Vrae rondom Vrystaatse Rugby word beantwoord

stadion

Daar is al baie gevra hoe word Vrystaat Rugby bestuur en watter kundigheid is betrokke by die unie. En soos gewoonlik is daar ook mense wat baie raad het oor hoe die unie bestuur moet word. Dit is dalk goed as mens verduidelik hoe die Vrystaatse Rugby Unie werk en funksioneer ,en sal dit dalk baie meer duidelikheid gee oor baie aspekte.

Vrystaat Rugby Bestaan uit twee bene nl; Vrystaatse-Rugby unie en die Vrystaat Cheetah Maatskappy.

Die Vrystaat Rugby Unie is die amateur gedeelte en bestaan uit:

·         ‘n Unie raad wat bestaan uit die voorsitter van die verskeie klubs en verenigings in die Vrystaat

Die Vrystaat Rugby Unie hanteer alle klub en skole rugby asook alle verenigings. Die Unie is ook die hoof aandeel houer in die Cheetah Maatskappy. Die Cheetah Maatskappy bestaan uit die unie se aandeel en Super sport wat aandele besit. Die maatskappy word bestuur deur ‘n direksie wat uit Super sport en Vrystaat Rugby Unie bestaan.

Die Cheetah Maatskappy hanteer alle professionele aangeleenthede van die spel wat die senior span ,0/21,0/19 en Cheetah akademie insluit.

Die Cheetah Maatskappy word bygestaan deur Super sport wat hulle finansiële en bemarkings kundiges aan die Cheetah Maatskappy beskikbaar stel as ‘n bron waaruit baie geput kan word. Hierdie  bron is van onskatbare waarde aangesien baie hoogs professionele persone(van bestuur ,bemarking tot finansies) hier tot die beskikking van die Cheetah Maatskappy gestel word.

Benewens hierdie kundigheid het die Maatskappy tans ook twee Bemarkings maatskappye gekontrakteer ,nl SAIL en Megapro wat sekere gedeeltes van die bemarking hanteer en wat ook groot insette lewer in die bemarking van die unie en Maatskappy. Hierdie maatskappye speel ook groot rolle  wat navorsing aanbetref vir Vrystaat Rugby Unie en die Cheetah Maatskappy.

Dit is dan juis ook hierdie maatskappye se navorsing wat getoon het dat meer besighede by Vrystaat Cheetahs en die Unie betrokke is en dat die probleem juis daarin lê dat ons toeskouers per kapita baie minder is as by die res van die stadions in die land. Navorsing wys ook vir ons dat die inkomste per kapita in Bloemfontein en die Vrystaat baie kleiner is as in die res van die land. As daar na ons kaartjie pryse en losie pryse gekyk word en dit word vergelyk met die res van die land sal u ook sien dat ons baie goedkoper is as die ander unies.

Net soos die groter unies is Vrystaat betrokke  by die nasionale aksies rondom nagemaakte klere. Die cheetah emblem is geregistreer en persone is op nasionale vlak aangestel om aandag hieraan te gee. Die prokureurs firma Adams en Adams hanteer alle aangeleenthede rondom hierdie aspek. Die firma SIGNET is ook gekontrakteur om die registrasie van alle produkte wat verkoop word te hanteer

Uit die navorsing wat gedoen is,  is die Cheetahs ook die span en unie wat die grootste groei in ondesteuners toon onder vrouens, gesinne en die nie-tradisionel mark. U sal ook sien dat die wedstryd aanbiedinge daarop gemik is om die vrou en kinders te betrek. Die bouproses het ons so ietwat gekelder verlede jaar maar hierdie jaar sal daar weer ‘n kinder area wees waar kinders hulsef kan geniet .So is daar na afloop van elke wedstryd ‘n kunstenaar wat optree op die Castle dek area. Bo en behalwe dit is daar nog vermaak op die veld waar die cheetah dansers ,die tjokkie meisies ens. optree. Kyk ‘n mens na die prys van ‘n rugby kaartjie betaal jy R80-00 jy kry twee wedstryde,’n kunstenaar ,kinder- en ander vermaak alles op een middag!!

Met die Cheetahs se focus op die kinders en gesin is dit ook belangrik dat daar na hulle gekyk word en daarom die familie area. Dit word met sekuriteit beman, maar so weet ons ook dat ons met mense werk en daarom is daar ‘n nommer wat geskakel kan word as daar enige ongeruimdhede is wat plaasvind. Dit word op die telbord vertoon gedurende die wedstryde en kan enige tyd geskakel word vir hulp.

Wat die “Cheetah experience” betref – daar gaan ‘n hele nuwe gevoel geskep word met die nuwe stadion – een weereens uniek aan Bloemfontein en wat nêrens anders gevoel kan word nie.  Ons is nog steeds een van die veiligste stadions in die land. Daar is veilige parkering by Logh Logan Waterfront.  Die personeel probeer hulle beste en soos met enige maatskappy sal daar soms ‘n foutjie opkom.  

Kom ondersteun die span en die sport:  rugby – dit is waar ons gedeelde passie is!

- Vrystaatse Rugby-Unie:  bemarking

 

This entry was posted on Tuesday, February 24th, 2009 at 4:14 pm and is filed under Marketing. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

10 Responses to “Vrae rondom Vrystaatse Rugby word beantwoord”

  1. Merlin Says:

    Uitstekende andwoord op so baie ondersteuners se vrae. Vol punte vir die Blog! Die inligting moes lankal met ons gedeel word. Hoe meer ons as ondersteuners weet hoe meer voel ons deel van die Cheetahs, en hoe meer lojaal die ondersteuners hoe beter. Dankie.

    Iets wat my opval is die ou ding in SA rugby: Vrystaat Cheetah Maatskappy word besit deur Vrystaatse-Rugby (+-50%) en Supersport (+-50%). Kom ons begin by Supersport ‘n company wat op geld gefokus is, en dit maak deur die TV (DSTV) en omdat hulle 50% besit in ‘n klomp ruby unies is die Cheetahs net nog ‘n deel van hulle groter plan, nie hulle grootste “geldinbringer” nie so ook nie hulle hoogste prioriteit nie. VRU is ‘n amateur unie, so hulle werk nie winsgerig nie, nie en die leierskap word gekies deur die lede. So indirek word die Cheetah maatskapy deur skole en klubs se keuse van leiers bestuur. “For the good of rugby and not of money”

    SAIL se grootste klient is Vodacom, en MEGAPRO is die commercial agency vir omtrent al die Rugby Unies.

    Het ek dit sover reg?

    So as VRU omgee vir rugby in die provinsie, Supersport gee om dat dit uigesaai word, Vodacom (SAIL) en Megapro soek blootstelling vir hulle kliente…. so wie gee om vir die Cheetahs? Wie gaan maak dat ons ooit die beste span in SA en Super 14 word. Wie gee om of ons beter spelers kry en wins maak?

    Ek weet oom Harold doen sy bes. En Sup de Nekker leef vir die Cheetahs. Die Stadion lyk stunning. En Naka doen soveel hy kan met die boys. Maar hoekom nie meer, en beter nie. Ek dink my span kan die beste wees. Ek weet hulle kan. …. Maar sal ons ooit?

  2. Cheetah Supporter Says:

    Baie Dankie vir die terugvoer - dit word waardeer !!!

    Komaan Cheetah land, ondersteun ons span !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  3. JJ Says:

    Admin, aan wie behoort die stadion aan die VRU, Of die MUNISIPALITEIT.

  4. admin Says:

    Hi JJ

    Aan die munisipaliteit

    Groete

  5. Michael Cooper Says:

    Baie goeie punte merlin..

  6. Daan Says:

    Alles goed en wel maar ons bly verloor!!! Wat is jul regruk PLAN? Indien n speler of afrigter nie presteer word hy vervang!!! Hoekom nie die bestuur ook? Jul is telank in die stoel! Dis tyd vir verandering, nuwe beter dinamiese bestuur spanne sal n verskil maak. Jul het jul kanse gehad, daar was goeie tye maar dit word oorskadu deur jare se gesukkel en verskonings (spelers wat skuif,geld,BLA BLA BLA BLA!! ens) maar dis nooit die bestuur!! VRU & Naka het by die einde gekom deur TELANK op die suksesgolf tery van Rassie.Dis nou klaar die golf is nou plat!! Harde woorde maar dit is feite!! Kwaad word sal nie help, magsbehept(telank in beheer) het sy nadele kyk na ons buurstaat. Nuwe bloed, nuwe bestuur, nuwe idees, DIT IS DIE OPLOSSING!! Bou nog mooier en groter stadions maak dit nog beter vir al die dronkaards!! Dit is alles pure verniet !!! Mense ondersteun wenners !! DIE STADION WAS VOL TOTDAT DIE SPELERS SAAM MET VRU DIT WEER LEEG GESPEEL HET!! Neewat al word die kaartjies verniet ” n LOSER bly n LOSER!!

  7. Alfie Says:

    Daan: Amen to all of the above. For how long will they keep on playing a player that cannot even hold on to a decent pass, not to mention the open try line……

    If everybody (general public and the more knowledgeable people keeps on bringing up the endless kicking and kicking away good ball possession…. WHY CANT NAKA NOT SEE IT???

    I would like to know when the contracts for management at the FRU ends…. those leather chairs they are sitting in seems to be way too comfortable. It is time for new management!!

  8. shaun Says:

    span lus van die 0/19 span van 2009 waar kan ek dit kry

  9. JC FOUCHÉ Says:

    Verlede jaar het die Valke se losskakel ‘n uitstsekende reeks wedstryde teen ondermeer WP asook SHARKS gehad. Naas … Wat het van die speler intussen geword? Waar Jaques Louis Potgieter terugbeweeg Bulle toe, sou ek graag hom as ‘n baie goeie aanwins vir Vrystaat Rugby voorstel. Die man het ‘n uitstekende binneaftrap, is baie sterk op beide aanval as verdediging en skop net so goed na die pale.

  10. tb Says:

    Vraag aan die vrystaat rugby unie die keering van julle skeits regter hoe vind dit plaas.ek het na twee wedstryde gekyk waar Warriors teen Kovsies en Sut gespeel het.Die skeitsregters wat geblaas het het so sleg geblaas dat ek gevoel het ek kan opgooi.Speelers van beide spanne wat teen wariors gespeel het het vuis geslaan voor die skeits regter enso baie voute wat gestraf moes word is miss gekyk sodra n speller kla was die speeler gestraf.Uit die oogpunt van n toeskouer moet ek se ek is teleergesteld in die gehalte van skeids regters wat klub rugby blaas.die taal wat van die speelers gebruik het en skeids regters doen niks nie is vir my on aanvaarbaar.Uit my oog punt kan geen span presteer teen n ander span en die skeidsregter nie.

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree