Hierdie Vrydag, 30 Januarie speel die Vodacom Cheetahs hulle tweede opwarmingswedstryd teen die Bulle op Polokwane. Die wedstryd skop om 19:00 af. Die span wat Naka gekies het, het min veranderings. Hy het egter Piet van Zyl op senter gekies. Piet het verlede jaar in die Absa Curriebeker belowende rugby vir Boland gespeel en selfs as kaptein opgetree - voorwaar ‘n aanwins vir die Vodacom Cheetahs!
Die span wat teen die bulle uithardloop is as volg:
15. Hennie Daniller
14. Danwel Demas
13. Piet van Zyl
12. Jacques-Louis Potgieter
11. Jongi Nokwe
10. Meyer Bosman
9. Tewis de Bruyn
8. Frans Viljoen
7. Juan Smith
6. Heinrich Brüssow
5. David de Villiers
4. Nico Breedt
3. Bees Roux
2. Adriaan Strauss
1. Wian du Preez
Reserwes:
Richardt Strauss
Kobus Calldo
Wayne van Heerden
Hendro Scholtz
Kabamba Floors
Sarel Pretorius
Corne Uys
Fabian Juries
Björn Basson

Bly om te sien Kabamba het die reserwe bank gemaak.
Sterkte aan die chearahs vir die seisoen.Lyk of daar baie diepte in die agterlyn is.Net n vraag.Wat doen helgaard muller?
Hi
Helgard Muller werk tans by CUT in Bloemfontein (Sentrale universiteit van tegnologie). Gedurende die Absa Curriebeker tree hy op as spanbestuurder. Tans hanteer Eugene van Wyk die pos gedurende die Vodacom Super 14 seisoen.
Groete
Kannie sê ek het ‘n probleem met daai bench nie. Lyk na ‘n baie goed span.
Solank die verdediging bly staan anders beter die bestuur vinnig vir Helgard inbring - Hy bly maar n meester op verdediging tegnieke.
Wens net hul wou die game uitsaai?
Enige manier wat ons dalk live updates op die site kan kry?
Span lyk regtig goed. Bly om Hennie Daniller weer te he^ in die span
Moelik om te se wat ek dink van span. Glo nietemin ons het n baie goie pak en ons hoop om enige grootes te verras gaan le by ons pak,skryf glad nie ons agterlyn af nie maar da n spelers wat hulself eers gaan moet bewys. Tog baie bly om Meyer Bosman op losskakel te sien en glo hy sal rigting gee aan agterspel.
Die ouens het nogal goed gelyk teen Griekwas…
Hou alle duime en tone vas vir julle…
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Go Cheetah’s Go !!!
Well, to soon to say if it’s good, but at least it’s well designed.
I mean I thought I would be blocked after adding some interests, but the site helps you to add more.
Cheers
Piet van Zyl!!! TROU met my!!!