Frustrasie rondom paviljoen - bemarking gesels saam

vruVra oor Vrystaat rugby:

Dankie vir die gesprekke rondom hierdie kwessie .Dit is goed dat ons  oor hierdie aspekte gesels.Ons wil nie graag die persentasie besit hier bespreek nie maar wel die volgende .Die Rugby omgewing is baie kompleks en mens moet rugby en bestuur meng.Suiwer bestuur en geld maak bring nie altyd die span op die veld nie.Dit is iets wat dit hier in ons omgewging goed maak die twee is gemeng en daar word  ‘n goeie balans gehandhaaf.Supersport het aandele by twee rugby identitiete ,ons en die Sharks.

Die stelling dat die Cheetah Maatskappy deur skole en klubs bestuur word is nie heeltemal die korrekte afleiding nie.Die skole en klubs bestuur wel die Vrystaatse Rugby Unie.Alhoewel die Unie dan ‘n aandeel houer is in die Maatskappy is daar ook   twee onafhanklike Direkteure wat albei baie suksesvolle besigheid mense is. Ek hoop dit gee bietjie meer insig.

Dit is so dat SAIL en Megapro by al die unies omtrent betrokke is ,Maar hulle moet die geld inbring wat vir ons baie belangrik is .Om geld in te bring moet daar ook sekere aspekte soos navorsing ens.gedoen word wat baie help vir ons en wat ons positief kan gebruik.

Dan wat die stadion aanbetref is die Munisipaliteit die eienaars maar Vrystaat Rugby huur die stadion op lang termyn. Die bou prose was ook maar vir ons ‘n frustasie maar ek glo ons sal baat vind op dielang termyn.Ongelukkig het Vrystaat Rugby nie sê gehad in enige van die prosesse nie en was dit vir ons net so ongerieflik as die ondersteuners daar buite.Vrystaat Rugby sal nog lank sukkel om alles weer seepglad te verloop en veral die seisoenkaartjies was vir ons ‘n probleem. Miskien moet ons tog ook ons frustasies deel.

·        Ons moes kaartjies verkoop van planne wat amper op weeklikse basisse verander het ,dit was vir ons seisoenhoers ‘n erge frustrasie maar vir ons net so groot

·        ‘n week gelede moes ons uitvind dat vir die sokker Konfederasie beker wedstryd gaan hulle die nuwe boonste gedeelte stoele uithaal en media sitplekke insit,hoeveel waar en wanneer?Ons sukkel nog steeds. Wie word ver-ontrief? Weer die seisoenhouers. Wie vat die slae?  Vrystaat Rugby! Nou prober ons maar weer ons bes om ons ondersteuners tevrede te hou-wat ‘n moeilike taak waaroor ons geen beheer het nie.

·        Ons moet losies aan eienaars terug gee maar wag nog steeds vir die oorhandiging daarvan vanaf die owerhede.Wie kry slae? Die Vrystaat Rugby unie

Maar ons wil graag ‘n beroep doen op alle ondersteuners,ons prober regtig ons bes in al hierdie omstandighede,wees asseblief geduldig ons stel julle belange eerste en waardeer julle ondesteuning.Help ons asseblief om alles glad te laat verloop.So sal ons ook staat maak op almal se hulp en samewerking om die rook wet op die paviljoene toe te pas. By Nuweland en by die Sharks help hulle ondersteuners mooi en niemand rook op die pawiljoene nie,Ons gaan almal se hulp nodig hê.

 

Groete

Vrystaat Rugby :  Bemarking

This entry was posted on Thursday, February 26th, 2009 at 12:01 pm and is filed under Marketing. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

4 Responses to “Frustrasie rondom paviljoen - bemarking gesels saam”

  1. Michael Cooper Says:

    Met di konfedirasie en wererd bekers. Met di cheetah maatskappy wat lang termyn huur, gn ons enigstens geld maak daar uit?

    En hoe werk die huur van di stadion? Met ‘n kontrak vi ‘n jaar bv. Besit ons di stadion vi 365 dae of net di dae wat ons di stadion gebruik..
    In di 365dae opsie, mut di sokker di stadion by ons huur of gn hul direk na di eienaars?

  2. JJ Says:

    Michael, ADMIN moet my uithelp, ek het gehoor na aanleiding van die feit dat die stadion aan die munisipaliteit behoort het my bekommer. Maar dit lyk of die VRU hul huiswerk deeglik gedoen het en het ‘n huur ooreenkoms van 40jaar geteken waar albei partye gebind is. En dit lyk of daar al 4jaar van die 40jaar verby is, wat jou met 36jaar se huurkontrak los, is ek sover reg admin. Sover ek kan vasstel, Behoort die Stadion aan Munisipaliteit maar VRU is die regpersoon wat die Stadion bestuur.

  3. Jakkie Says:

    Hi
    EK’s opsoek na ‘n lekker spotprentjie soos ‘n Cheetah wat ‘n Bul laat weghardloop of huil of iets. My vriende sit allerande pro-Bulle spotprente op Facebook maar ek kry nérens een wat die Cheetahs iets aan die Bul doen nie.

    Nou net jou blog ontdek

    Interessant, gaan verseker inloer elke nou en dan

  4. wow power leveling Says:

    This is my first time comment at your blog.
    Good recommended website.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree