit sal kanker navorsing help.. Ek seker meeste van ons was al geraak deur kanker in een of ander manier.. Dit is nou ‘n extreme idee, mar hukom ni?
Jammer, ‘n persentasie van kaarkie verkope..
Wat is die posisie rondom die Super 14 deelname vir 2010? Kan ons uitgeskop word as ons laaste eindig in 2009? Daar word al hoe meer in koerante bespiegel dat die Cheetahs moet plek maak vir die nuwe Oos-Kaap streekspan. Sien bv die nimlike Stephen Nell se rubriek in die beeld van 17 Maart. Soos JacoP bly ek ook in Johannesburg en sal ‘n antwoord op die blog waardeer.
‘n paar vrae:
1. Wat is die plan van aksie om die vertonings van die Cheetahs reg te ruk?
2. Wat is plan B as plan A nie werk nie?
3. Is daar klosules in die kontrakte van die spelers, span bestuurders, hoof afrigter en al die verskillende hulp afrigters om te presteer? Indien nie hoekom nie en indien wel wat gaan gedoen word oor hulle dan nie hule kontrak verpligtinge nakom nie?
4. Wanneer gaan die VRU bestuur ‘n vergardering met die spelers hê om te hoor wat se griewe hulle van hul kant af het? Dit gaan nie help om die vergardering saam met almal te hê nie!!! Julle sal die ouens een op ‘n slag moet sien want daar is ongelukkigheid tussen hulle en hulle sal dit nie voor die ander sê nie.
5. Hoekom word daar met spelers volhard wat week na week aanjaag? Dit wil voorkom asof sekere spelers in ‘n comfort zone is en hy nie nodig het om 100% te gee nie want hy sal anyway in die span wees.
6. Wat gaan aan by die bemarkings afdeling van die unie? Om plakate op lampale te sit is nie my idee van bemarking nie!!!!! Wanneer gaan die mense hul werk begin doen en die Cheetah brand uitbrei soos ander unies dit al met welslae gedoen het?
7. Waarom is die Cheetah winkel ge-outsource na een van die duurste winkelgroepe in die dorp? Waarom kan die winkel nie deur die unie beryf word en taale ander items behalwe truie te koop aanbied teen billike pryse nie? So sal ‘n wen - wen situasie mos geskep word vir die unie sowel as die ondersteuners. Die bemarkings mense moes dit mos kon uitpluis!!
8. Wat doen die unie om ekstra inkomste te genereer? ons hoor altyd die verskoning van daar is nie geld nie, wat word gedoen om dit te oorbrug?
Hoop dat al die vrae beantwoord sal word.
Wat soek Demas nog in die span?
Nokwe is op sy slegste 100 x beter as Demas.
Na aanleiding van bogenoemde is my vraag eintlik: Wanneer gaan die VRU ophou om alewig harkoppig te volhard met mislukte pogings???? (Demas, Herkie op nr 10 laasjaar, ens, ens.)
Jy kan nie in n kompetisie soos die S 14 volhard met mislukkings nie.
Ek het net een vraag, hoop ek sal ‘n antwoord kry.
Sal Herold Verster bedank as president as die ondersteuners daarop aandring???
Want as ‘n mens die koerante en blogs so kyk lyk dit vir my dis wat die ondersteuners wil hê.
Ek sal graag op die web tuiste n “organogram” van VRU / Cheetah mpy (edms) bpk wil sien met name van verantwoordelike persone. (lys alle strukture asseblief)
Die visie en missie van VRU/Cheetah mpy sal ook waardeer word.
Is daar verantwoordelike strukture in plek? Bereik julle die doelstellings in julle visie/missie?
Volgens King verslag 1 & 2 word daar duidelike riglyne vir verantwoordelike bestuur van maatskapye gestel. Onderskryf die VRU/Cheetah mpy die King verslae sowel as King 3 wat nou glo wet gemaak gaan word?
Wat se strukture is in plek vir ondersteuners/publiek om insae te verkry in Cheetah sake?
Verder sal ek wil weet of mnr Verster as verantwoordelike beampte die eerbare ding sal doen en bedank as dit nodig sou blyk.
Is daar n tipe van “performance appraisal” in plek vir beide spelers sowel as bestuur?
En wat gebeur met persone wat onderpresteer?
Ek wil by Stef aansluit:
Sal Herold Verster bedank as die ondersteuners daarop aandring?
En ek weet ek is een ondersteuner wat dit BAIE GRAAG wil sien gebeur
Mnr. Verster.
Deur die jare het die Vrystaat groot sterre verloor maar nogsteeds was ons op die “map”, ons het altyd positiewe rugby gespeel!!
Wat gaan aan met die manne, hulle speel negatief, reageer negatief ens.
Ek dink nuwe besems word benodig in die unie.
Sal jy bedank as dit van jou verwag word, ons ondersteuners is keelvol vir verskonings en onder prestasie ons het die potensiaal.
Menere… Julle vra die verkeerde vrae. “Sal Mnr Verster bedank as die ondersteuners so vra” is vereegaande. Sal ‘n baas van ‘n company bedank as die kleinte dit vra? Nooit nie. Kom on vra eerder: Is die Cheetahs ‘n publieke of privaat besigheid? Seker privaat, want daar is twee anndeelhouers, VRU en Supersport. So die publiek het nie ‘n sê nie. Dit beteken Supersport of die Clubs kan besluite neem oor die Cheetah bestuur. So sal Mnr Verster bedank as die aandeelhouers so vra? Ja, maar hulle sal nie. Supersport sal dit nooit vra nie, want solank die Cheetahs ‘n “tweederangse” span is kry hulle geld in deur die wedstryde te beeldsend, en meer geld in as ‘n semifinaal en finall eerder in Gauteng, Durban of Kaapstad gespeel word (meer blootstelling) so dit maak vir hulle besigheidsin dat Cheetahs bly soos hulle is, nie te goed nie, en ook nie te sleg nie. Sal die lede van die Unie dit aanvra? Die Club verteenwoordigers? Nee, Onthou die selfde mense wat op die Cheetah board sit beheer ook VRU, so sal hulle hulleself vra om te bedank…Nooit! Sal die Clubs ander mense kies om die stelsel te varander, nee, daar is net soveel wat bereid is om die werk te doen, en onthou klubrugby sukkel maar, en wie ondersteun hulle? Wie help hulle finansiël? VRU, so sal die leiers in die klubs die eend wat die goue eiers lê slag? Nooit! Hoekom dink julle sit daar ‘n klomp OU Amateur Rugby base nogsteed op SARFU se board? Want die kleiner unies werk almal op die AMATEUR manier wat VRU werk.
Die vraag wat ons moet vra en wat ek graag aan Mnr verster wil vra is: Wannner gaan VRU hulle aandeel aan die Cheetah franchise verkoop? Wanneer gaan Cheetahs PROFESIONEEL word? Public of Private. Anndeel houers kry wat dit soos ‘n besigheid wil run in ‘n profesionele era? Dan sal ons ‘n Coach aanstel op ondervinding en ‘n board kry wat omgee vir Die Cheetahs nie die geld of die pelle vand die amateur game nie.
(al my feite is seker nie 100% nie, moeni daarop fokus nie fokus eerder op die konsep)
Wonder nou net,
Die blog sê hulle gee Maandag oggend die vrae aan OFM. Gaan al die vrae gegee word of word dit eers deur die Unie na gekyk en dan besluit hulle watter vrae gevra mag word?
Ons gaan die vrae net so aan OFM gee en hulle sal besluit wat hulle wil gebruik. Daar is natuurlik net ‘n uur beskikbaar - en as daar honderd vrae is sal almal nie beantwoord word nie, maar hulle gaan hul bes probeer.
Stem saam met Merlin.. Dink ok dis onredelik om vir mnr Verster te vra om te bedank. Dink rerig hy het die cheetahs se beste op hart. Dink dalk net “hul” sukkel om dai groot ” kill or be killed” attitude in te neem. Dink daar is te veel vriendskappe op die hier betrokke.. Ek het die inskrywing gelees waar jul se dat afrigters deur die system kom van u19, u21 ens.. Nou hukom het naka al die stappe ‘n skip gegee? Dink persoonlik dat ni alles naka se skuld is ni, mar dis mar net ‘n voorbeeld van “nie wat jy ken nie, wie jy ken”. En dis alles ‘n syn van ‘n klein familie besigheid en nie die multi miljoen randse besigheid wat die cheetah besigheid veronderstel is om te wees ni..
‘n vraag aan mnr. Verster.. Met die VRU wat die stadion lang termyn huur, gaan ons enigstens geld maak uit die soccer wereld beker? Hoe ek dit verstaan, moet fifa nou die stadion by ons huur.. Is dit so?
Hoe kan ons in JNB hoor wat gese word? Kan die vrae en antwoorde op die site gesit word?
Goeie dag.
Hoekom verloor ons spelers soos: Dwayne Vermeulen (WP), du Plessis broers (Natal) Barry Goods
(TVL)Jakkie Snyman (N-TVL) Gerrie Germeshuis (TVL), Piet Bester (Griekwas), Gatro Steenkamp
(N-TVL), ens. en so kan mens aangaan. Ek sal nou ongelukkig nie kan luister nie, want ek is van
Newcastle en ons vang nie OFM hier nie.
Groete en sterkte vir die res van die seisoen.
Gert Opperman. (Grootste Vrystaat ondersteuner ooit)
Harold, vertel vir ons jou opsomming van die super14, hoekom gaan dit nie goed nie. 2. Wat gaan VRU doen om dinge reg te ruk. 3. Hoe is die verhouding tussen die borge en VRU hoekom wil hierdie ouens nie prestasie bonus aan spelers verhoog nie. 4. Wat word gedoen om borge te kry, hoekom word daar nie na borge gesoek wat dalk nie op langtermyn betrokke wil raak nie maar wat bereid is om prestasie bonusse te betaal. 5. Harold hoe belangrik is super 14 vir die unie want vir ons as ondersteuners is dit meer n frustrasie en n helse uitgawe en nie die moeite werd om in te ry en na n getjommel te aanskou nie. 6. Verduidelik die afrigtersliggaam wat is hul rol en die struktuur. Het die afrigtersliggaam ook n se in die kies van die span. 7. Hoekom is Boland hierdie jaar deel van die streek. Is Piet v Zyl en Demas net geleen of is hul vir die Curie Cup ook hier. 8. Die kies van die streekspan is daar n kwota wat se daar moet soveel cheetha en soveel griekwa spelers in die span wees. 9. Laastens, as NAKA en kie terug is hoe gaan die pad vir die res van die super14 wees. DANKIE
Ons sal die antwoorde op die blog sit vir die wat nie in Bloem is nie
Nie die leeus of die cheetahs is op standaard om in die Super14 te speel nie. Hoekom nie weer die twee spanne “merge” nie en dan altwee spanne se 3 of 4 spelers wat in die super14 hoort saam te sit en dalk so n kompenterende span te vorm. Laas jaar was ons ook maar aan die verloor kant maar ten minste het ons oe goeie rugby gespeel … en laat gaan maar vir Naka - speler en ondersteuner het vertroue verloor in hom. ‘n span is tog n eenheid en hy en ollie het erken hulle kom nie oor die weg nie - daar gaan die eenheid van die span…
Sal graag weer wil span dat ons ou spannetjie naam maak vir die regte redes
Merlin.
Ons as ondersteuners het seker geen sê nie, maar as die ondersteuners nie stadion toe gaan nie, sal VRU moet luister of voel.
VRAAG:
Wat gaan VRU doen as die ondersteuners nie stadion toe gaan omrede hulle ongelukkig is met die bestuur en die afrigters van Vrystaat Rugby.???
Mnr Verster
U het seker insae in die afrigting en daarom seker ook n mate van se oor hoe afgerig behoort te word.
Dus is my vraag: Waarom die alewige doellose wegskop van besit ????
Dit is tog n basiese beginsel van rugby dat jy slegs punte kan aanteken terwyl jy balbesit geniet.
Die Cheetahs het van die beste losvoorspelers in die S 14 en hulle werk hulle vrek vir balbesit net om dit te sien wegskop word deur die agterlyn - Ek sal ook negatief raak.
Wat gaan jy as President daaraan doen ?????
Ek wil graag weet - Wat maak die VRU met hulle geld. Sekerlik kan dit nie net Vrystaat wees wat nie kan bekostig om spelers te behou nie. Dan praat ek nie eens van koop nie,dit sal nie nodig wees om spelers te koop as ons net ons speles behou nie. Kom VRU - Vrystaat kan baie beter doen as tans. As ons nie meer Super14 kan speel nie gaan Vrystaat Rugby totaal en al platval.
Ek het nog een vir Mnr Verster. U sit mos in by die SARFU vergaderings… hoekom ward daar altyd gepraat vand die Cheetahs en die Leeus wat moet saamsmelt as on vir die Spears ‘n kans moet gee? Hoekom kan die Leeus en die Bulle nie saamsmelt nie? Hulle is tog nader aan mekaar, en sal ‘n bleddie goeie span maak. En dan kan die Cheetahs kies uit spelers uit die Vrystaat, N-kaap, en Noordwes.
Dan sal daar ook spelers beskikbaar word vir die Cheetahs en die Spears….
Iets gaan gebeur met die Spears storie, ons kan net sowel beging dink daaraan.
Wat sê julle? Cheetah ondersteuners? Moet oom Harold vir ons daai voorstel op die taFel gaan sit?
Mnr Verster ek is 50 jaar oud,woon vir die afgelope 30 jaar in Pretoria, en is my hele lewe nog n vurige Vrystaat ondersteuner.Vanoggend 21 Maart 2009 het ek my kop in skaamte laat sak oor die swakste vertonning deur n Vrystaatspan wat ek nog aanskou het.Die geploeter teen die Hilanders het my omtrent tot rasserny gedryf.Dit is aanslane, direk uitskop wanneer jy nie kan nie,lateraal oor die veld hardloop,planneloosheid soos ek nog by geen span gesien het wat ek van kan onthou nie.Hierdie tendense is nou al die laaste paar jaar daar.Nou sal ek graag by u wil weet wat gaan u as President van die VRU daaromtrent doen BEHALWE om n lot verskonning op te dis.Ons lees in die koerante van die polemiek om Naka Drotskie en selfs ek as n leek weet dat sulke dinge spelers ongelukkig stem.Hoekom is hy nog daar as Afrigter?Hierdie man kan duidelik nie n Provinsiale rugbyspan afrig nie.Verder dink ek as u nie hierdie probleem van slegter as n skoolspan speel by die Vrystaat kan oplos nie behoort u ook die eerbare uitweg te volg en te bedank sodat daar dan hopenlik iemand verkies kan word wat weet van aksie neem as die span nie na wense presteer nie.
Na die hoeveelste nederlaag van die Cheetahs vandag met net een wen sover in twee seisoene: Is Naka se tyd nie nou verby nie? Sy spankeuses in die agterlyn en sy resultate op die veld is tog nou seker genoegsame rede om dringend ‘n verandering te maak. Of is die geld en kontrakte so belangrik dat dit alles ten koste van die Cheetahs en hulle ondersteuners in stand gehou moet word? Dalk het hy nie eers ‘n prestasie klousule in sy kontrak nie?
Op die oomlik die enigste positiewe ding na vanoggend is dat almal darem elke week kan sien dit kan nog slegter gaan.
Vraag 1
Wil graag by Harold weet wat moet ons as onder steuners doen want die afgelope 3 jaar het die Reds ook gebou met onbekende name in die begin maar van dag een kon jy sien daar was n plan en elke jaar is daar n duidelike verbetering en daardie span is basies met “laaitjies” begin. So name en ouderdom is nie regte n goeie verskooning vir die Cheethas nie. Ons hoor ons moet positief bly maar gee ons net iets om hoop te skep.Is daar iets goed wat ons as ondersteunersnie dalk sien met 20 punt nederlae wat jy ons dalk kan uitwys.
Vraag 2
Ons voorspelers is goed genoeg met diepte dalk net vaskop so n klein probleem maar kon julle nie dalk met die geld wat op Jaun gespandeer is vir ons n beter 10, 12, 13 op gespoor het nie?En moenie se hy is die gom in die span want ons verloor met en sonder hom
1.Sou u die moeite gedoen het om 300km te ry om na die onafgerigte span se mislukkings te kyk as u ‘n net ‘n plattelandse ondersteuner was? Indien ja motiveer asb.
2. Met die chaos wat nou heers, wat gaan julle doen om jong talent hier te hou en ander te lok?
3. Gaan julle iets daadwerkliks doen om rugby weer te laat seevier of moet die paviljoene eers totaal leegloop om ons misnoee oor te dra voordat iets gaan gebeur?
Is dit nie tyd vir berandering nie. Ek wonder wat sal gebeur as ons die dienste van carel du Plessis kan bekom as afrigter vir ons geliefdie Cheetahs. Onthou sy dae as Springbok agrigter toe hy weg is het Nick Mallet oorgeneem en met Carel se perde het hy die wereld omgeploeg????
Ag mense die kans dat Herold die sensitiewe vrae sal beantwoord is so goed soos Josot wat herken hy het rondgeslaap.
Solank daar n klein fonteintjie geld inkom het Herold se aftree geldjies en sy familie en vriende in die unie is happy.
Herold is die grootste probleem by die unie! En tot daar nie n mosie van wantroue teen jhom gerig word nie, of hy gefire word of die borge ontrek, sal dinge net so aanhou