Hoeveel beteken die Vodacom Cheetahs se Bulls-sege?

jacques-louis-potgieterBaie rugbyondersteuners het kennis geneem van die Vodacom-Cheetahs se 20-16 oorwinning in Polokwane teen die Bulle. Die doemprofete het die Vodacom Cheetahs vroeg reeds geen kans gegee om sukses in die Vodacom Super 14-reeks van 2009 te behaal nie. ‘n Oefenwedstryd was dit wel, maar die Vrystaters het ongeveer 800km gereis om ‘n Bul-span gelaai met Springbokke te gaan klop. Het Naka Drotske en Hawies Fourie, na 2008 se moeilik Super 14-reeks, nou ‘n wenplan vir die Vodacom Cheetahs? Is die 2007-reekskampioen, die Bulle, in die moeilikheid so kort voor die reeks? Een ding is seker, die uitslag in Polokwane (nie die ANC-kongres nie) het baie mense laat regop sit. Die Vodacom Cheetahs sal nou in die komende twee weke vir hul eerste Super 14-wedstryd voorberei.

Hulle pak die Leeus volgende Vrydagaand in Johannesburg. Drotske-hulle het byna hul span gefinaliseer, hoewel die uitverkorenes vir enkele posisies nog onseker is. Die span teen die Leeus kan moontlik so lyk:

Hennie Daniller; Danwel Demas, Corne Uys/Piet van Zyl, Jacques-Louis Potgieter, Jongi Nokwe; Meyer Bosman, Tewis de Bruyn; Frans Viljoen, Juan Smith (k), Heinrich Brüssow, David de Villiers, Nico Breedt, Kobus Calldo/Bees Roux, Adriaan Strauss, Wian du Preez.

Baie kan egter nog in die komende twee weke gebeur, maar in Vodacom Cheetah-land jeuk die geesdriftiges, veral na die oorwinning oor die noordelike vyand, om die sentrale streekspan in aksie te sien.

Pieter Jordaan - Rugbyskrywer van Volksblad

This entry was posted on Monday, February 2nd, 2009 at 12:02 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

14 Responses to “Hoeveel beteken die Vodacom Cheetahs se Bulls-sege?”

  1. peet Says:

    ek dink ook dit beteken baie vir die cheethas om die bulle met al hulle sprinbokke te klop. die manne het die talent , hulle moet dit net self besef en daarvolgens speel.
    go cheethas

  2. Gron Says:

    Veels geluk manne met die great uitslag op ‘klein-loftus’ soos die Bulle se bestuur dit laas week genoem het.

    Dit was nou wel ‘n oefen-wedstryd, maar ons weet almal die Bulle sou baie te sê gehad het as hulle dit gewen het! Dankie dat julle hul stil gemaak het!

  3. Cheetah Supporter Says:

    Baie geluk ouens… Ons is trots op julle…

    Sterkte teen die leeus en baie voorspoed vir julle oorsese toer… Gee net julle beste en geniet die game…

    Ons staan banvas agter julle…

    Mag die Here Jesus Christus julle dra en vertrou net op Hom…

    Sterkte ouens !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  4. Michael Cooper Says:

    Well done manne.. Het voor die game gedink dat ek nie rerig omgee of jul wen of verloor nie. Net dat jul goed verdedig want het nie te veel probleme met die aanval gesien nie, kon op tye dalk bietjie meer direk gespeel het.. Mar, lyk my dinge het mooi bymekaar gekom. Is seker jul weet watse lang pad nog voorle. Speel net met ‘n ‘cheetah hart’ en ‘n top 8 posisie is in jul visiere.. Talent is daar! Sterkte almal..

  5. Michael Cooper Says:

    Net ook vir die website admin baie geluk se aan die legend werk wat jul doen! Die site was nog nooit naby so goed nie..

  6. Chris Says:

    Die wen oor die bulle in die friendly beteken absoluut niks op hierdie stadium nie, behalwe dat dit die spelers se selfvertroue dalk sou goed doen. ‘n bulle span in ‘n friendly, en ‘n bulle span in ‘n S14 is ‘n totaal anderse prentjie.
    Met die Cheetahs se ongenadige trekking in die S14 sal hulle 80% meer moet insit aan “S14 mentaliteit” en geestelike ingesteldheid, as aan net spankeuses en gameplans.

    99% Inspiration and 1% perspiration!”

  7. J.P.KRUGER Says:

    Baie gelik ouens. Dit was great. Julle het ‘n baie goeie platform om op voort te bou. Die Bulle was baie arrogant en groot mond. Julle het hulle ‘n punt gewys. Dit was great om julle in Polokwane te sien speel.

    Keep it up, julle sal goed doen.

  8. Renier Says:

    Well done guys!!! All the best for 2009 S14 season. I believe we have a team that will be able to beat the best and be competitive during the season. Beating the Bulls (warm-up game or not) is still something to be proud of, and something to take courage in.

    Thought by Roger Dawson:
    “Within each of us is a hidden store of energy.
    Energy we can release to compete in the marathon of life.
    Within each of us is a hidden store of courage.
    Courage to give us the strength to face any challenge.
    Within each of us is a hidden store of determination.
    Determination to keep us in the race when all seems lost.”

  9. Hennie Says:

    Dankie julle ouens vir n lekker wen! Ek is net bly die bul ondersteuners se bekke is nou so bietjie stil, want ons cheetah ondersteuners hie in limpopo sou nooit die einde gehoor het daarvan nie!

    Hou net so aan!

  10. Cheetah Supporter Says:

    Mooi so manne… Hou aan kook - friendly or not - wen oor bulle is great…

    Glo net in julle self - julle kan die bulle weer verras en so ook ‘n paar ander spanne (groot name en al) !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  11. Louis Nortje Says:

    Ons span bo!! Onthou net, ons moet net nie te bly raak nie, was dit die Bulle se sterkste span, of die patetiese span wat so sleg teen die Haaie verloor het?

    Het julle gehoor waar bly die Super 14 spanne as hulle teen mekaar speel?? Alaml in hotelle, maar as die haaie teen die Cheetahs in Bloem speel, bly hulle by hulle ouers! Hoekom koop die haaie en nou ook die stormers al ons beste spelers? Dink net wat ons sou doen as ons almal kon behou

  12. Storm Says:

    Friendly of the not, dit was nie ‘n afgewaterde Bulle span nie. En ek dink nie Frans Ludeke het genoeg savvy om “mindgames” te speel nie (Soos Rassie van ouds). Persoonlik dink ek Frans Ludeke gaan voor die einde van die seisoen ander werk soek.

  13. Chris Says:

    Ek herhaal my post hierbo met die volgende vandag hier gepos op JLPotgieter se terugvoer, en ‘n onderstreping van wat ek in die bg. post ook gesê het:

    “Wel Jacques, uiteindelik darem iemand om mee te kommunikeer wat naby die span is. Ek ondersteun die standpunt van Carel du Plessis dat jy op losskakel en Meyer op senter moet speel. Dié kombinasie het wel beter gewerk in die vorige jare en kompetisies. MJ Smith se siening dat dit andersom moet wees neem ek met ‘n knippie sout van ‘n voormalige speler wat self altyd maar net gemiddeld was.
    Die probleem in die Cheetah-span is eenvoudig:
    1. Die hele agterlyn het geen rigting, verdedigingslyne of aanvalspatrone nie. Die voorspelers moet letterlik ALLEs doen om ‘n wedstryd te wen. Daarom is daar gereeld beserings onder die vories, en moet daar in elke wedstryd “catch-up” rugby gespeel word. En ek staan by my siening dat dit ‘n afrigtersprobleem is en steeds geignoreer word ! P.van Zyl het NIE “geshine” soos beweer word nie, en soos wat hy laasjaar in die Boland se CB span “geshine” het onder ‘n ander afrigter ( en natuurlik sonder H.Fourie se invloed.)
    2. Die Cheetahs het nog steeds nie ‘n S14 “mentaliteit” nie ! ‘n Duidelike bewys en voorbeeld is dat net ‘n paar weke gelede toe ‘n wedstryd “buite” die S14 kompetisie teen die Bulle gespeel is, klop die Cheetahs hulle. En na 2 rondes sien ons dat die Bulle skielik ‘n verwoestende “ander” span is teen oppossisie wat sterker moes gewees het. De moral of de story : Die Cheetahs het nodig om die step-up te maak na S14 rugby, daar kort BAIE meer aggressies, en dit geld vir die spelers,vir Naka, die ander afrigters en die bestuur van die span !”

  14. Louis Nortje Says:

    Stem op n manier met Chris saam. Voel ons agterlyn het net nie die slaankrag, dis asof hulle nie vinnig v.d merk kan afkom nie. Veral by Meyer Bosman, lyk baie “slow motion” Robert E lyk na iemand wat baie vinnig v.d merk kan kom en slaankrag het. Ek glo nie Meyer is die oplossing in die agterlyn nie.

    Toe ek hoor Piet v Z kom na die Cheetha streek toe was ek baie opgewonde. Hy’t regtig goeie rugby gepeel en sy merk as senter gemaak. Sover het hy power vertoon, veral op verdediging. Miskien is die sprong net te hoog vir hom, ek weet nie. ??

    Die feit v.d saak is dat ons MOET begin wen nie en nie speel om te spook om v.d onderste kant v.d leer te probeer wegkom nie.

    Onthou, in die Currie Beker gaan ons nog meer moet uithaal want die groot unies se Super 14 spanne is ook hulle Currie beker spanne. Ons weer, verloor spelers terug na Griekwas.

    Ek het so 2 weke terug van iemand gehoor dat daar onenigheid tussen Naka en v.d spelers is. Die persoon was toevallig in n restaurant waar hy en v.d spelers was. Hy se daar was volgens hom beslils n gevoel dat iets nie reg is nie. Van hulle het Naka nie eens gegroet nie…

    Ek hoop ek’s verkeerd, maar glo nie Jacques of admin die vraag mag antwoord nie…

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree