Vodacom Cheetahs, Reds veg vir trots.

vodacom-cheetah-logo-medium2Twee spanne wat gewoond daaraan is om aan die kortste ent te trek, die Vodacom-Cheetahs en die Reds, kruis hierdie week swaarde.

Die Vodacom-Cheetahs het miskien nie die soort begroting wat ander Suid-Afrikaanse spanne in die Vodacom-Super 14-reeks het nie, maar het oor die eerste twee naweke

van 2009 se reeks gewys hulle gesels met die grootstes saam as dit by karaktevolle inklimspel kom.

Die Vodacom-Cheetahs was ongelukkig om 28-34 teen die Leeus en 10-16 teen die Western Force te verloor en wil ‘n eerste oorwinning vir die seisoen nie langer uitstel nie.

Die Reds is die afgelope jare die aspoestertjiespan van Australië, met die Waratahs, Brumbies en Western Force wat die hoofopskrifte steel.

Die Force wemel van die voormalige Reds spelers, en het vanjaar ou Reds-manne soos Nathan Sharpe, Scott Daruda, Tai McIsaac, Drew Mitchell, Junior Pelesasa en Josh Valentine

in sy geledere.

Stephen Moore (Brumbies), Gene Fairbanks (Brumbies), Scott Fava (Waratahs), Brett Sheehan (Waratahs) en Ben Mowen (Waratahs) is ook voormalige Reds-spelers.

Die span het verder vir Chris Latham, David Croft, John Roe, Rodney Blake, Clinton Shifcofske, Andrew Walker en Lloyd Johannsson verloor - spelers wat almal nog verlede jaar

vir die Reds gespeel het.

Vir Cheetah-ondersteuners klink hierdie omtrent bekend.

Die lys van verliese sedert 2007 eindig nie by Os du Randt, Ollie le Roux, CJ van der Linde, Corniel van Zyl, Rory Duncan, Barend Pieterse, Duane Vermeulen, Ryno van der Merwe,

Darron Nell, Bian Vermaak, Falie Oelschig, Michael Claassens, Willem de Waal, Chris Rossouw, Marius Joubert, Barry Goodes, Phillip Burger, Ronnie Cooke en Gaffie du Toit nie.

‘n Mens kan hieruit gedeeltelik aflei waarom die Vodacom Cheetahs en die Reds die afgelope twee jaar iewers naby die voet van die punteleer rondgedwaal het.

Die Reds beskik vanjaar egter oor ‘n jong en opwindende span en spelers soos Berrick Barnes (senter), Quade Cooper (losskakel), Digby Ioane (vleuel/senter), Leroy Houston (agtsteman) en Scott Higginbotham (flank)

verteenwoordig die ‘nuwe’ Reds wat vroeg in die reeks na ‘n opwindende span lyk.

Hul afrigter, Phil Mooney, sal egter weet die Vodacom Cheetahs val in dieselfde kategorie - ‘n span wat nog nie sy groot belofte vervul het nie.

Daar is vinnige vleuels soos Jongi Nokwe, Fabian Juries, Bjorn Basson en Danwel Demas en ‘n nuutgevonde vertroue in die verdedigingstelsel.

Die Vodacom Cheetah-agttal het ook ‘n goeie kans om die Reds-voorspelers te knou, en daarom is dit belangrik dat die flanke, Heinrich Brüssow en Juan Smith, vandeesweek volkome van beserings

herstel.

Die spelers se duikslae en ‘n voortdurende goeie vertoning in die lynstane kan die Reds tot so ‘n mate ontwrig dat hul vindingryke agterlyn nie tot hul reg kom nie.

Die kragmeting sal in ieder geval ‘n stryd tussen twee spanne wat moeg is om met die Vodacom Super 14-houtlepel gedreig te word, wees.

Vir die Vodacom Cheetahs en die Reds is baie Sondag op die spel, en daar kan nie twee wenners wees nie.

Die wedstryd, wat in Brisbane se Suncorp-stadion gespeel word, begin Sondagoggend om 08:00 (Suid-Afrikaanse tyd).

 

- Pieter Jordaan:  Rugbyskrywer vir Volksblad

This entry was posted on Wednesday, February 25th, 2009 at 9:15 am and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

26 Responses to “Vodacom Cheetahs, Reds veg vir trots.”

  1. Jaco Grobbelaar Says:

    Die Cheetahs kan baie ongelukkig voel oor die eerste 2 games maar dit is nou verby. Ek hoop ons kan Sondag ons eerste game oorsee wen maar dit gaan nie maklik wees nie. Die Reds het nie sleg gespeel teen die Bulls en Stormers nie. Ek hoop net ons hou bietjie meer bal in hand en skop nie so baie die bal weg nie. Sonder die bal kan n mens nie driee drik nie !!!!!!!

  2. Michael Cooper Says:

    Ek het ni ‘n probleem met skop, as dit skop met rede is. Dit voel ni asof ons onself genoeg opsies gee met ball in hand as dit vi ons agter geskop word ni.. As jy dan moet skop, skop met ‘n plan. Ons het baie van di skop kompetisies gewen di’ naweek mar ok mar net want ons het groter skopskoene gehad as di force.. Mar ver te veel van ons skoppe was net want da was ni ander opsies op aanval ni..

  3. TACKLER Says:

    Weereens sal die game gewen of verloor word by die dissipline van die Cheetahs. As hul die derde agtereenvolgende week ‘n geelkaart kry, sal die rooies hulle vinnig begrawe. Ek hoop Naka en Juan praat hard met die manne oor hul dissipline.

  4. JJ Says:

    Ja VRU of Admin ek hoor julle uit oor Naka en dat hy die beste afrigter is tans nou en in watse omstandighede hy die span moes vat en en en. Die feit van die saak is, as ‘n span verbeeldingloos ek praat van enige span verbeeldingloos, of rigtingloos en die strukture en game plan is nie daar nie, kan jy niemand anders blameer as ‘n afrigter nie. Dis sy job om die opinente se speler’s te ontleed hulle sterk en swak punte en daarvolgens die beste span te kies en die gameplan uit te werk hoe daardie span geklop kan word. As Jonkwe byvoorbeeld beter sal doen as Demas op vleuel want Jonkwe kan dit of dat beter doen en sy man hier kan klop want hy het dit of dat kies hom dan in die beginspan, moenie met snert kom en se, nee ons het besluit om Demas nog ‘n kans te gee om sy selfvertrou te boost nie. En dan speel so ‘n speler en vang nonsens aan en jy word net al hoe kwater en na 40 min haal jy hom af en sit dan eers die regte man op, maar intussen het jy 40min gemors. Ek nie probleem met Naka nie, almal verloor spelers, die Bulle, Sharks, Stormers, Lions en die vraag is, wat kan ‘n afrigter maak van niks na iets, dit maak ‘n goeie afrigter en Naka het dit bewys in CB ek stem. Ek sal nie ‘n afrigter blameer as ‘n speler/s die basiese dinge nie reg doen nie, knock die bal, vang die bal mis, verdedig nie, dis niks wat ‘n afrigter kan doen behalwe om so speler die trekpas te gee, maar om game’s te verloor oor strukture, gameplan, rigting wat daar nie is in die span nie, moet so afrigter blameer word. Dit was vir my ‘n swaarder pil om te sluk die verloor teen die Force as teen die Lions. In die Lions was daar strukture, gameplan ens en ons het verloor oor 2 geelkaarte en daaraan kan geen afrigter blameer word nie, hy oefen nie die spelers om geelkaarte te kry nie, maar teen die Force weet ek nie waar was die gameplan, rigting ens nie. Die ouens het nie eers geweet wat om met die bal te doen as hul ‘n vryskop gekry het nie. Hulle skop omdat skop skop is doelloos, omdat hulle nie weet wat om met die bal te doen nie. Kyk na die Force, elke ou het geweet wat die game plan is, as die bal nie uit is nie, hardloop tot jy geduik word, dwing 2 3 fasses af sodat ons die cheetahs kan intrek en met die agterlyn slaan. Ek hoop regtig die Cheetahs doen iets met die Red’s ek ek glo ons kan.

  5. Piet Says:

    My bekommernis is dat dit lyk of die Cheetahs nie hulle reels ken nie. Afegesien van die geelkaarte wat doodgewoon in oomblikke van loutere onnoselheid afgestaan is, is die aantal strafskoppe kommerwekkend. Wat nog erger is, is dat Juan Smith elke keer tot in sy skoene geskok lyk wanneer hulle oor en oor vir dieselfde ding getraf word. Ek dink nie dissipliene is ‘n groot probleem in die span nie (ons het dare sover nog in elke wedsryd een of twee geelkaarte afgestaan), dit lyk net of daardie dissepliene gebruik word om oor en oor te wys hoe swak hulle die reels ken. Dieselfde ding gebeur met die Shimlas in die Varsity Cup. Ons het goeie skydsregters tot ons beskikking, trek hulle in en tap hulle kennis. Van skeidsreters gepraat ek dink daar moet maar weggedoen word met die idee van meriete en teruggekeer word na neutraliteit, anders gaan Johnathan Caplan en Marius Jonker al skeidsregters wees wat op huidige vorm wedsryde kan hanteer en slegs twee wedsryde op ‘n naweek sal my mal maak.

  6. Cheetah Supporter Says:

    Ek dink nie soseer die ouens ken nie die reels nie… Daar was darem maar heelwat beslissings deur die hele S14 wat vir een span as ok gelaat is en dan in dieselfde game word die ander span gerook as hulle dieselfde oortredings begaan… Dit is skokkend om te sien hoe sekere ouens maar toegelaat word om oor die bal te val en ‘hands in the ruck’ mag speel, maar sodra die ander span dit doen word hulle geblaas… (ek praat van gevalle waar dit konstant gebeur het en nie die gevalle waar die ref dit dalk gemis het nie)…

    Maar, kom ons hoop die ouens is reg en kan bietjie die bordjies verhang !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  7. Rudi Coetzee Says:

    Goeie Sondag oggend almal!

    Ek verskil net so effe hierso, maa verbeelding en vindingrykheid word ontgin uit spelers uit. Wat die afrigter se werk is, is om die ouens se gestuktrueerde spel op te skerp. Lynstane, skrum tegniek, losspel en vooraf beplande bewegings. Van daar kan jy gaan, sekere spelers uitsonder vir skopwerk, ander vir lynbreuke en die manne wat in die vaste los uitblink.

    Maar, dan speel hulle teen die Reds, waar hulle kon wen, maar hulle skop die bal doelloos vir die Reds net om weer aan te val. Nee ouens! So kan dit nie werk nie! Ek ondersteun ‘n verloorspan naweek na naweek. En wat nog meer is, is dit is petrol, kaarjies, verversings, DSTV ens…

    Kom bietjie na die partydjie toe!

    Stel ‘n projek bestuurder aan om alle nodige koordinasie te doen, weg van Naka af, sodat hy kan konsentreer op die monumentale taak op hande! Kry van die oud spelers ook in, Rugby is in hul bloed! Vra, en leer so, want die enigste dom vraag, is die ongevraagde een!

    Asseblief!

  8. Susan Kriel Says:

    Vir my lyk die spelers nie lus om te speel nie. Hulle lyk glad nie gemotiveerd nie en ek wonder oor hul fiksheid. Ek is ook nie meer lus om hulle te ondersteun nie want hulle stel ons elke week teleur. Nee wat, kry ‘n nuwe span en probeer weer! Ek kry skaam vir hul geploetter op die veld asof hulle nie weet wat om met die bal te doen as hulle hom kry nie. Grey se eerste span speel beter rugby.

  9. Francois Says:

    Vandag se game was shocking! Daar is absoluut geen gameplan. Die voorspelers werk hulle dood en die agterlyn doen niks! Nie een keer was daar ‘n backline move of n speler wat die lyn breek! Dit lyk of die ouens die game verloor het nog voor hy begin het! Wat het geword van kies jou beste 15. As n speler nie perform nie,vervang hom!!! Ek kyk na die vodacomcup ouens,daar is goeie spelers,gee hul die kans! Jw Jonker is stukke beter as van Zyl en Demas! Asley Johnson is self n man wat sy hand op steek. Ek het nie n probleem met Naka en Hawies maar as jy nie jou beste span wil kies,maak dan maar reg vir die verloor!

  10. Jaco Says:

    Ek weet wat besig is om te gebeur; Naka het nou lank genoeg op Rassie se sukses gery en dit is nou tyd vir hom om aan te beweeg. Die VRU praat juis van “jong” span en “bou-fase”, ens. so kry dan ook ‘n vars nuwe coach.
    Naka praat ook van die Cheetahs se verdediging wat opgeskerp het, maar teen halftyd gister het hulle al 28 missed tackles gehad!!! Ek weet nie wat die totaal was na die wedstryd nie, want ek het opgehou kyk - ek wou nie my Sondag verder bederf nie…

    Dis baie duidelik dat die Cheetahs geen spangees het nie, geen eenheid en geen struktuur, en Naka het nie die kennis of persoonlikheid om dit terug te bring nie.
    Dit kon jy sien gister toe Juan een van sy grubbers geskop het en toe sy span maats uitgetrap het by die afbreek punt daarna.
    Daar was ook ‘n berig in ‘n Aussie koerant oor hoe twee Cheetah voorspelers mekaar getakel het op die oefen veld tot die bloed gevloei het. Jy kan moes nie so begin nie??!!

    My voorstel is die volgende: die Cheetahs moet maar ontrek uit die S14 en konsentreer op die Vodacom Cup en die Currie Beker vir ‘n paar jaar. Ek is moeg om te sien hoe hulle die slag lammers in die S14 reeks is elke jaar.
    Wanneer die VRU se strukture dan reg in plek is, kan hulle weer aansoek doen om S14 te speel…

  11. Chucky Swanepoel Says:

    Ek is nie seker of mens gister se wedstryd deur die Cheetahs as “veg vir trots” kan noem nie. Om die waarheid te praat dis meer van ‘n “cheetahs maak skande!”.

    As ‘n geharde ondersteuner van meer as 25 jaar verwag mens dat die cheetahs soms gaan verloor, dis hoe dit is as jy so min hulpbronne het in vergelyking met die ander unies en spanne maar nooit ooit dat hulle so swak sal speel nie. Maak geen fout nie die cheetahs het verdien om gister pakslae te kry, wat hulle nie verdien nie is my ondersteuning want genade hulle spel is onaanvaarbaar! Hoe kan mens ‘n span ondersteun wat nie wil wen of eers wil speel nie. Dit is ‘n tragedie.

    Wat het geword van lekker ou Cheetahs rugby, vleuel toe en hoek toe. Maar nee ons skop net die bal weg en speel om die loskrum. Kry eerder al die voories uit die agterlyn uit en swing die bal! Selfs al verloor hulle sal dit meer opwinded wees.

    Julle sal hopelik ok nou agterkom dat Naka nie goed genoeg is om op hierdie vlak afterig nie en dat julle volgende jaar iemand vir die super 14 sal moet inbring soos Heyneke Meyer of Jake White. Los Naka maar daar by die curriebeker span want dis ‘n makliker vlak wat hy kan hanteer.

    Weet ook dat as dinge so aangaan soos dit nou doen dat geen ondersteunders gaan opdaag vir die tuis wedstryde nie want dis ‘n mors van geld. Ek gaan definitief nie.

    Van ‘n hartseer vorige ondersteuner.

  12. Jan Says:

    Ek was Sondagoggend so kwaad vir die Cheetahs dat ek lus voel om die seisoen sommer dadelik af te sluit. Sien niemand dit raak dat Pottie die enigste loskakel in die cheetah agterlyn is nie. Dat van Zyl niks van senterspel weet nie en dat Daniller waarskynlik die stadigste agterspeler in die super 14 is nie. Waarom word JW Jonker nie gebruik nie? Los die “has been’s” uit die valke en die Boland en gebruik plaaslike talent.

    Ek stem saam Susan dat ek eerlikwaar die indruk gekry het dat die span nie lus was om Sondag te speel nie. Hierdie was die beste moontlike kans wat hulle gehad het op hierdie toer en dit is klaaglik verbrou…..as ek net ‘n sprankie “commitment” kon sien sou ek nie nou so moedeloos gewees het nie.

  13. Merlin Says:

    Super 14 Perspektief:
    Onder Rassie kon die Cheetahs laas ‘n weg wedstryd wen. 2007 teen die Lions was ons laate weg wedstryd oorwinning. In 2008 kon Naka se manne slegs 1 wedstryd wen (Reds). Die jaar kan dalk net swakker wees.
    Die Leeus praat nou al 2 jaar oor “‘n Jong span”, “bou vir die toekoms” En die jaar verbeter hulle to wel. Die Bulle het ook ‘n “nuwe” coach, ook ‘n klomp spelers verloor. (selfde ou verskonings) maar hulle lyk hierdie jaar beter.

    Die Cheetahs vaar net swakker. As Naka regtig goed genoeg was sou Rassie hom saamgeneem het Stormers toe! Wat se ander ondevinding het Naka as afrigter? Behalwe dit wat hy onder die OU reels by Rassie geleer het.

    Waar lê die probleem? Hier is ‘n paar punte om oor na te dink:
    -> Die Cheetahs het die jaar eers ‘n Sportsielkundige gekry. En toe los ons hom by die huis en gaan toer sonder hom. Nou dat ons ‘n kopdokter die nodigste het.
    -> Naka het aan die begin van die seisoen gesê ons mik vir ‘n 6e plek! 6 uit 14! Is 42% regtig goed genoeg vir ‘n “Mikpunt”?
    -> Naka sê hy target 2 games op die toer. 2 uit 5? Hoekom speel ons dan die ander drie? Ons gaan dan nie eers vir ‘n wen nie?

    Ons het 2 van die land se beste losvoorspelers. Die wereld se beste baldraende flank. ‘n Skrumskakel, loskakel, senter en heelagter wat “kan skop”. 2 van die vinnigste vleuls in Super rugby. En tog kla ons net heeltyd oor geld, spelers wat ons verloor het, geel kaarte, en “missed opportunities”.
    Hou op kla en speel die game, die Cheetahs kan, ons het al ek weet net nie of kry die spelers die hulp van die afrigter nie, die afrigter die vertroue by sy hulpafrigters nie, of die afrigtingspan die ondersteuning en leiding van VRU bestuur nie.

    Ek voel vandag lus om te sê: “Drop vir Naka, gee die span vir Hawies. Fire vir Harold dat ons van die ou-hout ontslae kan raak en kan oor begin”….
    Maar miskien moet ek eerder shut-up ons is ‘n arm unie en ons het baie spelers verloor en almal doen hulle bes….. en hierdie FIFA maak dat ons ons Super 14 wedstryde verloor…..

  14. Gryse Says:

    Merlin het ‘n punt beet! Hoekom speel ons nog die oorblywende 3 wedstryde oorsee, ons wou mos net die eerste 2 wen! Ek weet dit is vir die tv regte en dat ons daarvoor gekontrakteer is, maar is dit waaroor die game gaan!

    As enige span nie gaan vir ‘n wen nie, wat maak hy in die reeks! Om te mik om in die boonste 7 te eindig is om te mik om te verloor. Waar kom die mentaliteit vandaan?

    Ons kan wen, ons het die span en die spelers met al die talent - waar gaan dit verkeerd? Moet ons nie weer gaan dink oor die breinkrag agter die span nie.

    Ek vra maar net!

  15. Cheetah Supporter Says:

    Stem 100% saam…

    Sal maar die VC games begin kyk en S14 los… VC span lyk beter !!!

    Regtig baie teleurgesteld !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  16. SP Says:

    Ek wou na gister se wedstryd al die vraag vra: “wat soek ons mense in Aus/NS????” Wat gaan aan met die bestuur dat ons niks hoor nie? Swak is al wat ek kan se van ‘n klomp manne wat besonder goed betaal word om geen resultate te lewer nie.

  17. Gryse Says:

    Dit lyk nie regtig of die unie iets op die blogg lees of op dit wat hier staan wil reageer nie!

  18. Jaco Says:

    Ek sien Juan is opgeneem in die hospitaal na Sondag se game vir hitte uitputting. Wens hom alle sterkte toe.

    Ek het ook vanoggend aan die VRU ‘n email gestuur om te vra dat hulle senior bestuur bietjie vrae antwoord op die blog, maar nog geen terug terugvoer gekry nie - is maar seker te wagte. Ons is mos maar net die ondersteuners en lyk my geen waarde word daaraan geheg nie.

    Dis tyd vir bietjie nuwe bloed wat met geesdrif die unie wil beheer. Dit kan dalk net beter gaan.

  19. york in engeland Says:

    Almal praat van Rassie,ja hy is goed.Hy het Helgaard Muller saam met hom gehad.Hoe gouer ons Helgaard betrek by agterlyn afrigting hoe beter vir ons.In die currybeker is hy ook nie die agterlyn afrigter nie maar hy is teenwoordig as spanbestuureder en dit maak al klaar n verskil.Kry Helgaard as agterlyn afrigter en die Cheatahs sal weer op die wen pad kom

  20. york in engeland Says:

    Ek kan onthou toe Oom Peet Kleynhans die afrigter was,die eerste jaar wat ons in die super 10 gesppel het en nogal goed gevaar het,die einde van die volgende jaar toe verloor vrystaat 13 spelers.As ek reg onthou het net Os en Helgaard gebly.Daai selfde jar toe speel Vrystaat in die semi finaal van die Currybeker.Die jaar het spelers geloop maar baie het gebly,iets wat Oom peet nooit gehad het nie,hy moes elke jaar van voor af bou.As Oom peet die luuksheid gehad het om baie spelers te kon behou soos huidig,dan sou ons baie goed gevaar het.Wat se dit vir die ouens as die afrigter se ons beplan om 2 wedstryde te wen.Dit se julle ouens julle is nie baie goed nie,ek gee julle 2 uit 5.As jy wil afrig dan is daar 3 dinge waaraan jy glo 1 jou skepper. 2 jou spelers. 3 jouself.Ek dink Naka se fout le by nommer 2,as ek n speler was dan sou ek so gevoel het.Daar is miskien baie ouens wat die werk kan doen.Peet Kleynhans,Gerrie Sonnekus,Gysie Pienaar ens.Ek se nie raak van Naka onslae nie,wat ek wel se is hou op om verskonings te soek.

  21. Johan Says:

    Ag nee Cheetahs,wat se gemors het julle Sondag vir ons opgedis?Ek het nog nooit ‘n cheetah span so swak gesien speel nie.Kom nou kerels ruk julle self reg en begin regte Vrystaat!!! rugby speel.Wat het van ons goeie agterlyn geword?Ons kan nie eers meer verdedig nie never mind die bal na die punte toe uitkry nie,kom kerels trek vinger uit en wys vir ons wat julle regtig kan doen,of kom huistoe.

  22. Lourens Says:

    Ek stem saam met die gevoelens van die ander manne, ek is al baie jare ‘n Vrystaat ondersteuner en het die Vrystaat maklik selfs deur die moelike tye ondersteun, want een ding wat die Vrystaatse span nog altyd gehad het was moed, geesdrif, spangees en ‘n liefde vir die game, jy kon dit sommer in die ouens se spel sien dat hulle dit geniet het om vir die Vrystaat te speel en dis hoekom ek dit nog altyd geniet het om ‘n Cheetah te wees. Ongelukkig was daar niks van daardie liefde spangees ens te sien Sondag nie. Daar is groot fout as jou kaptein na afbreekpunte toe draf en al jou spelers lyk asof hulle eerder by die see sou wees as op ‘n rugbyveld. Pleks dat hulle net weer Cheetah rugby speel, waar is ons agterlyn wat so lekker diep staan en moet spoed in die bal inhardloop? Wat het Nake en die ouens om te verloor, niemand gee ons in elk geval ‘n kans nie, so gaan uit geniet die game, gee alles en hardloop met die bal. Ten minste gaan ons dan met ‘n bietjie trots deur hierdie seisoen kan kom.

  23. J.J Says:

    Nou Praat jul jaco, chucky, merlin wat ek ook sterk voel maar my se gese het op Jacques Louise Potgieter se blog. Net soos n speler volwasse moet wees so ook di afrigter e NAKA e Hawies is ni opgewasse vi super14 ni. Jy kan ni CurieCup prestasie vergelyk met super14 en se NAKA is die man ni. NAKA is goed op CC vlak hou hom daar en kry DAWIE THERON in wat by verre naka se senior is en baie meer ondervinding het in,,of los die super14 totaal uit. .

  24. Cheetah Supporter Says:

    Lees bietjie die ‘Stats’ hieronder - Ek hoop Naka sien dit, sodat hulle ‘n verandering kan maak - en dit sal blitsig moet gebeur…

    Super 14: Stats to date
    2009-02-27 08:22Email | Print

    Handling error serial offender, Earl Rose (Gallo Images)
    Duane Heath

    Cape Town - South Africa’s Super 14 players made over a thousand tackles but conceded more than 250 turnovers and spilled the ball nearly 300 times in the first two weeks of the 2009 tournament.

    Statistics provided exclusively to sport24 by New Zealand-based Verusco, suppliers of video analysis systems to most of the South African Super 14 teams, have revealed some interesting numbers for local coaches to chew on as the 14 teams start to jockey for early-season positions in what is proving to be, at this stage at least, a wide-open race to the play-offs.

    In the coming weeks, when we will have more data to work with, we’ll compare the five SA franchises to their Antipodean rivals, but for now let’s look to see which of the Bulls, Cheetahs, Lions, Sharks and Stormers have the most skeletons hiding in the statistical cupboard.

    As already mentioned, SA’s players – all 111 of them who have made an appearance so far for the five franchises – have executed a total of 1 158 tackles at an efficiency of 72%, with all five teams averaging between 69% (Lions) and 73% (Cheetahs, Sharks).

    In-form Bulls centre Wynand Olivier has made the most tackles (28) of any South African, followed by Lions flanker Cobus Grobbelaar (26), while Morné Steyn, Deon Stegmann and Juan Smith each made 25 hits.

    Of the combined 448 tackles our teams missed, 107 were by the Stormers, 96 by the Bulls, 85 each by the Lions and Cheetahs, and 75 by the Sharks.

    Nine players missed 10 or more tackles in the first two matches, with the three worst offenders being top-class forwards Pierre Spies (16), Grobbelaar (15) and Schalk Brits (13). But even more concerning is that four flyhalves – Earl Rose (13), Peter Grant (12), Ruan Pienaar and Meyer Bosman (10 apiece) – are among the nine worst tacklers with the odd man out – Bulls No 10 Steyn – proving to be not only a very good kicker but also an excellent tackler, having missed just five from 30 for an efficiency of 83.33%.

    When it comes to turnovers, the Lions and Stormers each conceded 58 (in only 160 minutes of rugby!) out of SA’s total of 254, with the least going to the Cheetahs (42), followed by the Bulls (43) and Sharks (53).

    The worst individual offenders were Cheetahs flyhalf/centre Jacques-Louis Potgieter (11), Sharks centre Francois Steyn (10), and a trio of Lions in hooker Willie Wepener (7), lock Anton van Zyl and flyhalf Rose (6).

    The Lions were also the chief culprits when it came to lineouts lost on own throw: whether it was the fault of Wepener (10 conceded), replacement hooker Hans van Dyk (4), their jumpers or a combination of both, the team lost 14 lineouts – the same as the other four franchises combined!

    The best in this department were the Bulls: they have lost just two lineouts – both when Chiliboy Ralepelle was on the field for starting hooker Derick Kuun. The Cheetahs lost three when reserve No 2 Richardt Strauss had replaced his cousin, Springbok Adriaan; the Sharks’ Springbok hookers John Smit and Bismarck du Plessis lost just three between them; while at the Stormers Schalk Brits has been the man throwing in during which the side has lost five throws.

    When it comes to line breaks in the opening fortnight, the Sharks easily lead the pack with 29, ahead of the Stormers (19), Lions (18), Bulls (17) and Cheetahs (11). Individually, the most has so far has gone to Lions wing Henno Mentz, Steyn (6 each) and Sharks scrumhalf Rory Kockott (5).

    And finally… handling errors. Of the 286 made by South African teams in the first two weeks, the Lions topped the list with 70 (at an average of one every two minutes and seventeen seconds!), followed by the Sharks and Stormers with 60 each, the Cheetahs with 49 and the Bulls with 47.

    Those players with six or more handling errors in their first two games were: Lions – Rose and Mentz (10), Grobbelaar (7), Ashwin Willemse and Doppies la Grange (6); Cheetahs – Tewis de Bruyn (7), Meyer Bosman and Danwel Demas (6); Stormers – Ricky Januarie (10), Jean de Villiers (8); Sharks – Johann Muller (8), Steyn (7), Kockott (6). For the Bulls, only Bok wing Bryan Habana (6) makes the list.

    So…while the highlights channels suggest that there’s a lot to be excited about this year from an SA perspective, on closer inspection there are also a number of early warning signs which cannot be ignored: as in previous years, our teams are dropping the ball too often, conceding too many turnovers and not conjuring up enough line breaks.

    But, on the plus side, South Africans are doing what South Africans have always done to stay in contention – they’re making tackles by the hundred!

    Join us again on Tuesday for a review of Week 3’s games and the new SA Team of the Week, according to nothing more than the cold-hard stats.

    Duane Heath is editor of SANZAR’s 2009 Super 14 Media Guide and co-editor of the 2009 Sasol SA Rugby Annual, on sale soon.

    Verusco are suppliers of video analysis systems to most of the South African Super 14 teams. Find out more at http://www.verusco.com or email info@verusco.com

    Ek sal dit regtig waardeer as ons behoorlike terugnoer kan kry, veral van bestuur se kant ook…

    Ek is ‘n volbloed Cheetah, gebore in Cheetah land… Ek verwag ook darem antwoorde op ons vrae, a.u.b.

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  25. JJ Says:

    AI, AI wanneer gaan die cheethas al di verskonings los van hoe warm dit was in Brisbane en dis die rede hoekom hul energie vlak so laag is en en en . Manne, Naka,Hawies vat verantwoordelik asb, jul het k@k gespeel punt.

  26. wow power leveling Says:

    This is my first time comment at your blog.
    Good recommended website.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree