Naka praat oor berig van 4 Maart (Volksblad, Beeld en Burger)

naka-drotskeEk verwys na die onlangse berig  rondom die geding van Jeandré Smith teen myself.  Die aangeleentheid is in die hande van my regsverteenwoordigers en sal die aangeleentheid mettertyd in die hof bereg word waarna ek sodanige stappe sal neem teen die toepaslike persoon of persone soos wat ek geadviseer mag word.  Ek is nie van voorneme om hierdie aangeleentheid wat sub judice is te bereg in die media nie en beskou ek beriggewing wat gegrond is op ongetoetse weergawes onbillik en onverantwoordelik.  Hierdie aantygings het uit die aard van die saak ‘n groot invloed op my persoonlike lewe en loopbaan en sal ek dit beveg tot die einde.

 

Die bewering dat die span beïnvloed word deur die beweringe teen my is van alle waarheid ontbloot.  Dit het duidelik geblyk uit ‘n vergadering met die span vanoggend dat geen speler voel dit beïnvloed die span of sy eie spel nie en sal ons te alle tye ons beste lewer.  Ek is van oordeel dat enige bewering dat hierdie aangeleentheid die span beïnvloed ‘n blatante kwaadstokery is en versoek ek dat hierdie ongegronde beweringe gestaak word.

 

Naka Drotske

This entry was posted on Wednesday, March 4th, 2009 at 11:50 am and is filed under The Team. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

16 Responses to “Naka praat oor berig van 4 Maart (Volksblad, Beeld en Burger)”

  1. Kobus Says:

    Naka,

    moet nie worry nie, Ons die speler 23 is agter jou. Alles sal nog regkom het JAN BRAND gesê!!

  2. Henk Says:

    Sterkte,,

    ek dink dit is die regte manier om die sak te hanteer.
    Solank die span nie beinvloed word nie is alles ok.

    Ek dink net dat hulle meer positief moet wees. As mens voor vyf wedstryde se jy gaan om twee te wen se jy jy wil drie verloor, ek dink dit is ‘n probleem by die cheetahs.

    admin ek hoop jy laat weet die manne hulle moet mik vir drie wenne oorsee in die drie wat oor is.
    hulle moet nou aan res wys hulle is nie paloekas nie.

    Jammer vir die Hurricanes. Miskien sal hierdie die span motiveer om goed te doen en rerig as span te speel.

  3. Chris Says:

    As ek dieselfde persoonlike probleme gehad het sou dit nie koerante gehaal het nie, en behoort die pers eers die aangeleentheid te laat totdat alles bekend is. Maar om te beweer dat dit nie ‘n invloed op die span het nie bloot omdat hulle op ‘n vergadering ( waar H.Verster sekerlik ook teenwoordig was )gesê het dit het nie, is vergesog. Dis ook geen “blatante kwaadstokery” nie. Dis ‘n feit soos ‘n koei dat geen speler op daardie vergadering so onnosel sou wees om kritiek uit te spreek, en sy loopbaan in die voet te skiet nie. Die span se vertoning die laaste twee weke is onrusbarend. Maar niemand van ons is seker so naief om te vermoed dat hierdie soort persoonlike dinge nie ‘n moerawiese invloed op die afrigter self sal he nie ?! Of dat sulke optrede, indien waar, ‘n devastating invloed kan he op die respek wat spelers vir hul leiers het.
    Maar die invloed wat dit noodwendig op Naka moet he, sal my bekommer, en dis my frustrasie dat nie Naka of enigeen anders kan sien dat sy agterlynafgrigter nie geskik is om op hierdie vlak en met hierdie talent te werk nie. En die feit dat ons dit nou al vir twee jaar se, en net eenvoudig geignoreer word. Die voorspelers wat letterlik vir elke wedstryd verantwoordelikheid moet aanvaar omdat die agterlyn net sowel nie eers op die veld behoort te gaan nie, het nou uiteindelik ook vir ons die skade berokken om twee van ons top voorspelers aan besering en uitputting te verloor.

    Dit sal jammer wees as Naka nou ook, soos die Vrystaat-rugby al vir jare, te groot geword het vir die spel, en veral vir die kaartjiekopers van die unie. By Vrystaat rugby glo ek is die veldtog van “player 23″ vermors. Die ondersteuners, en hul menings, en sommige van hulle se uitstekende kennis van die game (en ek praat nie van myself nie ), was nog nooit ‘n belangrike faktor vir Vrystaat se rugbybestuur nie, en ons begin sien nou al hoe meer die oes daarvan.

  4. Henk Says:

    Ek moet se ek voel miskien nie so sterk oor alles saam met chris nie maar oor die agterlyn afrigter stem ek saam . Die ouens kan wel die bal mooi deur die lyn stuur maar daar is geen slaankrag agter dit nie. Hopelik sal JL Potgieter bietjie meer van ‘n angel wees by die wedstryd Saterdag.

  5. Meisie Says:

    Ek is ook nie so seker dat hierdie ding met Naka nie ‘n invloed op die spelers het nie, maar ons sal wel later weet of dit so is of nie. Ek dink ook nie ‘n speler sou dit waag om op ‘n vergadering te erken dat dit hom wel pla nie. Die beste ding om te doen Naka, is om jou kant skoon te hou. Onthou jy is in die openbare oog, en dit is die keuse wat jy gemaak het.

  6. Michael Cooper Says:

    Sterkte Naka.. Stem ook oor die agterlyn afrigter. Seker Hawies is ‘n goeie ou en dit lyk so, mar dink hy kort nog experience wat hy dalk soos die jonger spelers op vodacom beker vlak kan opdoen.

  7. Rico Says:

    Naka, jy “bluff” jouself - geen span kan sy beste lewer as die afrigter gespanne is nie. Dit het verseker ‘n invloed op die spelers hê. Watter voorbeeld is jy in elk geval vir hulle? Ek is ‘n stoere Cheetah-ondersteuner, maar soek nie meer verskoning vir hulle swak vertonings nie. Ons moet dit maar erken, daar is geen dissipline nie en hulle probeer nie eers verbeter nie - dit gaan net van “bad to worse”. Ek dink die rugby-unie moet maar ‘n bietjie aan julle beursies begin vat - dalk skrik julle dan wakker. Sterkte, vir môre - sal maar tussen die vingers deur die rugby kyk.

  8. Pieter Says:

    Chris en Rico as lojale ondersteuner is ek alamper bankrot seisoenkaartjies gekoop en gery Bloem toe om die Cheetahs teondersteun. Ek dink die unie voel vir ons as ondersteuners niks nie. Die stadion gaan leegloop en die ondersteuners gaan geblameer word. Die rede daarvoor sal nooit bepaal word nie.Word wakker julle wat daar in die kantore sit en bestuur die Cheetah mpy. vir ‘n slag met durf en passie.Wonder hoeveel van julle gaan moreoggend saam met ons sit en kyk

  9. JJ Says:

    RICO, stem my pel wie wil Naka bluff die spelers is sy kinders sy kudde en wil hy my nou se as n man e vrou baklei dit gaan nie die kinders raak of beinvloed nie, bog man. Naka eintlik behoort jy dit te weet en terwille van die span jou bedank want jy se self dit raak jou lewe en beroep. Ek voel jamer vir jou vriend, maar dink nou aan die span en gaan kry jou kop skoon en dinge uitgesort.

  10. Louis Nortje Says:

    Indien Naka nie n openbare figuur was nie sou dit glad nie in die pers gewees het nie. Maar ongelukkig is dit nie so nie, en die regte ding sal wees om eerder te bedank. Ek laat my nie flous dat jy met n geruste hart die spelers kan motiveer nie. Jou gedagtes kan NOOIT 100% wees waar dit moet nie.

    Dit is ongelukkig nie lekker om van ondersteuners sulke dinge te hoor nie, maar feit bly staan ons is moeg om heeltyd onder aan die punteleer te wees. Kyk maar na Supersport op Maandae waar Kobus hulle byna GEEN melding van ons span maak nie. Dis asof ons nie bestaan nie, en miskien ook tereg, wat is daar om van oor te praat?

    Jammer Naka, iets is hengse verkeerd by julle. Ons soek nou weene!!

  11. Cheetah Supporter Says:

    Ek stem met baie van julle saam, MAAR…

    Hoekom moet hy bedank ???

    As mense maak almal foute. Niemand is perfek nie…

    Verder wil ek net weet indien julle persoonlike probleme ondervind of stres ervaar, gaan julle bedank ??? Gaan julle ook toelaat dat julle persoonlike gevoelens met julle werk inmeng ???

    Wel, voor julle antwoord, dink baie mooi… Pasop om te vinnig te oordeel…

    Ek dink persoonlik om iemand te daag om te bedank omdat hy moontlik ‘n fout gemaak het en stres ervaar is bietjie verre gaande… Julle wil nou met Naka maak soos wat hulle met Hansie gemaak het… Hy het ‘n fout gemaak en nie ‘n misdryf gepleeg nie en kyk hoe is hy behandel…

    Nee, komaan mense staan hom eerder by en steun hom, maak nie saak hoe ‘n mens daaroor voel nie…

    Ek voel dat sy persoonlike sake persoonlik bly…

    Strerkte vorentoe Naka en kie… Mag die Here julle dra en vra maar vir ons Vader en Here vir hulp en vergifnis… Glo vir my, Hy sal help en Hy is genadig, meer as wat ons dink… Ek weet dit uit persoonlike ondevinding…

    Mag die Here onse Vader en God julle sëen…

    Sterkte… Ons sal julle ons gebede ken !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  12. Louis Nortje Says:

    Dit is so, enige iemand kan foute maak, maar stel jou vir 1 oomblik in sy skoene voor. Die pers hou jou dop, jy’t n saak aanhaande teen jou, jou span presteer glad nie (Nie net die jr nie) Dan gaan jy mos nie 100% van jou aandag aan die span kan gee nie, wat nog van motiveer? Die spelers weet en sien dit.

    Soos jy se, ons is mense em maak foute, maar ongelukkig het dit n invloed op n profesionele sport.

  13. Willem J Says:

    Ons probeer hard om positief te bly in Pta. Ek is ‘n oud Vrystater, wat nou uit verskonings geraak het. Dit raak nie nou meer ‘n verleentheid nie, dit is nou al ‘n skande.
    Die talent is daar, maar hoe dit bestuur en afgerig word is ‘n ander punt. Dit blyk duidelik, omdat die invloed van Rassie nou heeltemal uitgewerk is en die nuwe spelpatroon gevestig moet word onder die “nuwe” afrigting en daar die onbeholpenheid nou duidelik bleik.
    Desperaatheid kruip ook nou nog in, want swak inkopery uit ander spanne begin nou duur koop word.
    Of die bestuur REGTIG in beheer is, is ook weer ‘n ander saak. Hulle sal na die hele kwessie in sy geheel moet kyk, want as die spanne, wat as voedingsbron dien, so goed vaar, waarom gaan dit so swak in die Super 14 en nou ook in ‘n mate met die Curriebeker?
    Le die probleem by die afrigting of by die ondersteuningsmiddele?
    Ek glo in elkgeval nie hier sal antwoorde op gegee word nie, want dit wil voorkom of ons ons klagtes maar aanmekaar moet rig, want ons het hier te doen met “untouchables” in die VRU.

    Die spelers - elkeen van julle wat vertrek het na ‘n ander span, ook Rassie - ek het gedink julle is verraaiers, maar ek vra nou omverskoning. Ek sou ook geloop het. Maar vir die wat vasbyt, ek sal ook by julle vasbyt!
    Sterkte!
    (O ja, bly asb net by die “basics” van die spel!)

  14. Pieter Teleurgesteld Says:

    Ek het nog nooit in my lewe so swak Vrystaatspan gesien nie? Dit voel of ek die dorp se bespotting is. Ek is VRYSTAAT, wat gaan aan? manne julle speel VROT rugby en genuine Juan Smith se besering laat my lag, hoekom elke oorseese game of voor die toer begin is hy beseer? Hy’t die afgelope drie jaar net drie games oorsee gespeel? Al daai stories oor Naka is net ‘n leun, ollie hoort in Durban, so vat jou goedjies en trek dikkes. Hoop julle ouens maak ons trots met die terugkeer SA toe. VRYSTAAAAAT is bedonnerd!!

  15. Louis Nortje Says:

    Glo die afrigter speel n rol, maar spelers moet “gestraf” word. Afrigter kan nie namens hulle tacke en balle misvang nie. Groot probleem iewers, maar dit moet reggestel word! Ons word klaar as the laughing stock beskryf!!

  16. CHEETAH FAN Says:

    Fabian juries is your best offensive player and needs to be brought into the game more…Daniller is probably one of the worst fullbacks I’ve ever seen…he is slow, kicks all the ball away and just doesn’t look to link with juries at all…while the centers kill all the attacking ball…GET JURIES IN THE GAME MORE AND THE CHEETAHS WILL WIN MORE GAMES…IT’S THAT SIMPLE

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree