
’n Stem in die stadion is baie belangrik… Die stem wat aankondig wie is beseer, wie vervang wie, wat gebeur waar en wanneer. Inderdaad baie belangrik!
Wie sal julle - ons getroue ondersteuners angter daardie stem wil hoor. Die norm is ons gebruik een van ons media borge - OFM - se omroepers. Dit is immers stemme wat ons almal ken en net sulke groot vriende onder die Vodacom Cheetahs is. Dit is dus bekende mense vir ons.
Gee bietjie vir ons julle idees… Wie dink julle sal pas en wie sal net glad nie pas nie?

Urgh… dit is ‘n moelike een!
Solank dit ‘n duidelike stem is, is dit fine.
Sien ook geen rede hoekom dit nie ‘n vrou kan wees nie.
Christie, Pieter en daai spanne van OFM soos julle nou doen is reg - Los maar so.
Ek wonder wat is die kans dat OFM ‘n 2de sein kan uitstuur spesiaal vir sport-kommentaar.
Ek sal verseker hierdie voorstel aan OFM stuur!
Ja wel ek het nou al 10 jaar seisoenkaartjies op die oop pawiljoen, en to die springbokke hier gespeel het was die aankondiger baie duideliker as Christie. Ek dink nie ‘n radio omroeper is altyd goed vir ‘n stadion nie. Christie klink baie goed op radio, maar on soek iemand wat stagiger en duidelik kan praat. Stuur bietjie iemand van Vrystaat rugbyunie oop-pawiljoen toe(boonste vlak), dan sal julle hoor dat niemand eers moeite doen om te luister nie.
Ek stem saam dat ‘n vrouestem gewoonlik beter verstaanbaar is (as dit hard genoeg is) oor ‘n swak klankstelsel.
Maar ek dink nie die stemme is die ding waaroor ons hier moet praat nie. Ek dink ons moet eerder bietjie ons mening lig oor die DJ en die musiek keuse tydens rugby wedstryde….
Hi
Ek stem saam - mens kon nie altyd mooi hoor nie. Maar ek moet darem in dieselfde asem byvoeg dat ons baie opgewonde is oor die nuwe klanksisteem wat uitstekende kwaliteit is.
Vertel bietjie wat is julle mening oor die musiek en die DJ. En as jy ‘n vroustem kon voorstel, wie sou dit wees.
Baie dankie vir die menings! Ons neem dit ter harte en waardeer elkeen.
Los maar vir oom Christie daar… Hulle is OK !!! Sit ook op oop paviljoen op boonste vlak en hoor hulle… Daar moet dalk tog maar na die klank stelsel gekyk word ???
Maar, met die verbetering aan die stadion, wat nou effens hoër is aan die hoof paviljoen kant, kan die klank dalk effens beter voorkom !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Kom ons kyk tog na die musiek ook.
Oor die algemeen word daar great musiek gespeel wat die feestelike atmosfeer mooi aanhelp maar net soms kom daar n oorverdowende doef-doef stukkie gemors deur wat nou nie juis welkom is nie.
Ek moet se dis verblydend dat daar so baie Afrikaanse musiek gespeel word.
Ek wil egter vra dat daar meer aandag gegee word om alle kunstenaars wat die moeite gedoen het om Cheetah songs te skryf/sing se songs ook te speel - Ek dink hier byvoorbeeld aan Hennie van Rensburg (?) se song Go Cheetahs Go ( 2005 ).
Dit is tog per slot van sake die Cheetahs se tuis stadion en daar moet alles moontlik gedoen word om besoekers en hulle ondersteuners te intimideer (op n mooi, beskaafde, manier, natuurlik)Dit sal ook help om die ondersteuners bietjie op te sweep en gees aan te help.
Kom die Stadion bestuur - ondersteun die kunstenaars wat Cheetah supporters is.
Hehe. Ek dink musieksmaak by ‘n game verskil hemelbreed… selfs net in een ry op die paviljoen.
Hoor bietjie by Disney of julle nie die Cheetah Girls kan leen nie. Mag dalk die jonger kinders impress.
Vir die ouer manne sing die FS Cheetah Girls goed genoeg!
Wat? Sing hulle nie? Nie agtergekom nie.
Kan julle asseblief iets in die blog skryf oor Saterdag se game sodat ons die manne kan geluk wens?!
Jammer. Ek bedoel Vrydag se game.
Wat van OFM se ingevoerde RIAAN.
Wat van Julius Malema? Net ‘n grappie hoor!
Hulle moet vir Riaan gebruik, dit is weer nuwe bloed en bring bietjie nuwe lewe ook in.
Riaan van OFM, kan weer lewe in die plek blaas en dis iets nuuts.
Los uit wat werk ek hou van Christie hy gee altyd maandag oggende feedback ,doen half tyd iets wat kinders en ou mense geniet maar moet nie dit net vir een game doen nie hou aan daarmee dat dit raak soos harley in die begin het niemand daar van gehou nie maar hou 99% daar van