Na n lang afseisoen wat al begin November begin het is ons baie bly om nou uiteindelik te begin met die Vodacom Super14. Ek is baie tevrede met die kondisionering en dink Niel Du Plessis het skitterende werk in die afseisoen gedoen.
Die twee opwarmings wedstryde het ook baie goed afgeloop en veral die een laas Vrydag teen n sterk Bulls span het gewys die ouens is reg vir die Super14. Ek glo ons het geleer uit laasjaar waar ons te veel wedstryde in die laaste minute verloor het.
Ons het n tawwe program waar ons die Leeus weg speel en daarna op n oorsese toer van 5 wedstryde gaan. Ek dink egter dit kan ook in ons guns tel want as ons ‘n paar wenne daar kan optel kan ons terugkom met selfvertroue en 6 tuiswedstryde op n nuwe stadion kom speel.
Baie dankie vir die ondersteuning en ons gaan alles in ons vermoee doen om goeie rugby vir ons ondersteuners op te dis.
Naka Drotske

Sterkte aan die Cheetah span! Ons weet julle gaan hierdie jaar ‘n groot impak maak!
En dankie Naka dat jy spesialiste soos die sport-sielkundige ens ingebring het. Dit is regtig hoog tyd dat die Cheetahs hanteer word op ‘n pro manier. Weereens dankie!
Sterkte Naka, Juan en span.
Net een vraag wat ek graag as jare lange cheetah ondersteuner wil vra.
Wat gaan die agterlyn doen om hierdie jaar nie ‘n oorgee aangee in die agterlyn te doen met ‘n overlap net om bal in teenstanders se te gooi nie?
Gee die leeus gas volgende week.
Baie goeie werk Naka en al die staff.. Ons cheetahs was nog nooit so goed gemanage nie.. Ek praat nie nou net van op die veld nie. Ek praat van die cheetah maatskapy!
‘n Vraag aan Naka.. Ek sal my cheetahs ondersteun al speel hul club rugby mar daar’s baie supporters wat ‘gloryboys’ wil sien.. Sal dit nie ‘n goeie idee wees om ‘n groot naam in te trek nie.. Al kos dit ons ‘n bietjie diepte want ek verstaan die geld situasie.. Kaartjie verkope is hukom jul almal mar daar is.. Wen of verloor, almal sal vir bv. ‘n Carlos spencer of ‘n Caucau of ‘n groot pacific islander in ‘n cheetah trui kom sien..
Al wat julle kort is die geloof dat julle dit kan doen… en die res sal self in plek val.
Hi Naka, Juan en die res van die span
Sterkte manne…
Looi daai leeus… Ons weet dit gaan nie ‘n ‘walk-over’ wees nie, veral die oorsese toer gaan taai wees, MAAR JULLE KAN… Ons as Cheetah ondersteuners staan bankvas agter julle en ons weet julle gaan jul heel beste gee… Ons is by julle al is ons nie fisies daar nie (sou natuurlik graag daar wou wees)…
Gaan geniet die rugby, dan kom baie dinge makliker… Speel vir mekaar en vir ons…
Sterkte weereens - Mag die Here Jesus Christus julle beskerm en ryklik sëen !!!
Cheetah groete
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Michael, ek kan nie namens Naka praat nie, maar ek kan jou belowe dat einde van hierdie seisoen gaan ons weer ‘n klomp ‘groot name’ hê. Enigste verskil tussen ‘n ou met ‘n ‘groot naam’ en ‘n gewone speler is dat hy goeie bemarking kry.
Verskil hierdie jaar is dat Naka hulle 4 of 5 jaar kontrakte gaan laat teken, wat gaan keer dat hierdie ‘groot name’ die span verlaat.
Goeie Span!! STerkte manne !! hou vir julle duim vas.. en speel om dit te geniet. Wen of verloor .. so lank julle net julle beste gee .. ne bo alles .. dit geniet. !!
Ek was een van die min gelukkige Cheetah ondersteuners in Polokwane wat die voorreg gehad het on die span verlede Donderdag by die BMW Motor hadelaar in Polokwane te ontmoet. Ek het my seun saam met my gevat en hy was om die minste te se uit sy vel uit. Dit was voorwaar ‘n wonderlike vooreg vir ons gewees. Dit is en bly altyd lekker on die Bulle te wen. Die game Vrydag was baie leker gewees. Die atmosfeer was baie lekker en ek hoop dat hierdie ‘n jaarlikse nstelling kan word. Dit gebeur nie aldag dat twee sulke groot spanne in Polokwane kom speel nie. Te oordeel na die opkoms was dit ‘n reuse sukses. Ek het heelwat fotos geneem as herinnerings.
Julle is ‘n great klomp ouens. Wees altyd so nederig en profesioneel en julle sal ver kom.
Voorspoed met die Super 14.
J.P.KRUGER
Ek stem saam met Naka dat dit eintlik voordelig is dat die “moeilike” deel van die seisoen liewers eerste is. Dit moet liewers gebruik word as ‘n positiewe en ‘n uitdaging as om te kla dat dit ‘n tawwe skedule is. As ons na hierdie toer sesde, sewende of selfs agste kan le sal die Cheetahs in die binnebaan wees vir selfs ‘n halfeind.
GO CHEETAHS!!!!!!!!!!
Ons “die Cheethas” het n goeie span en ek glo dat hulle die ander spanne kan verras as hulle met “spoed” van agteraf aan val. Go CHEETHAS GO sien julle op Coco Cola Park.
Aan Naka en die res van die team strekte vir die nuwe jaar.
Sterkte met die Super 14!
Ek glo ons het n baie goeie gebalanseerde span,ons skrum goed en in die vaste los is ons bo gemiddeld.
Ons lynstane sal ons bietjie meer moet af wissel en agter lyk ons ook goed.Nou ja amal praat van ons verdediging,so ons moet maar net glo in ons stelskoppers dat hulle ons nie in die steek sal laat nie dan kan ons vir n paar verrassings sorg,ek glo as ons so tussen 5 en 8 kan eindig moet ons dit as n goeie jaar sien!
Sterkte en glo in julle self
Mias
Fabian juries is your best offensive player and needs to be brought into the game more…Daniller is probably one of the worst fullbacks I’ve ever seen…he is slow, kicks all the ball away and just doesn’t look to link with juries at all…while the centers kill all the attacking ball…GET JURIES IN THE GAME MORE AND THE CHEETAHS WILL WIN MORE GAMES…IT’S THAT SIMPLE
Juries moet leer tackle!! Help nie hyt spoed nie en die ander hardloop deur en om hom. Hyt al 3 driee op die mannier weg gegee!!