“Dit lyk soos vakansie” vertel Jacques-Louis

jacques-louis-potgieter2Goeie dag almal. Ek skryf hierdie week vir julle van die Gold Coast af. Dit is op die kus so ongeveer honderd kilometer van Brisbane af.Die Gold Coast kan regtig met Durban  vergelyk word met die  humiditeit wat mens sommer ongemaklik laat voel. Sondag ses uur die middag het ons weer saam Niel(fiksheid) gaan draf en kon jy dadelik die vergelyking voel. Maandag met die oggend oefening het dit sommer gelyk of Nico Breedt(slot) met kleure en al in die swembad gespring het soos hy gesweet het.

Ons bly in ‘n uitbreiding van die Gold Coast wat Surfers Paradise genoem word en soos die naam sê kry jy regtig die gevoel van vakansie. Almal lyk so ontspanne  en dit lyk of hulle geen probleme van ‘n dag oud het nie. Dis ook glad nie snaaks om iemand met sy werkskleure op ‘n skaatsplank werk toe te sien ry nie.

Ons oefen by die Surfers Paradise rugby klub wat so vyf kilometre van die hotel af is en moet by sê vir ‘n klub lyk dit regtig baie proffesioneel.Hulle het selfs drie fisio terapeute wat by die klub uit help.Ons oefen in die gimnasium weer by ‘n skool ‘The SouthPort School’ wat ook ‘n seun skool is en blykbaar een van die bekendste in Australië. Hulle het vele sportsterre al opgelewer, om een te noem Matt Rogers wat vir die Waratahs en ook Australië, Rugby gespeel het.

Die gevoel in die kamp is nog dieselfde en al het die wedstryd nie na ons kant toe gegaan nie was daar baie positiewes.Ons het vir ons goeie kanse geskep, en as  dit net  was vir een of twee  tv skeidsregter besluite,(plus Juan sin wat hy nie voor gevra het nie) na ons toe gegaan het, het ons hierdie een tien teen een deurgetrek.Nog ‘n positief is dat ons na twee weg wedstryde nie ver is van spanne wat twee tuis wedstryde gespeel het nie. Een of twee wenne op toer sal ons regtig in ‘n goeie posisie sit wanneer ons by die huis begin speel.

Ek groet julle met die gedagte dat ons honger, nee hond honger is om hier te kom wen en alles in ons vermoë gaan doen om ons doelwitte te kry.

This entry was posted on Friday, February 27th, 2009 at 2:39 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

24 Responses to ““Dit lyk soos vakansie” vertel Jacques-Louis”

  1. Cheetah Supporter Says:

    Ons hou duim vas vir julle…

    Gaan speel julle harte uit…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  2. cc Says:

    Bly om weer van jou/julle te hoor. Wag al die hele week vir jou dagboek inskrywing. Klink my daar is nie veel tyd vir onstspanning, en rond rits. Sterkte vir Sondag se game, eintlik het julle nie die sterkte nodig nie, want nes julle weet ek dat julle die Reds gaan wen.

  3. Francois Says:

    Waar is JW Jonker?? Daar is niemand in die agterlyn wat die lyn breek. JW het verlede jaar drie op drie gedruk en hy het spoed. Dit help nie ons het verdedigende senters wat nie kan aanval nie. Ek voel Meyer het soveel meer waarde op 12 omdat hy van senter af die skietkrag gee. Kom cheetahs ons weet julle kan dit doen!

  4. J.J Says:

    Jacques weet jul backline wat beteken hond honger,als behalwe dit wat ek van jul backline gesien het. Jul het soos n klomp ou manne voorgekom wat opgedaag het vi n oefensessie,geen dringendheid,energie en beslis geen honger om te wen ni. Jul draf op met verdedigend di vleuel kry di bal voor daar kontak gemaak word, n Reds speler wat n fout maak het di tyd om sy fout reg te maak e 15meter te hardloop voordat jul hom tackle geen presure, selfs met di skoppe jul draf so op so lusteloos jul tackle ni jul vat di bal maar net deur di fasse omdat ni 1 van jul backline ouens met energie e honger iets wil doen ni. Ag nee man as jul soos n toffie wil speel moet jul maar gekou word. Wonder wat Kobus, Joost gaan se op Supersport. JUAN daar is meer manne wat n klap kort my pel en jy kan begin by 9 t 15 die backs het jul voorry moeg moedeloos gemaak. Sort hul uit voorry. Ek hoop jul gaan kyk di wedstryd en dan se jy vir my Jacques of jul backs hond honger was.

  5. J.J Says:

    Ons kort n agterlyn afrigter wat iets kan doen tot di Ausies kommetaar se di enigste goeie beweging was toe Meyer di bal deur di gap gepass het vi Adriaan en toe is dit n forward ook, verder het die bal deur di fasses gegaan soos in n oefen wedstryd,geen sker beweegings of hardloop uit verskillende hoeke uit nie .Kan ons ni maar by MJ Smit, Helgard of iemand hoor om di backs te vat Hoekom Hawie elke keer met Demas e Piet begin is seke omdat Hawies n Bolander in sy hart is. Hawie hul werk ni in di begin nie, jy kan hul nie net kies oor die spoed maar hul tackle en hul werksverrigting is up toe nie.

  6. cory Says:

    a-ha! dis van te veel vakansie hou dat julle so k@k speel!
    na 10 min brisbane toe is julle klaar moeg, nee man julle is ‘n disgrace vir sa rugby. gaan speel currie cup en bly uit die super 14!

  7. Wharren Says:

    Ag nee wat. Kyk ek is n Cheetah deur en deur en sal ALTYD by my span staan, al eindig hulle vir die volgnde 10 jaar heel laaste. MAAR ek het NOG NOOIT van dat ek kan onthou nie so patetiese poging van die Cheetahs gesien nie. Ek kan dit vat om te verloor as mens sien die manne speel hul harte uit, maar wat ek gister gesien het PATETIES! Wat my verder pla is dat die 3 spanne teen wie ons MOET gewen het (Lions, Force en Reds) klaar teen ons gespeel het en ons het al 3 verloor. Die ouens gaan so negatief wees as hulle terug kom dat hulle nie een home game gaan wen nie. Ons het verlede jaar darem 1 game gewen (al beteken dit nie baie nie) maar die jaar kan ek nie sien dat ons een gaan wen nie. Ja ons verloor elke jaar baie spelers maar dis nie n verskoning vir die vorige 3 (veral gister) se vertonings nie, ons speel goeie Currie Beker rugby maar op internasionale valk is ons nerens, dan wen ons nie eers SA spanne teen wie ons in CC gewen het nie?????
    Jammer manne, MAAR EK IS BITTER TELEURGESTELD!

  8. Michael Cooper Says:

    Ek was ook baie teleurgesteld.. Die speler moet baie van di blaam vat, mar dink di meeste mut val op di fiksheid en agterlyn afrigting..

    Soos jj gese het, daar was basies geen lyn variety ni. Ek kan ni dink dat daar een goeie dummy lyn was ni.. Di reds kon met 1 defender in di agterlyn verdedig as hul wou.. Shift net saam di bal! En wat di skop ‘chase’ aan betref.. Wanne jy as ‘n lyn opkom, kan di lyn net so vinnig soos di stadigste speler op gn.. En fiksheid maak ‘n huge verskil!

    Met ‘n pass soos wat meyer besit kan ons met baie meer diepte speel.. Gee hom opsies, hy sal di runners vind.

    En weereens was daar minder as 10 min oor en ons is ‘n endjie agter en ons skop di baie doeloos weg.

    Probeer dinge opi veld, dit kani erger word ni!

    Sal jul support tot di einde!

  9. Gron Says:

    Ek weet eerlik waar nie wat om te sê nie. Iets is groot fout, en dit beinvloed 1-22.

    Selfs Brussouw wat laas jaar gelyk het of hy die reëls (soos ‘n goeie no6) baie goed geken het en heeltyd op grens daarvan gespeel het, lyk hierdie jaar of hy nie ‘n clue het waar hy is nie. Selfde met die hele span. Al die basics word heel blatant geignoreer! Daar is iets agter hierdie swak spel en dit frustreer mens, want man-vir-man is hierdie span veronderstel om opgewasse te wees vir hierdie kompetisie.

    Wie ookal se skuld dit is, moet begin besef dat hulle salarisse hiervan afhang. Ek as ondersteuner is op hierdie oomblik nie baie lus om die tuis-games te gaan kyk nie. As die span verloor, maar hul beste ten minste gee is dit een ding, maar Sondag se twak is eerlikwaar onaanvaarbaar vir ‘n professional franchise.

    Die spelplan was obviously dieselfde. Ek kan ook nie dink dat ervare spelers soos Meyer, JL, Tewis ens skielik nie weet hoe om posisionele rugby te speel met die skoen nie. As ons voorspelers nou heeltyd die skopwerk doen, dan moet mens begin worry.

  10. Cheetah Supporter Says:

    Ek het regtig so ‘n positiewe vooruitsig gehad dat die span kon verbeter… Maar nee wat, ons herhaal blykbaar verlede jaar se swak vertoning… Na verlede jaar het ons geensins verbeter nie…

    Ek is regtig baie teleurgesteld…

    Wanneer gaan julle weer rugby speel… Ek sien geen rugby nie… net skoppe ???

    Sterkte teen die Hurricanes… Ons hoop maar julle gaan nie te sleg verloor nie… Probeer darem net binne sewe verloor…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  11. Cheetah Supporter Says:

    Om verder aan te sluit, dit lyk my JL en die span dink hulle is met vakansie…

    Regtig ouens, hierdie is baie hartseer !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  12. EX Vaal Cheetah Says:

    In my 32 jaar was ek nog nooit so skaam gewees om myself n Cheetah ondersteuner te noem nie!
    Dit sit lyk my nie in die huidige afrigters of spelers se broek om aan die S14 deel te neem nie.(Behalwe Juan) Die ding wat my die D*$@#r in maak is dat hierdie proeffesionele sport mense is! As een van ons so k$k werk lewer soos die “rugby manne” was ons al lankal by Loos, werkloos. Wat het die arme vrystaat gedoen om hierdie verskoning van afrigters en spelers te verdien? Ons het nog altyd spelers verloor en ja baie games al verloor, maar ten minste was ons opwinded! Nou maak hulle n mens net spuit dat jy jou vriende herhinder het om die game te kyk.

    Swak

  13. J.J Says:

    Kerels, en ex vaal cheetha die VRU en Almal kan maar teen my stelling wees wat ek gaan se. Op 1 van di nuusblog staan NAKA die beste vir die job, ek stem ni. Daar is n verskil tussen Curie Beker se prestasie en super14 prestasie. Moet my ni kom se wat het NAKA gedoen en al sy prestasies in di Curie Cup en dit wil vergelyk met super14. Net soos ons Ebersohn ni wil speel of sekere speler wat onervare is in di super14 gooi ni want dis tuff e baie anders as Curie Cup en so spelers moet volwasse wees vir di super14 so wil ek se ek dink ni NAKA, HAWIES is volwasse genoeg vi super14 ni. Hul is goed op CC VLAK ek het di vermoee om plaaslike spanne tegnies aan te vat met n gameplan want hy ken di SA spelers maar internasionaal eish dan lyk dit soos sondag. Daar is Rassie briljant op CC VLAK nou. Net soos n speler volwasse moet wees net so die afrigter. Kry vir DAWIE THERON in, hy is by verre NAKA se Senior en los NAKA op CC vlak hy is goed daar.

  14. J.J Says:

    Wharren, soos jy se ons kan n verloor vat soos di verloor wat die Stormers gehad het, maar so n verloor…Kom cheethas

  15. NZeetah Says:

    Vir 45 jaar n Vrystaat supporter en soos die ander manne hier sal ek altyd een bly maar wragtig…dit was PATETIES en gaan nie hierdie seisoen beter word nie…nou nog sonder Juan ook.

    Maat ek neem jou nie kwalik nie…mens kon Sondag na die wedstryd teen die Reds sien jy is nou net mooi GATVOL…wat hou jou in die Vrystaat?…eerlikwaar ek raak baie kwaad oor die ander provinsies wat so met ons kallers ploeg maar ek sal jou nie kwalik neem as jy van Jhb lughawe direk Kaapstad toe vlieg en by die Stormers aansluit nie.

    En vir Vrystaat bestuur kan ek net sê hou op om al die “rejects” van die ander provinsies te koop man…spandeer liewer daai geld en hou julle eie spelers!!!!

    Waar is Helgard????

  16. Shaun Says:

    Ek stem 100% saam met JJ Die cheetahs agterlyn speel korrekte rugby en nie doelgerigte rugby Daar is niemand wat die lyn reguit maak of breek Al wat die senters doen is verdedig en sorg dat hul uit die moeilikheid bly - dis nie goed genoeg vir super 14 rugby Ons het ‘n planmaker nodig Hanno Coetsee en Piet van Zyl kom nie eers die mas opkom in die curriebeker nie Hul is goeie verdedigers, maar ons kort spelmakers Jonger spelers wat nog daar is om ‘n droom te verwesenlik - nie spelers wat amper op uitrrede staan en belangstel in die geld nie Komaan afrigters daar is baie beter spelers wat tuis gelaat is Hoekom is ‘n speler soos Riaan Viljoen nie op die toer geneem? Volgens die webblad is hy uit vir die seisoen weens ‘n besering, maar ek verstaan hy herstel baie vinnig en beplan om voor die einde van die maand weer te speel Hy is ‘n speler met visie, het ‘n uitstekende skopvoet en boonop nog ‘n goeie speler op die grond ook Komaan Cheetahs Kom uit jul comfort zone Jul het nie gaan toer om vakansie te gaan hou Die afrigters en koerante het so ophef gemaak van Meyer Bosman en JL Potgieter - glad nie wat ek sien in die wedstryde wat hul tot dusver gespeel het

  17. Corne' Says:

    Nee wragies manne julle het ons Sondag baie teleurgestel, om so te ploeter teen ‘n Reds span wat tien teen een ook onder gaan eindig is absoluut onaanvaarbaar.Ek het oranje bloed en is ‘n Cheetah ondersteuner ‘n ding wat nooit sal verander nie.Maar ek is skaam vandag om te se ek is ‘n Cheetah iets wat nooit die geval was nie.Naka asb raak so gou as moontlik ontslae van Demas en sit vir Meyer terug op 12 en JL op 10 met Corne terug op 13 want anders gaan ons al die wedstryde verloor in die S14.Dink Piet is nie sleg nie maar hy sal moet werk aan sy aanvallende spel, hy hardloop in elke verdediger vas in plaas van om die gapings aan te val.En waarom kom Hennie nooit met spoed in die agterlyn in nie,hy is groot en sterk en kan geleenthede vir punte skep maar ek het in die laaste 3 wedstryde hom nog nie eenkeer in agterlyn bewegings gesien nie.Kom aan Hawies dit moet julle pla.Die agterlyn is dood daar gaan regtig niks aan nie.Julle is net op verdediging ingestel en wanneer julle die bal kry dan skrik julle julle morsdood.En Naka ek weet dis moeilik maar ons kort ‘n vaskop stut soos CJ want hy het wragtig ‘n moerse leemte gelaat.Kobus nie sleg nie maar mens sien hom nie in die los.Verder het ons ‘n goeie span, glo net vir ‘n slag in julle self dan sal dinge al klaar beter lyk en hou in vaders naam op om te skop voorspelers groot asb.

    En ja alle sterkte Juan hoop jy herstel spoedig ons het jou nodig.Op die stadium die enigste positiewe ding in die span.Jy lewer elke naweek goeie spel wens net die ander wil aansteek.

    Sterkte vir Saterdag en maak ons weer trots met ‘n goeie vertoning al is dit ‘n verloor, verloor ten minste met eer nie soos Reds game.

    CHEETHAS FOREVER!!!!!!!!!GO!!!!!!!!

  18. WARE ONDERSTEUNER Says:

    Aan al die “kamma-ondersteuners” - dis nou die manne wat in hul aircon-koele kantore sit en die span en afrigters so slegsê hier op die blog: Dis maklik om te praat en sleg te sê as dit nie jy self is wat die werk doen nie, as dit nie jy is wat vir 5 weke lank in ‘n vreemde land met vreemde gesigte en vreemde kulture en onaangename weerstoestande jou liggaam op die spel moet sit elke dag om jou brood en botter te verdien nie. Dis verseker nie vakansie daar nie. Het enige van julle al ooit so oefening gesit en dophou? Dis g’n speletjies nie.

    Kom ons ONDERSTEUN en praat moed in - dis mos hoekom ons ondersteuners genoem word.

    GO CHEETAHS!!!

  19. J.P.KRUGER Says:

    Ja, een goeie vooruitsig is dat dit nie slegter kan gaan nie. Van hier af kan dit net betr gaan, en ek glo en vertrou dat dit net beter sal gaan. Ons Cheetahs was nog altyd ouens met trots. Julle moet met ‘n groot “bang” terug kom en Saterdag aan al die ondersteuners en JULLE SELF wys wat in julle steek. Daar steek veel meer in julle as wat ons in die laaste 3 wedstryde gesien het. Ja ‘n mens is teleurgesteld maar dit is water onderdeur die brug. Niks gaan dit terug bring en verander nie. Julle lot is in julle eie hande. Wen of verloor ek is en bly ‘n Cheetah en niks en niemand sal dit vir my verander nie.

    CHEETAHS BO EN STERKTE VIR DIE RES VAN DIE TOER.

  20. Kobus Says:

    Na Sondag oggend het gewonner of julle dalk nie op vakansie is nie !!

  21. JJ Says:

    Aan ons Ware Cheetha Ondersteuner, net so paar feite voor jy klip gooi aan ons ouens wat ons mond uitspoel oor cheethas. Ongelukkig lewe ons in n wereld van presteer en perform en in enige werk as jy nie in jou werk prestreer en die syfers en deals en jou target maak nie dan word jy gefire. Die dag toe ek vir my werk aansoek doen is daar vereiste wat ek moet doen en as ek dit nie maak nie raai wat? Naka het homself beskikbaar gestel vir die pos nie vir vakansie nie, om te prestreer dis sy werk en as hy ni prestreer dan is dit ons reg as aandeelhouers die ondersteuners om ons se te se en dan verwag ek net soos in my werk dat daar geprestreer en perform word en die syfers die wenne moet op die bord kom. Ek vat jou nie aan nie pel wil he jy moet ons of my kan ook sien. Ek is n CHEETHA maar goed is goed en mooi is mooi maar k@k is ook jy weet…k…

  22. JJ Says:

    Ooh ja laaste punt ek het maar hoe standaarde vir die cheethas want ek weet hul kan

  23. Meisie Says:

    Jacques-Louis ek is baie bly om te sien dat jy terug is op nommer 10. Dit is waar jy hoort. Ons hou duime vas vir jou en jou span vir saterdag se wedstryd, en ons weet dat julle beter gaan speel. Moenie julle steur aan die mense se kretiek nie. Go 10, go

  24. WARE ONDERSTEUNER Says:

    JJ, ek sien jou kant en ek stem 100% daarmee saam. Ek wil net sê dat ek dink die kanse dat Naka ná ‘n k@k game hierdie blog gaan kom lees vir idees oor hoe om sy volgende game te wen - of ten minste nie so swak te verloor nie - is bitter skraal. Maar die kanse dat die speler dalk sal kom inloer is heelwat groter, sou ek dink. Daarom voel ek dat ‘n woord van ondersteuning meer moed gaan gee as die wete dat die ondersteuners hier by die huis nog meer moedeloos is as hulle self.

    PS ek self geniet om jou boodskappe te lees - al maak die waarheid seer. Al wat ek van die ondersteuners vra is ‘n bietjie meer “ondersteuning”.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree