Wens die Vodacom Cheetahs persoonlik sterkte toe vir die Super 14.

vodacom-cheetah-logo-mediumMaandag, 9 Februarie, kry alle Vodacom Cheetah ondersteuners die kans om die Vodacom Cheetahs sterkte toe te wens.

Vanaf 14:00 - 15:00 gaan die Vodacom Cheetah span in Mimosa Mall wees om al die ondersteuners te ontmoet.  En boonop is daar baie pryse te wen.

Eksklusief vir al die bloggers:  gee die vrae wat julle graag wil weet en ons vra dit daar en dan vir die speler/afrigter van jou keuse. Sit net jou naam en jou vraag in by “comments”  en hulle sal dit beantwoord in Mimosa Mall voor al die ondersteuners.

Kom ontmoet die Vodacom Cheetahs, Maandag 9 Februarie vanaf 14h net in Mimosa Mall.

This entry was posted on Tuesday, February 3rd, 2009 at 4:25 pm and is filed under General. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

28 Responses to “Wens die Vodacom Cheetahs persoonlik sterkte toe vir die Super 14.”

  1. Chris Says:

    Ek sal graag wil vra wat het van die Cheetah trust geword ? Ek sien dat die Cheetahs nie weer ‘n wereldklas voorry soos C.J. kon bekostig nie, en het gewonder of dié trust nie kon help nie. Ek sien ook Frans Steyn soek na opsies, soos baie van ons verwag het hy gaan doen. Gaan ons die geleentheid om hom ‘n aanbod te maak ook moet laat verbygaan. Hy hoort eintlik hier, maar is deur ons vingers laat glip. Wat sê die Vrystaat se bestuur hieroor ?

  2. Gron Says:

    Chris,

    CJ se bedrag wat hy soek (volgens berigte) is so baie dat nie een van die franchises hom kan bekostig nie. Hy het dan selfs gevoel die bok kontrak is te min na sy smaak!

    Frans Steyn hardloop ook agter geld aan. Hy is ‘n bedrag aangebied oorsee wat selfs die Sharks nie mee kan kompeteer nie. Alhoewel hy ‘n kontrak vir die res van die jaar geteken het by hulle, is die SA miljoene nie genoeg vir hom en CJ nie, so dan moet hulle maar aanbeweeg.

  3. Gron Says:

    Ek sal buitendien nie vir Frans hier wil sien nie. Hy het laas jaar die bokke so embarrass, dat ek bly was hy was by die Sharks.

  4. JJ Says:

    Sterkte vir NAKA en JUAN vir die seisoen. In my hart weet ek julle ouens gaan die jaar beter doen. Ek werk nogal saam ‘n klomp Blou vulle ek bedoel Bulle en hulle rate ons en die Leeus vir die houtlepe. Manne gaan bewys hulle en almal verkeerd jul het vir ons gewys in die opwarmswedstryd teen Vulletjies/Bulletjie jul meen besigheid. Sterkte vir die seisoen.

  5. Louis Nortje Says:

    Dink net wat ons sou kon doen as ons al die Cheetahs kon hou sonder dat die ander spanne hulle”opraap” Daar sou geen span wees wat ons sou stuit nie. Die Haaie kan net wen met al die Cheetah spelers, anders sou hulle niks gewees het nie!! Ek hoop dat ons ook die Arrogante Stormers iets sal wys, met Rassie en al die Cheetahs wat hy so graag wil koop.

  6. Gron Says:

    Hehe. JJ, Bulle moet liewer stil bly na hierdie 3 opwarmingswedstryde. Hulle lyk maar bedroewig hierdie jaar. Op hierdie oomblik lyk hulle na ‘n definitiewe 14de plek. Lyk al hoe meer of hulle terug is waar hulle was voor Meyer begin afrig het.

  7. admin Says:

    Hello almal !
    Enige vrae wat julle vir die spelers of Naka Maandag wil vra tydens die sessie in Mimosa Mall. Ons gaan hulle op ‘n verhoog roep en julle vrae vir hulle vra as julle eniges het.
    Groete

  8. Gron Says:

    Hmmm…
    Ek wil graag weet wat die ooreenkoms tans is tussen die sentrale spanne wat die Vodacom Cheetahs vorm. Word nuwe spelers en speler ontwikkeling by FS Cheetahs, Griquas, Griffons ens bespreek by die Vodacom Cheetah bestuur? Is Boland nou deel van die Cheetah groep? ens.

  9. Louis Nortje Says:

    Is daar enige verdeeldheid in die span, spelers en bestuur? Is hulle as 1 man, soos Kitch en die bokke van 1995 wat hul lewe op die spel sou plaas

  10. Andre Fourie Says:

    Voorspoed met die hele rugby jaar voor manne. Sien julle in Australie, skop gat.

  11. JJ Says:

    Ek wil aansluit by Louis met die vraag. Juan as jy sien in die 25ste min of 60ste min van die game dat die game plan nie werk nie, kan jy die ouens intrek met vrymoedigheid en se dis hoe ons nou gaan speel of moet jy eers halftyd wag vir Naka of wat? Aan Naka ek weet dis ‘n nuwe seisoen, maar wat gaan hierdie jaar anders maak as verlede jaar dat ons nie weer 13de gaan eindig nie. Die 1 probleem wat ons hierdie jaar het is diepte op slot en stut dit moet seker ‘n bekommer wees. Wat is die rede vir die skuif van Jaques Louise Potgieter na senter. Ek stem saam oor Meyer Bosman op nr10, waar is Alwyn Hollebach, JW Jonker. Verder wil ek Naka en Juan sterkte toewens ons skuld die Leeus beslis 1.

  12. JJ Says:

    Cheetahs 27 Leeus 18, go cheethas.

  13. JJ Says:

    Aan Admin, waar lewer ‘n mens kommetaar oor die spankeuses ens, is daar dalk ‘n probleem met die blog, want hy wil nie oopmaak as jy click op die cheetahs spanlys teen die Lions nie, of is dit die enigste bladsy waar jy kommetaar kan lewer.

  14. admin Says:

    Hi

    Kan jy dalk beter verduidelik wat die probleem is. Ander ondersteuners kan die span sien en kommentaar lewer.
    Hoor graag
    Groete

  15. JJ Says:

    Aan Admin, jammer kom nou eers terug. Ek wil graag weet by elke opskrif soos WENS DIE CHEETAHS PERSOONLIK STERKTE TOE, EN DIE CHEETHAS SPANLYS TEEN DIE LIONS,as jy click op daardie onderwerpe is dit veronderstel om oop te maak en het elke onderwerp sy eie Submit Comment of is hierdie blog waar ek nou is die enigste plek waar jy kommetaar kan lewer. Ag Admin ek nie so goed met verduideliking nie. Waar moet ek op click as ek kommetaar wil lewer oor die spanlys en watse speler ‘n waarde vir die cheethas is, kan ek dit hier doen of is daar ‘n ander plek.

  16. JJ Says:

    Admin, miskien die fout by my, ek kan by elke ander opskrif inkom, soos die seisoenkaartjie, en ander onderwerpe, maar sodra ek click op DIE SPANLYS TEEN LIONS dan wil hy hom nie oopmaak nie.

  17. admin Says:

    Hi JJ

    As jy aan die einde van elke inskrywing kyk, sal jy sien daar staan “comments”. Kliek daarop. Dan kan jy outomaties daar jou kommentaar lewer. Ek kan nie verstaan hoekom dit wil oopmaak nie. Op myne, asook my mede-personeel, maak die onderwerp vanself oop en hoe ek nie daarop te kliek nie.
    Laat weet asseblief as jy nie reg kom nie. Ek verduidelik met graagte en help waar ek kan. O, ja, elke onderwerp het sy eie “comment”.

  18. JJ Says:

    Nee Admin, al wat hy vir my se as ek op die spanlys teen lions wil click op comments is access denied maar by al die ander inskrywing maak hy oop. Miskien voel hierdie laptop van my more beter hy beleef seke ‘n BLOU…KIE. Dankie. Ek moet se dis somme baie lekker om op ‘n blog te kan blog en daar is komminikasie. Ons moet ook ‘n soort onderwerp kry, ek weet KevinD, van die Burger hou dit waar die ouens hulle kommetaar gee van nr1 tot 15 wie die beste spelers van alle tye was. Miskien kan ons so ‘n onderwerp hou oor wie was die spelers van alle eeue in ‘n Vrystaat trui.

  19. Cheetah Supporter Says:

    Ek wil graag daardie nommer 23 Cheetah teken, maar kon nie Maandag by Mimosa wees nie… Sal dit graag wil teken voor hulle waai vir die weg toer !!!

    Ek het al by VSRU navraag gedoen sonder sukkses… Dit is nou al Donderdag en ons (ek en my seun (12)) wil bitter graag die trui teken…

    Help A.U.B. !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  20. admin Says:

    Hi Cheetah supporter.
    Ongelukkig het ons vanoggend tydens ‘n perskonferensie die trui aan Juan Smith oorhandig. Hulle het al reeds na Johannesburg gevlieg.
    Jammer man, maar as jy vir ons ‘n e-pos stuur na yolandi@fsrugby.co.za sal ons dit aan die span stuur.

    Groete

  21. Cheetah Supporter Says:

    Dankie admin !

    Dit is ok, solank ons span net voorspoed sal ervaar en hulle harte uit speel (en sodoende vir ons goeie rugby opdis, sommer baie goeie rugby).

    Sal hulle van die kant af support en maar op die tv kyk… Wil graag daar saam met hulle toer, maar nie moontlik nie…

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  22. JJ Says:

    Wat ‘n goeie super14 opening tussen Brumbies en Highlanders. Ek hoop die Cheetahs het die game gekyk. Wat my van die Brumbies beindruk het was die manier hoe die agterlyn driee gedruk het, en daar het Stirling weer gewys dat hy in die Aussie trui hoort. Goeie verdedigend en dissipline wen wedstryde en dis weer vandag onderstreep. Vanaand hoop ek die Cheetahs maak mooi in Joburg sterkte aan jul jamer ek kan nie daar wees nie, maar sal beslis jul op die kassie dophou.

  23. admin Says:

    En die Brumbies het ook bewys dat mens kan die game terug wen. Moenie moed verloor as die wedstryd nie van die begin af nie in jou guns is nie. Die wedstryd is volle 80 minute.

  24. JJ Says:

    Net so Admin, en daardie stelling sal Cheetahs in hul koppe moet ingraveer om elke game 80 min te konsentreer en vir 80 min aanhou rugby te speel. En ‘n mens kan dit net doen as jy top fiks is, en die Brumbies se kondisie lyk goed dit was ‘n hoe intensie game gewees.

  25. Cheetah Supporter Says:

    Sterkte ouens. Die manne was baie ‘unlucky’ met die leeus game. Ek voel daai geel kaart teen HB was regtig onnodig. Die een teen MB was regverdig.

    Admin, dra net aan die ouens oor dat hulle steeds aggressief moet verdedig, maar die dissipliene moet dophou.

    Die Cheetah’s het teen die leeus bewys hulle kan goed doen, veral met daai terugkom slag.

    Komaan stutte, werk bietjie die force se ouens en moenie toelaat dat hulle die oorhand kry nie. Julle kan.

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  26. theceiniatife Says:

    Your are Great. And so is your site! Awesome content. Good job guys! Interesting article, adding it to my favourites!

  27. Louis Nortje Says:

    Admin, dra julle ons boodskappe na Naka / bestuur toe oor? Indien nie, is dit moontlik, veral in die positiewe lig dat ons bankvas agter hulle staan, deur dik en dun. Veral voor wedstryde is dit nodig, hulle moet weet wat ons se en dink.

    Groete

  28. admin Says:

    Hi Louis

    Ek stuur die boodskappe aan, maar glo dit of nie - hulle besoek ook die blog…

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree