Vodacom park is deur die Munisipaliteit opgegradeer met die bou van die nuwe hoofpawiljoen, wat tot groot ontwrigting vir almal was,die ondersteuners sowel as die Rugby Unie. Die Vrystaatse Rugby Unie was hoegenaamd nie geken in hierdie veranderinge nie en ons moes selfs in ‘n dag se tyd skuif na tydelike kantore.
Met die voltooing van die hoof pawiljoen het ons alle seisoenhouers wat geaffekteer was in die bou proses eerste keuse gegee om hulle plekke te kom uitsoek nadat ons ‘n sitplek plan van die Kontrakteurs ontvang het.
Groot was Vrystaat Rugby se verbaasing om net later te hoor dat die sitplek planne verander het en dat ons weer die seisoenhouers moes skuif. Dit was nie net vir die seisoenhouers ‘n groot ongelukkigheid nie maar glo my Vrystaat Rugby het net so groot kapsie gemaak oor hierdie toedrag van sake. Ongelukkig het Vrystaat Rugby ook nie beheer gehad .
Met die Konfederasie sokker beker wat in Bloemfontein plaasvind neem FIFA die stadion oor vanaf 1 Junie 2009 tot en met einde Junie 2009. Tydens hierdie tydperk moet die Munisipaliteit en Vrystaat Rugby die stadion in total ontruim en neem FIFA alle beheer oor. Die Britse Leeu Wedstryd vind egter plaas op 6 Junie 2009. S.A.Rugby het met FIFA onderhandel sodat ons hierdie wedstryd kan aanbied.
Volgens die oorspronklike gesprekke met FIFA sou die veranderinge wat hulle vir die sokker sou aanbring eers na die 6 de Junie 2009 begin het. Weens geweldige inligtings tekorte oor presies hoe FIFA veranderinge Vrystaat Rugby gaan raak kon ons eers ongeveer ‘n week gelede ‘n afspraak met FIFA se plaaslike organiseerings komitee,in Johannesburg, ‘n afspraak kry.
Tydens hierdie afspraak is Vrystaat Rugby in kennis gestel dat vir SOKKER gaan 1220 sitplekke in die middel op die boonste vlak van die Hoofpawiljoen gaan verwyder. Hierdie stoele sal dan met media banke vervang word. Hulle beplanning is om dit so gou as moontlik na die S14 kompetisie te begin doen. Vrystaat Rugby het alles in sy vermoë gedoen tydens hierdie onderhandelinge om hierdie proses uit gestel te kry tot na afloop van die Britse Leeu wedstryd die 6 de Junie.
Volgens die ingenieurs van FIFA is die tydperk van 7 dae total te min vir hulle om die gesofistikeerde media banke en bekabelings te doen. Hulle kon ook ,tot op datum, nie vir ons ‘n aanduiding gee hoeveel media banke daar in die stoele se plekke geplaas kan word nie.
Vrystaat Rugby se aanvanklike gedagte was om die seisoenkaartjie houers wat tans daar sit dan op dié media banke te akkomodeer .Dit sou beteken dat daar geen ontwrigting vir enige iemand sou wees nie. Soos reeds hierbo genoem kon ons tot op datum nog geen verdere terugvoering ontvang oor
· Gaan die media banke vir ons seisoenhouers beskikbaar wees
· Hoeveel gaan daar wees
· As daar genoegsame banke is sal ons seisoenhouers dit kan benut ,met die bekabelings,tydelik trappe ens?
· Gaan dit veilig wees?
· Mag net media die area gebruik ens.
Met hierdie as agtergrond het Vrystaat Rugby geen ander keuse gehad as om die seisoenhouers wat hierdeur geraak word in te lig en te skuif nie. Ons het beslis probeer proaktief optree om die beste vir die seisoenhouers te beding.
Met hierdie skuiwe het Vrystaat Rugby ook eers die allokasies van SARU en die Britse Leeus geskuif om plek te maak vir u as seisoenhouer,om juis te verseker dat die beste plekke aan ons eie kliente gegee kan word.
Ons vertrou dat ons kliente begrip sal he vir ons situasie

Wat van die ondersteuners klub, wat gebeur daar. Ek sit na 9 maande se navrae nog met geen antwoord nie?
Die ondersteuners klub is pas oorgegee aan ‘n nuwe dame by die rugby-unie. Die inligting sal binnekort op die website wees, maar indien jy haar wil e-mail: rentia@fsrugby.co.za
Groete