Voorwoord

Dit is vir my ‘n groot voorreg om die eerste boodskap op hierdie nuwe “Blog” van CHEETAH TAIL te plaas. As President van die Vrystaatse Rugby-unie wil ek graag aan almal wat aan hierdie nuwigheid gaan deelneem ‘n baie voorspoedige 2009 toewens.

Ons staan voor groot uitdagings in 2009, want ons gaan die nuwe stadion in gebruik neem en dit gaan ‘n wonderlike nuwe stadion vir almal wees. Daar gaan kuierplekke en baie lekker sitplekke en ‘n baie mooi klankstelsel geïnstalleer wees en ons gaan dit baie saam geniet. Ons sien ook uit na die Britse Leeutoer op die 6de Junie 2009 wanneer hulle teen die Vodacom Vrystaat Cheetahs speel hier in Vodacom Park. Daarna kry ons ook ‘n toets – Springbokke teen die All Blacks op 25 Julie 2009 wat ook ‘n groot geleentheid gaan wees.

Wat ons self betref gaan die Vodacom Super 14 span, die Vodacom Cheetahs, vir die eerste 5 wedstryde wegspeel teen die Leeus en dan oorsee in Australië en Nieu Zealand voordat hulle, hulle eerste wedstryd op 4 April 2009 teen die Brumbies in Vodacom Park speel. Na alle waarskynlikheid sal die wedstryd van 4 April die eerste groot geleentheid wees wat ons gaan aanbied hier in die stadion. Ons gaan egter ons Vodacombekerwedstryde op 28 Februarie en later in Maart ook in die stadion speel, maar ons sal ‘n groot openingsgeleentheid maak daarvan op 4 April 2009.

Ek is baie positief vir die seisoen wat voorlê en baie mense sal sê ek is net positief, want jy moet wees en dit is waarskynlik waar, maar ek het rede om positief te wees.

In die eerste plek sal ons dinge finansieël beter onder beheer kan kry. Nou dat die stadion klaar gebou is kan ons weer terugtrek in ons losies en ons inkomstestrome beter beheer. Die Leeutoer gaan vir ons ‘n groot inspuiting bide, asook die All Black toets.

Ons span is, na my mening, beter vir die Vodacom Super 14 voorberei, ons het meer ervaring in die Vodacom Super 14 kompetisie. Die span het nie aan ‘n Absa Curriebekerfinaal deelgeneem nie en die span het nie beserings gehad nie, wat ons ‘n langer tyd vir voorbereiding gebied het, so die nadeel dat ons nie in die finaal gespeel het nie is so ‘n bietjie sagter gemaak met ‘n langer voorbereidingstyd vir Vodacom Super 14.

Ons het, op hierdie stadium, nie baie kritieke beserings nie. Enkeles wat hopelik spoedig sal herstel, soos Alwyn Hollenbach, Wilton Pietersen en daar-benewens het ons ‘n paar nuwe manne in die groep opgeneem en ‘n paar verskuiwings gemaak wat positief kan wees. Een van die verskuiwings wat almal baie opgewonde maak is die feit dat Meyer Bosman op no. 10 sal uitdraf en Jacques-Louis Potgieter op no. 12. Dit bring meer slaankrag, meer stabiliteit en dan het ons ook meer diepte op die agterlyn as verlede jaar.

Een punt van vrees is dat ons nie genoeg diepte op slot het nie, maar met die nuwe lynstaanreëls van geen getalle en nommers in die lynstane nie, is die bal wat jy voor ingooi die belangrikste en daar het ons uitstekende springers soos David de Villiers en Wayne van Heerden en dan het ons kragtige spelers soos Flip van der Merwe en Nico Breedt wat ek dink goed sal inpas in die Vodacom Super 14 kringe.

Maar, laat ek eerlik wees, Vodacom Super 14 is ‘n harde kompetisie, die hardste in die wêreld en jy speel elke Saterdag teen topspanne met top spelers en dit is ‘n taai kompetisie, veral wanneer ons wegtoer in die vreemde lande. Dan word dit moeilik, maar ons is vol moed dat ‘n beter jaar sal belewe.

Die Vodacombekerspan is vol sterre wat hulle wil bewys om ook Vodacom Super 14 te speel, so ek dink dit gaan ‘n goeie jaar wees wat die Vodacombeker aanbetrek en ons moet probeer om die R1 miljoen, wat van ons ontneem is deur ‘n beslissing van die skeidsregters verlede jaar, terug te herwin en om ook nuwe talente te identifiseer. Benewens dit gaan ons ‘n baie sterk 0/19 en 0/21 span hê en sien ons baie uit na die Absa Curriebekerkompetisie later in die jaar wat ons baie na aan die hart lê.

Ons nuwe Cheetahwinkel maak binnekort oop by die Konica/Minolta A.K. Volsteedtgebou by die nuwe kaartjiekantoor. Die nuwe toegangshekke gaan baie mooi wees en ons gaan poog om dit elke keer ‘n onvergeetlike ervaring te maak wanneer ons ondersteuners die stadion gaan besoek. Ons beskou ons ondersteuners as ons belangrikste kliënte en ons wil uit ons pad uit gaan om almal tevrede te hou.

We face new challenges with the new stadium, but it will bring lots and lots of new opportunities and hopefully will help us with our income streams.

This year will, once again, be a tough Vodacom Super 14 competition and the fact that we tour for the first 5 weeks will be a difficult bridge to cross, but eventually we will return home and start on 4 April 2009 against the Brumbies to prove the we are, indeed, a group of people that can face the Vodacom Super 14 and make a success of it.

The one issue that I would like to discuss is the supporters. I know that our supporters have been disappointed in the past with our Vodacom Super 14 performances and they have got all the right, because we did not perform very well. We lost quite a number of matches in the dying seconds of the games and that is unacceptable and we will have to rectify that this year.

So I would like to call on all our Vodacom Cheetah supporters to support us to help and build a strong entity and help us to make a success of the Vodacom Super 14 and the Absa Currie Cup.

We thank you for all the support in the past and hopefully you will bring lots of friends and extra supporters to our stadium.

Met hierdie boodskap wil ek u nooi om gereeld deel te neem aan ons blogg en kom gesels gereeld met ons. Ons antwoord graag u vrae en ons wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om iets besonders aan ons ondersteuners te bied.

Met vriendelike Vrystaat Cheetah-groete

HAROLD VERSTER
PRESIDENT

This entry was posted on Tuesday, January 20th, 2009 at 9:05 am and is filed under Management. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

31 Responses to “Voorwoord”

  1. Jaco Says:

    Baie dankie , dit help baie as die publiek op die manier meer inligting van die Vodacom Cheetahs kan ontvang. Dit is wonderlik dat ons nou meer inligting van die Cheetahs gaan kry en ons kan ‘n boodskap kan los.

    Dankie

  2. Johan Says:

    baie dankie vir ‘n goeie nuwe toevoeging!

  3. Michael Cooper Says:

    Dankie mr. Verster.. Altyd awesome om te hoor wat aan gaan en hoe die mense betrokke daar oor voel. Ek het aan iets gedink. Hukom maak vodacom cheetahs nie ‘n tipe ‘cancer-campaign’ nie? Waar elke cheetah-speler of sy hare moet skeur of in ‘n snaakse manier verkleur. Dan kan die vodacom-cheetahs maatskapy 10 percent (of wat ookal) van alle tuis kaarkie verkope aan kanker-navorsing skenk. Dit sal heelwat dinge uitrug : ‘player unity, ticket sales (almal sal di klomp snaakse haarstyle wil kom sien en kanker help veg), jy sal kanker navorsing steun en die sponsors sal dit op eet soos soet koek! Wel, dis mar my idee.. Hoop die regte mense lees dit dalk! Sterkte cheetahs!

  4. Pietbril Says:

    Haak Vrystaat!! Ek sien so uit na 2009 rugby seisoen! Boys, as ons ‘n goeie ‘away’ toer het is ons well away. Hardlooprugby!!

  5. Jaco Says:

    Dankie Mnr. Verster,

    As toegewyde en grootste ondersteuner van die Cheetahs as geheel hier in Pretoria (wel, ek dink so), voel ek dat die internet my enigste verbinding is met die span en die Vrystaat.

    Ek het net een bekommernis: die ou “Cheetah Shop” wat op die stadion was is nou toegemaak na die aanbouings en ek sien dat “Sneakers” nou die agente is.
    Hulle is in die eerste plek BAIE duur en het ook nie die verskeidenheid Cheetah ondersteuners “dingetjies” wat die Cheetah Shop altyd gehad het nie.
    Wanneer kan ons verwag dat die winkel weer op lyn gaan kom? Dis verskriklik moeilik om hier in Pretoria vir die WARE Cheetah ondersteuner iets te koop vir sy kroeg, ens…

  6. Cheetah Supporter Says:

    Wag ook vir Cheetah winkel om weer by die stadion te staan !!! Verkies dit so !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  7. Merlin Says:

    Mnr Verster
    Baie geluk met die nuwe stadion. Dit lyk baie goed!
    Ek wil graag iets by u hoor. Ek het seisoenkaarjies op die famielieblok, ons is 18 persone wat saam gaan rugby kyk elke keer as die Cheetahs speel. Maar die rook pla my en my vriende ongelooflik baie. Kan ons nie ‘n reel maak dat die familieblok rookvry ook is nie? Ek sien op my 2009 seisoenkaartjie dat rook op die pawiljoene verbied word. Kan julle asseblief kyk dat die sekuriteit dit begin toepas?
    Groete

  8. admin Says:

    Ons gaan verseker strenger optree.
    Ons nuwe stadion is ons trots en ons gaan kyk dat die reëls nagekom word.

  9. admin Says:

    Hi daar, die nuwe winkel het reg langs die kaartjie kantoor hierdie week oopgemaak. Gaan besoek hom gerus!

  10. Cheetah Supporter Says:

    GRRRRRRRRRRREEEEEEEEAATT !!!

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  11. Danie Zietsman Says:

    Naka, Ek is ook n verloopte voorry wat nou n wrak is agv rugby. Net een ou dingetjie asb: Kry asb kort voorrye, ek dink julle weet daar is groot voordele om n kort voorry te he.

    Jaco, Ek wil met jou kompeteer oor die grootste ondersteuner in Pretoria. Dit geld nie net vir die cheetahs nie maar die Vrystaat en sy mense in geheel. Onthou jy Pres. Steyn se vaardighede?

    Groete,
    Danie

  12. Louis Nortje Says:

    Dis wonderlik omte sien hoe die Cheetah “brand” aan die toeneem is. Dit het veral gebeur nadat ons die beker gewen het. Ek wens net ons kan dit net so groot soos die Bulle en Haaie sin maak. Veral hier in JNB omgewing, bitter min.

    ADMIN Is daar nie dalk n hengse borg wat Cheetah rugby kan onderhandel sodat ons seker kan maak dat ons spelers nie almal na die haaie en stormers gelok word nie?? Hoe werk die borge en hoekom het daai unies so baie geld? Sal nice wees om te verstaan hoe dit werk

    Kom ons vra vir Bill Gates, ha ha ha

  13. admin Says:

    Hi Louis
    Ai, die finansies gaan maar altyd die probleem wees. Dit het maar begin toe rugby professioneel geraak het. Ons het reeds baie borge en dit is vir ons baie belangrik om die borge wat ons het so goed as moontlik te behandel. Die borge is nie altyd die probleem nie. Faktore soos ‘n groter stadion speel ook ‘n rol. Kom ons vat ‘n stadion soos Absa Stadion wat die huis van die Haaie is. Hulle het baie meer sitplekke en losies wat ‘n groot bron van inkomste is. Seisoenkaartjies is ook ‘n groot bron van inkomste. Aan die einde van die dag kan die ondersteuners nie altyd rugbykaartjies bekostig nie en minder mense kom kyk rugby. So moedig almal aan om rugby te kom kyk, want selfs om net jou kaartjie te koop vir ‘n wedstryd, maak ‘n verskil.

  14. Merlin Says:

    Ja, ek dink ons almal verstaan die geld issue. Hier is net nie sovel daarvan in die Vrystaat as elders nie.
    So hoekom fokus ons nog daarop? Kan ons nie eerder die “rugby experience” verbeter nie?
    Wat ek bedoel is as VRU, rugby goedkoop, lekker en gewild maak, gaan die geld instroom.
    Kyk wat doen Kaapstad universiteit in die Varsity Cup, hulle het nie baie geld nie, maar hulle het die beste afrigters en spesialsite gekry, en nou stroom die spelers soontoe.
    As die spelers iets kan kry buiten geld, sal hulle kom, as die beste spelers vir die Cheetahs speel sal die borge meer betaal.
    Ek dink wat VRU verkeerd doen is om geld by die ondersteuners te kry, terwyl besighede die ouens met die geld is. K
    ry vir plekke soos Kloppers, Quintiles, Pharmofs, Mimosa ens betrokke. Hierdie ouens het geld en sal baie doen vir blootstelling in Bloemfontein.

    Ek dink die VRU sal altyd arm bly solank die spelers die enigste ware profesionele deel van die franchise is.
    Hoe lank moet ons nog wag om ‘n besigheidsman (nie ‘n rugbyman) aan die stuur van sake te kry?
    Kry VRU raad by finansiele kenners? Doen ‘n Profesionele bemarkings company die bemarking? Word daar opgetree teen “fake” cheetah truie wat by Mimosa se straathoek verkoop word?
    Word daar vir die ondersteuner MEER gebied op die stadion as wat wat hy by sy huis kry?
    Wat dink julle? Wat dink die ondersteuners?

    Lyk VRU vir julle profesioneel? Of kry jy nog die “amateur” gevoel as daar vir jou gelieg word by die kaartjiekantoor? of as jy sien die kroeg op die ooppawiljoen is toe tydens ‘n “kleiner” game? Of as die hekke gesluit is na die game sodat jy met jou kinders ver moet loop om ‘n uitgang te kry net omdat niemand die hek wou beman nie? Voel jy ook moedeloos as ‘n VRU sekeruteitswag vir jou se “Ag dis nie so erg nie…” as jy vir hom uitwys dat daar ‘n dronk ou met brandewyn langs jou 2jarige kom sit het in die drankvrye area…?
    As ek R2000 spandeer op enig ander plek sou ek nie weer terug gekom het na sulke goed nie. Maar ek bly ‘n Cheetah en sal altyd ‘n Cheetah bly! Dit kan net soveel beter wees….

  15. Cheetah Supporter Says:

    Ek stem Merlin

    Daar is maar altyd ouens wat nie hulle drank kan hanteer nie en dan raak hulle maar varkerig… Ek hou van die familie blok en ek is bly dit is drank vry… Hulle moet dit nou nog net rookvry ook maak, want rokers is darem maar van die slefsugtigste mense op aarde… Hulle sal rook en dan sit daar kinders ook om hulle…

    Ban drank en Rokers uit die familie blok…

    Verder lyk die stadion meer professioneel, maar ek hoop net nie dit gaan daardie familie gevoel wegneem nie.

    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!
    Go Cheetah’s Go !!!

  16. Merlin Says:

    Cheetah Supporter, ek is bly ek is nie die enigste een wat so voel nie. As jy mooi op jou 2009 rugby kaartjie kyk (seisoenkaartjie) staan daar duidelik: Rook is verbode op Vrystaatstadion. Nou moet ons nog net sien of dit toegepas gaan word.

    Ek voel, die enigste gerook wat daar mag plaasvind is as die Cheetahs die Bulls op die veld “rook”
    :)

  17. Gryse Says:

    Lank lewe Merlin! Die span moet speel dat die rook trek en nie die ondersteuners nie!

  18. york in engeland Says:

    admin kan oom peet kleynhans betrokke raak op die blog op n weeklikse basis.Graag wil weet wat die meester dink,en dit kan dalk die ondersteuners op hulle gemak plaas en mense stadion toe lok.Wat hy dink van elke naweek se wedstryd ens ens.

  19. Louis Nortje Says:

    Wat is die kans dat n persoon soos Heinecke Meyer ons span kan afrig? Kyk wat hy met die Bulle reg gekry het?

  20. Louis Nortje Says:

    Lyk my admin wil nie antwoord nie…

  21. CHEETAH FAN Says:

    Fabian juries is your best offensive player and needs to be brought into the game more…Daniller is probably one of the worst fullbacks I’ve ever seen…he is slow, kicks all the ball away and just doesn’t look to link with juries at all…while the centers kill all the attacking ball…GET JURIES IN THE GAME MORE AND THE CHEETAHS WILL WIN MORE GAMES…IT’S THAT SIMPLE

  22. etienne Says:

    Ek is so teleurgesteld in Vrystaat rugby dat ek skaars woorde het. Waar is die spanne van ouds wat hardlooprugby gespeel het. Vrystaat is op sy beste sonder die bal. Ek dink Hawies Fourie het geen benul van rugby wat nog te se van agterspel. Du Bruin en Meyer is die swakste spelers in die super 14 reeks. Die stories van Naka en vrouens is teleurstellend. Harold as voorsitter behoort jy albei af te dank. Waar is Gysie en die manne om te kom help. Helgard en Naka se stories maak van Vrystaat en die bestuur n bespotting. Geen maatskappy hou topbestuur aan indien hulle owerspel pleeg nie, wat maak die Vrystaat anders. Ek dink die spelers het geen respek vir die afrigters of die bestuur nie. Harold jy ken my ons het saam gespeel, ou maat ek dink dit is jou laaste kans om op te tree. Die spel vanoggend teen die Highlanders was pateties, en ek dink julle moet vinnig ingryp.

  23. Johan Wiggill Says:

    Ek het voorheen geskryf en is geignoreer. Wil steeds weet wat tgaan aan in die Cheetah kamp? Die span gaan agteruit en daar moet indringend na VS rugby gekyk word. Kry passie en toewyding terug in die span. Besef die spelers, afrigters en bestuur nie dat die Cheetah span fanaties ondersteun word nie. Julle werk tans op ons senuwees!

    Ek versoek ‘n meer aktiewe webwerf van die Vrystaat rugby. Dateer dit asb daagliks op en skep ‘n forum waar ondersteuners menings kan lug. Die huidige samestelling van die webwerf is nie baie vriendelik nie.

    Groete

    Johan Wiggill

  24. editor Says:

    Geagte Johan
    Die webtuiste word daagliks opgedateer - daar is verskeie verklarings in hierdie blog gelewer wat u antwoorde en selfs van die vrae wat u nog nie gevra het sal antwoord. Die nuus word elke dag opdateer - kyk verder en u sal sien - logs, uitslae, ens. Dit is alles opdateer. Wat die forum betref is die blog die beste wat ons kan en gaan doen, want ondersteuners het ons vorige forum wat ons gehad het uitgebuit en slegte taal ens. gebruik.
    Ons kry baie komplimente oor die webtuiste - en ons is oop vir voorstelle wat ons kan toepas en wat nie reeds toegepas word nie.

    Groete

  25. Chris Says:

    NAKA MAAK NOU PLEK VIR OLLIE LE ROUX TOE MAN, DAN GAAN JY DARREM MEER TYD Hê VIR DIE MEISIES

  26. Andre Says:

    Afrigting en President
    Doen Cheetah rugby ‘n guns en bedank julle stel die unie in ‘n verleentheid!!!

  27. Andre Says:

    Wat ‘n fiasko teen die WP.

    So Ploeter Verster aan met Naka Os en Hawies, Niks geleer van Rassie Erasmus, die span skaars begin afrig toe wen die Cheetahs 3x die beker, Lyk my nie Verster hou van vol stadion en rusultate nie, Na jare se verbeelding lose agrrigting deur Kol. Kleyhans en Gysie Pienaar sal ‘n mens dink Verster het iets geleer.

  28. LEON Says:

    Ek stem saam dat die bestuur en afrigters nou die pad moet vat, so kan dit nie aangaan. Ons kort ‘n president wat rugby dien en nie homself nie, en ‘n afrigter wat werklik die spel ken. Waar is al die geld heen, ek dink werklik daar is wanbestuur van die unie se geld, daarom koop ons spelers wat 3de rangs is. Die oud rugby spelers sien ek staan ook nie saam teen die ooglopende swak bestuur en afrigting nie. Dit het tyd geword dat ons die regte manne vir die “jobs” moet kry, want die huidige ouens is eenvoudig nie goed genoeg nie.

  29. Johan Says:

    Weereens n groter grap as teen die W.P.Die kanse dat die Bulls met minder as 50 punte gaan wen is skraal komende Vrydagaand.Terwyl oom Harold vir die Vrystaat in die Sewentigs gespeel het die afrigters en die president salarisloos uitstekende resultate behaal.As mens vandag die bestuur en afrigters se prestasies moet beoordeel teen wat hulle moet verdien is ek bevrees hulle sal moet inbetaal.Ek is lankal by gatvol verby.

  30. Debcan Says:

    Ek is verbaas as ek hierdie blogs lees! Is julle Cheetah supporters? Te danke aan die mense wat julle so kritiseer gaan ons finals toe en, ek glo vas, gaan ons die koppie wen. Ek is net dankbaar dat die Cheetahs hulle nie steur aan die snert wat die bloggers hier kwyt raak nie!

  31. Jaco Says:

    Baie geluk aan Cheethas vir goeie wen oor die BLUES, asook aan Mnr. Verster vir sy bydrae rakende die “gesondheid” van Cheetha Administrasie, finansies, afrigters ens.. Ek is ‘n ondersteuner van skole rugby, woon nie alle wedstryde by nie maar veral die onder 19’s probeer ek so gereeld as moontlik bywoon. Vir enige skool is sy eerste span (o/19) sy trots, ‘n goeie eerste span lok ook borge soos in die geval van die Cheethas, lok leërling wat weer meer skoolgeld vir die skool inbring, en so kan ons aangaan. Die afrigters van hierdie eerste spanne is net soos in die geval van Naka ook onderhewig aan evalueering van prestasies deur die jaar, en het ook ‘n ondrsteuners basis wat gelukkig gehou moet word. Die PROBLEEM nou is die veel besprokke Skeidregters asook lynregters, moet asb. nie nou opgewonde raak nie!, wil skeidsregters glad nie in ‘n slegte lig stel of afkraak nie…Lynregters op hierdie stadium, en dit is my persoonlike gevoel, is meer belangrik as die skeidsregter wat die wedstryd hanteer. HULLE kanselleer ‘n drie, HULLE besluit wanneer daar kaarte uitgedeel moet word en die arme skeidsregter kan nie stry nie aangesien die “opstruksie, vuishou, skop, byt, noem dit net wat jy wil, net deur die lynregter gesien is en dat dit agter die skeidsregter se rug gebeur het. Genade Mnr. O’ Reilly ek, ons waardeer wat jy doen rakende die skeidsregters en lynregters maar kan hulle nie “beter” ge-evalueer word nie? Daar is baie uitdagings dit is verstane, maar dit kan seker nie so aangaan nie. Huidiglik is daar die “BECOME A REFEREE CAMPAIGN” kan daar nie ook iets soos ‘n “EVALUATE THE REFEREE/ASSISTANT CAMPAIGN” begin word nie…maak dit ‘n “advance” kursus en kry mense met ondervinding..

    Dankie Vrystaat Rugby

Leave a Reply

Anti-Spam Protection by WP-SpamFree